RSG

Regsake

'n Span regskenners bespreek regskwessies en -probleme.

No dejes de visitar la web del podcast y apoyar a su creador: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categoría

Society

Web del podcast

www.rsg.co.za

Último episodio

12 de oct. de 2026

¿Dónde escuchar?

Podcasts en la app Replaio Radio Muy pronto

Los podcasts llegarán muy pronto a la app. Instálala ahora y sé el primero en descubrir una forma totalmente nueva de vivir los podcasts

Descárgala en Google Play Instálala gratis Android casi 10 M de descargas · valoración de 4,8 iOS muy pronto

Episodios

Regsake 5 Desember 2022 05.12.2022

Igna Klynsmith verduidelik die verskil tussen die Regspraktisynsraad en die Prokureursorde. Hy bespreek ‘n luisteraar se vraag wat sê haar verband is geregistreer in haar oorlede man se naam, maar hy het nie lewensversekering gehad wat aan die verband gekoppel is nie. Hy verduidelik die begrip growwe ondankbaarheid, en praat oor vryheid van uitdrukking na aanleiding van ‘n twiet deur ‘n politikus....

Regsake 28 November 2022 28.11.2022

Igna Klynsmith bespreek ‘n saak waar ‘n mynmaatskappy ná ‘n risikobepaling, besluit het dat die dra van hakskoene ‘n veiligheidsrisiko inhou, en dat dissiplinêre stappe gedoen sal word indien daar nie gehoor gegee word aan dié beleid nie. Daar was ‘n werknemer van die myn wat haar nie aan die beleid gesteur het nie. Igna bespreek ook ‘n saak wat verband hou met bankrotskap in die huwelik, en verdu...

Regsake 21 November 2022 21.11.2022

Igna Klynsmith bespreek ‘n saak wat pas gerapporteer is deur die vakbond, NEHAWU, teen die minister van openbare dienste en administrasie, wat handel oor kollektiewe bedinging. Hy bespreek ook ‘n luisteraarsvraag oor beurtkrag en die gebruik van kragopwekkers in deeltitel-eenhede. Spesialisgas Est-marié McCallahan praat onder meer oor of jou werkgewer dissiplinêre stappe teen jou kan doen indien j...

Regsake 14 November 2022 14.11.2022

Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsbrief oor ‘n bedrag geld wat deur ‘n onbekende persoon in iemand se rekening inbetaal is. Hy praat ook oor ‘n tolk wat in die hof nie ‘n saak korrek uit isiZulu vertaal het nie, en sodoende die uitspraak verkeerdelik beïnvloed het. Igna vra ook die vraag of 10 jaar tronkstraf gepas is vir ‘n verkragter wat sy slagoffer só geweldadig verkrag het, dat sy aan haa...

Regsake 7 November 2022 07.11.2022

Igna Klynsmith bespreek die nuwe wet op eindomspraktisyns. Hy bespreek ook ‘n luisteraarsvraag oor 'n doktersrekening wat nie deur sy mediese fonds vereffen is nie, en of hy nou daarvoor aanspreeklik gehou sal word of nie. Igna praat ook oor die sorgsaamheidsplig wat taverne-eienaars teenoor hul klante het. Volker Krüger verduidelik hoe die reg om te swyg en die privilegie teen selfinkriminasie we...

Regsake 31 Oktober 2022 31.10.2022

Igna Klynsmith praat oor ‘n persoon wat aan die ontvangkant van ‘n sogemaamde liefdeswendelaar was, wat hulle liefde totaal en al op ‘n onbilikke manier uitgebuit het. Hy praat ook oor ‘n situasie waar die ouers van ‘n kind nooit getroud is nie, maar die pa gediagnoseer is met MS, en die ma steeds onderhoud van hom wil eis. Spesialisgas Riëtte Oosthuizen praat oor die verskillende verbintenisse in...

Regsake 24 Oktober 2022 24.10.2022

Igna Klynsmith praat oor wetgewing wat verband hou met die afvuur van vuurwerke. Hy bespreek ook ‘n saak oor ‘n selfgerapporteerde probleemdobbelaar, wat ‘n dobbelhuis hof toe gesleep het omdat hy meer as R5,2 miljoen rand verloor het. Claudia Noble-Areff praat oor aktevervaardiging.

