Pinelands Gemeente
Pinelands Gemeente
Preke, gesprekke en meditasies vanuit Pinelands Gemeente se wandel met God.
N'hésitez pas à visiter le site du podcast et à soutenir son créateur : podcasters.spotify.com
Auteur
Pinelands Gemeente
Catégorie
Site du podcast
Dernier épisode
11 oct. 2026
Où écouter ?
Les podcasts dans l'appli Replaio Radio Bientôt disponibleLes podcasts arrivent très bientôt dans l'appli. Installe-la dès maintenant et découvre en avant-première une toute nouvelle façon de vivre les podcasts
Épisodes
2026 10 11_Fil 4:1-9_Fyn aanvoeling 11.10.2026 31:45
Fyn aanvoeling · Filippense 4:1–9 · Ds. Helgard Pretorius · Pinelands Gemeente, 11 Oktober 2026. Paulus bid aan die begin van sy brief dat die Filippense se liefde sal toeneem "in kennis en alle fyn aanvoeling" (Fil 1:9). In hoofstuk 4 sien ons hoe dit lyk – midde-in 'n konflik tussen twee medewerkers. 'n Preek oor estetika en anestetika: hoe ons sintuie skerp hou wanneer konflik...
2026 10 04_Fil 3:3-14_Gravity and Grace / Swaartekrag en Genade 04.10.2026 23:28
Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad Doopdiens · Doop en openbare belydenis van geloof Filippense 3:3–14 4 Oktober 2026 Koninkrykstyd 19 Simone Weil het geskryf dat al die natuurlike bewegings van die siel beheer word deur wette soos dié van swaartekrag — genade is die enigste uitsondering. Paulus lees sy indrukwekkende CV voor en reken alles wat eers wins was nou as verlies, want hy is self deu...
2026 09 27_Fil 2:1-13_In die hart van die loflied 27.09.2026 30:15
Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad Konings – of knoeiers? · Epiloog by die reeks Filippense 2:1–13 27 September 2026 Koninkrykstyd 18 Uit die tronk skryf Paulus 'n brief om dankie te sê — en in die hart van daardie dankbrief staan 'n loflied, en in die hart van die loflied, die hart van God: 'n Koning wat sy Godheid nie beskou as iets om aan vas te klem nie, maar Homself leegmaak, tot die dood...
2026 09 20_Jer 36:20-26_Reddingsboot 20.09.2026 30:46
Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad Konings – of knoeiers? · 'n Reeks oor Israel se konings vir koninkrykstyd Jeremia 36:20–26 20 September 2026 Preek 8 van 8 In 1807 het 'n sendingorganisasie 'n Bybel vir slawe in die Wes-Indiese eilande laat druk waaruit die eerste agtien hoofstukke van Eksodus weggelaat is: die mak God wat reëls gee, was aanvaarbaar — nie die wilde God wat noodkrete hoor en...
2026 09 13_2 Kon 22-23_Die vergete boekrol 13.09.2026 34:57
Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad Konings – of knoeiers? · 'n Reeks oor Israel se konings vir koninkrykstyd 2 Konings 22–23 13 September 2026 · Nagmaal Preek 7 van 8 Stel jou voor jy kom ná jare terug by die kerk van jou kindertyd: die hek skeef, 'n ruit stukkend, alles onder stof, en op die kansel 'n Bybel wat niemand meer lees nie. Dit is die prentjie waarmee 2 Konings 22 begin — 'n vervall...
2026 09 06_1 Kon 21_Nie te koop nie 06.09.2026 34:29
Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad Konings – of knoeiers? · 'n Reeks oor Israel se konings vir koninkrykstyd 1 Konings 21 6 September 2026 · Tuindag Preek 6 van 8 Waar is jou hartsplek? Daar is 'n naelstring tussen grond en gees, en juis daarom is die seer rondom grond in ons land so groot. Langs koning Agab se paleis lê Nabot se wingerd, en die koning se aanbod is billik — 'n beter wingerd, o...
