RSG
Regsake
'n Span regskenners bespreek regskwessies en -probleme.
No dejes de visitar la web del podcast y apoyar a su creador: www.rsg.co.za
¿Dónde escuchar?
Podcasts en la app Replaio Radio Muy prontoLos podcasts llegarán muy pronto a la app. Instálala ahora y sé el primero en descubrir una forma totalmente nueva de vivir los podcasts
Episodios
Regsake 28 Junie 2021 28.06.2021 29:36
Igna Klynsmith bespreek twee sake wat handel oor bydraende nalatigheid. Hy bespreek ook die verskil tussen ‘n piramidestelsel en ‘n stokvel; en of ‘n mens ‘n onderneming kan bedryf in ‘n deeltitelkompleks.
Regsake 21 Junie 2021 21.06.2021 29:59
Igna Klynsmith bespreek twee sake wat met die Arbeidsreg verband hou: die billikheid al dan nie van veranderings aan dienskontrakte; en wie toegang het tot die KVBA en in watter omstandighede. Daarna bespreek hy die wettigheid van jag in ‘n gebied wat as woongebied verklaar is, en gee raad oor wat iemand te doen staan indien sy reg op privaatheid geskend is.
Regsake 14 Junie 2021 14.06.2021 27:49
Igna Klynsmith praat onder meer oor die regstatus van saamwoonverhoudings en die noodsaaklikheid van ‘n skriftelike ooreenkoms tussen die betrokke partye; en twee hoëprofiel appèlsake, naamlik die van die voormalige SAL-voorsitter Dudu Myeni en die vorige president Jacob Zuma.
Regsake 7 Junie 2021 07.06.2021 29:03
Hoe raak ooreenkomste en kontrakte wat vroeër gesluit is, die bepalings van ‘n testament? Kan ‘n testament bepaal dat die erflater se bates in ‘n maatskappy geplaas word, en die aandele dan tussen die erfgename verdeel word? Igna Klynsmith bespreek ook die appèlsaak oor Moslemhuwelike, en die bevinding dat bestaande wetgewing oor huwelike en egskeiding strydig met die Grondwet is.
Regsake 31 Mei 2021 31.05.2021 25:49
Igna Klynsmith bespreek ‘n hofsaak oor die toesig en versorging van ‘n kat ná die egskeiding van die kat se “ouers”. Hy gee ook meer inligting oor regshulp wat beskikbaar is indien ‘n mens nie ‘n prokureur kan bekostig nie. Die laaste bydrae wat aan die beurt kom, is ‘n saak waarin die eienaar van ‘n lodge aangekla word van nalatigheid wat betref die 100 jaar vloedlyn.
Regsake 24 Mei 2021 24.05.2021 26:48
Igna Klynsmith bespreek ‘n hoëprofiel egskeidingsaak en die sogenaamde reël 43, en ‘n hofuitspraak oor ouers se reg om ‘n fetus te begrawe. Hy gee ook duidelikheid oor die regskrag van ooreenkomste wat elektronies gesluit word, en oor die vereistes wat geld wanneer ‘n mens geld landuit wil neem.
Regsake 17 Mei 2021 17.05.2021 27:05
Igna Klynsmith bespreek onder meer reëls oor parkering in deeltitelkomplekse, die belang van die onafhanklikheid van die regbank, die hofsaak teen die toerismehulpfonds en middelike aanspreeklikheid.
Regsake 10 Mei 2021 10.05.2021 29:21
Igna Klynsmith bespreek onder meer die situasie met die Openbare Beskermer en al die sake teen haar; wat gebeur met ‘n erflating indien die person wat erf by likwidasie-kwessies betrek word; volmag en hoe dit werk; en die belangrikheid van korrekte en verstaanbare taalgebruik.
Regsake 3 Mei 2021 03.05.2021 17:43
Igna Klynsmith verduidelik wat ‘n klant te doen staan as hy kos in ‘n restaurant bestel het en hy is nie tevrede daarmee nie. Hy vertel meer oor nuwe wetgewing oor die befondsing van politieke partye, en verduidelik wie aanspreeklik is as ‘n bedelaar of iemand by ‘n straathoek of op die eiland tussen bane, raakgery word.
Regsake 26 April 2021 26.04.2021 25:12
Maak ons vordering met die erkenning van menseregte? Is 'n daggaklub wettig? 'n Hofsaak oor 'n 119-jaar oue testament word bespeel. Tot wanneer kan skuld van jou geëis word?
Regsake 19 April 2021 19.04.2021 24:02
Mag die trustees van 'n deeltitelkompleks eensydig die heffings verhoog? Wat beteken dit dat oudpresident Jacob Zuma geweier het om voor die Zondokommissie te verskyn? Hoe word skuld in egskeidings hanteer?
Regsake 12 April 2021 12.04.2021 21:43
Hoe beskerm die POPI-wetgewing jou persoonlike inligting? Igna Klynsmith bespreek 'n hofsaak oor 'n houer wat in 'n winkel op 'n vrou geval het. Daar is raad as jy self jou huis wil verkoop, en 'n bietjie humor uit die regswêreld.
Regsake 5 April 2021 05.04.2021 25:53
Hoe wyd strek die bevoegdhede en diskresie van die trustees van trusts, en wanneer kan hulle ontslaan word? Igna Klynsmith verduidelik ook die wetgewing wat van toepassing is op telefoonbemarkers, en beantwoord 'n luisteraar se vraag oor wat gebeur as 'n testament bepaal dat twee seuns in gelyke dele moet erf, maar die een sterf voor die erflater.