Regsake 17 Oktober 2022 17.10.2022

Igna Klynsmith praat oor vroue as regspraktisyns in Suid-Afrika, en deel statistiek oor hulle prestasies. Hy praat ook oor wetgewing wat verband hou met veiligheidskameras wat by private wonings geïnstaleer word, en jou bure wat hierdie kameras verwyder wil hê. Spesialisgas dr. Llewelyn Curlewis praat oor die belangrikheid van getuies in hofsake.

Regsake 10 Oktober 2022 10.10.2022

Igna Klynsmith praat oor die regte en verpligtinge van nie-ouers, en verwys spesifiek na artikel 23 van die kinderwet, om aangewys te kan word as wettige voogde. Hy beantwoord ‘n luisteraar se vrae oor eksekteursfooie en of dit in ‘n testament aangedui moet word. Hy bespreek ook die moontlikheid of beleggings uit boedels uitgesluit kan word. Völker Kruger verduidelik of verhuurders wetiglik verpli...

Regsake 3 Oktober 2022 03.10.2022

Igna Klynsmith skop die program af met luisteraarsvrae oor boedels en testamente. ‘n Luisteraar sê haar eksman is onlangs oorlede, en sy boedel wil tans geen onderhoud betaal om aan hulle seun se behoeftes te voldoen nie. Sy wil weet of daar nie enige tussentyds maatreëls is wat kan help, tot die boedel gefinaliseer is nie. Igna bespreek ook ‘n vraag oor of testamente iewers geregistreer moet wees...

Regsake 26 September 2022 26.09.2022

Igna Klynsmith beantwoord ‘n luisteraarsvraag of dit onwettig is om na volwasse vermaak aanlyn te kyk, en  of die persoon na wie gekyk word ook onwettig optree. Hy bespreek ook ‘n vraag of daar wetgewing is wat van toepassing is op die dra van messe vir selfverdediging. Wat is die gevolge indien ‘n slagoffer ‘n motorkaper sou raakry? Est-Mari McCallaghn van Van Velden Duffy Prokureurs in Rustenbur...

Regsake 19 September 2022 19.09.2022

Igna Klynsmith praat oor begrafnispolisbedrog, en gee raad oor hoe om te verhoed dat jy ingeloop word deur polisswendelaars. Hy praat ook oor ‘n gedeelte van die egskeidingswet wat ongrondwetlik verklaar is, en verband hou met artikel 7. Dr. Llewelyn Curlewis praat oor die stelreël, de minimus non curat lex.

Regsake 12 September 2022 12.09.2022

Igna Klynsmith praat oor plakkers en die uitsetting van onregmatige huurders en okkupeerders, en of hulle vergoed behoort te word vir verbeteringe wat hulle aan ‘n eiendom aangebring het. Hy verduidelik ook hoe die in duplum-reël toegepas word m.b.t. uiteenlopende rente. Hy kyk ook na bewysregreëls en die maak of breek van ‘n sivielesaak. Volker Kruger vertel van testamenteweek.

Regsake 5 September 2022 05.09.2022

Igna Klynsmith praat oor artikel 61 van die Wet op Verbruikersbeskerming. Hy bespreek ook ‘n onlangse saak teen die padongelukkefonds, waar die eiser selfdood gepleeg het twee-en-‘n-half jaar nadat hy in ‘n motorongeluk beseer is. Het die selfdood direk verband gehou met trauma wat deur die ongeluk veroorsaak is? Riëtte Oosthuizen verduidelik die verskillende soorte huweliksvoorwaarde-kontrakte is...

Regsake 29 Augustus 2022 29.08.2022

Igna Klynsmith waarsku teen mense met blink besigheidsplanne wat onrealistiese hoë opbrengste beloof. Hy bespreek ook ‘n saak wat handel oor vrywarings en waarborge wat in ‘n koopkontrak behoort te wees indien jy ‘n maatskappy koop, veral wat skuldeisers betref. Igna bespreek ook ‘n luisteraarsbrief oor die bure se verwaarloosde kinders, en wat hom te doen staan. Est-Marie Callahan praat oor bepla...

Regsake 22 Augustus 2022 22.08.2022

Igna Klynsmith bespreek ‘n geval waar ‘n komitee skielik by ‘n munisipaal-beheerde selfversorgingsoord vir bejaardes aangestel is, en ‘n baasspelerige inwoner homself boonop as voorsitter aangestel het. Igna deel ook inligting oor die outo-aanslag van die Ontvanger van Inkomste, en die implikasies daarvan indien jy fotos of inligting van kwaaddoeners in jou straat op sosiale media plaas. Dr. Llewe...