2026 08 30_1 Kon 10:1-13_Solly … is jy hêppie? 31.08.2026 26:12
Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad Konings – of knoeiers? · 'n Reeks oor Israel se konings vir koninkrykstyd 1 Konings 10:1–13 30 Augustus 2026 Preek 6 van 9 Die koningin van Skeba kom kyk self of Salomo so slim en deftig is soos almal sê — en wat sy sien, slaan haar asem weg: "Die helfte is my nie eers vertel nie!" Sy noem die koning se dienaars gelukkig. Maar wie is nie op haar...
2026 08 23_2 Sam 11:1-12:13_Jy is die man! 23.08.2026 26:37
Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad Konings – of knoeiers? · 'n Reeks oor Israel se konings vir koninkrykstyd 2 Samuel 11:1–12:13 23 Augustus 2026 Preek 4 van 8 · Nagmaal Dawid se blik vanaf die dak is die reeks se donkerste oomblik: hy stuur, hy vat, en 'n masjien van toesmeer kom aan die gang — totdat Batseba se enkele sin, "Ek is swanger," die koning se beheer laat tuimel en Natan se gelyken...
Wena Gatenby Troosdiens 20.08.2026 16:51
Helgard Pretorius
2026 08 16_1 Sam 16:1-13_… maar die Here kyk na die hart 16.08.2026 26:44
Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad Konings – of knoeiers? · 'n Reeks oor Israel se konings vir koninkrykstyd1 Samuel 16:1–13Sondag 16 Augustus 2026Preek 3 van 8 Samuel word gestuur om 'n nuwe koning te salf, en selfs die profeet kyk verkeerd: Eliab lyk soos 'n koning, maar "die HERE kyk na die hart." Sewe seuns gaan verby; die agste — die jongste, by die skape, aan wie niemand eers gedink het...
2026 08 09_1 Sam 25:2-42_Abigail — die vrou wat 'n koning gekeer het 09.08.2026 29:11
Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad Konings – of knoeiers? · 'n Reeks oor Israel se konings vir koninkrykstyd 1 Samuel 25:2–42 Sondag 9 Augustus 2026 Interlude · Nasionale Vrouedag Hierdie Sondag staan ons vir een week buite die ry konings. Voordat Dawid koning word, is dit Abigail wat hom met wysheid en moed vóór 'n onherroeplike daad keer — in 'n reeks oor konings wat gedurig vát, is sy die e...
2026 08 02_1 Sam 13:1-15_Beleër – en Gedoop 02.08.2026 30:57
Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad Konings – of knoeiers? · 'n Reeks oor Israel se konings vir koninkrykstyd 1 Samuel 13:1–15 2 Augustus 2026 Preek 2 van 8 · Doop "Besieged is how most people feel most of the time," skryf die digter David Whyte — beleër deur eise, verwagtinge, selfs ons suksesse. Dit is Saul se storie by Gilgal: omsingel deur die Filistyne, verlaat deur sy manskappe, gryp hy s...
2026 07 26_1 Sam 8:1-22_Daar moet 'n koning oor ons wees! 26.07.2026 26:52
Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad Konings – of knoeiers? · 'n Reeks oor Israel se konings vir koninkrykstyd 1 Samuel 8:1–22 26 Julie 2026 · Preek 1 van 8 · Nagmaal Wanneer leiers teleurstel en die wêreld onveilig voel, groei die verlange na iemand wat alles net kan kom regmaak. Israel se oudstes eis 'n koning "soos al die ander nasies", en God waarsku in liefde: konings vát — julle seuns, jul...
2026 07 19_Markus 2:23-28_Rus 19.07.2026 22:34
J.G de Bruin & Ds. H. Pretorius
2026 07 12_2 Kronieke 7:14_Hoeveel hoop het ons vir die Kerk? 12.07.2026 15:33
Ds. A van der Westhuizen
05-07-26 Gen 19:1-20 Sodom & Gamorra 06.07.2026 22:52
Ds B. Truter-Botha
2026 06 21_Gen 21:1-21_Die God wat hoor 21.06.2026 31:09
Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad Die Waagstuk van Geloof: Die God wat hoor Genesis 21:1-21 21 Junie 2026 Preek 2 van 3 Isak se fees word die dag waarop Hagar en haar seun die woestyn ingestuur word — en die Skrif versag niks daarvan nie. Maar wanneer haar watersak leeg is en sy wegdraai om nie haar kind te sien sterf nie, hoor God júis die stem van die seun (Ismael — "God hoor"), maak haar o...
