Netwerk24 Klankgolwe
Netwerk24 Klankgolwe
Welkom by Netwerk24 Klankgolwe! Hier kry jy die wêreldklas podsendings oor verskillende genres, in Afrikaans, en alles op een plek.
N'hésitez pas à visiter le site du podcast et à soutenir son créateur : www.netwerk24.com
Auteur
Netwerk24 Klankgolwe
Catégorie
Site du podcast
Dernier épisode
15 oct. 2026
Où écouter ?
Les podcasts dans l'appli Replaio Radio Bientôt disponibleLes podcasts arrivent très bientôt dans l'appli. Installe-la dès maintenant et découvre en avant-première une toute nouvelle façon de vivre les podcasts
Épisodes
50. The Good, The Bad... en die blouaap. Met Evan Naudé 15.10.2026 17:46
Moenie alles glo wat gesoute wildtuinmense jou vertel nie, want soms sien jy wél iets interessants as jy laat slaap en in jou tent agterbly wanneer die vroegopstaners gaan wild soek.
49. So byna was ek 'n Himba. Met Sophia van Taak 08.10.2026 18:35
Ons reis om te sien hoe mense anders as ons lewe. Maar soms is juis dít wat ons met vreemdelinge gemeen het, wat ons die meeste verras.
48. Wat is cool? Met Toast Coetzer 01.10.2026 11:11
Dis goed om “cool” te wees, maar nie te cool nie. Maar hoe weet jy wanneer jy cool is? Of te cool? Of nie cool genoeg nie?
LUISTER | Kobus Kotzé lees sy gedig “Nie alle huise is permanent nie” voor 22.09.2026 0:47
Nuusmakers in hul eie woorde. Netwerk24
LUISTER | Kobus Kotzé lees sy gedig “Silwerstraat, Desember, 1996” voor 22.09.2026 0:52
Nuusmakers in hul eie woorde. Netwerk24
Greatest Rivalry: Ons Speler van die Reeks is... 16.09.2026 25:21
In dié week se episode van Rapport Praat Sport deel ons toekennings uit: Die beste speler van die Greatest Rivalry-reeks, die beste voorspeler, agterspeler en die grootste oomblik. Ons kyk ook na wie onderpresteer het en sê wie vir ons die verrassingspakkie was. Wie was jou Speler van die Reeks? Laat weet ons by 076 878 1787 of per e-pos na briewe@rapport.co.za. Sport | Rapport
Greatest Rivalry bewys SA sal ’n vyfster-WB kan aanbied 09.09.2026 20:31
In dié week se episode van Rapport praat sport praat ons oor die Suid-Afrikaanse been van die Greatest Rivalry-reeks wat ’n feesmaal vir rugbyliefhebbers was. Hoe lekker sal dit nie wees as Suid-Afrika weer ’n Wêreldbeker-toernooi kan aanbied nie, met toetse in nuwe stadions soos Soccer City en die Kaapstad-stadion! Hendrik Cronjé sê die reeks teen die All Blacks het juis soos ’n Wêreldbeker gevoe...
Dave Rennie is slinkser as wat jy dink! 02.09.2026 17:34
Dave Rennie weet presies hoe om subtiele boodskappe by skeidsregters uit te kry. Dié week in Rapport Praat Sport gesels ons daaroor, en die fel bekgevegte wat steeds onverpoosd voortwoed. Jóhann Thormählen sê hy wonder of die Kiwi’s nie dalk in Richie Mo’unga se rigting moet begin kyk nie. Hy is ook bly Rennie het by Scott Robertson oorgeneem as die All Blacks se hoofafrigter – want nou het ons ’n...
Rassie bieg oor sy fout: ‘Ek moes Jesse op 13 hou’ 26.08.2026 15:58
Rassie Erasmus het vandeesweek verskeie kere die skuld aanvaar vir die Springbokke se nederlaag van 16-33 teen die All Blacks in die eerste Greatest Rivalry-toets op Ellispark. Een fout wat hy gemaak het, is volgens hom om Jesse Kriel na vleuel te skuif ná Kurt-Lee Arendse se besering en sodoende sy middelveldkombinasie te ontwrig. In dié week se Rapport Praat Sport praat ons oor wat hy sê hy liew...