Regsake 29 Maart 2021 29.03.2021 25:22
Is verkopers gebonde aan die prys wat hulle adverteer, al is dit foutief? Wanneer moet 'n pa wat vaderskap ontken, onderhoud betaal? Wat kan jy doen as jy foutiewe skulddagvaardings ontvang? Wanneer moet oordrag van vaste eiendom steeds voortgaan as die koopprys reeds by 'n prokureur inbetaal is, maar hy "verdwyn" daarmee voor dit aan die verkoper oorbetaal is? Daar is ook inligting oor 'n vereenv...
Regsake 22 Maart 2021 22.03.2021 25:00
Igna Klynsmith gee raad oor wat om te doen as jy in ‘n motorongeluk betrokke was, en of erfgename kan weier om die eksekuteur wat in die testament benoem is te aanvaar. Hy bespreek ook ‘n hofsaak oor ‘n skool vir kinders met spesiale behoeftes wat geweier het om ‘n leerder toe te laat.
Regsake 15 Maart 2021 15.03.2021 24:49
Leer meer oor die gevolge van lasterlike opmerkings op sosiale media; die afsper van private strande; inkomstebelasting van toepassing op huwelike in gemeenskap van goed; kapitaalwinsbelasting en boedelbelasting op 'n erflating aan 'n gade; en eise vir onderhoud teen boedels.
Regsake 8 Maart 2021 08.03.2021 22:22
Kom sommige algemene metodes van fondsinsameling dalk neer op 'n onwettige lotery? Is die inbreek by 'n huis 'n afsonderlike misdaad waarvoor 'n beskuldigde gestraf kan word, of vorm dit een misdryf saam met die opset om te steel of te roof? Na talle navrae brei Igna Klynsmith verder uit oor die geldwaarde van 'n tuisteskepper se bydrae by huwelike buite gemeenskap van goed.
Regsake 1 Maart 2021 01.03.2021 27:03
Kan jou werkgewer jou verplig om teen Covid-19 ingeënt te word? Is jy aanspreeklik as jy inwoners van 'n aftreeoord dokter toe neem, en hulle word beseer in 'n botsing? Igna Klynsmith bespreek ook die regulering van begrafnispolisse, die berekening van kapitaalwinsbelasting, en hoe emigrasie jou Suid-Afrikaanse paspoort raak.
Regsake 22 Februarie 2021 22.02.2021 25:24
Igna Klynsmith praat oor die algemene slaggate ten opsigte van vruggebruik wat vir baie ouers baie verdriet besorg. Kan ‘n werknemer ‘n dissiplinêre verhoor vryspring deur met onmiddellike effek te bedank? Igna kyk ook na ‘n uitspraak van die Konstitusionele Hof wat die weg baan vir huiswerkers om te eis vir beserings aan diens.
Regsake 15 Februarie 2021 15.02.2021 26:43
Het die geskiedkundige Neurenbergverhore van 75 jaar gelede steeds 'n invloed op die moderne geskiedenis? Deesdae word daar in strafsake gereeld geappelleer tot in die hoogste hof, maar hoekom verskil die verskillende howe se bevindings so gereeld? Igna Klynsmith bespreek ook die regulering van alternatiewe geneesmiddels en boererate.
Regsake 8 Februarie 2021 08.02.2021 25:34
Hoe werk die aanwasbedeling en wanneer is dit van toepassing? Moet BTW by produkte se pryse ingesluit word? Waar kan jy klagtes lê teen regterlike amptenare? Mag Eskom die kragtoevoer na agterstallige munisipaliteite afsny? Kan hofstukke steeds in Afrikaans opgestel word?
Regsake 1 Februarie 2021 01.02.2021 25:43
Igna Klynsmith bespreek 'n hofsaak waarin belastingbetalers aansoek gedoen het om munisipale dienste oor te neem. Hy beantwoord ook luisteraars se vrae oor of 'n agterstallige huurder wat haar werk as gevolg van Covid-19 verloor het, uitgesit kan word; hoe 'n mens van 'n trustbegunstigde "ontslae kan raak," en wanneer 'n motoris se bloed getrek kan word vir die toets van alkohol.
Regsake 25 Januarie 2021 25.01.2021 26:02
Wat is die opsies as drie kinders saam 'n vakansiehuis erf, maar die een help nie om vir die instandhouding te betaal nie? Hoe belangrik is 'n testament vir lewensmaats wat saamwoon? Igna Klynsmith bespreek ook grondeienaars se plig tot sywaartse ondersteuning van hulle bure se erwe, en 'n hofsaak waar 'n man vir vyf jaar tronk toe gestuur is ná sy vriendin se dood tydens 'n seksspeletjie.
Regsake 18 Januarie 2021 18.01.2021 26:31
Igna Klynsmith bespreek gelykheidshowe se funksie, en vra of hulle dit effektief vervul. Hy beantwoord ook luisteraars se vrae oor hoe 'n mens jou naam van die kredietburo se swartlys af kan laat verwyder, en wat 'n vrou kan doen as haar man sy hele salaris wegdobbel.
Regsake 11 Januarie 2021 11.01.2021 24:24
Wat gebeur as spesifieke bemakings in 'n testament te min geld laat om boedelbelasting te betaal? Kan 'n huweliksbevestiger in die staatsdiens weier om persone van dieselfde geslag te trou? Is dit beter om vaste eiendom te huur of te koop? Igna Klynsmith bespreek ook 'n hofsaak oor kinders se grondwetlike reg tot voeding, en die wetsontwerp op die private besit van dagga.
Podcasts similares
Replaio no es editor de podcasts; los nombres de los programas, las portadas y el audio pertenecen a sus autores y se distribuyen a través de canales RSS públicos