Kosmos 94.1
Nuus
Kry die nuus soos dit breek.
N'hésitez pas à visiter le site du podcast et à soutenir son créateur : www.kosmos.com.na
Où écouter ?
Les podcasts dans l'appli Replaio Radio Bientôt disponibleLes podcasts arrivent très bientôt dans l'appli. Installe-la dès maintenant et découvre en avant-première une toute nouvelle façon de vivre les podcasts
Épisodes
'Geld kan nie berusting bring nie' 18.10.2026 0:32
Die maatskaplike aktivis Shaun Gariseb sê finansiële vergoeding kan nie emosionele sluiting vervang nie. Hy het gepraat oor die siviele regsgeding van 2,2 miljoen Namibiese dollar wat deur die vermoorde Ingrid Maasdorp se familie teen die regering gebring is. Maasdorp sê dit is 'n deurslaggewende toets van institusionele aanspreeklikheid vir skoolsekuriteitsmislukkings. Dit volg op die inhegtenisn...
Koalisies in SA verkiesings verwag 18.10.2026 0:40
Die plaaslike owerheidsverkiesings in Suid Afrika aanstaande maand is besig om die nuustoneel in die buurland te oorheers. Wydlopende reaksie van politieke kenners word in die verband ontvang. Christo van der Rheede ‘n onafhanklike politieke ontleder het sy mening aan Kosmos 94.1 nuus verwoord.
IPC de josie vir NWR oor Gross Barmen 18.10.2026 0:37
Die sluiting van binnenshuise swemgeriewe by die Gross Barmen-oord het daartoe gelei dat Rodrick Likando, die IPC se skaduminister van omgewing en toerisme, op verantwoording en antwoorde van Namibia Wildlife Resorts oor instandhouding eis. Likando sê die publiek verdien ’n verduideliking oor die herstelwerk, veral in die lig van die regering se belegging van 220 miljoen Namibiese dollar in die he...
Fietsry: Drikus trap deurnag; steeds voor in Rhino Run 18.10.2026 0:38
Die Namibiese fietsryer, Drikus Coetzee, het ‘n 24-uur lange skof agter die rug en loop steeds voor in die Rhino Run-uithou-fietswedren van Windhoek na Graaff Reinet, met die Fransman, Stephane Lombard, in die tweede plek. Coetzee het reeds 2 255 km van die uitmergelende 2 835 km voltooi en pak vandag die sewende skof aan. Hy het met Kosmos 94.1 gepraat:
BKS: Nuwe reëls vir veebewegings, slagtings, vleishandel en uitvoere 18.10.2026 0:40
Namibië se veeartsenyowerhede het Saterdag die reëls vir veebewegings, slagtings, vleishandel en uitvoere uiteengesit terwyl bek-en-klouseer steeds die veebedryf ontwrig. Hoewel sekere veebewegings en slagtings onder streng veeartsenybeheer toegelaat word, bly beperkings in die geraakte //Kharasstreek stewig van krag. Die landbouministerie beklemtoon dat verskerpte siektetoesig, bewegingsbeheer en...
Midde-Ooste laat Suider-Afrika swaar trek 18.10.2026 0:38
Die ekonomieë van Suider-Afrika, insluitend Namibië, word steeds negatief geraak deur die oorloë in die Midde-Ooste, sowel as in Rusland en Oekraïne. Dr. Roelof Botha, ekonomiese adviseur vir die Optimum-groep en Betterbond, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat, hoewel die impak swaar is, veral vererger deur stygende inflasiekoers weens hoë brandstofpryse en vervoerkoste, dinge wel kan verbeter.
IPPR bekommerd oor deursigtigheid met tenders 17.10.2026 0:40
Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing spreek kommer uit oor die swak nakoming van beplanningsvereistes vir openbare verkryging, nadat slegs 87 uit 260 verkrygingsaktiwiteite vir die 2026/2027-boekjaar gepubliseer is. Dit is slegs 33 persent. IPPR-navorser Frederico Links het Vrydag die syfers bekend gemaak en die Eenheid vir Openbare Verkryging in die Ministerie van Finansies gekritiseer omd...
BKS: 182 beeste op Kalala-eiland, Zambezi ingeënt 17.10.2026 0:33
Namibië se stryd teen bek-en-klouseer in die Zambezistreek het ’n belangrike mylpaal bereik, met al 182 beeste op een plaas op Kalala-eiland wat reeds ingeënt is. Die hoofveeartsenybeampte, dr. Kenneth Shoombe, het dié vordering Vrydag bevestig. Kalala-eiland, in die Kabbe-kiesafdeling, worstel met ’n afsonderlike uitbreking van bek-en-klouseer, wat nie verband hou met die uitbreking in die Karasb...
