RSG
Vers en Klank
Voorlesings van gedigte, afgewissel met gepaste musiek.
No dejes de visitar la web del podcast y apoyar a su creador: www.rsg.co.za
¿Dónde escuchar?
Podcasts en la app Replaio Radio Muy prontoLos podcasts llegarán muy pronto a la app. Instálala ahora y sé el primero en descubrir una forma totalmente nueva de vivir los podcasts
Episodios
Vers en klank 11 November 2025 11.11.2025 22:53
Was jy al ooit by die sirkus? Vroeër jare het daar gereeld ’n sirkus deur Suid-Afrika getoer, en wanneer die manne die groot tent op jóú dorp begin opslaan het, kon ’n mens die afwagting sommer aanvoel! Marion Holm gedigte voor oor die hansworse, toertjies en akrobate.
Vers en klank 4 November 2025 04.11.2025 26:04
Sophia van Taak gesels met die transtalige digter, Klara du Plessis wat uit Kanada op besoek is in Suid-Afrika. Du Plessis se digbundel, Ek’t / Act (ja, dit bevat Afrikaanse sowel as Engelse verse!) het onlangs verskyn. Hulle praat oor oor dinge soos: die fyner klanke wat tussen musieknote lê, die impak wat ’n landskap op ’n mens se kreatiwiteit het, en hoe die konteks van ’n verhouding of ’n situ...
Vers en klank 28 Oktober 2025 28.10.2025 23:15
Die digbundel, Merang, is ’n splinternuwe Afrikaanse bloemlesing wat onlangs by Naledi-uitgewers verskyn het. Dit bevat voorheen ongepubliseerde gedigte van altesaam 88 digters, en dek ’n breë spektrum van temas – van die liefde, landskappe en spiritualiteit, tot queer-identiteit, sosiopolitieke kwessies en kunstenaarskap. Sophia van Taak praat met die twee samestellers, Alwyn Roux en Neil Cochran...
Vers en klank 21 Oktober 2025 21.10.2025 19:01
Daar iets nostalgies omtrent treine. Dalk is dit die ouwêreldse sjarme van swierige kompartemente; dalk die groot krag en persoonlikheid van die stoomlokomotiewe van ouds. Deesdae neem sneltreine en moltreine jou in ’n japtrap tot waar jy wil wees, maar ’n generasie of twee gelede was ’n treinrit ’n okkasie, ’n avontuur op sy eie. En jy het dit alles ingeneem – van die stadige gewieg van die trein...
Vers en klank 14 Oktober 2025 14.10.2025 19:35
Oktober is Geestesgesondheid-bewusmakingsmaand. Hoewel dit ’n goeie idee is om dinge soos depressie, angs en psigiese versteurings onder die vergrootglas te plaas, is mense steeds skaam om daaroor te praat. Daar kleef steeds ’n stigma aan iets soos depressie, en dit maak dat mense wat hiermee sukkel twee keer dink voordat hulle vir hulp vra. Partykeer kry ’n mens ook nie die regte woorde raakgevat...
Vers en klank 7 Oktober 2025 07.10.2025 18:49
Sophia van Taak en die voorlesers, Wessel Pretorius en Nienke Geldenhuys, reis verder deur Namibië. In die vorige episode het ons na gedigte oor veral die woestyn en die verlate strande vol skeepswrakke geluister. Hierdie keer handel die verse meer ook die diere- en plantelewe van dié dorre streke. Ons gaan sit by ’n watergat in Etosha en kyk watter wild kom drink. En dan vaar ons ook die duine in...
Vers en klank 30 September 2025 30.09.2025 20:56
Sophia van Taak en voorlesers Nienke Geldenhuys en Wessel Pretorius neem ons op reis deur Naimbië. In die eerste van twee programme toer ons van die Oranjerivier af al langs die kus op tot by die Kunenerivier. Langs die pad doen ons ook aan by ’n paar van Namibië se bekendste landmerke. Daar is gedigte deur Kobus Lombard, Daniel Hugo, Ronnie Belcher, Wilma Stockenström en vele meer.
