RSG

Leefwêreld van die Gestremde

Health AF ↓ 745 epizód

Deur middel van hierdie radioprogram poog RSG om nie-gestremdes 'n beter begrip te gee van die probleme en suksesse van persone met gestremdhede.

Mindenképp látogasd meg a podcast oldalát, és támogasd a készítőjét: www.rsg.co.za

Szerző

RSG

Kategória

Health

A podcast weboldala

www.rsg.co.za

Legutóbbi epizód

2026. okt. 4.

Hol hallgathatod?

Podcastok az alkalmazásban Replaio Radio Hamarosan

A podcastok hamarosan megérkeznek az alkalmazásba. Telepítsd most, és láss elsőként egy teljesen új megközelítést a podcastokhoz

Letöltés a Google Play-ről Telepítsd ingyen Android közel 10 M letöltés · 4,8-as értékelés iOS hamarosan

Epizódok

Leefwêreld van die gestremde 19 Desember 2021 19.12.2021

Erica en Petra du Toit verduidelik definisies en terminologie van gestremdheid, en die beleid en wetgewing daaroor. Kayla Beukes gee hulp en raad aan ouers van kinders met gestremdhede. Sy het die leemte ervaar toe haar seuntjie met ‘n spinale koord-besering gebore is.

Leefwêreld van die gestremde 12 Desember 2021 12.12.2021

Fanie du Toit praat met Rechelle Mars oor geslagsgebaseerde geweld teen persone wat leef met gestremdhede, hulle kwesbaarheid, en hoe hulle bemagtig kan word. Jacqui January gesels met 'n ma-en-dogter-span. Cindy Engelbrecht, wat leef met Downsindroom, het onlangs 30 jaar oud geword. Dié Paralimpiese atleet het vele medaljes plaaslik en internasional verower. Sy vertel van haar Wonder Woman-partyt...

Leefwêreld van die gestremde 5 Desember 2021 05.12.2021

Fanie du Toit hoor van die jongste navorsing en hulp vir Alzheimers en demensie. En Jacqui January hoor van eenvoudige idees en raad ter versorsing van jou oë.

Leefwêreld van die gestremde 28 November 2021 28.11.2021

Fanie du Toit hoor van waardevolle inligting en wetgewing wat beskikbaar is vir persone met gestremdhede wanneer hulle slagoffers van misdaad sou word. Jacqui January gesels met Paralimpiese atleet Louzanne Coetzee oor haar wêreldrekord, haar sportloopbaan en haar leefwêreld.

Leefwêreld van die gestremde 21 November 2021 21.11.2021

Fanie du Toit vond meer uit van die jaarlikse outismesimposium. Navorsers, ouers, volwassenes met outisme, professionele mense en versorgers werk saam om praktiese raad en hulpmiddele te vind. Jacqui January gesels met Johannes Grib en sy vrou Jessica. Hy is blind en sy is doofblind is. Hulle vertel van hulle gidshonde, en die belangrikheid van die honde as lewensbelangrike hulpmiddele.

Leefwêreld van die gestremde 14 November 2021 14.11.2021

Helpende Hand is 'n organisasie wat gemeenskapsontwikkeling bevorder. Die netwerk wat hulle vestig, help ook vir 'n veilige tuiste vir en ondersteuning aan persone met gestremdhede. Jacqui January gesels met 'n blinde man en sy vrou, wat doofblind is. Dié twee ry fiets en help met bewusmaking en om geld in te samel vir gidshonde.

Leefwêreld van die gestremde 7 November 2021 07.11.2021

Fanie du Toit hoor van die Media-ontwikkeling en diversiteitsagentskap wat gemeenskapsradiostasies  inspan vir kommunikasie met gestremdes. Jacqui January hoor van 'n jaarlikse fietsresies waaraan mense met gestremdhede ook deelneem ter ondersteuning, bewusmaking en fondswerwing vir die opleiding van gidshonde.