Vennootskap met MSC-plesierbote skep werk vir jong Namibiërs 17.10.2026 0:38
Die Namibiese Beleggingsbevorderings- en Ontwikkelingsraad het weer met MSC Cruises saamgewerk om internasionale werksgeleenthede vir jong Namibiërs te skep. Sedert die vennootskap middel-2023 begin het, is meer as 8 400 aansoeke ontvang, wat tot 42 werksaanbiedinge gelei het, waarvan 25 Namibiërs poste aan boord van MSC-plesierbote aanvaar het. Catherine Shipushu, die raad se woordvoerder, sê die...
Zelensky 'n 'sirkusmeester', sê Trump 17.10.2026 0:18
President Volodymyr Zelensky van Oekraïne het ʼn Amerikaanse ooreenkoms om diesel van Rusland te koop, veroordeel en sê dit dra finansieel by tot die Kremlin se oorlogspoging. Hy het by ʼn Europese Unie-beraad in Brussel gesê president Vladimir Putin van Rusland stel nie regtig in vredesonderhandelinge belang nie. Zelensky verwelkom Europese leiers se groter rol om die oorlog te beëindig. EU-leiers...
KZN staal hulself teen El Niño 17.10.2026 0:22
Gemeenskappe in KwaZulu-Natal word gewaarsku om voor te berei op moontlike hittegolwe, droogte en watertekorte wat met El Niño verband hou. Ondergemiddelde reënval en abnormaal hoë temperature word van vandeesmaand tot Desember verwag, terwyl droë toestande moontlik tot in Maart volgende jaar kan voortduur. Die woordvoerder van die departement van samewerkende regering en tradisionele sake, Siboni...
Fietsry: Drikus steeds voor in Rhino Run 17.10.2026 0:27
Die Namibiese fietsryer, Drikus Coetzee, loop steeds voor in die Rhino Run-uithou-fietswedren van Windhoek na Graaff Reinet, met die Fransman, Stephane Lombard, in die tweede plek. Coetzee het reeds 1 857 km van die uitmergelende 2 835 km voltooi en pak vandag die sesde skof aan. Hy het met Kosmos 94.1 gepraat:
BKS: Geen verspreiding in Karasburg - vir nou 17.10.2026 0:19
Die bek-en-klouseer-uitbreking in die Karasburg-distrik het nie versprei nie en is steeds tot 18 plase in die besmette area beperk. Die hoofveearts by die landbouministerie, dr. Kenneth Shoombe, het Vrydag die jongste inligting oor die uitbreking bekend gemaak:
Copps 94.1: Drank- en dwelmduiwel listig in Windhoek 17.10.2026 0:40
Ernstige huismoles, aantygings van kindermishandeling en ‘n messtekery was ook deel van die Copps 94.1-span se kopseer. Lottering het meer:
Copps 94.1: Drank- en dwelmduiwel listig in Windhoek 17.10.2026 0:39
Die Copps 94.1-span moes Vrydagaand in Windhoek behoorlik bontstaan met die drank- en dwelmduiwel wat amok gesaai het. Francois Lottering van Kosmos 94.1 was soos altyd op sy pos en doen verslag van die toneel:
Die dag wat was, 16 Oktober 2026 16.10.2026 6:02
Kry die nuus soos dit breek.
Carrim 'wou sonder retoerkaartjie na Dubai vlieg' 16.10.2026 0:19
Die sakeman van Noordwes, Suliman Carrim, het in die landdroshof in Pretoria verskyn op 'n aanklag dat hy versuim het om ingevolge 'n dagvaarding voor die Madlanga-kommissie te verskyn. Hy is Donderdagaand op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng in hegtenis geneem voordat hy op 'n vlug na Dubai kon klim. Die staatsaanklaer voer aan hy het nie 'n retoerkaartjie gehad nie, maar Carrim ontk...
Stygende vleispryse kan publiek na alternatiewe dwing: kundige 16.10.2026 0:30
Vleispryse het met 15 persent in 'n enkele maand gestyg soos insetkoste die hoogte inskiet vir verwerkers wat worstel met die bek-en-klouseer uitbreking. Landbou-ontleder Wallie Roux sê dat verbruikers tans aan die kortste ent trek, aangesien bederfbare voorraad in pakhuise lê, wat kopers dwing om moontlik na alternatiewe proteïenbronne oor te skakel namate bekostigbaarheid 'n kantelpunt bereik. H...
