SB Trust

Grenslose geselsies met Marisa

Grenslose Geselsies is ’n podsending van MyHartland, die virtuele kultuurtuiste van die Afrikaner in die buiteland. In dié podsending gesels ons oor emigrasie en alles wat daarmee gepaard gaan. Ons praat ook oor taal, kultuur, familie, werk en geloof - soms met ’n lag en ander kere met ’n traan. Moet dit nie misloop nie!

Autor

SB Trust

Categoría

Leisure

Web del podcast

beweging.co.za

Último episodio

7 de may. de 2026

¿Dónde escuchar?

Podcasts en la app Replaio Radio Muy pronto

Los podcasts llegarán muy pronto a la app. Instálala ahora y sé el primero en descubrir una forma totalmente nueva de vivir los podcasts

Descárgala en Google Play Instálala gratis Android 5 M+ de descargas · valoración de 4,8 iOS muy pronto

Episodios

Vergete stories, vergete volk 07.05.2026

Vandag se storie is môre se geskiedenis. Ons praat van die Groot Trek as iets wat in die 1800’s gebeur het, maar besef ons werklik dat daar tans ʼn nuwe Groot Trek in die Afrikaner se storie plaasvind? Dalk nie met ossewaens oor die Vrystaatse vlaktes nie, maar met vliegtuie oor die oseane na ander wêreldlande. In vandag se episode gesels ons met dr. Danie Langner oor vandag se verlore erfenis wat...

Moedertaal-geankerde kinders in ’n nuwe omgewing 17.04.2026

Wanneer ’n gesin emigreer, pak hy nie net sy tasse nie, hy pak ook sy taal en sy identiteit. Maar wat gebeur wanneer daardie TAAL stadig stil raak in die nuwe land? Wanneer ’n kind begin speel en droom in ’n ander taal as dié waarin sy ouma hom lief het? MyHartland - jou virtuele kultuurtuiste

Afrikaners wat emigreer sê gereeld dat hulle in hul nuwe lande gekonfronteer word 23.02.2026

Hoewel ouers in hul nuwe werkplekke hierdeur uitgedaag word, is dit juis ons kinders wat die meeste interne konflik hieroor ervaar. In hierdie episode van Grenslose Geselsies klop ons aan by dr. Wikus Buys met ʼn paar moeilike vrae oor geloofsbehoud, waardes en ons identiteit as Christene in ʼn nuwe wêreld. MyHartland - Jou virtuele kultuurtuiste

Hart tot hart saam met @Komyn & Komyntjie 29.01.2026

Op sosiale media deel @Komyn & Komyntjie gereeld brokkies oor haar lewe – eerlik, eg, eenvoudig en met ‘n bietjie hoop. In vandag se episode van Grenslose Geselsies hoor gesels ons oor haar geloofspad, ma-wees in ‘n vreemde land, en hoe sy haar Afrikaanse identiteit verdiep het. Kom kuier saam. MyHartland - Jou virtuele kultuurtuiste

Afrikaners in die buiteland | ‘KarooKiwi’ maak hart oop oor emigrasiereis 13.01.2026

In dié episode van Grenslose Geselsies praat Marisa Engelbrecht met Abré van Wyk oor sy emigrasiereis van die Karoo na Nieu-Seeland. MyHartland - Jou virtuele kultuurtuiste

'Huis is waar ons as gesin saam is' 17.12.2025

Toe haar man vir meer as ‘n jaar gesukkel het om in Suid-Afrika werk te kry, is die Richardson-gesin gedwing om hul vlerke wyer uit te strek, en binne twee weke het haar man ‘n pos in Londen gehad. Terwyl hy daar vir sy gesin ‘n nuwe begin geskep het, het sy hier in Suid-Afrika alles voorberei vir die volgende hoofstuk in die jong gesin se storie. Hierdie hoofstuk is vol onsekerheid, hartseer en o...

Kersfees in twee lande – die ware lig in die vreemde 17.12.2025

Dis Kersoggend. In Suid-Afrika word die tafels ná kerk gedek vir ’n tradisionele feesmaal van skaapboud, gebraaide aartappels en heerlike bykosse. Dis lekker warm buite, die kinders swem en hardloop kaalvoet op die gras. In Kanada word dit eers laat lig. Op die stoep lê die sneeu dik, en binne brand die kaggel sag. Buite is mense wat ysskaats, sneeumanne bou en sleë ry. Dit is twee uiterste wêreld...

