Francette Bekker

Kosreis

Health AF ↓ 8 episodios

Kosreis is ‘n gesondheidspotgooi...reis wat aangebied word deur Francette Bekker - ‘n geregistreerde dieetkundige in Pretoria met sowat 18 jaar ondervinding in praktyk. In hierdie potgooi gesels sy oor kos, ons land, die mense, die kultuur, interessante feite en lekker stories oor kos asook oor gesondheid, lewensduur en gesondheidsduur. Wat is die verskil tussen lewensduur en gesondheidsduur? Lewensduur verwys na hoe lank jy leef, terwyl gesondheidsduur verwys na hoe lank jy gesond leef. Luister lekker saam en kyk na die kos op jou bord met 'n nuwe perspektief en waardeer wat moeder aarde, die...

Autor

Francette Bekker

Categoría

Health

Web del podcast

www.buzzsprout.com

Último episodio

23 de oct. de 2025

¿Dónde escuchar?

Podcasts en la app Replaio Radio Muy pronto

Los podcasts llegarán muy pronto a la app. Instálala ahora y sé el primero en descubrir una forma totalmente nueva de vivir los podcasts

Descárgala en Google Play Instálala gratis Android 5 M+ de descargas · valoración de 4,8 iOS muy pronto

Episodios

Pers strate, groen gewete 23.10.2025

In hierdie lente-episode van Kosreis staan Francette stil by die prag van die Jakaranda-seisoen en die groter boodskap wat dit bring - om met sorg en respek teenoor Moeder Aarde te leef. Sy gesels oor besoedeling, plastiek en eenvoudige maniere waarop ons elkeen ‘n verskil kan maak in ons kombuise en huise. Van die 5 stappe wat ons kan gebruik as 'n padkaart na herwinning (weier, verminder, h...

Bloedlemoene - hoe rooier, hoe mooier & gesonder 26.09.2025

Bloedlemoene is ’n pragtige sitrusvrug wat jy net vir ’n kort tyd op die rakke kry. In hierdie episode van Kosreis deel Francette Bekker waarom hierdie vrugte meer is as net mooi rooierige lemoene: Wat bloedlemoene uniek maak — van hul bessie-agtige sitrussmaak tot hul opvallende kleur. Hoe koue nagte die rooi pigment, anthosianiene, laat ontwikkel. Die gesondheidsvoordele van bloedlemoene se anti...

Kosreis 2.0 is hier! 25.09.2025

Welkom terug by Kosreis! Ek is Francette Bekker, dieetkundige in Pretoria. Kosreis was lank stil, maar dis nou tyd vir Kosreis 2.0 – verfris, verbreed en vol nuwe energie. In hierdie episode stel ek die nuwe Kosreis bekend en vertel kortliks van my onverwagse afdraaipaaie en hoekom Kosreis vir 'n ruk moes stilhou langs die pad. So wat is op ons nuwe padkaart vir Kosreis? Voorheen het ek kosso...

Mikrogroente - is dit meer as net mooi groen konfetti? 14.12.2022

Het jy dalk al gehoor van mikrogroente  of dalk het jy al hierdie klein blaartjies op jou bord gevind as ‘n restaurant vir jou kos bedien wat besprinkel is met hierdie groente konfetti? Luister saam om meer te leer oor: Die verskil tussen mikrogroente, spruite en jong groentes Mikrogroente se oorsprong Die voedingswaarde van mikrogroente teenoor volwasse groentes Voordele en nadele van mikrogroent...

Kefirmelk en kefirwater, wat op aarde is dit? 31.10.2022

Het jy al gehoor van Kefirmelk en kefirwater? In hierdie episode reis ons bietjie buite die grense van Suid-Afrika om meer te leer van die oorsprong van die sprankelende borreldrankie - kefir. Ek gesels ook oor die gesondheidsvoordele van kefir en vertel hoe dit gebruik kan word as deel van jou dieet. Studies en navorsing waarna verwys word in die episode: Die storie van kefir se oorsprong - The F...

Wat is in Pandora se eierboksie? 19.09.2022

Is jy onseker of eiers nou wel gesond is of nie? In hierdie episode maak ek Pandora se eierboksie oop en ek deel ‘n paar lekker eierstories en ‘n paar interessante eierfeite.  Studies en inligting waarna verwys word in podsending: Nutritional Viewpoints on Eggs and Cholesterol - PMC Association between Egg Consumption and Cholesterol Concentration: A Systematic Review and Meta-Analysis of Randomiz...

Rooibostee of soos Ouma sou sê "Bossiestee" 13.08.2022

My Ouma Toy het 90 jaar oud geword en haar gunsteling warmdrankie was rooibostee of soos sy sou sê “bossiestee”. Luister saam in hierdie episode hoe ek en my gesin met ons padreis per ongeluk in Clanwilliam beland het en toe eers uitgevind het dat dit die Rooibostee hoofstad van die wêreld is! In hierdie episode vertel ek meer oor die area waar rooibostee groei, die oes en produksie proses van roo...

Loodsepisode 24.07.2022

In hierdie loodsepisode gee die aanbieder Francette Bekker (Jou Digitale Dieetkundige) bietjie agtergrond inligting oor wie sy is, wat sy as Dieetkundige doen en sy vertel meer oor die padreis wat hierdie podsending met die naam Kosreis se inspirasie was. Aanbieder: Francette Bekker Instagram @kosreis Instagram & Facebook @francettedietitian Webtuiste www.francettedietitian.com E-pos chatwith@...

Escucha el podcast Kosreis en Replaio

Radio y podcasts en una sola app - gratis y sin registro. Instálala hoy y no te pierdas el estreno

Descárgala en Google Play

Replaio no es editor de podcasts; los nombres de los programas, las portadas y el audio pertenecen a sus autores y se distribuyen a través de canales RSS públicos