RSG

Leefwêreld van die Gestremde

Deur middel van hierdie radioprogram poog RSG om nie-gestremdes 'n beter begrip te gee van die probleme en suksesse van persone met gestremdhede.

Autor

RSG

Categoría

Health

Web del podcast

www.rsg.co.za

Último episodio

5 de jul. de 2026

¿Dónde escuchar?

Podcasts en la app Replaio Radio Muy pronto

Los podcasts llegarán muy pronto a la app. Instálala ahora y sé el primero en descubrir una forma totalmente nueva de vivir los podcasts

Descárgala en Google Play Instálala gratis Android 5 M+ de descargas · valoración de 4,8 iOS muy pronto

Episodios

Leefwêreld van die gestremde 11 Januarie 2026 11.01.2026

Suretha Burger vertel van haar passie vir musiek, en deelname aan die Talent America-kompetisie. Sy vertel van haar werk in musiek by Innovation for the Blind op Worcester. Mense met gestremdhede word nie weerhou om hulle liefde sport uit te leef nie. Rolbal, hengel en skaak is ‘n paar van die sportsoorte wat mense met gestremdhede geniet en uitblink in.

Leefwêreld van die gestremde 4 Januarie 2026 04.01.2026

‘n Lewensafrigter gee praktiese idees vir die bemagtiging van mense wat leef met uitdagings. Jaarliks op 4 Januarie word die geboortedag herdenk van Louis Braille, die ontwerper van die Braillestelsel vir siggestremdes. Braille is nie ‘n taal nie, dis ‘n skrif. Ons hoor van die interessanthede van hierdie hoogs gevorderde en gesofistikeerde stelsel.

Leefwêreld van die gestremde 28 Desember 2025 28.12.2025

Die Vrystaatse Vereniging vir Mense met Gestremdhede vestig hulle as ‘n nie-regeringshulporganisasie in gemeenskappe. Die Triest Sentrum vir intellektueel gestremde volwassenes is in Klerksdorp in Noord-Wes. Die inwoners ontwikkel elkeen na hulle eie vermoë. Die koor van die sentrum het vroeër vanjaar goud verower.

Leefwêreld van die gestremde 21 Desember 2025 21.12.2025

Toegangklike leesstof vir mense met siggestremdhede kry ‘n hupstoot nadat ‘n saak in die Konstitusionele hof gaan draai het. Elke gidshond se opleiding is net so uniek en interessant as die verhouding met sy eienaar. Maar wat doen ‘n gidshond in sy “vrye tyd”?

Leefwêreld van die gestremde 14 Desember 2025 14.12.2025

Die Nasionale Raad van en vir Persone met Gestremdhede in die Vrystaat, is aktief betrokke by die mees kwesbares in die gemeenskap sedert die laat 1900’s. Ons hoor hoe veral vroue dié taak aanpak. Die G20 het groot opslae gemaak in Suid-Afrika. Mense met gestremdhede is egter buite rekening gelaat van die beraad. Dit het Disability 20 of die D20-projek tot gevolg gehad het. Ons vind meer uit oor d...

Leefwêreld van die gestremde 7 Desember 2025 07.12.2025

Wat is die moontlikhede ná ‘n beroerte met rehabilitasie om uitdagings en gestremdhede te beperk? Woensdag 3 Desember was Wêrelddag vir Persone met Gestremdhede. ‘n Blinde persoon en rolstoelgebruiker vertel van die vordering wat in Suid-Afrika gemaak is met vanjaar se tema: ‘n Inklusiewe Samelewing op Sosiale en Ekonomiese vlak.

Leefwêreld van die gestremde 30 November 2025 30.11.2025

Soms is dit ‘n siektetoestand wat ‘n gestremdheid veroorsaak. ‘n Beroerte kan verreikende gevolge meebring as dit nie vining genoeg behandel word nie. Martin Brown is 54 jaar oud, en was 27 jaar gelede in ‘n duikongeluk. Hy is daardeur verlam gelaat, en kan net sy kop beweeg, maar niks hou hom terug nie. Hy het ‘n toekenning ontvang vir sy werk om rolstoele in plattelandse gebiede te versprei.