Leefwêreld van die gestremde 31 Oktober 2021 31.10.2021

Fanie du Toit hoor by Epilepsie SA van die nuwe idees wat op die horison is vir persone met gestremdhede. Jacqui January kyk na die geestesgesondheid van persone wat leef met gehoorverlies en doofheid. Word hulle anders as siende persone deur geestesongesteldheid geraak?

Leefwêreld van die gestremde 24 Oktober 2021 24.10.2021

Fanie du Toit vind meer uit van die uitdagings van die neurologiese gestremdheid, demensie. Jacqui January gesels met Bonita Blankenberg, wat blind gebore is. Sy vertel hoe sy 'n paar jaar gelede as Sportvrou van die Jaar aangewys is n.a.v. haar rol as navigator in tydrenne.

Leefwêreld van die gestremde 17 Oktober 2021 17.10.2021

Fanie du Toit hoor van samewerking en toegang d.m.v. van sosiale media, en gesprekvoering tussen verskillende inisiatiewe vir mense met gestremdhede. Jacqui January fokus op Geestesgesondheid-bewusmakingsmaand, en deel idees oor hoe om goeie geestesgesondheid te verseker.

Leefwêreld van die gestremde 10 Oktober 2021 10.10.2021

Fanie du Toit gesels met Verna van Wyk oor 'n dagsorgsentrum vir volwassenes met erge gestremdhede in die Breedevallei. Jacqui January hoor hoe die gemeenskap en boere van Swellendam om mense met intellekuele gestremdhede te ondersteun.

Leefwêreld van die gestremde 3 Oktober 2021 03.10.2021

Fanie du Toit praat met Amor Malan oor die impak wat Covid-reëls en -beperkings steeds op mense met gestremdhede het. Jacqui January gesels met Debbie Otto, wat vertel hoe sy op die ouderdom van 17 skrif-blind geword het, en deesdae as suksesvolle masseuse werk.

Leefwêreld van die gestremde 26 September 2021 26.09.2021

Fanie du Toit hoor van die bydrae wat persone met gestremdhede maak in hulle gemeenskap in die kleinste munisipaliteit in Suid-Afrika in die Sentraal Karoo. Dis Nasionale Maand vir Dowes. Jacqui January hoor van 'n veldtog om mense bewus te maak van doofheid en gehoorverlies.

Leefwêreld van die gestremde 19 September 2021 19.09.2021

Fanie du Toit hoor van die uitwerking wat tegnolgie het in die bevordering van Wiskundegeletterheid vir blinde en siggestremde leerders. Jacqui January vind meer uit van geestes- en gedragsgesondheid in psigologiese welsyn.

Leefwêreld van die gestremde 12 September 2021 12.09.2021

Fanie du Toit gesels met Melanie Lubbe, 'n vrou van kort statuur. Sy vertel van die samewerking tussen verskillende organisasies om mense met gestremdhede te ondersteun. Jacqui January fokus op bewustheidsmaand vir mense met blindheid.

Leefwêreld van die gestremde 5 September 2021 05.09.2021

Fanie du Toit vind meer uit van die werksaamhede van die ACVV se Elizabeth Roos Tehuis in Kaapstad. Jacqui January praat met'n gemeenskapslid van Hopetown oor sy passie om kinders met gestremdhede met sport te ondersteun.

Leefwêreld van die gestremde 29 Augustus 2021 29.08.2021

Fanie du Toit kyk na die impak van gehoorverlies op die individu en sy familie en vriende. Jacqui January gesels met 'n onderwyseres by 'n skool vir gestremdes, wat polio as driejarige gekry het. Sy is 62 jaar oud. Sy kan loop, maar sukkel met skoene, want haar een voet is ‘n no. 3 en die ander voet ‘n no. 6.