Vers en klank 23 September 2025 23.09.2025 24:51
Dink jy ooit oor water? Vir die meeste van ons is dit maar net ’n gewewe – dis daar as jy ’n kraan oopdraai! Maar laat jy nou net nié water hê nie, dan is dit ál waaraan jy kan dink. Water is eintlik so ’n wonderlike ding. Dis so kragtig. Dit maak lewe moontlik. Ek en jy het beslis ook ’n spirituele konneksie met water. Sophia van Taak en voorleser Nienke Geldenhuys verken dié oerelement se kenmer...
Vers en klank 16 September 2025 16.09.2025 23:36
André Terblanché lees gedigte oor die lente voor. Natuurlik kan jy uitsien na bekende gedigte, soos Leipoldt se OKTOBERMAAND, asook sy LENTELIEDJIE. Maar daar wag ook ’n paar verrassings, verse wat jy dalk nog nooi tevore gehoor het nie en ’n paar vertalings wat vertel hoe dié jaargety in ander wêrelddele lyk.
Vers en klank 9 September 2025 09.09.2025 24:50
Sophia van Taak praat met Marthé McCloud oor haar debuutbundel, ONTBLOOT. Dié afgetrede maakskaplike werker van die Strand se gedigte lees soos ’n memoir. Hoewel Marthé heelwat oor haar eie ervarings uit verskeie eras van haar lewe skryf, bly die temas wat sy aanroer steeds universeel relevant. Vanweë haar loopbaan in maatskaplike werk dig sy ook oor veral kindertrauma.
Vers en klank 2 September 2025 02.09.2025 26:06
Ons reeks oor die digter George Weideman kom tot ’n einde. Johann Nel lees van sy gedigte voor uit die versamelings, ’N STANING ONDER STERRE en VERSKOMBUIS: ’N KOOKBOEK MET GEDIGTE.
Vers en klank 26 Augustus 2025 26.08.2025 22:54
Sophia van Taak en voorleser Johann Nel sit die reeks oor die lewe en werk van die digter George Weideman voort. In hierdie aflewering kan jy uitsien na gedigte uit Weideman se bundels HOERA, HOERA DIE YSMAN en UIT HIERDIE GRYS VERBLYF.
Vers en klank 19 Augustus 2025 19.08.2025 23:18
Sophia van Taak en voorleser Johann Nel begin met ’n nuwe reeks oor die digter George Weideman se lewe en poësie. Daar is voorlesings uit Weideman se eerste drie bundels, HONDEGALOPPIE, AS DIE SON KLIPLANGS SPRING en KLEIN MANIFES VAN ’N REISIGER.
Vers en klank 12 Augustus 2025 12.08.2025 19:18
Wessel Pretorius neem ons op ‘n reis met voorlesings van gedigte oor agterpaaie deur Suid-Afrika, en toere oorsee. Daar is ook verse oor die bagasie – in jou koffer én jou kop – wat deel uitmaak van elke reis, oor hoe ons probeer om ligter te reis, én daardie heel laaste reis wat vir elke mens voorlê.
Vers en klank 5 Augustus 2025 05.08.2025 22:51
Digter Louis Esterhuizen se twaalfde bundel, Klaarte, het vroeër vanjaar by Naledi Uitgewers verskyn. Sophia van Taak praat met hom oor die berusting en uitdagings wat saam met die ouderdom kom, en hoe hy en sy vrou, Marlise Joubert, die vrees vir die onafwendbare steeds met die liefde besweer.
Vers en klank 29 Julie 2025 29.07.2025 23:59
Karli Heine en Pieter van Zyl sit die reeks oor oorlog voort. Hulle lees gedigte oor die oorlog in Oekraïne, en die sielkundige impak wat ’n oorlog op soldate en hulle naasbestaandes het.
