Kosmos 94.1
Nuus
Kry die nuus soos dit breek.
N'hésitez pas à visiter le site du podcast et à soutenir son créateur : www.kosmos.com.na
Où écouter ?
Les podcasts dans l'appli Replaio Radio Bientôt disponibleLes podcasts arrivent très bientôt dans l'appli. Installe-la dès maintenant et découvre en avant-première une toute nouvelle façon de vivre les podcasts
Épisodes
President oorhandig nasionale vlag aan Span Namibië 15.10.2026 0:40
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het vanoggend by die Staatshuis die Namibiese nasionale vlag formeel aan Span Namibië oorhandig, vooruitlopend op die 2026-Somerjeugolimpiese Spele in Dakar, Senegal. Die Minister van die Presidensie, dr. Charles Mubita, het die span aangemoedig om eerste op diplomasie te fokus.
Kernkragplanne wek kommer oor hulpbronne 15.10.2026 0:26
Die energiekenner Harald Schütt lewer kritiek op die regering se beweging na kernkrag en waarsku dat die tegnologie buitensporig duur is en kritieke hulpbronne van noodsaaklike dienste soos water, voedsel en vervoer kan wegtrek. Dit volg op die aanstelling van John Titus as die land se eerste kernkommissaris, terwyl die regering voorbereidings tref om kernenergie te ondersoek en groter gebruik te...
Adjunkminister van Justisie bekommerd oor dodelike Katlehong-skietery voor verkiesing 15.10.2026 0:19
Die Suid Afrikaanse adjunkminister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Andries Nel, het kommer uitgespreek oor die dodelike skietery in Katlehong in aanloop tot die plaaslikeregeringsverkiesing. Vier mense is Dinsdagaand doodgeskiet, onder andere twee lede van die ANC-jeugliga. Drie ander is in die hospitaal. ʼn Verdagte het homself aan die polisie oorgegee en die saak word deur die Gautengs...
Dunaiski: Psemas-struktuurhervormings skep uitdagings vir pensioenarisse 15.10.2026 0:35
Die Psemas-struktuurhervormings, wat op 1 April ingestel is, het aansienlike uitdagings vir kwesbare lede, veral pensioenarisse, geskep. Hoewel die hervormings daarop gemik is om die skema se langtermynvolhoubaarheid te verseker en die weg te baan vir breër universele gesondheidsdekking, sê die bestuurskundige Pius Dunaiski aan Kosmos 94.1 Nuus dat die veranderinge gepaardgegaan het met 'n onmidde...
Kerntoetsontploffing-simulasie in Erongo-streek hou klomp voordele vir Namibië 15.10.2026 0:25
Die aanbieding van Afrika se eerste kerntoetsontploffing-simulasie in die Erongo-streek bring groot ekonomiese en diplomatieke voordele vir die land. Magdalena Shipiki, hoofbeampte vir buitelandse betrekkinge by die internasionale betrekkinge-ministerie, sê dat die oefening, wat 147 miljoen Namibiese dollar kos, logistiek, gasvryheid en toerisme aan die kus ’n hupstoot gee. Sy sê dat hierdie mylpa...
Sherbourne sê Namibië moet liewer sy bande met VSA versterk 15.10.2026 0:40
Die ekonoom Robin Sherbourne sê Namibië behoort verder te kyk as sy groeiende bande met Rusland en China, en eerder meer te fokus op die versterking van sy verhouding met die Verenigde State. In 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus sê Sherbourne dat, hoewel Amerikaanse beleids-besluite onder president Donald Trump uitdagings vir Namibië geskep het, hy glo dat Amerikaanse maatskappye al hoe belangriker...
12:00 Nuus 15.10.2026 3:53
Kry die nuus soos dit breek.
Mashatile sê ‘n regverdige oorgang na ‘n volhoubare ekonomie moet almal insluit 15.10.2026 0:18
Die Suid Afrikaanse adjunkpresident Paul Mashatile sê die dringendste nasionale taak is om sterker groei te bewerkstellig en werk te skep om armoede en ongelykheid aansienlik te verminder. Hy was gister die hoofspreker tydens FEDUSA se agtste nasionale kongres in Kemptonpark, Gauteng. Die ekonomie het in die tweede kwartaal van vanjaar met 0,2-persent gekrimp, terwyl die amptelike werkloosheidskoe...
