RSG

Leefwêreld van die Gestremde

Health AF ↓ 745 epizód

Deur middel van hierdie radioprogram poog RSG om nie-gestremdes 'n beter begrip te gee van die probleme en suksesse van persone met gestremdhede.

Mindenképp látogasd meg a podcast oldalát, és támogasd a készítőjét: www.rsg.co.za

Szerző

RSG

Kategória

Health

A podcast weboldala

www.rsg.co.za

Legutóbbi epizód

2026. okt. 4.

Hol hallgathatod?

Podcastok az alkalmazásban Replaio Radio Hamarosan

A podcastok hamarosan megérkeznek az alkalmazásba. Telepítsd most, és láss elsőként egy teljesen új megközelítést a podcastokhoz

Letöltés a Google Play-ről Telepítsd ingyen Android közel 10 M letöltés · 4,8-as értékelés iOS hamarosan

Epizódok

Leefwêreld van die gestremde 4 Desember 2022 04.12.2022

Fanie du Toit kyk na wetgewing oor die aanspreekvorms van persone met gestremdhede en die terms wat gebruik word vir gestremdhede. Jacqui January vind uit meer van Badisa, 'n organisasie wat professionele maatskaplike dienste aan die mees kwesbare persone lewer.  Wat is hulle fokus in die maand waar bewustheid gekweek word vir die regte vir persone met gestremdhede?

Leefwêreld van die gestremde 27 November 2022 27.11.2022

Fanie du Toit vind meer uit van gids-, diens- en ondersteuningshonde vir persone met gestremdhede. Jacqui January hoor van 'n Braille-museum, 'n eerste vir Suid-Afrika, wat onlags sy deure geopen het.

Leefwêreld van die gestremde 20 November 2022 20.11.2022

Fanie du Toit kry praktiese raad oor geestesgesondheid en selfdood. Jacqui January gesels met 'n onderwyseres wat dit haar lewenstaak maak om kinders met gestremdhede en leeruitdagings en hulle te help.

Leefwêreld van die gestremde 13 November 2022 13.11.2022

Fanie du Toit gesels met Sandra Prinsloo, wat met haar eenvrou-vertonings nou ook mense met gestremdhede betrek en bloot stel aan die verhoog. Jacqui January hoor van die nie-regeringsorganisasie, Loud Ability, wat mense met gestremdhede deel maak van musiekopvoerings om sodoende hulle talente te ontwikkel.

Leefwêreld van die gestremde 6 November 2022 06.11.2022

Fanie du Toit vind meer uit oor geestesgesondheidsprograme vir kinders en jongmense. Jacqui January gesels met Heiron Joseph. Hy is sedert 'n duikongeluk 'n kwadrupleeg. Deesdae is hy ‘n mondkunstenaar, en het onlangs sy werk in Switserland uitgestal.

Leefwêreld van die gestremde 30 Oktober 2022 30.10.2022

Wat behels die Intersektorale Globale Aksieplan en hoe kan mense met ‘n neurologiese gestremdheid, soos epilepsie, daarby baat? Vicki Fourie, 'n voormalige Mej. Dowe SA, woeker om 'n groot impak te maak op sowel die dowe as die horende gemeenskap. Sy het ‘n Bybelskool in die Oos-Kaap gestig, en bied skryfklasse aan vir mense met gehoorgestremdhede.

Leefwêreld van die gestremde 23 Oktober 2022 23.10.2022

Fanie du Toit vind meer uit oor die impak van elektriese hipersensitiwiteit. En, Jacqui January hoor van hoofstroomonderwys wat inklusief is vir verskillende leer- en ontwikkelingsareas.

Leefwêreld van die gestremde 16 Oktober 2022 16.10.2022

Die nasionale Dowe krieketspan is terug van 'n toernooi in Dubai. Ons gesels met die afrigter oor die toernooi en die afrigting van persone met gehoorgestremdhede. Ons hoor van die uitdagings van die ORION-organisasie in Atlantis, ‘n veilige tuiste vir volwassenes wat leef met gestremdhede.