2026-06-14 Gen 18:1-19; 21:1-7 14.06.2026 37:16
Ds. H.M. Pretorius
2026 06 07_Ef 6:10-20_Staan vas! 07.06.2026 26:19
Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad Wakkerword!-reeks: Staan vas! Efesiërs 6:10–20 7 Junie 2026 Preek 9 van 9 Ná nege weke deur Efesiërs eindig Paulus met 'n vreemde prentjie: 'n soldaat wat sy plek inneem — "trek die wapenrusting aan, staan vas." Maar as Christus reeds regeer, waarom dan nóg veg? Omdat die stryd hom júis daar afspeel waar Christus op die troon sit en waar ons saam met Hom sit...
2026 05 31_Ef 5:1-20_Liefde en Aanbidding 31.05.2026 25:51
Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad Wakkerword!-reeks: Liefde en Aanbidding Efesiërs 5:1–20 31 Mei 2026 (Drie-eenheidsondag) Preek 8 van 9 Jakob het in die middel van nêrens aan die slaap geraak en wakker geword in die huis van God: "die Here is op hierdie plek, en ek het dit nie besef nie." Op Drie-eenheidsondag lees ons Paulus se oproep — "Word wakker, slaper!" — saam met sy vreemde taal van...
2026 05 24_Ef 4:17-5:2_Die Nuwe Mens 24.05.2026 30:25
Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad Wakkerword!-reeks: Die Nuwe Mens Efesiërs 4:17–5:2 24 Mei 2026 (Pinkster) Preek 7 van 9 Aan die einde van haar lewe het die digter Mary Oliver gesê dat haar geestelike pad haar veral een ding geleer het: "I've become kinder." Vir Paulus is vriendelikheid presies dít wat ons in God navolg — want God self is vriendelik, en sy Gees vleg ons saam; o...
2026 05 17_Ef 3:14-21_In die liefde gewortel en gegrond 17.05.2026 28:45
Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad Wakkerword!-reeks: In die liefde gewortel en gegrond Efesiërs 3:14–21 17 Mei 2026 Voel jy God se liefde — of klink dit mooi maar onwerklik? Paulus se gebed in Efesiërs 3 hou die innerlike en die uiterlike saam: Christus woon in ons harte terwyl ons — saam met al die heiliges — in die liefde gewortel en gegrond is. Op tuindag word die beeld van 'n plant in vru...
2026 05 10_Ef 2:11-22_Eenheid as 'n bron van hoop 10.05.2026 31:47
Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad Wakkerword!-reeks: Eenheid as 'n bron van hoop Efesiërs 2:11–22 10 Mei 2026 Preek 5 van 9 Paulus skryf nie wat ons moet doen nie — hy beskryf wat reeds gebeur het. Christus self ís ons vrede; aan die kruis is die muur van vyandskap afgebreek en uit twee word een nuwe mens gemaak. Aan die hand van Een Maitland se verhaal — twee gemeentes wat deur 'n brand, gas...
2026-05-03 Ef. 2:1-10 Wakkerword 4 03.05.2026 16:50
Ds. L. Wijnja
2026 04 26_Ef 1:15-23_Die krag van gebed 26.04.2026 28:59
Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad Wakkerword!-reeks: Die krag van gebed Efesiërs 1:15-23 26 April 2026 Preek 3 van 9 Prediker: Helgard Pretorius Watter soort krag bedoel ons wanneer ons sê "daar is krag in gebed"? In Efesiërs 1 bid Paulus nie vir nuwe dinge nie, maar dat ons oë sal oopgaan vir die opstandingskrag wat reeds in ons werk — 'n krag wat in liefde leef en nie soos Caesar se krag oo...
Podcasts similaires
Replaio n'est pas éditeur de podcasts ; les noms des émissions, les visuels et l'audio appartiennent à leurs auteurs et sont diffusés via des flux RSS publics