Leefwêreld van die gestremde 23 November 2025 23.11.2025

Wat is die gevolge van sonskade op jou sig? Wat staan jou te doen indien jy meer ligsensitief is ná ’n katarakoperasie? Roedolph Brits, ‘n tegnikus van Blind SA, kry ‘n toekenning vir sy innoverende WIT KIERIE-PROJEK, ‘n hulpmiddel vir die blinde gemeenskap.

Leefwêreld van die gestremde 16 November 2025 16.11.2025

Een van die grootste uitdagings vir mense met Downsindroom is dat ander mense hulle nie verstaan nie. Kommunikasie is ‘n uitdaging. Ons hoor van talle jongmense met Downsindroom, wat kwalifiseer as baristas; sommige in die IT-bedryf; en ander met vaardighede deur ondersteuning van besighede wat inklusiewe opleiding verskaf. Club 21 is skole spesifiek vir mense met Downsindroom. Hulle suksesstories...

Leefwêreld van die gestremde 9 November 2025 09.11.2025

Toeganklike vervoer in Suid Afrika het verreikende gevolge, nie net vir die ekonomie nie, maar ook vir mense met gestremdhede. Die afwesigheid van toeganklike openbare vervoer beperk en sluit mense met gestremdhede uit. Persone met gestremdhede staan op vele vlakke hulle plek vol in die samelewing. ‘n Gemengde para-fietsspan met fisiese en visuele gestremdhede, neem vir die eerste keer deel aan ‘n...

Leefwêreld van die gestremde 2 November 2025 02.11.2025

Op die Tuinroete is ouers besig met fondsinsameling om bewustheid te kweek en hulp aan te bied aan ouers van kinders met gestremdhede. Ons hoor ook watter uitwerking trauma op die geestelike en fisiese vlak het vir persone met gehooruitdagings en doofheid.

Leefwêreld van die gestremde 26 Oktober 2025 26.10.2025

‘n Maatskaplike werker by die Wes-Kaapse Vereniging van en vir Persone met Gestremdhede in die Olifantsriviervallei vertel hoe hulle baat by die GROW-benadering. Dit bevorder inklusiwiteit en bemagtiging. Het jy geweet dat hartdefekte die algemeenste mediese uitdaging is vir mense met Downsindroom? Downsindroom een van die mees bekende genetiese toestande, en kom voor by een uit elke 700 geboortes...

Leefwêreld van die gestremde 19 Oktober 2025 19.10.2025

Die Wes-Kaapse Vereniging vir en van Persone met Gestremdhede bemagtig hulle personeel deur inklusiwiteit te verhoog, met ‘n program genaamd GROW, waar hulle die waardes van saamleer en saamgroei bevorder. ‘n Onderwyseres by Lettie Fouché Skool in Bloemfontein vertel van die lesse wat sy by haar kinders met gestremdhede moes leer tewyl sy hulle onderrig.

Leefwêreld van die gestremde 12 Oktober 2025 12.10.2025

Wat is die doel van ‘n behoorlike gehoorevaluasie? ‘n Gehoorapparaat is dalk nie die antwoord nie. ‘n Oudioloog vertel wat ‘n diagnostiese gehoorevaluasie behels. ‘n Bouer wat skielik sy een voorarm verloor het, bly positief en opgewek op die bouperseel, waar hy vol energie en blydskap werk.

Leefwêreld van die gestremde 5 Oktober 2025 05.10.2025

Kubersekuriteit is ‘n veld wat al hoe meer deur mense met siggestremdhede betree word. Ons vind uit wat dit behels. Serebrale gestremdhede by kinders is ‘n reuse uitdaging vir die kinders en hulle ouers. ‘n Internasionale mediese nie-winsgewende maatskappy doen uitreikingswerk en voorsien hulpmiddels om hulle lewenskwaliteit te verbeter.

Leefwêreld van die gestremde 28 September 2025 28.09.2025

Watter impak het die G20 Beraad op mense met gestremdhede? Ons hoor van die D20-inisiatief, wat spruit uit die G20. Wat is dit, en watter doelwitte moet bereik word? Rett-sindroom is ‘n seldsame toestand wat soms moeilik is om te diagnoseer. Ons vind meer uit van die simptome, en water ondersteuningsgroepe daar is.