Leefwêreld van die gestremde 9 Oktober 2022 09.10.2022

Fanie du Toit kyk na die alternatiewe behandeling en tuisversorging van demensie. Jacqui January hoor van 'n positiewe uitkoms nadat Blind SA die Konstitusionale Hof genader het oor kopieregwetgewing wat siggestremde persone van toegang tot leesstof op die internet weerhou.

Leefwêreld van die gestremde 2 Oktober 2022 02.10.2022

Fanie du Toit kyk na die uitdagings van ouers met kinders met gestremdhede, en die ondersteuning wat aan mekaar gebied kan word. Jacqui January gesels met Velia Venter van Lambertsbaai oor haar drome en loopbaan, en van die uitdagings en suksesse op haar pad.

Leefwêreld van die gestremde 25 September 2022 25.09.2022

Fanie du Toit vind meer uit oor die vordering met toegangklikheid van openbare vervoer vir persone met gestremdhede. Jacqui January hoor wat Loslitdae vir die mense van Namakwaland beteken.

Leefwêreld van die gestremde 18 September 2022 18.09.2022

Die program vier sy 1,250ste uitsending! Jacqui January en Fanie du Toit gesels met Louise Jooste en Kobus Burger van RSG en vorige deelnemers oor van die hoogtepunte, en die bewusmaking wat deur die program gekweek word.

Leefwêreld van die gestremde 11 September 2022 11.09.2022

Fanie du Toit hoor van die wonderlike verhouding tussen kinders met outisme en ‘n dierbare vriend – ‘n hond. Alle aanduidings is dat die verhouding ‘n positiewe impak het op kinders wanneer hulle angstig is. Jacqui January gesels met ‘n mamma wat kreatief geraak het nadat haar seun met outisme gediagnoseer is. Sy het ‘n eiesoortige kompetisie, Uniquely Me Pageant, begin om mense met gestremdhede t...

Leefwêreld van die gestremde 4 September 2022 04.09.2022

Fanie du Toit vind meer uit van die dienste wat die Kaapstadse Vereniging vir Persone met Gestremdhede aanm sy lede en hulle families lewer. Jacqui January gesels met Mej. Rolstoel SA oor die bewusmaking van spierdistrofie. Sy vertel ook van die kompetisie waar sy Suid-Afrika in Meksiko gaan verteenwoordig.

Leefwêreld van die gestremde 28 Augustus 2022 28.08.2022

Loslitdag vier van vanjaar sy 28ste bestaansjaar! Meer as 600 organisasies, spesifiek vir mense met gestremdhede, word finansieel bevoordeel deur hierdie belangrike projek. Arthur McGee is aangewys as SA Krieket se Dowe Krieketspeler vir 2022. Hy het op driejarige ouderdom doof geword, en leef vandag voluit met twee kogliêre inplantings. Hy is eerstejaar ingenieurstudent aan die Universiteit van P...

Leefwêreld van die gestremde 21 Augustus 2022 21.08.2022

SARDA is ‘n nie-regeringsorganisasie wat perdryterapie verskaf aan mense met spesiale behoeftes. Hulle word gekonfronteer met baie uitdagings, ondermeer ‘n grondeis, maar die organisasie beur voort om dienste, al vir byna 50 jaar, aan gestremdes te lewer. Hoe kan ‘n trustfonds gestruktureer word om voorsiening te maak vir ‘n persoon met 'n gestremdheid wanneer hulle voog of voorsiener tot sterwe s...

Leefwêreld van die gestremde 14 Augustus 2022 14.08.2022

‘n Maatskaplike werker vertel van demensie, ‘n meer onsigbare vorm van gestremdheid. Sy vertel van die vroeë simptome, die risikos en voorkomingsmaatreëls. Jacqui January vertel die storie van 'n blinde persoon se ervaring by 'n internasionale danskompetisie.