Greatest Rivalry: Bekgevegte is Wêreldrugby se skuld! 19.08.2026 19:06
Die woordoorloë en kopspeletjies is in volle gang voor Saterdag se groot eerste toets van die Greatest Rivalry-reeks. Die All Blacks kla dat die Springbokke vertragingstaktiek in wedstryde inspan. Die Bokke sê nou weer die Kiwi’s duik met hul skouers by afbreekpunte in. Waarom dié felle bekgevegte? Dit is ’n gevolg van Wêreldrugby se nuwe skeidsregtersprotokolle, sê ons in vandag se episode van Ra...
Dié Kiwi’s lyk rof… Moet die Bokke bekommerd wees? 12.08.2026 18:35
Die Bokke het geswoeg om Argentinië te klop, terwyl die All Blacks Dinsdagaand die Haaie na ’n o. 19B-span laat lyk het. Is daar rede tot kommer? Vandag in Rapport Praat Sport gesels ons daaroor. ° Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport
Skolerugby: Vuishoue, k-woord, opkikkers... maar ook spog-gedrag in Paarl 05.08.2026 31:34
Dit was ’n bedrywige naweek op die land se skolerugby-velde. Daar was bakleiery en k-woord-beweringe, maar aan die ander kant van die munt ook ’n spoggerige viering van sportmanskap in die Paarl. Vandag op Rapport Praat Sport gesels ons met die Netwerk24-sportverslaggewer Wim Pretorius hieroor, en vra die vraag: Hoe het professionaliteit in skolerugby die sport verander? Ons verwys ook na die oud-...
Hoe gaan Rassie maak in dié 4 brandpunt-posisies voor 1ste Kiwi-toets? 29.07.2026 23:22
Dié week op Rapport Praat Sport gesels ons oor die vier groot brandpunt-posisies in die Springbok-span voor die eerste toets in die Greatest Rivalry-reeks op 22 Augustus. Hendrik Cronjé sê linkervleuel, losskakel, nr. 5-slot en vaskopstut sal Rassie Erasmus die langste besig hou wanneer hy sy span kies. * Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport
Strydrosse keer terug: Is Siya se dae getel? Hokaai eers! 22.07.2026 23:50
Rassie Erasmus het Siya Kolisi, Eben Etzebeth, Lood de Jager en Sacha Feinberg-Mngomezulu by sy Bok-groep ingesluit vir die toets teen Argentinië en die Greatest Rivalry-reeks teen die All Blacks. Ons gesels vandag daaroor op Rapport Praat Sport, en kyk ook watter spelers se aandele gestyg het tydens die drie Nasieskampioenskap-toetse in Julie. Ons praat ook oor Paul de Villiers se skitterspel, ma...
Louis de Villiers: Rassie is die ou met die meeste breins wat ek ken 15.07.2026 14:39
Dié week sluit die legendariese rugbyskrywer Louis de Villiers hom op Rapport Praat Sport aan om Bok-rugby te gesels. Ons gesels oor die ongelooflike diepte wat Rassie Erasmus gebou het. Louis sê ook wie tans sy gunsteling-Springbokke is. Een is ’n slot en een is ’n heelagter. Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel. Sp...
Loftus-losiehouers briesend vir Saru voor Bok-toets 08.07.2026 27:33
In dié week se episode van Rapport Praat Sport gesels ons oor die Springbokke se spogsege oor Engeland op Ellispark, en kyk vorentoe na die naweek se toets teen Skotland op Loftus Versfeld. Die kaartjie-konsternasie kry maar net nie end nie – nou is dit Loftus Versfeld se losiehouers wat kwaad is vir die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru). Ons gesels daaroor, oor hoe Rassie Erasmus sy Bok-span skitt...
Oud-Rose-flank Hendré: ‘Pollock is puik – los net die sideshows!’ 01.07.2026 12:42
Die Springbok-seisoen begin Saterdag in alle erns op Ellispark waar Engeland die Bokke inwag. Ons gesels op Rapport Praat Sport met die oud-Rose-flank Hendré Fourie oor dié kragmeting. Fourie het agt toetse vir Engeland gespeel, maar is nou terug in Suid-Afrika en “het weer te veel biltong en sonskyn gesien om steeds ’n bleekbeen te wees”. Hy staan vierkant agter die Bokke. Volgens hom is die Enge...