Gebrek aan gemeenskapsingryping dryf herhaalde misdaad aan 15.10.2026 0:40
Geestesgesondheidkundiges waarsku dat die versuim om gestruktureerde, gemeenskapsvlak-ingrypings te verskaf, hoë koerse van herhaalde oortredings onder vrygelate misdadigers aanwakker. Sielkundige Shaun Whittaker sê dat die herhaaldelike arrestasie en vrylating van oortreders terug in dieselfde sosiale netwerke kriminele gedrag en aangeleerde hulpeloosheid versterk, veral wanneer regstellingswerk...
Politieke ontleder sê daar kan nog vertragings in Zuma se verhoor kom 15.10.2026 0:18
Die politieke ontleder, Levy Ndou sê verdere vertragings kan nie uitgesluit word in voormalige president Jacob Zuma se jarelange wapentransaksie-korrupsiesaak nie. Ndou se opmerkings kom, ondanks Zuma se besluit om nie verdere appèlle aan te teken nie. Die verhoor sal na verwagting op 1 Februarie volgende jaar begin, ná meer as twee dekades van regsgedinge. Ndou sê baie mense wag dat die saak in d...
IPC-LP, Mouton bekommerd oor B1-padmerke wat besig is om te vervaag 15.10.2026 0:21
Die IPC-LP, John-Louw Mouton, sê hy is bekommerd oor die padmerke op die B1 wat besig is om te vervaag en waarsku dat swak sigbaarheid van die padtekens die risiko van padongelukke kan verhoog. Mouton het Woensdag in die parlement vervoerminister, Veikko Nekundi, gevra wanneer die padmerke, veral dié wat veilige verbysteek-sones aandui, ‘n nuwe laag verf sou kry. Nekundi het op sy beurt weer gesê...
Nampol’s crime breakthroughs 15.10.2026 0:22
Clip 3- Nampol’s crime breakthroughs
Nampol’s crime breakthroughs 15.10.2026 0:31
Clip 2- Nampol’s crime breakthroughs
Nampol’s crime breakthroughs 15.10.2026 0:30
Clip 1- Nampol’s crime breakthroughs
Hernude oproepe vir vuurwapenvrye-Gauteng ná skietvoorval in Katlehong 15.10.2026 0:19
Die Gauteng wetgewer se Komitee vir Gemeenskapsveiligheid het sy oproep om 'n vuurwapenvrye provinsie hernu ná 'n skietvoorval in Katlehong, Ekurhuleni, waarin vier mense dood en sewe beseer is. Die slagoffers is na bewering aangeval terwyl hulle van 'n gedenkdiens vir 'n plaaslike politieke leier teruggekeer het. Die voorsitter van die komitee, Bandile Masuku, het aangedring op strenger optrede t...
Betrek meer jongmense by land se ekonomie met geteikende befondsing 15.10.2026 0:40
Die Swapo Jeugliga sê geteikende befondsing en ekonomiese insluiting is die sleutel tot die bekamping van jeugwerkloosheid en jeug-betrokkenheid. Woordvoerder Moses Shikerete het die Nasionale Jeugontwikkelingsfonds uitgelig as 'n manifes-oorwinning wat banke se kollateraal-hindernisse vir jong entrepreneurs verwyder. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
WKOD vra matrikulante om nie laat vir eksamens op te daag nie 15.10.2026 0:21
Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement het kommer uitgespreek oor leerders wat laat opdaag vir die matriekeksamen, ondanks 'n goeie begin van die eksamen. Meer as 85-duisend voltydse, deeltydse en herhaalde kandidate skryf hul nasionale senior sertifikaat-eksamen in die provinsie. Die LUR vir onderwys, Jaco Londt, het leerders versoek om ten minste 'n uur vroeër by eksamenlokale op te daag om stres wa...