Vers en klank 22 Julie 2025 22.07.2025 24:20
Oorlog is en bly ’n vreeslike wreedheid. Dis dalk nie op die oomblik vir ons in Suid-Afrika ’n realiteit nie, maar elders staan die wêreld op sy kop gekeer, en ons durf nie afgestomp raak vir die verskrikking en ellende wat miljoene ander mense daagliks ervaar nie. Pieter van Zyl en Karli Heine lees gedigte voor oor oorlog. In hierdie eerste program van twee, luister ons na gedigte oor oorloë wat...
Vers en klank 15 Julie 2025 15.07.2025 17:36
Kan jy onthou wat jy laasnag gedroom het? Almal droom elke liewe nag, maar met die wakkerwordslag is 'n mens se droom dikwels reeds vergete. As jy jou droom wel kan onthou, is dit soms so absurd jy weet nie wat om daarvan te dink nie, en kan maar net lag! Ander kere is ’n droom weer baie rasioneel en voel dit soos die werklikheid. Karli Heine lees gedigte voor oor drome.
Vers en klank 8 Julie 2025 08.07.2025 24:21
Sophia van Taak praat met professor Joan Hambidge oor die nalatenskap van haar goeie vriend, die digter Johann de Lange, wat in Maart vanjaar oorlede is. De Lange het in sy leeftyd 15 digbundels gepubliseer, hy het kortverhale geskryf en ook ander Afrikaanse digters se werk na Engels vertaal. Hy was die samesteller van menige bloemlesing uit die werke van, onder andere, Hennie Aucamp, Wilhelm Knob...
Vers en klank 1 Julie 2025 01.07.2025 23:31
Elisabeth Eybers se gedig oor Maria is sekerlik die mees bekende vers oor ’n Bybelfiguur. Daar is ook heelwat ander gedigte oor bekendes uit die Ou én Nuwe Testament geskryf – soos Kaïn, Moses, Simson, Lasarus en Judas. Pieter van Zyl lees gedigte voor oor bekende Bybelfigure.
Vers en klank 24 Junie 2025 24.06.2025 24:18
Die kortverhaal- en rubriekskrywer, André le Roux, se tweede digbundel het ná 47 jaar die lig gesien. Sophia van Taak praat met hom oor hierdie vesameling, Liefde en Verset, en hoor ook waarom alle digters eintlik moet houtwerk doen.
Vers en klank 17 Junie 2025 17.06.2025 20:46
Wat maak van iemand ’n ikoon? ’n Legende? Wie is (en was) die werklike ikone van ons tyd? Roeline Daneel lees gedigte voor oor groot figure wat ons nooit sal vergeet nie – mense soos prinses Diana, Freddie Mercury, Muhammad Ali en Desmond Tutu.
Vers en klank 10 Junie 2025 10.06.2025 23:35
Daniel Hugo vertel van sy 17de bundel, Kategismus. Dis ’n versameling propvol temas waarvoor Hugo al oor die jare bekend geword het: hy dig oor die Godheid, die digkuns self, die natuur, die liefde vir sy beminde en – ná sy onlangse 70ste verjaarsdag – ook oor die mens se sterflikheid. Maar meestal is dit ’n bundel “vol verwondering oor die hier en nou”, soos daar op die agterflap geskryf staan.
Vers en klank 3 Junie 2025 03.06.2025 19:00
Cintaine Schutte vier die lewe in volkleur met gedigte oor kleure.
Vers en klank 27 Mei 2025 27.05.2025 22:00
Sophia van Taak praat met prof. Joan Hambidge oor haar nuutste digbundel, Asindeton. Dit is haar 27ste bundel, en in hierdie versameling is daar weer bekende Hambidge-temas soos die skilderkuns, reise en digterskap ter sprake. Sy skryf ook, ná ’n loopbaan van nagenoeg dertig jaar aan die Universiteit van Kaapstad, oor aftrede, lewenshoofstukke wat tot ’n einde kom, en die die paradoks van tyd.
Replaio no es editor de podcasts; los nombres de los programas, las portadas y el audio pertenecen a sus autores y se distribuyen a través de canales RSS públicos