Regsake 15 Augustus 2022 15.08.2022

Igna Klynsmith bespreek luisteraarsvrae oor hoe jy jou buurman kan verhoed om gedurig oor jou heining te hang; of jy verplig is om skuldeisers se oproepe en e-posse te beantwoord; en die implikasies van boedelbelasting indien ‘n afgestorwene aandele in ‘n maatskappy of beslote korporasie het. Volker Kruger praat oor die 1996 Wet op keuse oor die beëindiging van swangerskap en die 2000 Wet oor die...

Regsake 8 Augustus 2020 08.08.2022

Igna Klynsmith fokus op die arbeidsreg. Hy bespreek onder meer ‘n saak oor ‘n werknemer wat geweier het om teen sy kollegas te getuig. Hy praat ook oor die nuwe kantoor van die regsdienste-ombud. Riëtte Oosthuizen verduidelik wat die gesinsgeweldwet behels.

Regsake 1 Augustus 2022 01.08.2022

Igna Klynsmith praat oor genadedood en die regulering daarvan. Hy bespreek ook ‘n saak oor beweerde polisienalatigheid, en ‘n luisteraarsvraag oor telebemarkers en jou reg op privaatheid. Est-Mari Mclaghlan praat oor die jongste wet op kubermisdade.

Regsake 25 Julie 2022 25.07.2022

Igna Klynsmith verduidelik wat omstadigheidsgetuienis is. Hy praat ook oor wie aanspreeklik is as daar iets met jou kind by ‘n dagsorgdsentrum sou gebeur. Dr. Llewelyn Curlewis verduidelik die verskil tussen meineed, regsverydeling en gemeentregtelike afknoop van misdade.

Regsake 18 Julie 2022 18.07.2022

Igna Klynsmith bespreek ‘n saak oor agterstallige onderhoudsgeld, en die verhaling daarvan. Hy praat ook oor ‘n verkragtingsaak na aanleiding van ‘n beloofde kinderbruid in KwaZulu-Natal. Riëtte Oosthuizen verduidelik wat internasionale kinderontvoering binne die raamwerk van Suid-Afrikaanse familiereg behels.

Regsake 11 Julie 2022 11.07.2022

Igna Klynsmith bespreek die uitleweringproses van die Gupta-broers, en ‘n saak oor ‘n werknemer wat sy werk bedank het, maar later sy bedanking wou terugtrek. Volker Kruger praat oor familietrusts, en of dit werklik jou bates teen skuldeiesers beskerm.

Regsake 4 Julie 2022 04.07.2022

Igna Klynsmith bespreek ‘n saak oor die omvang van die plig op goedertrou wat ‘n werknemer tenoor sy werkgewer het. Hy bespreek ook die vereistes en wet op surrogaatskap. Sanette Viljoen van SV-Legal praat onder meer oor of grootouers ‘n wetlike plig het om hulle kleinkinders finansieël te ondersteun.

Regsake 27 Junie 2022 27.06.2022

Igna Klynsmith bespreek ‘n saak oor die skikking van agterstallig huurgeld/ Hy praat ook oor die PIE-wet (Prevention of Illegal Eviction from Unlawful Occupation of Land Act) en hoe om ‘n uitsettingsbevel te bekom. Veronique van Heyningen praat met regskenner Volker Kruger oor artikel 7 (3) van die Wet op Egskeidings.

Regsake 20 Junie 2022 20.06.2022

Igna Klynsmith bespreek ‘n saak oor die regulering van natuurlike gesondheidsprodukte of medikasie. Hy praat ook oor ‘n werknemer se reg op privaatheid by die werk, en bespreek ‘n saak oor ‘n onlangse oorwinning vir biologiese pa’s met die registrasie van pasgebore babas. Veronique van Heyningen praat met prokureur Est-Mari McCallaghan oor die wet op die uitbreiding van sekerheid van verblyfreg.

Escucha el podcast Regsake en Replaio

Radio y podcasts en una sola app - gratis y sin registro. Instálala hoy y no te pierdas el estreno

Descárgala en Google Play

Replaio no es editor de podcasts; los nombres de los programas, las portadas y el audio pertenecen a sus autores y se distribuyen a través de canales RSS públicos