Leefwêreld van die gestremde 21 September 2025 21.09.2025

Ons kry antwoorde op luisteraarsvrae oor die ontruiming van geboue en die invoer van aangespasde voertuie. Ons hoor ook meer van die SA Gidshondvereniging se Dra jou Sonbril-veldtog ter viering van Wêreld Sigmaand.

Leefwêreld van die gestremde 14 September 2025 14.09.2025

Wat is die rol van lewensafrigting, en hoe kan dit tot voordeel wees vir mense met gestremdhede? Watter hulp en bystand is daar beskikbaar vir die versorgers van persone wat leef met Alzheimers?

Leefwêreld van die gestremde 7 September 2025 07.09.2025

Wat is die rol van lewensafrigting, en hoe kan dit tot voordeel wees vir mense met gestremdhede? Ons fokus op die versorging van persone wat leef met Alzheimers se siekte.

Leefwêreld van die gestremde 31 Augustus 2025 31.08.2025

Wat is die langtermyn-impak van ‘n gestremdheid? Ons kyk na die verhouding tussen jou emosies en pyn. Dr. Magteld Smith het op vier doof geword. Sy het moeilike laerskooljare gehad, maar het uitgestyg en twee interdissiplinêre meestersgrade en twee doktorsgrade. Sy is nasionaal en internasionaal bekroon vir haar baanbrekers werk in die bemagtiging vir mense met gestremdhede.

Leefwêreld van die gestremde 24 Augustus 2025 24.08.2025

James Boucher, ‘n Graad 12-leerder van die Jan Kriel Skool, is meervoudig gestremd. Hy gesels oor sy uitdagings en drome, en leer ons ‘n paar lesse van ‘n jong seun wat leef met ‘n gestemdheid. Dis Vrouemaand, en ons klim in die wêreld van ‘n baie selfstandige vrou wat doofblind is. Sy bak en brou en speel sport en skaak.

Leefwêreld van die gestremde 17 Augustus 2025 17.08.2025

Ouers, wie se kinders met spesiale behoeftes by Oakley House Skool onderrig ontvang, vertel hoe hierdie skool gesonde interaksie tussen die personeel en ouers bewerkstellig. Ons hoor van vrou wat ‘n groot inspirasie vir atlete met gestremdhede is. Op 12 jarige ouderdom in 1982 het sy Suid-Afrika internasionaal verteenwoordig, en medaljes ingepalm. Sy was die wêreldrekordhouer in een van haar items...

Leefwereld van die gestremde 10 Augustus 2025 10.08.2025

Ons fokus op die uitdagings wat skole ervaar in hulle taak om kinders met gestremdhede te onderrig. Die personeel van die Oakley House Primêr vertel hoe die skool verseker dat elke kind steeds tot volle potensiaal kan ontwikkel. Dis Vrouemaand ons hoor van Cindy Engelbrecht, ‘n kranige atleet, wat Suid Afrika se vlag hoog laat wapper op internasionale vlak, en steeds nederig help om ander jong kin...

Leefwêreld van die gestremde 3 Augustus 2025 03.08.2025

Ons fokus op retinale pigmentosa. Tania Joubert is op 12-jarige ouderdom hiermee gediagnoseer. Sy het as volwassende besluit om weer sig en kleur in haar lewe van donkerheid terug te bring. Ons kyk ook na berading vir en ontlonting van trauma van persone met blindheid. Daar word gewerk om die redes vir die trauma vas te stel, wat soms gedurende kleutertyd ervaar is, en watter metodes aanbeveel wor...

Leefwêreld van die gestremde 27 Julie 2025 27.07.2025

Wat is die verskil tussen harde en sagte kontaklense, en wat is die moontlike gevolge as jy met kontaklense sou slaap? Wat is die ideale ouderdom om kontaklense te oorweeg? ’n Oogkundige beantwoord luisteraarsvrae oor die gebruik van kontaklense. ‘n Passievolle blinde sportman vertel van sy rolballoopbaan. Hy is al op nasionale vlak bekroon vir sy spel, en het al goud verwerf vir Suid-Afrika by di...

Escucha el podcast Leefwêreld van die Gestremde en Replaio

Radio y podcasts en una sola app - gratis y sin registro. Instálala hoy y no te pierdas el estreno

Descárgala en Google Play

Replaio no es editor de podcasts; los nombres de los programas, las portadas y el audio pertenecen a sus autores y se distribuyen a través de canales RSS públicos