Preke – Gereformeerde Kerk Centurion
Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.
No dejes de visitar la web del podcast y apoyar a su creador: gkcenturion.co.za
¿Dónde escuchar?
Podcasts en la app Replaio Radio Muy prontoLos podcasts llegarán muy pronto a la app. Instálala ahora y sé el primero en descubrir una forma totalmente nueva de vivir los podcasts
Episodios
Die onverganklike liefde van die Vader (vir bekerende sondaars) 19.10.2026
Skriflesing: Lukas 15:11-20; Romeine 5:8; 8:31-39 (1983)Teksvers: Lukas 15:17-20HK: Sondag 33 As ons in die kategismus leer wat bekering is dan raak ons bewus van die radikaliteit daarvan. Bekering is doodgaan en lewend word! Sterwe en opstanding! Die twee absolutes wat hier gebruik word help ons om te verstaan dat bekering nié maar net ʼn […]
Aan Hom die Heerlikheid 19.10.2026
Skriflesing: 1 Petrus 4:1-19 (2020)Teksvers: 1 Petrus 4:10-11 Ons dink hierdie kwartaal verder na oor die betekenis dat alles AAN God toekom, tot lof van sy heerlikheid. In sommige vertalings word die “aan Hom” vertaal met “Syne”. Dit gaan oor besit. Iets wat aan jou behoort is dit wat jou eiendom is. Maar dit verduidelik […]
Wees Voorstanders van Goeie Werke 12.10.2026
Skriflesing: Titus 2:11-3:11 (2020)Teksvers: Titus 3:8HK: Sondag 32 Goeie werke het ewigheidswaarde. Nie omdat ons deur goeie werke gered word nie, maar ook nie dat ons daarsonder gered word nie.  Jakobus getuig immers dat geloof sigbaar word in die werke van die mens. As jy iemand se geloof wil sien, sal dit sigbaar word in […]
Jesus op die stembrief! 12.10.2026
Skriflesing: Matteus 26:47-56; 27:11-31; Josua 24; Psalm 27:10 (1983)Teksvers: Matteus 27:17 Barábbas is ‘n figuur waarvan ons eintlik omtrent niks weet nie en tog speel hy ‘n belangrike rol in die diepe lyde van Jesus Christus.  Net soos by Josua 24 word die volk voor ‘n keuse gestel en die naam ‘Jesus’ kom letterlik tweemaal […]
Wat is jóú nalatenskap? 05.10.2026
Skriflesing: 2 Kon. 13:14-21; 2 Kon. 2:5-25; Hebreërs 11:1-4; Efesiërs 1:8-20 (1983)Teksvers: 2 Konings 13:21 Na die kragtige bediening van 60 jaar sterf die profeet Elisa en word hy soos ‘n gewone Israeliet begrawe.  Alhoewel hy waarskynlik groter dinge vermag het as sy voorganger, Elia, vaar Elisa dus nie op na die hemel in die […]
As my hart beswyk 05.10.2026
Skriflesing: Ps. 61 (2020)Teksvers: Ps. 61:3 Dawid is in groot benoudheid. Hy voel homself aan die einde van die aarde.  Wat staan hom te doen? Hy bid. Hy roep God aan in die nood. As sy hart beswyk, as sy moed hom begewe en hy geen Antwoord of hoop het nie, dan neem hy sy […]
Bly getrou aan God, selfs onder groot druk 28.09.2026
Skriflesing: 1 Konings 21 (2020)Teksvers: 1 Konings 21:2,3 Uit die geskiedenis van Nabot se wingerd leer ons wat geloof, integriteit en gehoorsaamheid aan die Here inhou. Nabot by getrou en gehoorsaam aan die Here, al het hy gesterf vir sy geloofsoortuiging. Ons leer uit hierdie geskiedenis dat ons deur die werk van die Heilige Gees […]
Waar is my eer? 28.09.2026
Skriflesing: Daniël 7; Esegiël 1; Op 1,4,5 (1983)Teksvers: Daniël 7:9,10 Meeste mense ken die basiese storie van die profeet Daniël, die man wat die Here so getrou gedien het, ja selfs daar in die vreemde land van die ballingskap, vér van huis en haard. Hy eet net rein kos, bid op gereelde tye en beland […]
Die Hemele Geopen 21.09.2026
