RSG

RSG Landbou

'n Program vir boere dwarsoor die land.

No dejes de visitar la web del podcast y apoyar a su creador: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categoría

Society

Web del podcast

www.rsg.co.za

Último episodio

27 de oct. de 2026

¿Dónde escuchar?

Podcasts en la app Replaio Radio Muy pronto

Los podcasts llegarán muy pronto a la app. Instálala ahora y sé el primero en descubrir una forma totalmente nueva de vivir los podcasts

Descárgala en Google Play Instálala gratis Android casi 10 M de descargas · valoración de 4,8 iOS muy pronto

Episodios

RSG Landbou: Nasionale Karkaskompetisie; Knoffelkwekers onder druk 28.09.2026

28 September 2026: Die toekenningsfunksie van die 29ste Samic Nasionale Karkaskompetisie het vanjaar weer die gehalte van die karkasse wat Suid-Afrikaanse veeprodusente lewer, in die kollig geplaas. Ons het daar met ‘n paar van die wenners gesels. Tom Westphal van Samic vertel van hulle toekomsplanne. Lubbe Jacobs van die Suid-Afrikaanse Vetveebeoordelaarsvereniging praat oor die waarde van hulle...

RSG Landbou: Die gevare van snelveranderende weersomstandighede 26.09.2026

26 September 2026: Ons praat met die minister van landbou in die Wes-Kaap, dr. Ivan Meyer, en die nasionale minister van landbou, Willie Aucamp, oor die snelveranderende weersomstandighede en die gevare wat dit inhou.

RSG Landbou: ‘Beplan vir El Niño’ 25.09.2026

25 September 2026: Reinard Geldenhuys, die bestuurder van nooddienste in die Overberg-distriksmunisipaliteit, sê mense moet beplan vir El Niño. Dr. Jack Bloom is onlangs aangestel as adjunkminister van water en sanitasie. Tydens sy besoek aan Nampo Kaap het hy gepraat oor die sanitasie-ekonomie. Outonome rovers en hommeltuie van verskillende groottes verrig uiteenlopende funksies. Hugo le Roux, di...

RSG Landbou: Droëland-kanolakultivars nou beskikbaar 24.09.2026

24 September 2026: Dit is ‘n bekende feit dat kanolaverbouing in Suid-Afrika ‘n blink toekoms het. Die ander goeie nuus is dat droëland-kanolakultivars ook nou beskikbaar is. Ons het tydens Nampo Kaap met Piet Lombard van die Wes-Kaapse Departement van Landbou hieroor gesels. Ntaba Nyoni se Ankole en Vriende-veiling vind op 3 Oktober plaas. Johan van den Berg is terug met die jongste weervooruitsi...

RSG Landbou: BKB lewer sterk finansiële resultate; Bertus Joubert - TLU SA Jongboer van die Jaar 23.09.2026

23 September 2026: Die BKB Groep se jongste finansiële resultate is op 9 September bekendgemaak. Volgens Jannie van Niekerk is die kontantvloei wat hulle kon genereer beslis die hoogtepunt. Hy vertel hoe dié groep sy sterkste finansiële prestasie nóg bereik het. ‘n Boer van Hartbeesfontein in Noordwes, Bertus Joubert, is die wenner van die 2026 TLU SA Jongboer van die Jaar-kompetisie. Hy het na ti...

RSG Landbou: Inkbessievergiftiging; Wyntoerisme 22.09.2026

22 September 2026: Veeprodusente word gewaarsku dat inkbessievergiftiging aan die toeneem is. Het jy geweet daar is twee soorte inkbessies wat in Suid-Afrika voorkom, en dat net een giftig is? Die beste voorkoming is om dié probleemplant uit te roei. Prof. Charlie Reinhardt gee raad. Wyntoerisme lewer ‘n noemenswaardige bydrae tot die voortbestaan van wynplase. Ons gesels met South Africa Wine om...

RSG Landbou: Die stand van die varkvleisbedyf in SA 21.09.2026

21 September 2026: Het jy geweet dat 17 kommersiële varkplase in Suid-Afrika hierdie jaar bek-en-klouseer in hulle kuddes gehad het? Dr. Marlene Louw van die Suid-Afrikaanse Varkvleisprodusente-organisasie praat oor die stand van dié bedryf, biosekuriteit en innoverende maniere om varkvleis meer aantreklik vir die verbruiker te maak. Die Vereniging van Veevoervervaardigers het onlangs hulle bekend...

RSG Landbou: Twee landbouministers 19.09.2026

19 September 2026: Ons praat met die minister van landbou in die Wes-Kaap, dr. Ivan Meyer, en nasionale minister van landbou, Willie Aucamp. Hulle praat oor tariefonderhandelings en die stand van sake met bek-en-klouseer.