Leefwêreld van die gestremde 7 Augustus 2022 07.08.2022

Arbeidsterapeut Marianne Heese vertel van Whatsapp- en aanlyngesprekke en opleiding om ouers te help met die opvoeding van hulle gestremde kinders. Johanni Meiring het twee kinders op die outismespektrum. Sy praat oor die uitdagings en die gewaarwording dat dinge anders as ander gesinne vir hulle sal wees.

Leefwêreld van die gestremde 31 Julie 2022 31.07.2022

Fanie du Toit kyk na die uitdagings van minder sigbare gestremdhede, soos demensie. 'n Pa met twee seuns op die outismespektrum vertel van die uitdagings, en hoe Hokkie vir Outisme begin het.

Leefwêreld van die gestremde 24 Julie 2022 24.07.2022

Fanie du Toit gesels met ‘n paramedikus wat ‘n rolstoelgebruiker is. Hy vertel onder meer hoe hy homself by trappe ophelp met sy hande. Jacqui January gesels met ‘n skoolhoof wat ‘n skool vir leerders met verstandelike gestremdhede moes vestig. Hy het onlangs afgetree, en deel van sy ervarings.

Leefwêreld van die gestremde 17 Julie 2022 17.07.2022

Janet Hauman is ‘n oudioloog van Kimberley wat leef met gehoorverlies. Sy vertel van die uitdagings om in openbare plekke met toestelle oor die weg te kom, en dit optimaal te gebruik. Sy praat ook oor die lis-sisteem klankstelsel, en gee praktiese wenke om toegangklikheid en deelname in kerke vir persone met gestremdhede te bevorder en te verbeter. ‘n Belastingkenner vertel hoe om mediese krediete...

Leefwêreld van die gestremde 10 Julie 2022 10.07.2022

Dr. Ambrose Swartbooi het ná ‘n motorongeluk 'n radioloog geword. Hy kom deesdae oor die weg met behulp van sy rolstoel, maar dit hou hom glad nie terug om sy werk na die beste van sy vermoë te doen nie. Jaco Neethling is ‘n gholfafrigter. Sy passie is om mense met gestremdhede opleiding te gee in gholf. Die SA Vereniging van Gholf vir Persone met Gestremdhede doen bewusmaking vir die sport onder...

Leefwêreld van die gestremde 3 Julie 2022 03.07.2022

Fanie du Toit gesels met Sonja van Wyk van die Meerhofskool vir kinders wat leef met gestremdhede. Jacqui January gesels met ‘n selfopgeleide mondskilder. Sy is in ‘n rolstoel en kan net haar kop beweeg.

Leefwêreld van die gestremde 26 Junie 2022 26.06.2022

Die Meerhof Skool vir kinders met gestremdhede langs die Hartbeespoortdam, was ‘n hospitaal tydens die Twee Wêreldoorlog. Daar is 245 leerders van graad R tot graad 12. Hy vertel van die skool se geskiedenis en wat hulle behoeftes is. Blind SA het verlede jaar 75 jaar oud geword. Hulle bied broodnodige hulp met werksoek en ander ondersteuning aan blind en siggestremde persone. Hulle is in die pros...

Leefwêreld van die gestremde 19 Junie 2022 19.06.2022

Veronica Pronk en Anel Stofberg vertel van die werksaamhede van die Kaapstadse Vereniging vir Blindes, wat al 93 jaar lank mense met visuele gestremdhede bystaan. Hulle bied opleidingskursusse aan wat nasionaal erken word. Werk word ook gedoen om die publiek te bemagtig met inligting om onkunde te verminder  sodat die houding teenoor mense met gestremdhede positief kan verander. Pearl Heyns is 'n...

Hallgasd a(z) Leefwêreld van die Gestremde podcastot a Replaióban

Rádió és podcastok egy alkalmazásban - ingyen és regisztráció nélkül. Telepítsd még ma, és ne maradj le a premierről

Letöltés a Google Play-ről

A Replaio nem podcastkiadó; a műsorok nevei, borítóképei és hanganyagai a szerzőiket illetik, és nyilvános RSS-csatornákon keresztül terjednek.