Geloftedag. Maak dit nog saak as ek in die buiteland woon? 15.12.2025

Dis 16 Desember. Iewers in ’n sneeubedekte voorstad sit ’n Afrikaner gesin knus voor die kaggelvuur. Die kinders vra: “Mamma, wat vier ons vandag?” Die mamma probeer verduidelik, maar dis nie heeltemal so maklik nie. Tog is dit vir haar belangrik dat haar kinders moet verstaan wat Geloftedag is. Maar wat gebeur met Geloftedag as jy duisende kilometers weg woon? Waar daar geen kerkdiens of byeenkom...

Geskenkies is nie net blink pakkies onder die boom nie 09.12.2025

Dis amper Kersfees en oral in die winkels en in huise hang daar blinkers en lint en liggies, en die winkels se rakke kreun behoorlik onder die gewig van geskenke. Maar daar’s ’n ander geskenk wat nie in blink geskenkpapier toegedraai kan word nie — een wat nie onder ’n boom geplaas kan word nie en tog is dit een wat ‘n blywende ewigheidswaarde het - Die geestelike, emosionele en fisiese ontwikkeli...

Werksgeleenthede en die pad terug na SA – jy begin nie oor nie, jy begin op! 02.12.2025

Daar is ‘n vrees wat binne talle Afrikaners in die buiteland skuil: “Wat as ek teruggaan, maar nie werk kry nie?” Jy het dalk ’n CV wat van jou internasionale sukses getuig. Jy’t dalk al vir reuse-maatskappye gewerk, verskillende tydsones bestuur… maar hoe klink en lyk dit in Afrikaans? In Suid-Afrika? In dié episode van Grenslose Geselsies gesels Marisa Engelbrecht Mandy Thackwray van Solidaritei...

Van Suid-Afrika na elders: Verlies, vryheid en volhoubaarheid 26.11.2025

Langs my op die vliegtuig sit ‘n tannie. Sy is feitlik heeltemal grys met diep hartseer-plooie langs haar oë. Sy is op pad om vir haar kinders in Nederland te gaan kuier. Sy het haar seun en sy gesin drie jaar laas gesien... Op dié episode van Grenslose Geselsies – ‘n podsending van MyHartland – gesels Marisa Engelbrecht met Nicolien Welthagen van die Solidariteit Navorsingsinstituut oor emigrasie...

Families wat agterbly 18.11.2025

Sy staan by die hek en waai lank nadat die kinders en kleinkinders deur die hekke op OR Tambo is. In haar hand ’n verrimpelde tissue, in haar hart ’n mengsel van trots en hartseer. Vandag se Grenslose Geselsies praat saam met Sue-Ann de Wet van AfriForum Wêreldwyd oor dié wat agterbly, wat weekliks WhatsApp video calls maak, Kerspakkies moet pos en op spesiale dae met ’n leë stoel of twee (of drie...

Hoe ontwerp jy ’n gevoel van "huis"? 11.11.2025

Hoe ontwerp jy ʼn gevoel van “huis” en “saam” en “Afrikaans?” Hoe ontwerp jy ’n virtuele tuiste vir Afrikaners wat regoor die wêreld versprei is? Wat sit jy op ’n tuisblad wat vir iemand 10 000 km van die huis af sê: Jy hoort hier. Hierdie is JOU huis, JOU Hartland. Jy’s nog deel van ons? In vandag se episode van Grenslose Geselsies praat ons met Bianca Du Plooy, die grafiese ontwerper agter die el...

Kultuurskok 04.11.2025

Vir baie mense klink emigrasie dikwels na ‘n avontuur, met nuwe geleenthede en ‘n vars begin. Maar vir duisende Afrikaners is dit veel meer as net ‘n skuif op ‘n kaart en ‘n nuwe avontuur. Want aanpassing in ’n nuwe land is nie net papierwerk nie. Dis ‘n kultuurskok. In hierdie episode van GRENSLOSE GESELSIES, ‘n podsending van MyHartland, gesels ons met Sue-Ann de Wet van AfriForum Wêreldwyd oor...

Escucha el podcast Grenslose geselsies met Marisa en Replaio

Radio y podcasts en una sola app - gratis y sin registro. Instálala hoy y no te pierdas el estreno

Descárgala en Google Play

Replaio no es editor de podcasts; los nombres de los programas, las portadas y el audio pertenecen a sus autores y se distribuyen a través de canales RSS públicos