NG Gemeente Riviera-Jakaranda
Riviera-Jakaranda Gemeente
Kom luister na al ons dienste! Become a supporter of this podcast: https://www.spreaker.com/podcast/riviera-jakaranda-gemeente--6862686/support .
N'hésitez pas à visiter le site du podcast et à soutenir son créateur : rivierajakaranda.org.za
Auteur
NG Gemeente Riviera-Jakaranda
Catégorie
Site du podcast
Dernier épisode
16 nov. 2026
Où écouter ?
Les podcasts dans l'appli Replaio Radio Bientôt disponibleLes podcasts arrivent très bientôt dans l'appli. Installe-la dès maintenant et découvre en avant-première une toute nouvelle façon de vivre les podcasts
Épisodes
Erediens 15 Nov Kom en Proe 16.11.2026 49:40
Elkeen van ons het al vooraf geproe aan 'n heerlike maaltyd wat voorberei is. Ons sien dan uit na die hele ete wat voorlê! Dit is dan lekker om mense tafel toe te nooi omdat jy reeds geproe het en weet hoe smaaklik die kos is! Sondag gesels ons verder oor ons tema: Die potensiaal van 'n uitnodiging! Ons is bevoorreg dat ons 'n proe gekry het aan God se goedheid selfs in moeilike omstandighede. D...
Erediens 8 Nov Kom en rus 09.11.2026 31:03
KOM EN RUS! Heerlik! Afskakel! Niks doen! Of wat beteken dit in ons daaglikse lewe om te rus? Hoe rus 'n mens as gelowige? En waar pas werk dan in? Psalm 62 gee vir ons riglyne hoe om ons rus sinvol te maak! Sien jou Sondag in die kerk of in die kuberruimte! Groete Michiel Become a supporter of this podcast: https://www.spreaker.com/podcast/riviera-jakaranda-gemeente--6862686/support .
Erediens 01 November 2026 - Kom en vier fees 02.11.2026 44:51
Stel jou voor jy word deur ‘n baie belangrike persoon genooi vir ‘n groot fees. Jy is opgewonde, sien met blydskap daarna uit en weet sommer dit gaan jou lewe onherroeplik verander! Ons begin Sondag met ‘n nuwe reeks met die tema: die potensiaal van ‘n uitnodiging! Die lewe in God se koninkryk word met ’n huweliksfees vergelyk waar daar oorvloed en vreugde is. Die wondelike is dat ons elkeen uitg...
Erediens 25 Oktober Nagmaal Jesus se lys van gaste 26.10.2026 27:33
Ons name is op die naamlys van Jesus se gaste! Dis genade! Ons vier dit Sondag op Hervomingsondag wanneer ons aansit aan die nagmaaltafel. Wat hou hierdie gasvryheid van Jesus vir ons in rakende ons voorregte en verantwoordelikhede? Johannes 13:1 - 17 help ons hiermee. Welkom! Groete Michiel! Become a supporter of this podcast: https://www.spreaker.com/podcast/riviera-jakaranda-gemeente--6862686/...
Erediens 18 Okt HospiVisie Deel in God se genesing 19.10.2026 1:00:58
Ons is besig met ons reeks, Beleef God se gasvrye hart! Sondag kom kuier HospiVisie by ons en vertel van die wonderlike bedieningswerk wat in hospitale gedoen word. Tessa de Bruin bring vir ons ’n boodskap oor gasvryheid en genesing met die tema: Deel in God se genesing! Die avontuur van die goeie nuus is dat God ons innooi en deel maak van sy werk in die gemeenskap. Kom hoor wat God doen en hoe j...
Erediens 11 Okt Wees deel van God se nuwe werk! 12.10.2026 41:45
Sondag vier ons die gemeente se 84ste verjaardag! Ons loof en dank die Here vir soveel jare se goedheid, voorsiening en voorreg om diensbaar te kon wees in die koninkryk! Die gemeente was groeiend en dinamies vir ‘n spesifieke era. Ons is nou in ‘n nuwe seisoen in ‘n veranderende en diverse gemeenskap. Die Here wil ‘n vars en nuwe werk doen en nooi ons om deel van hierdie lewegewende werk te wees....
Erediens 4 Okt Beleef God se Gasvrye Hart - Engele as gaste 05.10.2026 43:39
(00:00:00) Welkom (00:00:11) Uitnodiging Verjaarsdag (00:00:40) Votum (00:03:10) Gebed (00:08:04) Preek (00:43:01) Seëngroet Kan jy jou voorstel jy ontvang ‘n engel as gas? Wat ‘n opwindende gedagte! Ons skop Sondag af met ‘n nuwe reeks: Beleef die gasvrye hart van God met die tema: Engele as gaste! In ons geskiedenis speel gasvryheid ‘n belangrike rol: besoekers of vreemdelinge is graag gasvry o...
