RSG
RSG Kuns
Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.
¿Dónde escuchar?
Podcasts en la app Replaio Radio Muy prontoLos podcasts llegarán muy pronto a la app. Instálala ahora y sé el primero en descubrir una forma totalmente nueva de vivir los podcasts
Episodios
Centurionteater se planne vir 2026 17.03.2026 7:51
Christelle Webb-Joubert gesels met uitvoerende vervaardiger Tiaan Kirsten-Lubbe oor Scenario Produksies en die Centurionteater se planne vir 2026.
Suidoosterfees se program vir 2026 17.03.2026 6:54
Die uitvoerende hoof van die Suidoosterfees, Jana Hatting, vertel van 2026 se feeshoogtepunte.
Die Karoo Kunslied by KKNK 10.03.2026 8:27
Vervaardiger Franco Prinsloo gesels oor Die Karoo Kunslied, wat te sien is by die KKNK.
My Body My Space-fees 10.03.2026 14:12
Vervaardiger Carin Bester neem twee “performance art”-stukke na die My Body My Space-fees in Entokozweni. Sy vertel van Plastic Not So Fantastic en Blinker.
Fiona Ramsey in The Opera Singer 10.03.2026 9:34
Terrance April gesels met aktrise Fiona Ramsay oor die toneelstuk, The Opera Singer.
Stille Vuur by KKNK 10.03.2026 10:19
Die liedjieskrywer, musikant, sanger en aktrise, Frieda van den Heever, vertel van die produksie, Stille Vuur, by die KKNK. Saam met haar op die verhoog is Coenie de Villiers, Mauritz Lotz en Deon Meyer.
André Groenewald by Hugo Modern 03.03.2026 9:00
Die kunskurator en galery-eienaar van Hugo Modern, Jeanne Hugo, vertel van die vonds wat sy ontdek het. Sy vertel van die kunstenaar André Groenewald.
Winelands Philharmonic se Classical Kaleidoscope 03.03.2026 7:28
Cornelia Casaleggio is verantwoordelik vir die bemarking en kommunikasie van die Winelands Philharmonic Orchestra. Sy verel van hulle konsert, Classical Kaleidoscope.
Charl du Plessis Trio vier 20 jaar 03.03.2026 8:17
Die Charl du Plessis Trio vier hulle 20ste bestaansjaar. Charl vertel hoe hulle ontstaan het, wie deel is van die trio, en van hulle hoogtepunte.
Die gebed van 'n halfmens by KKNK 03.03.2026 7:17
Die dramaturg en regisseur, Nicola Hanekom, vertel van haar nuwe plekspesifieke stuk by die KKNK, Die gebed van ‘n halfmens.
Fluitis Cobus du Toit in SA 03.03.2026 10:08
Cobus du Toit is een van Suid-Afrika se voorste fluitspelers, wat hoofsaaklik in Amerika werk en woon. Hy is tans in die land te sien in 'n reeks konserte. Terrance April het met hom gesels.
Margit Meyer-Rodenbeck by KKNK 03.03.2026 6:29
Margit Meyer-Rodenbeck is te sien in OUMA EN DIE OU KOEIE en RONDOMTALIE by vanjaar se KKNK.
Christiaan Diedericks - Deel 2 24.02.2026 8:07
Christelle Webb-Joubert het vir Ilana Maree gevra om oor Christiaan Diedericks se kunsnalatenskap en sy druktegniek te gesels. Ilana is ‘n visuele kunsopvoeder by die kunssentrum, PJ Olivier, in Stellenbosch. Sy bied die praktiese vak, drukkuns, daar aan.
Maart-produksies by Afriforumteater 24.02.2026 6:08
Marnè Jooste, bemarking- en kommunikasiebeampte van die Afriforumteater, vertel wat alles in Maart te sien is by die teater.
Play Things 24.02.2026 6:56
Cailyb Prinsloo van Spark in the Dark verduidelik wat Play Things is, en wat gehore kan verwag.
Christiaan Diedericks - Deel 1 24.02.2026 12:46
Christiaan Diedericks, wat in 2025 oorlede is, se lewe en werk word gevier by die Breytenbach-galery op Wellington. Christelle Webb-Joubert het met sy vriendin, Aretha du Rand, gesels.
Johannesburg Filharmonies se eerste 2026-seisoen 24.02.2026 10:57
Dit is weer tyd vir die Johannesburgse Filharmoniese Orkes se eerste konsertseisoen van die jaar. Terrance April gesels met Magdalena de Vries, perkussiespesialis oor die verskillende werke wat uitgevoer sal word.
F*k jou in my Spaceship 17.02.2026 7:53
Die Dramadepartement van die Universiteit Stellenbosch se volgende produksie, Fok jou in my Spaceship, open einde Februarie. Christelle Webb-Joubert gesels met die regisseur, André Gerber.
DIE ANDER DOGTER by KKNK 17.02.2026 21:23
Die toneelstuk, Die ander dogter, sou by 2025 se Woordfees debuteer, maar weens onvoorsiene omstandighede kon dit nie open nie. Die produksie debuteer wel by vanjaar se KKNK in Oudtshoorn. Christelle Webb-Joubert gesels met prof. Naomi Morgan oor die boek waarop die stuk geskoei is, en wat sy uit Frans uit vertaal het.
Liewe Heksie Word Gescam by die KKNK 17.02.2026 6:50
Liewe Heksie Word Gescam is te sien by die KKNK. Margit Meyer-Rodenbeck wat die stuk geskryf het en die regie behartig, vertel meer.
THE FIREBIRD/DIE VUURVOËL 17.02.2026 10:43
THE FIREBIRD/DIE VUURVOËL is 'n klassieke ballet wat in 1911 geskep is, op musiek van Igor Stravinski. 'n Splinternuwe kontemporêre weergawe van die werk word in Kaapstad opgevoer. Een van die uitstaande kenmerke van die werk is die poppe wat gebruiik word. Terrance April gesels met Janni Younge oor die produksie.
Annie+Helen 10.02.2026 14:45
Die veelbekroonde ANNIE+HELEN is te sien in Pretoria. Christelle Webb-Joubert gesels met die dramaturg en regisseur, Hennie van Greunen, asook met Judi Hattingh, wat die rol van Helen vertolk.
Franschhoek Kamermusiekfees 2026 10.02.2026 11:16
Die artistieke direkteur van die Franschhoek Kamermusiekfees, Peter Martens, vertel van die tien konserte by vanjaar se fees, wat plaasvind van 12 tot 15 Februarie.
Mzansi Chamber Music Collective 2026 10.02.2026 8:08
Mzansi Chamber Music Collective is 'n organisasie wat kamermusiek bevorder, met die aanbied van talle konserte waar plaaslike kunstenaars kan optree. Terrance April gesels met Francois Combrinck oor die verskillende konserte in die eerste helfte van die jaar.
Vrou ens. 1.2 10.02.2026 5:49
Die aktrise Mandri Sutherland vertel van haar eenvrouvertoning, Vrou ens. 1.2
Podcasts similares
Replaio no es editor de podcasts; los nombres de los programas, las portadas y el audio pertenecen a sus autores y se distribuyen a través de canales RSS públicos