Waar is Iere wat Nienaber gas gee? 24.06.2026 30:41
Die Ierse media is tjoepstil oor Jacques Nienaber nadat Leinster ’n tweede agtereenvolgende seisoen die Verenigde Rugbykampioenskap gewen het. Die voormalige Springbok-afrigter was weke gelede nog die sondebok gewees. Sport | Rapport
Ackers: ‘Ek het begin wonder of ek ’n fout gemaak het...’ 17.06.2026 22:37
Die Bulle was met hul rug vierkant teen die muur vroeër in die Verenigde Rugbykampioenskap-seisoen ná vyf nederlae op ’n streep. Maar toe keer hulle die skip om en Vrydagaand pak hulle die magtige Leinster in die eindstryd in Dublin. “Almal sal verstaan dat as ’n mens in so ’n gat is, begin jy wonder of jy die regte besluit geneem het, want ek kon langer by die Junior Bokke aangebly het. Ek het eg...
Annerie oor T20-WB: ‘Ons droom oor wat kan gebeur’ 10.06.2026 19:31
Die Protea-vroue se jong veelsydige ster Annerie Dercksen sluit vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor die T20-Wêreldbeker-toernooi wat die naweek begin. Dercksen sê die span put baie selfvertroue uit hul spogvertonings in die laaste paar Wêreldbeker-toernooie, waar hulle drie keer die eindstryd gehaal het. So nou en dan durf hulle droom oor wat dié keer kan gebeur. Ons wil baie g...
Sacha gekrok: Moet Manie of Pollie teen Rose begin? 03.06.2026 29:47
Sacha Feinberg-Mngomezulu het een van die nuutste spelers op die Springbokke se krukkelys geword. Wie moet volgende maand vir die Bokke op losskakel teen Engeland begin? Dié week op Rapport Praat Sport gesels ons daaroor en wie dalk in Julie hul toetsbuigings kan maak. Sport | Rapport
Jimmy oor SA Beker: ‘Gee vir ons TV-blasers!’ 27.05.2026 30:11
Jimmy Stonehouse sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy Puma-span se sege in die SA Beker-eindstryd. Hy praat breedvoerig oor die kompetisiestrukture in Suid-Afrikaanse rugby, en verduidelik die uitdagings waarmee hy te kampe het om elke jaar ’n bieliespan te probeer bou. Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787 sodat ons dit in die volge...
Embrose: ‘Ek is verslaaf aan ontledings’ 20.05.2026 19:48
Embrose Papier sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy droomseisoen. Dié skrumskakel het pas die Bulle se mees ervare nr. 9 van alle tye geword, en is boonop ná agt jaar terug in die Springbok-prentjie. Hy vertel ’n bietjie waaraan hy moes werk om terug in Rassie Erasmus se planne te kom, en sê wat van hom ’n goeie skrumskakel maak. Ons wil baie graag van jou hoor. Stu...
Heyneke: ‘SA Beker selfs sterker as Curriebeker’ 13.05.2026 27:53
Heyneke Meyer sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor die herlewing by die SWD-Arende. Die span het net-net kwalifikasie vir die Curriebeker-Premierliga misgeloop, maar hulself uitstekend van hul taak gekwyt in vanjaar se SA Beker-reeks. Meyer sê daar loop ’n paar toekomstige Springbokke in die SWD rond. Hy reken ook die gehalte van vanjaar se reeks was skitterend – “dalk...
Gunsie vir die bure? Aikôna, Griekwas onthou hoe Vrystaat hul byt 06.05.2026 24:48
Die Cheetahs moet g’n gunste van Griekwas verwag wanneer dié spanne mekaar Vrydagaand in Bloemfontein in die laaste ronde van SA Beker-ligawedstryde pak nie. Die Poubloues sal maar al te goed onthou hoe die Vrystaters hulle gebyt het in die raadsale voor vanjaar se toernooi. Die Vrystaat moet Vrydagaand wen om hul deelname in vanjaar se Curriebeker-Premierliga te bevestig. In dié week se Rapport P...
Podcasts similaires
Replaio n'est pas éditeur de podcasts ; les noms des émissions, les visuels et l'audio appartiennent à leurs auteurs et sont diffusés via des flux RSS publics