Erediens 27 Sept - Lewe en Sterwe 28.09.2026 43:09
Ons aanvaar baie keer die lewe as vanselfsprekend… Soms kom ons in situasies wat ons besef dat die lewe en dood verbasend naby aan mekaar is. Dan ontdek ons dat die lewe ‘n geskenk van God is en dat dit baie kosbaar is! Wanneer hierdie besef deurdring tot ons, wil ons volkome vir die Here leef en sy teenwoordigheid elke dag ontdek. Dan het ons die troos dat Here ook by ons in ons dood teenwoordig...
Erediens 20 Sep Die Wonder van Wonde 22.09.2026 32:45
Kinders van God kry ook soms seer – op baie meer maniere as net fisiese beserings. Dan wonder ons dikwels oor die doel daarvan, veral as genesing nie na wense plaasvind nie. Ons mag dan selfs wonder oor waar God in hierdie stukkie lewensverhaal van ons is. Sondag dink ons na oor die wonder van wonde aan die hand van Jeremia 15:10-21. Ons deel ook in 'n ware verhaal van genesing waar meer as een ti...
Erediens 13 Sep Speel en Lag 14.09.2026 42:30
Sondag praat ons verder oor ons reeks: Ontdek God in die gewone! Ons dink oor God se teenwoordigheid baie keer as ernstig en self kwaai! Kom ontdek God saam in die gewone van lag en speel! Herontdek weer die vreugde van die lewe midde van die uitdagings wat ons daagliks beleef... Sien jou Sondag en nooi iemand saam! Riviera-Jakaranda groete. Frikkie Become a supporter of this podcast: https://www...
Erediens 6 Sep Etes en Etenstafels 07.09.2026 40:20
Sondag se tema is kos en etes in die Bybel. Ons fokus veral op hoe Jesus etes gereeld gebruik het as geleenthede vir opbouende tafelgesprekke. Om Hom hierin na te volg, kan 'n verrassende positiewe invloed in ons lewens hê. Ons praat oor eenvoudige maar nogtans effektiewe maniere om dit te doen. Groete Hannes Become a supporter of this podcast: https://www.spreaker.com/podcast/riviera-jakaranda-g...
Erediens 30 Aug Soek en Soektogte 31.08.2026 22:32
Ons weet God is altyd by ons. Tog ervaar ons Hom nie altyd in ons lewens nie. Dan begin die soektogte na Hom. Jesus gee vir ons 'n antwoord in Matteus 25:31-40 waar ons Hom wel kan vind — in ons gewone omgee vir ons medemens ... Die Moot Kantate koor tree ook tydens die erediens op. Sien jou Sondag! Michiel Become a supporter of this podcast: https://www.spreaker.com/podcast/riviera-jakaranda-gem...
Erediens 23 Aug Reis en Paaie 24.08.2026 44:25
Sondag gesels ons verder oor hoe ons God in ons gewone lewe van reis en op paaie-wees, kan ontdek. Ons is baie keer so gefokus om by ons bestemmings uit te kom dat ons die reis van die lewe mis. Die lewe gebeur nie net by die bestemmings nie, maar veral ook tydens die reis! Kom beleef saam die avontuur en vreugde om die lewe as reis te herontdek. Sien jou Sondag op die kerkterrein of digitaal. No...
Erediens 16 Aug Was en reinig 18.08.2026 48:19
Sondag sit ons die avontuur met ons reeks, Ontdek God in die gewone, voort met ons tema: Was en Reinig. Almal van ons was of reinig elke dag onsself of iets anders. Ons almal wil skoon wees en skoon leef. Ons gesels hoe ons daaglikse was en reiniging ons kan help om skoon en rein voor die Here te leef. Ons gaan ook saam die nagmaal vier wat mooi aansluit by ons tema. Sien jou Sondag op die kerkt...
Erediens 9 Aug Verrassende Mense 12.08.2026 41:35
Ontdek God in die gewone: verrassende mense! Ons sit ons reeks: Ontdek God in die gewone, Sondag voort. Deel van ons gewone lewe is dat ons oorgange beleef in verskillende tye in ons lewens. Hierdie oorgange is soms uitdagend! Die merwaardige is dat die Here soms verrassende mense gebruik juis in hierdie tye van ons lewens. Die vraag is: is ons oop om dit raak te sien en te ontdek? Kom kuier Sond...
So 2 Aug - Ontdek God in die gewone: Slaap en wakker word 03.08.2026 45:24
Ons begin Sondag met 'n nuwe opwindende reeks: Ontdek God in die gewone. Ons soek God se teenwoordigheid baie keer in buitengewone dinge. Hierdie reeks wil jou help om God se teenwoordigheid al hoe meer in jou gewone lewe te ontdek. Sondag praat ons oor die tema: Slaap en wakker word! Hoe sluit ons die dag af en hoe begin ons 'n nuwe dag saam met die Here? Sien jou graag op die kerkterrein of dig...