Landbou-ministerie sê meer as 63 000 beeste reeds vir BKS gesif 15.10.2026 0:39
Die ministerie van landbou sê hy het reeds, sedert die bek-en-klouseer-uitbreking meer as 63 000 beeste vir die siekte gesif. Woordvoerder, Romeo Muyunda, sê daar is, dusver, 131 diere wat op 18 Karasburgs-distrik-plase positief vir BKS getoets het. Vir meer inligting en 'n meer-gedetaileerde opsomming van Woensdag se BKS-opdatering, besoek die Kosmos Kapitaal Facebook-blad.
Die Wes-Kaapse regering verskerp pogings om uitvoere te bevorder 15.10.2026 0:18
Die Wes-Kaapse regering sê sterker internasionale handelsvennootskappe is noodsaaklik om meer as 200-duisend werksgeleenthede deur verhoogde uitvoere te skep. Die provinsie se uitvoerstrategie het ten doel om teen 2035 uitvoere ter waarde van 408-miljard-Namibiese dollar te lewer en nog 'n duisend aktiewe uitvoerders te lok. Tydens 'n vergadering van die uitvoerbedryf in Kaapstad het premier Alan...
Minister Kantema-Gaomas verdedig N$250m kindertoelae wat uitbetaal is 15.10.2026 0:33
Die minister van geslagsgelykheid, Emma Kantema-Gaomas, het die 250 miljoen Namibiese dollar in kindertoelae wat aan individue tussen 18 en 21 jaar oud betaal is, verdedig. Dit volg ná 'n verslag van die ouditeur-generaal, wat die uitbetalings uitgelig het. Kantema-Gaomas het in die parlement verduidelik dat hoewel 18 die wettige ouderdomsgrens is, die Kindersorg- en Beskermingswet verlengde onder...
Drikus Coetzee reg vir Dag 4 van Rhino Run-fietswedren 15.10.2026 0:38
Fietsryers skop vandag skof vier van die Rhino Run-uithou-fietswedren van Windhoek na Graaff Reinet af. Drikus Coetzee van Namibië is steeds in eerste plek, en het, na drie dae in die saal, reeds 1-duisend-170 kilometer afgelê... en is tans byna 100 kilometer voor Frankryk se Stephane Lombard. Coetzee het vanoggend 'n opdatering met Kosmos 94.1 Nuus gedeel:
Tweede skoolvakansie en Heldedag padveiligheids-inisiatiewe groot sukses 15.10.2026 0:30
Nasionale padveiligheid-operasies wat die tweede trimester skool-vakansie en Heldedag-tydperk dek, het gelei tot 'n afname van 35-persent in padsterftes op die land se belangrike hoofweë. NamPol waarnemende inspekteur-generaal, generaal-majoor Anne-Marie Nainda, sê dat verkeersbeamptes tydens die veldtog langs die B1- en B2-snelweë meer as 21 800 voertuie voorgekeer het. 16-duisend-500 bestuurders...
Ma van 18-jarige Karinambande Muundjua vra om vergifnis 15.10.2026 0:15
Die ma van die 18-jarige wat Woensdag in die Okahandja-landdroshof verskyn het op aanklagte van moord op die die 5-jarige Ingrid Maasdorp en die 6-jarige Roswinds Fabianu op Okahandja, sê sy is jammer vir wat haar seun gedoen het. Selma Tjivikua het aan Nampa gesê haaar familie is geskok oor die klagtes teen haar seun, Karinambande Muundjua, en om vergifnis gevra van die families van die twee mind...
Bou van 2 voetganger-brûe oor Westelike Verbypad begin in November 15.10.2026 0:35
Die minister van werke en vervoer, Veikko Nekundi sê die konstruksie van twee voetganger-brûe oor die Westelike Verbypad sal voor die einde van November afskop. Nekundi het Woensdag gereageer op ‘n vraag in die parlement deur Affirmative Repositioning-LP, George Kambala. Kambala wou weet, behalwe vir die installering van spoedhobbels, hoekom dit so lank vat om met ‘n permanente oplossing vorendag...
06:00 Nuus 15.10.2026 4:01
Kry die nuus soos dit breek.
Podcasts similaires
Replaio n'est pas éditeur de podcasts ; les noms des émissions, les visuels et l'audio appartiennent à leurs auteurs et sont diffusés via des flux RSS publics