Leefwêreld van die gestremde 22 Augustus 2021 22.08.2021

Fanie du Toit vertel van uitreikprogramme vir ouers van kinders met Downsindroom. Hoe hanteer mense verliese wat by geboorte en tydens ontwikkelingsjare ervaar word? Jacqui January praat met 'n belastingpraktisyn oor die kortings waarvoor mense met gestremdhede kwalifiseer. Sy hoor wie kwalifiseer en hoe hulle te werk kan gaan met die invul van opgawes.

Leefwêreld van die gestremde 15 Augustus 2021 15.08.2021

Fanie du Toit vind meer uit oor meervoudige sklerose en watter ondersteuning daar is vir diegene wat regstreeks geraak word. Jacqui January hoor van 'n tehuis vir volwassenes wat serebraal gestremd is. Sy gesels met 'n NGO wat emosionele en finansieële ondersteuning bied aan dié inrigting.

Leefwêreld van die gestremde 8 Augustus 2021 08.08.2021

Fanie du Toit kyk na onderwys vir kinders met gestremdhede en ondersteuning vir hulle ouers. Jacqui January hoor van 'n gesin waar die ouers en hulle dogter blind is. Hulle vertel van hulle ervarings en stigmatisering.

Leefwêreld van die gestremde 1 Augustus 2021 01.08.2021

Fanie du Toit hoor van hulp van toerusting wat beskikbaar is ter ondersteuning van ouers en versorgers van mense met gestremdhede. Jacqui January gesels met Yolande van Rooyen van die SA Gidshond Vereniging oor 'n inisiatief wat in dieselfde tyd as die Olimpiese Spele gebeur, en fokus op die vaardighede van gidshonde.

Leefwêreld van die gestremde 25 Julie 2021 25.07.2021

Fanie du Toit vind meer uit van 'n sensitiseringsproses en bewusmakingsessie om mense te bemagtig om hulle houding teenoor mense met gestremdhede te verbeter. Jacqui January hoor die inspirerende storie van 'n jong vrou wat op sesjarige ouderdom begin blind word het. Sy het in haar skool- en universiteitsloopbaan daarop gefokus om so onafhanklik moontlik te wees.

Leefwêreld van die gestremde 18 Julie 2021 18.07.2021

Fanie du Toit gesels met Gunter van der Berg wat as kind onder boelies deurgeloop het. Hy is vandag 'n persoon met 'n gestremdheid, is vol selfvertroue en het sy eie besigheid. Erica du Toit lewer 'n inset oor die doel van toegangklike parkering. Jacqui January hoor van 'n inisiatief om werkloosheid onder jongmense in die filmbedryf te verlig, en in die proses word jongmense met gestremdhede ook b...

Leefwêreld van die gestremde 11 Julie 2021 11.07.2021

Fanie du Toit gesels met Lise-marie Fourie en haar broer, die sanger David Fourie, oor die belangrikheid van die ondersteuning en liefde van familelede vir 'n persoon met 'n gestremdheid. Jacqui Janaury gesels met Vicki Fourie en haar ma Bonita. Vicki het gehoorinplantings, en vertel hoe die verpligte dra van maskers haar kortwiek as gehoorgestremde persoon.

Leefwêreld van die gestremde 4 Julie 2021 04.07.2021

Fanie du Toit kyk na die impak van die ekonomiese toestand op 'n tehuis vir babas en kinders met gestremdhede. Jacqui January hoor van 'n geleentheid vir horende persone om gebaretaal te leer verstaan, te interpreteer en om sodoende met dowes te kan kommunikeer.

Hallgasd a(z) Leefwêreld van die Gestremde podcastot a Replaióban

Rádió és podcastok egy alkalmazásban - ingyen és regisztráció nélkül. Telepítsd még ma, és ne maradj le a premierről

Letöltés a Google Play-ről

A Replaio nem podcastkiadó; a műsorok nevei, borítóképei és hanganyagai a szerzőiket illetik, és nyilvános RSS-csatornákon keresztül terjednek.