RSG Landbou: Nampo Kaap 2026 18.09.2026

18 September 2026: RSG Landbou saal af by Nampo Kaap op Bredasdorp, en gesels met die premier van die Wes-Kaap, Alan Winde, die hoof van die Departement Landbou Wes-Kaap, dr. Mogale Sebopetsa, die hoof van GraanSA, dr. Tobias Doyer, die hoof van AgriSA, Johann Kotzé, en die burgemeester van die Overberg Distriksmunisipaliteit, Sakkie Franken.

RSG Landbou: Brahman-bul vir R220 000 opgeveil 17.09.2026

17 September 2026: Bykans 400 mense het die Brahman-beestelersgenootskap se nasionale veiling duskant Potchefstroom bygewoon. Een van Carla de Kock van Serfbred Brahmane se bulle het die hoogste prys van R220 000 behaal. Sy vertel wat dié bul so uniek maak. Produsente in die Wes-Kaap het die afgelope week se reën verwelkom, maar hoe lyk die vooruitsigte? Johan van den Berg is soos altyd op sy pos...

RSG Landbou: Pampoen wat 653 kg weeg; Rooivleisbedryf in N-Kaap 16.09.2026

16 September 2026: Het jy al gehoor van ‘n pampoen wat 653 kg weeg? Wykus Lamprecht het dié reusepampoen op sy erf in Meyerton gekweek. Hy is die wenner van vanjaar se Goliat van Gat-pampoenkompetisie, en ons hoor wat dit behels om so ‘n produk te lewer. Hoe gaan dit met die rooivleisbedryf in die Noord-Kaap, en wat kan boere doen om hulleself in ’n beter posisie te plaas om die beste pryse moontl...

RSG Landbou: Is boere veerkragtig genoeg om El Niño te hanteer? 15.09.2026

15 September 2026: Landbou in die Noord-Kaap het ‘n goeie seisoen met bogemiddelde reënval agter die rug, en produsente pluk reeds die vrugte daarvan. Die vraag is egter of produsente veerkragtig genoeg is om die voorspelde El Niño-verskynsel te hanteer. Die Overberg Agri Herkouerdag het in Augustus by die Roodebloem Proefplaas naby Caledon plaasgevind. Winsgewende en volhoubare herkouerproduksie...

RSG Landbou: Agri Noord-Kaap Jongboer van die Jaar 14.09.2026

14 September 2026: ‘n Rosyntjie- en pekanneutprodusent van die Groblershoop-omgewing is as Agri Noord-Kaap se Jongboer van die Jaar aangewys. Rean Clasen sien ‘n blink toekoms vir landbou in Suid-Afrika. Ons hoor wat die Nu-Alcade Bonsmara-groep vir hulle veiling van 24 September by die Warmbad Veemark beplan. Dr. Pieter Swanepoel van die Universiteit Stellenbosch het by vanjaar se Overberg Agri H...

RSG Landbou: Die verband tussen landbou en Game of Thrones 12.09.2026

12 September 2026: Wetenskaplikes is besig met navorsing wat verband hou met uitgestorwe diere, wat groot voordele vir die wildbedryf kan inhou. Wat die oudste landdiere betref, is daar ‘n fassinerende verband tussen wetenskap en Game of Thrones!

RSG Landbou: Watter land voer die meeste rooibos in? 11.09.2026

11 September 2026: Tien miljard koppies rooibostee word jaarliks gedrink. Hierdie eg Suid-Afrikaanse produk word na 50 lande uitgevoer. Adele du Toit van die SA Rooibosraad vertel watter land meeste rooibos invoer. Kachne Ross van South Africa Wine praat oor die waarde van menseontwikkeling in landbou.

RSG Landbou: Verbruikersvoorkeure onder loep by Wagyu-wêreldkonferensie 10.09.2026

10 September 2026: Suid-Afrika is besig om sy vere reg te skud vir die Wagyu-wêreldkonferensie op 13 en 14 Oktober in die Kaap. Vleis sal beslis in die kollig wees, en daar sal onder meer gekyk word na die Wagyu-karkas en verbruikers se voorkeure. B2 Bonsmaras en El Tauro Bonsmara-stoet bied op 18 September hulle gesamentlike veiling in Kimberley aan. Johan van den Berg is oudergewoonte terug met...

RSG Landbou: Vaardigheidsontwikkeling in die wynbedryf 09.09.2026

9 September 2026: Boerdery is nie ‘n gewone besigheid nie. Dis ‘n gespesialiseerde bedryf, en soos ‘n boerdery groei en verander, behoort jou versekering ook daarby aan te pas. Old Mutual Insure is vanjaar by Nampo Kaap, en Lieza Barnard nooi jou uit om by hulle stalletjie aan te klop om met hulle hieroor te gesels. Wanneer ons oor die toekoms van die Suid-Afrikaanse wynbedryf praat, draai die ges...

