RSG

Vers en Klank

Tv AF ↓ 762 episodios

Voorlesings van gedigte, afgewissel met gepaste musiek.

No dejes de visitar la web del podcast y apoyar a su creador: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categoría

Tv

Web del podcast

www.rsg.co.za

Último episodio

13 de oct. de 2026

¿Dónde escuchar?

Podcasts en la app Replaio Radio Muy pronto

Los podcasts llegarán muy pronto a la app. Instálala ahora y sé el primero en descubrir una forma totalmente nueva de vivir los podcasts

Descárgala en Google Play Instálala gratis Android casi 10 M de descargas · valoración de 4,8 iOS muy pronto

Episodios

Vers en klank 10 Desember 2024 10.12.2024

Is dit vir jou ook so vermaaklik om mense te kyk? Om vreemdelinge op straat of in ’n restaurant dop te hou, en dan vir hulle ’n storie uit te dink – ’n lewe, ’n werk, ’n blyplek… Susanne Beyers lees gedigte voor oor sulke karakters wat ons digters se verbeelding aangegryp het.

Vers en klank 3 Desember 2024 03.12.2024

Cas Vos het vroeër vanjaar weer ’n digbundel die lig laat sien. Dié een se naam is WISSELENDE STEMMINGE. Daarin dig hy, onder meer, oor die toestand van menswees, musikante, ánder digters en die liefde. Johann Nel is die voorleser.

Vers en klank 26 November 2024 26.11.2024

Rudolph Willemse, ’n digter van Riebeek-Kasteel, gesels or sy derde bundel, SWARTLAND, wat onlangs by Turksvy Publikasies verskyn het. Saam met sy vorige twee bundels, KWEEKSKOOL en MIDDELMAN, vorm dit ’n trilogie waarin die digter sy verskillende lewensfases verken.

Vers en klank 19 November 2024 19.11.2024

Sophia van Taak gesels met Alwyn Roux, ’n dosent aan UNISA se Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap, oor sy eerste digbundel, WEERSKYN, wat vroeër vanjaar by Protea Boekhuis verskyn het.

Vers en klank 12 November 2024 12.11.2024

Sheila Cussons het gesê dat kunstenaars met ’n “primitiewe oog” na die wêreld kyk. Daarmee het sy bedoel: die oopheid, die verwondering wat ’n kind nog het. Luister na gedigte oor skilders, etsers en beeldhouers wat dinge ánders gesien het. Die voorleser is Hannah Borthwick.

Vers en klank 5 November 2024 05.11.2024

Digter Lynthia Julius gesels oor haar digbundel, Kinderlê. Haar eerste bundel, Uit die kroes, het in 2020 verskyn. In hierdie tweede versameling is die gedigte nou ryper en meer deurleef. Sy praat openhartig oor haar tyd in ’n psigiatriese hospitaal, die vreugdes van ma-wees, maar ook die tragedies van menswees. En so tussendeur is daar lekker Nama-stapmusiek uit die Noord-Kaap waar Lynthia vandaa...

Vers en klank 29 Oktober 2024 29.10.2024

Wat maak van ’n gedig ’n ballade? Sophia van Taak verken die ballade as digvorm. Pieter van Zyl is die voorleser, en daar is ’n hele paar lekker, klassieke Afrikaanse gedigte om na uit te sien, soos D.J. Opperman se Ballade van die Grysland en S.J. du Toit se vertaling van Die Elwekoning.

Vers en klank 22 Oktober 2024 22.10.2024

Hannah Borthwick lees gedigte voor oor kosmaak, padstalprodukte en ander lekkernye wat jou mond laat water!

Vers en klank 15 Oktober 2024 15.10.2024

Wêreld-kosdag word op 16 Oktober gevier. Wanneer laas was jy honger? Vir die meeste van ons is dit ’n heel onbekende gevoel, iets wat jy dalk nog nooit ervaar het nie, maar meer as 700 miljoen mense het daagliks nie genoeg om te eet nie. Luister na gedigte wat ’n mens ’n slag net jou seëninge laat tel. Die voorleser is Hannah Borthwick.

Vers en klank 8 Oktober 2024 08.10.2024

Die boek, Piaf en Brel – Luisterryk!, bevat ’n stuk of vyftig Afrikaanse vertalings, of omdigtings, van die Franse liedere van Edith Piaf en Jacques Brel. Met die herdenking van Brel se dood op die 9 Oktober 1978, luister ons na ’n paar van dié befaamde Belgiese sanger se lirieke, soos voorgelees deur Johann Nel. Jy kan ook uitsien na die musikant Herman van den Berg se vertolkings van ’n paar van...

