Netwerk24 Klankgolwe
Netwerk24 Klankgolwe
Welkom by Netwerk24 Klankgolwe! Hier kry jy die wêreldklas podsendings oor verskillende genres, in Afrikaans, en alles op een plek.
No dejes de visitar la web del podcast y apoyar a su creador: www.netwerk24.com
Autor
Netwerk24 Klankgolwe
Categoría
Web del podcast
Último episodio
15 de oct. de 2026
¿Dónde escuchar?
Podcasts en la app Replaio Radio Muy prontoLos podcasts llegarán muy pronto a la app. Instálala ahora y sé el primero en descubrir una forma totalmente nueva de vivir los podcasts
Episodios
Lappies oor suksevolle Ludeke: ‘Hy lei van voor en het kultuur in Japan geskep’ 29.04.2026 26:58
Die losvoorspeler Lappies Labuschagné, wat al Japan in toetsrugby aangevoer het, sluit hom vandeesweek by ‘Rapport Praat Sport’ aan om oor sy uittrede en lang loopbaan te gesels. Sport | Rapport
Francke Horn: ‘Swaar lesse van laas jaar pantser Leeus vir sukses’ 22.04.2026 21:18
Die Leeus speel skitterende rugby in vanjaar se Verenigde Rugbykampioenskap, en het nou vyf wedstryde agtereenvolgens gewen. Die span is in die vierde plek op die punteleer en met drie wedstryde oor, wink die uitklopfase. Francke Horn, die Leeus se agtsteman en kaptein, sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om oor sy span se spogseisoen te gesels. “Ons groep is nou al ’n hele paar jaar...
Francois van Coke: ‘Ek is nou verslaaf aan hardloop’ 15.04.2026 24:29
Rugby, krieket, boks … die rockster Francois van Coke was nog altyd lief vir sport, maar nou is hardloop een van sy grootste stokperdjies. Van Coke het pas sy tweede Twee Oseane-ultramarathon voltooi, in ’n tyd van 5 uur en 49 minute. Hy sluit hom dié week by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy hardloop-reis en sy liefde vir sport. Van Coke was in sy o. 13-jaar die WP se Cravenweek-skrumsk...
Faul: ‘SA20 selfs gewilder as sekere Protea-wedstryde’ 08.04.2026 32:08
Die week sluit een van die land se beste sportadministrateurs, Jacques Faul, hom by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor die sakekant van sport. Faul, die Titans se uitvoerende hoof, sê daar is deesdae soveel opsies vir sportaanhangers dat sekere reekse en toernooie erg sukkel om aandag te trek. Faul verklap ook dat SA20-wedstryde by SuperSport-park in Januarie beter bygewoon is as die Prote...
Stellenberg skud 2 reuse: ‘Ons koop nie, ons ontwikkel’ 01.04.2026 20:36
Die Hoërskool Stellenberg word nie as ’n tradisionele rugbyskool gesien nie, maar het vanjaar reeds twee reuse neergevel: Paarl Gimnasium en Grey Kollege. Dié skool se sporthoof, Andras Molnar, sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om oor hul sukses te gesels. Hy vertel onder meer dat die skool ’n voltydse sportsielkundige in diens het. • Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stembo...
Marais Erasmus: ‘Die dag toe ek in Sydney verskree is’ 25.03.2026 29:38
Marais Erasmus het verlede week in sy laaste krieketwedstryd as skeidsregter gestaan. Hy tree uit ná 26 jaar as witjas, waarin hy 82 toetse, 124 internasionale eendagwedstryde en 61 internasionale T20-wedstryde (mans en vroue) behartig het. Sport | Rapport
JJ en Carlü: Reuse... maar is hul enjins groot genoeg? 18.03.2026 21:22
Dié week op Rapport Praat Sport gesels ons oor die verrassende uitnodigings wat Carlü Sadie en JJ van der Mescht gekry het om Rassie Erasmus se virtuele Springbok-belyningskamp by te woon. Hulle is groot, sterk en swaar... maar is hul enjins groot genoeg vir Rassie-rugby? Ons gesels ook oor die opwindende laaste wedstryd in die Sesnasies-reeks, en die Blitsbokke se sukses in New York. • Ons wil b...
Wat ’n Sesnasies! Moet Rassie stres? 11.03.2026 26:40
Die vuurwerke het behoorlik gespat in die afgelope naweek se Sesnasies-wedstryde, en met net een ronde wedstryde oor is daar steeds drie spanne wat met die trofee kan wegstap. So, watter spanne se aandele het gestyg in vanjaar se kompetisie, wie loop lang-lip. . . en wat kan die Springbokke daaruit neem met die oog op die komende Nasiesbeker-toernooi? Rapport se rugbyskrywers Hendrik Cronjé en Alb...