Skriflesing: Esegiël 1:1-3 (2020)Teksvers: Esegiël 1:1HK: Sondag 31 In Sondag 31 kom ons aan die einde van ons belydenis aangaande ons verlossing. Die 12 artikels is stukkie vir stukkie verduidelik, en daarby die sakramente wat ons geloof versterk.  Die vraag wat begin het by Sondag 7 – oor wat geloof is, eindig nou by wyse […]
Ware Lewe by die dooie boom 21.09.2026
Skriflesing: Genesis 2:4-15 (1983)Teksvers: Genesis 2:4-5 Die Here skep die mens om in ‘n persoonlike verbondsverhouding met hulle te leef. Hy plaas die mens in die tuin van Eden, ’n plek van bome wat wys op oorvloed, skoonheid en gemeenskap met Hom.  Die sondeval verbreek hierdie gemeenskap, bring swaarkry en die dood, en sluit die […]
Smaak en sien dat die HERE goed is 17.09.2026
Skriflesing: Psalm 34:1-23 (2020)Teksvers: Psalm 34:8 Om te smaak is nie net om te proe nie. Ons sal baie maal beskrywings gebruik waarin ons sintuie verwoord wat ons in ervaring beleef. Om te smaak dat die HERE goed is, beteken tog om iets te beleef, om iets te ervaar van die goedheid van ons Verlosser.  […]
Die Here is met sy kerk, en sal haar nooit begewe of verlaat nie! 17.09.2026
Skriflesing: Duet 31:1-8 (2020)Teksvers: Deut 31:6,8 Israel staan op ’n kruispad: Hulle gaan die beloofde land inneem, maar Moses sal nie saamgaan nie. Die Here troos hulle:  Die Here is met sy volk, en daarom kan hulle vol moed wees.  Die Here self sal voor hulle deur die Jordaan trek (v.3); Hy sal hulle nie […]
Gehoorsaamheid aan God 06.07.2026
Skriflesing: 1 Sam. 15
Oorwinning oor die Dood 29.06.2026
Skriflesing: 2 Korintiërs 4:7-5:10 (1983)Teksvers: 2 Kor 5:10HK: Sondag 17 Ons is steeds besig met ons belydenis oor die 12 Artikels. Verlede week het ons besef dat Jesus se hele lewenspad een van helse neerdaling in angs en pyn was, met die Godverlatenheid aan die kruis as dieptepunt.  In die graf vind ons egter die […]
Die dood behoort aan die Here! 29.06.2026
Skriflesing: 1 Samuel 2 (1983)Teksvers: 1Sam 2:6 (Deut 32:39) Die dood loop saam met ons soos ons skaduwee. Gelukkig hoef ons nie heeltyd daaroor te dink en morbied te raak nie. Oor ons sterwe as gelowiges kan op baie maniere praat wat nie so neerdrukkend is nie.  Vrae oor die dood, die mag daaroor, die […]
Christus het neergedaal na die hel 22.06.2026
Skriflesing: Efesiërs 4:6-10; Filippense 2:5-10; Jesaja 53:6,10; Markus 15:34; Lukas 23:42-43,46; Johannes 19:30 (2020)HK: Sondag 16 Die apostoliese geloofsbelydenis se bewoording volg nie in ‘n chronologiese volgorde as dit gaan oor die lyding van ons Here Jesus nie, maar eerder ‘n verdieping in die lyding.  Met ander woorde: Jesus se menswording, sy geboorte uit Maria, […]
God se Getuienis is Groter 22.06.2026
Skriflesing: 1 Johannes 5:1-21 (2020)Teksvers: 1 Johannes 5: 9-10 Ons het in die vorige deel uit vers 4 die wonderlike vertroosting van ons geloof gehoor, waardeur ons deel kry aan die genade van ons Here Jesus en die oorwinning in Hom. Hierdie oorwinning is alleen deur die geloof in Jesus Christus.  Hy is die Seun […]
Die enigste uitweg, God se oordeel word voltrek 15.06.2026
Skriflesing: Matteus 27:11-56 (1953)Teksvers: Matteus 27:46HK: Sondag 15 Ons HERE Jesus, is die Christus. Hy is die Gesalfde van God. Hy is vol van genade en waarheid. Die afdruksel van die wese van God. Hy is alle lof waardig. Maar tog as ons na Hom kyk sien ons een wat onder die hand van mense […]
Podcasts similares
Replaio no es editor de podcasts; los nombres de los programas, las portadas y el audio pertenecen a sus autores y se distribuyen a través de canales RSS públicos