Bly kalm, hand-, voet- en mondsiekte nie soos BKS 16.10.2026 0:31
Die gesondheidsministerie doen 'n beroep op die publiek om kalm te bly ná berigte oor hand-, voet- en mondsiekte op Rehoboth, wat 19 kinders raak. Die ministerie sê alle aangemelde gevalle is stabiel en waarsku terselfdertyd teen verkeerde inligting, die sluiting van skole en onnodige paniek. Die ministerie se woordvoerder, Walters Kamaya, sê dat hand-, voet- en mondsiekte in mense verskil van die...
Duitse volksmoord-mosies sal moeilik slaag: kenner 16.10.2026 0:40
Reaksie word ontvang op die Duitse parlement wat debat gevoer het oor die volksmoord op die OvaHerero- en Nama-volke. Dit was na twee aparte opposisie-mosies van die Linkse Party, wat herstelbetalings vir die afstammelinge van die slagoffers eis, en die Greens wat vra dat kulturele artefakte en menslike oorskot aan Namibië terugbesorg word. Die debat het 'n gespanne wending geneem nadat wetgewers...
Solidariteitsveldtog vir Kuba kort nog N$3,6 miljoen 16.10.2026 0:23
Die Nasionale Solidariteitsveldtog het 3 miljoen Namibiese dollar ingesamel om mediese voorrade en sonkragpakkette vir Kubaanse gesondheidsentrums aan te skaf. Die veldtogvoorsitter, Helmut Angula, het aangekondig dat fondsinsameling tot November sal voortduur om die oorblywende 3,6 miljoen dollar in te samel wat nodig is om 140 kubieke voet sonkragpakkette te koop en te verskeep.
Madlanga-kommissie juig oor Suliman Carrim-arrestasie 16.10.2026 0:19
Die Madlanga-kommissie verwelkom die inhegtenisneming van die sakeman van Noordwes, Suliman Carrim, op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng. Hy het in Maart voor die kommissie verskyn, maar daaropvolgende verskynings misgeloop om mediese redes. Woordvoerder Jeremy Michaels sê Carrim is aangekla nadat hy versuim het om op 14 Augustus ingevolge 'n dagvaarding te verskyn, en herhaaldelik ni...
Regering 'moet BKS-verbod op jagtrofee-uitvoere heroorweeg' 16.10.2026 0:28
Die professionele jagter Jofie Lamprecht sê grootwildjag en die uitvoer van die trofeë dra tussen 250 miljoen en 300 miljoen Namibiese dollar tot die land se ekonomie by. Hy sê dit is daarom belangrik dat die regering sy besluit om die uitvoer van grootwildtrofeë te verbied, dringend heroorweeg om te verseker dat dié inkomstebron nie opdroog nie. Lamprecht sê jagoperateurs noord van die Rooilyn vo...
Fifa-baas vra verskoning oor privatiseringsplan 16.10.2026 0:20
Sokker: Fifa se president, Gianni Infantino, het verskoning gevra vir sy plan om die Wêreldbekertoernooi te privatiseer. Hy sê foute is gemaak wat tot baie gevolge gelei het. Hy het in Augustus ‘n omstrede plan geskrap om 'n aandeel in die Wêreldbekertoernooi aan privaat beleggers te verkoop nadat bestuursliggame heftig beswaar gemaak het. Infantino het na gister se Fifa-raadsvergadering in Zurich...
Creecy keur brandstofheffing-verhoging af, Cosatu juig 16.10.2026 0:20
Die vakverbond Cosatu verwelkom vervoerminister Barbara Creecy se ingryping om nog ʼn verhoging in die brandstofheffing te keer. Sy het ʼn voorstel van die Padongelukkefonds om die POF-heffing tot drie Suid-Afrikaanse rand per liter te verhoog, afgekeur en sê verbruikers is reeds onder groot druk. Cosatu-woordvoerder Matthew Parks sê werkers en die ekonomie steier onder die afgelope jaar se enorme b...
Podcasts similaires
Replaio n'est pas éditeur de podcasts ; les noms des émissions, les visuels et l'audio appartiennent à leurs auteurs et sont diffusés via des flux RSS publics