Griekwas-afrigter: Ons wil beste SA span buite VRK wees 04.03.2026 30:52
Pieter Bergh, Griekwas se hoofafrigter, sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan voor die SA Beker die naweek begin. Sport | Rapport
Proteas gaan nie ‘choke’ nie 25.02.2026 26:42
Tinus van Staden, Rapport se sportredakteur, sluit hom vanuit Ahmedabad by die T20-Wêreldbeker by Rapport Praat Sport aan. Hy praat oor Suid-Afrika se suikersoet-sege oor Indië en vertel waarom hy dink die Proteas nié by die toernooi gaan 'choke' nie. Sport | Rapport
Sesnasies-sukses: Italië het geen prima donnas in span, sê Goosen 18.02.2026 30:40
Marius Goosen, wat jare lank ’n hulpafrigter van Italië se nasionale rugbyspan was, sluit hom vandeesweek uit Japan by Rapport Praat Sport aan. Hy vertel waarom die Azzurri se Sesnasies-sukses nie vir hom so ’n groot verrassing is nie. Sport | Rapport
Protea-drama: Skare in stadion spring op en af oor foutbal 11.02.2026 22:13
Tinus van Staden, Rapport se sportredakteur, sluit hom vandeesweek uit Indië by Rapport Praat Sport aan waar hy Suid-Afrika se senutergende T20-Wêreldbeker-sege oor Afganistan regstreeks beleef het. Sport | Rapport
Skolerugby: Breiers verdien soms meer as skoolhoofde 04.02.2026 30:14
Die skolerugbykenner Hannes Nienaber sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan. Hy sê watter skole en spelers vanjaar dopgehou moet word en vertel hoeveel van die land se skole hul breiers betaal. Sport | Rapport
Neil de Bruin: ‘Pollard ís ’n aanvallende 10’ 28.01.2026 27:09
Neil de Bruin, die Bulle se nuwe aanvalsafrigter, sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy skuif na Loftus Versfeld. Hy verduidelik hoe die Bulle besig is om hul seisoen om te draai, wat van Sebastian de Klerk en Jeandré Rudolph sulke goeie spelers maak en waarom Handré Pollard nie nét ’n skopmasjien is nie. De Bruin gesels ook oor alles wat hy by sy pa, Swys, geleer he...
Saru-baas: ‘Ons sal klou aan Tony – dalk selfs ná 2027’ 21.01.2026 22:20
In 2026 se eerste episode van Rapport Praat Sport gesels ons met die grootbaas van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie, Rian Oberholzer, oor alles wat dié jaar vir die beheerliggaam voorlê. Ons pols hom ook oor die toekoms van Tony Brown, die Springbok-hulpafrigter wat glo hoog op Nieu-Seeland se wenslys is vir ’n toekomstige All Black-rol. Oberholzer gesels ook oor die Greatest Rivalry-reeks wat voorlê...
Nuus in nét 2 minute - 16 Januarie 2026 16.01.2026 1:46
Nuusmakers in hul eie woorde. Netwerk24
30 jaar of 10? Hoekom ’n langer huisverband jou ryker kan maak 14.01.2026 18:46
Moet jy jou huis so vinnig moontlik afbetaal — of kan ’n langer verband jou finansieel verder neem? In hierdie eerste Slim met eiendom-episode van 2026 gesels Malani Venter met eiendomsbeleggingspesialis Cobus du Preez (Real Estate Mate) oor ’n onderwerp wat sterk emosies en menings ontlok: die 30-jaar huisverband.
LUISTER | Rika Sennett gesels oor die beginjare van televisie 19.12.2025 2:13
Nuusmakers in hul eie woorde. Netwerk24
LUISTER | Carike Keuzenkamp gesels oor Kraaines 19.12.2025 1:43
Nuusmakers in hul eie woorde. Netwerk24
Kleuterzone se kaartehuis stort ineen, Louis Liebenberg wag steeds op bed en die Springbokke maak skoonskip op die rugby 15.12.2025 9:59
Gesels saam oor 2025 se grootste slenters en ook sporthoogtepunte.
Klein Joshlin se verdwyning, Nada-Jane se badmoord skok en Zaheera Boomgaard ná jare gevonnis 15.12.2025 10:21
Gesels saam oor van 2025 se skokkende hofsake
Spanning tussen SA en VSA op laagtepunt, wêreldoorloë woed voort en skokonthullings in die Madlanga-kommissie 15.12.2025 10:14
Gesels saam oor van 2025 se grootste politieke intriges
DEEL 1 | Marida Swanepoel gesels oor die begindae van oorklanking 14.12.2025 1:54
Nuusmakers in hul eie woorde. Netwerk24
DEEL 2 | Marida Swanepoel gesels oor die begindae van oorklanking 14.12.2025 2:23
Nuusmakers in hul eie woorde. Netwerk24
DEEL 2 | Dorianne Berry oor die begin van Suid-Afrikaanse televisie (deel 2) 14.12.2025 0:33
Nuusmakers in hul eie woorde. Netwerk24
Podcasts similares
Replaio no es editor de podcasts; los nombres de los programas, las portadas y el audio pertenecen a sus autores y se distribuyen a través de canales RSS públicos