RSG Landbou: Vleisbees-presteerderstoekennings; Presisieboerdery; KI 08.09.2026

8 September 2026: Die Landbounavorsingsraad se Vleisbees-presteerderstoekennings bestaan al langer vier dekades. Dit fokus veral op die genetiese verbetering van kuddes. Daar is agt kategorieë in vanjaar se aflewering. Presisieboerdery en die risiko’s verbonde aan kunsmatige intelligensie het by die onlangse Agri Noord-Kaap-kongres ter sprake gekom. Ons het daar met dr Jaco du Toit van Akademia ge...

RSG Landbou: SA Stamboek Trailblazer; Agri Spoor 07.09.2026

7 September 2026: SA Stamboek bied vanjaar weer hulle Trailblazer-geleentheid aan op 28 en 29 Oktober in Bloemfontein. Dié toekennings het ten doel om rekordhouding en innovasie in die wêreld van diereverbetering te erken. Het jy al van Agri Spoor gehoor? Enige lid van die publiek kan probleme soos swak paaie, veediefstal, kragonderbrekings en veiligheidskwessies op dié platform rapporteer. Janine...

RSG Landbou: Jongboer Christi van den Heever 05.09.2026

5 September 2026: Christi van den Heever is drie jaar gelede aangewys as Jongboer van die Jaar in die Wes-Kaap. Hy boer vir Graaff Fruit as landgoedbestuurder op die plaas Rietfontein in die Koue Bokkeveld. Volgens hom is daar heelwat ooreenkomste tussen Springbok-toetsrugby en landbou in Suid-Afrika.

RSG Landbou: Nampo Kaap; Koning Charles smul aan SA-wyn 04.09.2026

4 September 2026: Toit Wessels, een van die organiseerders van Nampo Kaap, vertel waarna ons volgende week kan uitsien in Bredasdorp. Karin Kleinbooi, Uitvoerende Bestuurder Inklusiwiteit en Ontwikkeling by South Africa Wine, vertel van die Suid-Afrikaanse wyn wat deur Koning Charles gekies is om later vanjaar by sy verjaardagviering bedien te word.

RSG Landbou: Wagyu-wêreldkonferensie 03.09.2026

3 September 2026: ‘n Medeprofessor in vleiskunde aan die Universiteit van Idaho in Amerika, dr. Phil Bass, is een van die sprekers by die Wagyu-wêreldkonferensie wat in Oktober in die Wes-Kaap plaasvind. Hy is bekend vir sy kennis van karkasse, waardetoegevoegde snitte en spierprofilering. Ons hoor waarna konferensiegangers kan uitsien. Hendrik Meyer praat oor Rhenostervallei en Beef on Grass se p...

RSG Landbou: Suiwelbedryf berei voor vir regulatoriese oorgang 02.09.2026

2 September 2026: Die Suid-Afrikaanse suiwelbedryf berei tans voor vir ‘n regulatoriese oorgang. Aspekte soos produkklassifikasie en etikettering word hervorm. ‘n Voorbeeld hiervan is die vetklassifikasie van vla wat aangedui moet word. Anneke van Niekerk van Melk SA verduidelik wat die produsent, verwerker en verbruiker kan verwag. Plantgesondheid is ‘n sleutelfaktor by kuilvoeropbrengs, sê HW Be...

RSG Landbou: Arbeidswetgewingnakoming in die Kaapse Wynland-distrik 01.09.2026

1 September 2026: Die Departement van Indiensneming en Arbeid in die Kaapse Wynland-distrik, het in Augustus 2026 ’n werkswinkel met boere, werkgewers en arbeidsmakelaars in die Langeberg munisipale gebied aangebied. Plase in en rondom Robertson en die Langeberg is ook besoek om arbeidswetgewing se nakoming te monitor. Advokaat John Jacobs verduidelik wat die proses behels, en wat die besoeke opge...

RSG Landbou: Die wêreldwolbedryf 31.08.2026

31 Augustus 2026: Het jy geweet 1952 was ‘n hoogtepunt vir die wêreldwolbedryf as gevolg van die Koreaanse Oorlog? Ons het by die Nasionale Wolkwekersvereniging se jaarkongres met Izak Staats van BKB hieroor gepraat. Die vleisbeesbedryf funksioneer in ‘n dinamiese omgewing. Markdruk, veesiekterisiko’s en veranderende verbruikersverwagtinge is van die faktore wat ‘n impak op dié bedryf het. Vanjaar...

Escucha el podcast RSG Landbou en Replaio

Radio y podcasts en una sola app - gratis y sin registro. Instálala hoy y no te pierdas el estreno

Descárgala en Google Play

Replaio no es editor de podcasts; los nombres de los programas, las portadas y el audio pertenecen a sus autores y se distribuyen a través de canales RSS públicos