Erediens 26 Julie Ons is mense met gawes 27.07.2026 54:03
Soms wonder ons of ons lewens werklik ‘n impak maak! Daar is ‘n paar dinge wat ons baie daarmee kan help soos 1. Wie is ons? 2. Wat is ons doel op aarde? 3. Hoe kan ons dit uitleef? Die Here het ons geroep en toegerus met gawes om sinvol te leef en ‘n impak te maak. Sondag gesels ons oor hoe ons dit kan doen. Wees deel van ons saamwees op die kerkterrein of digtaal. Nooi gerus mense saam. Rivier...
So 19 Julie Dr Stephan Van der Watt -Ons is medewerkers 20.07.2026 1:01:41
Die wonderlike werklikheid is dat ons nie toeskouers op die paviljoen is in God se koninkryk nie. Die Here skakel ons ten volle in en nooi ons om as medewerkers saam met Hom die vreugde te beleef van dienswerk. Ons kan eerste hands deel in die avontuur waarmee God besig is! Sondag kom vertel Dr Stephan van der Watt van Missie Japan vir ons hoe hulle medewerkers van God in Japan is en wat dit vir...
Erediens 12 Julie - Ons is getuies Dr Kobus Eksteen 13.07.2026 40:07
Kom luister na 'n aangrypende aanbieding oor die belangrike werk wat FEBA Radio reg oor die wêreld doen. Become a supporter of this podcast: https://www.spreaker.com/podcast/riviera-jakaranda-gemeente--6862686/support .
Erediens 5 Julie Ons is vry 06.07.2026 37:43
Vryheid in Christus is volgens Galasiërs 5:13 - 26 in werklikheid 'n verbintenis aan die Heilige Gees. Dit kan vergelyk word met wanneer ons onsself as 'n teepot sien wat deur die Heilige Gees vasgehou word om mekaar met die vrug van die Gees te vul. Become a supporter of this podcast: https://www.spreaker.com/podcast/riviera-jakaranda-gemeente--6862686/support .
Erediens 28 Junie - Geseende mense kyk dieper 29.06.2026 49:07
Ons kyk baie keer vas in die oppervlakte van wat gebeur. Ons reageer dan met emosie, laat toe dat dit ons gemoed bepaal en neem besluite wat nie altyd wys is nie. As geseënde mense wil die Gees ons die wysheid en vaardigheid leer om dieper te kyk en ‘n ander werklikheid raak te sien! Dan ontdek ons waarmee God is en hoe ons die avontuur kan beleef om deel daarvan te wees. Sluit Sondag by ons aan...
Erediens 21 Junie (Ons is kinders & ouers (Vadersdag) 22.06.2026 58:18
In Matt 5:48 sê Jesus: Wees julle dan volmaak soos julle Vader in die hemel... 'n Onmoontlike eis? Ons praat Sondag - op Vadersdag - oor wat dit in die praktyk beteken. Become a supporter of this podcast: https://www.spreaker.com/podcast/riviera-jakaranda-gemeente--6862686/support .
Erediens 14 Junie - Ons is oorwinnaars 17.06.2026 33:59
Ons as Christene is oorwinnaars! Wat beteken dit in praktyk? Wen ons altyd? Hoe lyk (leef) ons as oorwinnaars? Die manier hoe ons in 'n spieël kyk, help ons om te verstaan wat dit beteken om as oorwinnaar te leef. Jesus wys dit vir ons in Matteus 26:57 - 68. Michiel van der Merwe Become a supporter of this podcast: https://www.spreaker.com/podcast/riviera-jakaranda-gemeente--6862686/support .
Erediens 7 Junie Ons is splinternuwe mense 08.06.2026 48:07
Sondag gaan ons voort met ons nuwe preekreeks: Wie is ons? Ons identiteit as Christene! Soms soek ons ons identiteit in wat ons doen, besit, ons bankbalans of die sukses wat ons behaal. Dan leef ons oneg vanuit 'n "valse" self en nie vanuit die splinternuwe identiteit wat God vir ons gegee het nie. Kom ontdek saam dat jy as Christen 'n splinternuwe identiteit het en hoe dit jou kan help om nuut...
Erediens 31 Mei Ons is mense met ’n droom! 02.06.2026 48:14
Sondag begin ons met ’n nuwe preekreeks: Wie is ons? Ons identiteit as Christene! Na Pinkster herinner die Here ons dat die Heilige Gees steeds in ons en deur ons werk. Hierdie Sondag se tema is: Ons is mense met ’n droom! Kom ontdek saam hoe God ons roep om met nuwe hoop, verwagting en ’n droom vir sy Koninkryk te leef. Sien jou Sondag in persoon of digitaal! Riviera-Jakaranda groete Become a...
Podcasts similaires
Replaio n'est pas éditeur de podcasts ; les noms des émissions, les visuels et l'audio appartiennent à leurs auteurs et sont diffusés via des flux RSS publics