Vers en klank 1 Oktober 2024 01.10.2024

Sophia van Taak en De Klerk Oelofse klim in ’n pendeltuig en gaan verken die buitenste ruimte deur die woorde van ons digters. Daar’s gedigte oor sterre, die maan, ruimtesendings, komete en konstellasies. En, natuurlik, ’n groot skoot verwondering oor al die ongelooflike dinge wat ons in die naghemel kan waarneem.

Vers en klank 24 September 2024 24.09.2024

Sophia van Taak gesels met die drukgrafiese kunstenaar, Christiaan Diedericks. Christiaan het onlangs sy debuut as digter gemaak toe hy saam met die bekende digter, Melanie Grobler, ’n bundel geskryf het. Die bundel heet Vlindervreter, en bevat verse oor die oorloë in Oekraïne en Gasa, asook oor Hindu heilige manne, Zanzibar, en hoop en genesing.

Vers en klank 17 September 2024 17.09.2024

Vrydag 20 September is Wêreld-Opruimingsdag. Die Verenigde Nasies het ’n paar jaar gelede met dié inisiatief begin om mense aan te spoor om rommel op te tel en hulle omgewing skoon te hou. In aanloop tot dié globale skoonmaakdag, luister ons na Ira Blanckenberg se voorlesings van gedigte oor die natuur en omgewingskwessies.

Vers en klank 10 September 2024 10.09.2024

Sophia van Taak gesels met Riku Lätti oor sy eerste digbundel, TABOEK, wat onlangs die lig gesien het.

Vers en klank 3 September 2024 03.09.2024

Ira Blanckenberg lees gedigte oor die wind voor.

Vers en klank 27 Augustus 2024 27.08.2024

Eben Genis lees gedigte voor uit Fanie de Villiers (ook bekend as Kleinboer) se tweede bundel, Erf en Elders.

Vers en klank 20 Augustus 2024 20.08.2024

Sophia van Taak gesels met Maritha Broschk oor haar debuutbundel, WANNEER WOORDE ASEMHAAL. Dis ’n bundel wat handel oor beroemde vrouefigure, die kunste, die siektes van ons tyd, eg Suid-Afrikaanse maatskaplike kwessies en ook meer universele temas soos verlies, ouerskap en die onsterflike drome wat elke mens vir hom- of haarself koester.

Vers en klank 13 Augustus 2024 13.08.2024

Sophia van Taak gesels met digter Danie Marais oor sy jongste bundel, EK EN JY BESTAAN NIE. Die skrywer en dosent, Francois Smith, het oor hierdie versameling verse gesê: “Dis ’n bundel wat jou bring by die gevoel dat petrol-en-vuurhoutjie die enigste opsie is, en jou dan ’n spierlewendige sprong woorde in die hand druk!”

Vers en klank 6 Augustus 2024 06.08.2024

Ons herdenk Vrouedag met ’n spesiale bloemlesing van gedigte deur vrouedigters oor al die stadiums in ’n vrou se lewe. Die voorleser is Karli Heine.

Vers en klank 30 Julie 2024 30.07.2024

De Klerk Oelofse lees gedigte oor die stadslewe voor.

Vers en klank 23 Julie 2024 23.07.2024

Johann Nel lees van sy gunsteling gedigte oor klippe voor. Jy sal verbaas wees hoe baie van ons digters vreeslike mooi verse oor hierdie onderwerp geskryf het!

Vers en klank 16 Julie 2024 16.07.2024

Sophia van Taak gesels met die digter Hennie Nortjé oor sy derde digbundel, Noord van Malelane. Dit is vol gedigte wat deur die Krugerwildtuin geïnspireer is.

Vers en klank 9 Julie 2024 09.07.2024

Karli Heine lees gedigte oor oupas en oumas voor.

Vers en klank 2 Julie 2024 02.07.2024

Sophia van Taak gesels met Jaco Barnard-Naudé oor sy debuutbundel, OM MY KASTELE IN SPANJE TE SLOOP. Hierdie versameling is vol gedigte oor verlies en aanvaarding, queer-identiteit, reise, Spaanse kuns en filosowe.

Vers en klank 25 Junie 2024 25.06.2024

Ons gedenk die winter met mooi gedigte oor hierdie seisoen. Die voorleser is Eben Genis.

Escucha el podcast Vers en Klank en Replaio

Radio y podcasts en una sola app - gratis y sin registro. Instálala hoy y no te pierdas el estreno

Descárgala en Google Play

Replaio no es editor de podcasts; los nombres de los programas, las portadas y el audio pertenecen a sus autores y se distribuyen a través de canales RSS públicos