Ricia Bester en Mia Knoesen
EWE ANDERS šļø
Welkom by Ewe Anders, ān Afrikaanse podcast waar twee twintig-ietsie-jarige vriendinne, Ricia en Mia, hulle lewens en al die chaos wat daarmee gepaard gaan deel. Van vriendskappe en stories tot geestesgesondheid en eksistensiĆ«le krisisseāgeen onderwerp is van die tafel af nie! Luister in vir ārelateableā gesprekke, eerlike refleksies, snaakse ervarings en baie lag terwyl hulle saam die wilde rit van volwassenheid aanpak.
Autor
Ricia Bester en Mia Knoesen
CategorĆa
Web del podcast
Ćltimo episodio
24 de feb. de 2026
¿Dónde escuchar?
Podcasts en la app Replaio Radio Muy prontoLos podcasts llegarƔn muy pronto a la app. InstƔlala ahora y sƩ el primero en descubrir una forma totalmente nueva de vivir los podcasts
Episodios
Episode 21 - Blou en Pienk: Toeval of Tradisie? 24.02.2026 56:46
In hierdie episode van Ewe Anders gesels Ricia en Mia oor geslagstereotipes ā waar dit vandaan kom en hoekom dit steeds so sterk in ons samelewing leef. Is dit regtig ānatuurlikā dat sekere geslagte na spesifieke belangstellings neig, of word ons van kleintyd af subtiel (en soms minder subtiel) geleer wat ons behoort te geniet? Ons delf dieper in die invloed van biologie teenoor omgewing, die rol...
Episode 20 - Valentynsdag en sulke dinge 10.02.2026 1:03:32
Ricia en Mia gesels oor Valentynsdag ā van oulike herinneringe uit die verlede tot die goed wat dit regtig vir hulle lekker maak. Is Valentynsdag overrated, of het dit nog ān plek in ons harte (en bankrekeninge)? Hulle praat oor romcom-verwagtinge vs realiteit, groot en klein love gestures, en die mees memorable liefdesoomblikke wat hulle al ervaar het. Dis lag, nostalgia, ān bietjie sarkasme en b...
Episode 19 - Nuwe jaar - selfde ons! 27.01.2026 1:05:23
In hierdie episode is Ricia en Mia terug agter die mikrofoon en maak gemaklik gesels oor alles wat die nuwe jaar inlui. Ons reflekteer oor ān vakansie wat veel te vinnig verby is, deel ons nuwejaarsvoornemens (realisties⦠en minder realisties š ), en praat oor waarna ons regtig uitsien vir die jaar wat voorlĆŖ. Van werksfunksies en heen-en-weer Kaap toe, tot Gauteng se potholes, drome van luukse re...
Episode 18 - Krismis en Klets 16.12.2025 1:09:56
In hierdie feestelike episode sit Mia en Ricia en gesels oor alles wat Kersfees vir hulle besonders maak. Hulle deel persoonlike stories, nostalgiese herinneringe en ān paar verrassings oor hul unieke benaderings tot die feestyd. Hierās waarna jy kan uitsien: ⨠ān Classic Kersfees Wat maak ān āregteā Kersfees vir hulle? Van familie-chaos tot rustige oggende ā hulle vertel wat telkens hul harte la...
Episode 17 - Glinster en Teaterligte: ons āChicagoā avontuur 02.12.2025 44:52
In hierdie episode neem Ricia en Mia julle saam op ān glinsterende rit teater toe! Terwyl hulle in die kar sitāMia agter die stuurwiel en Ricia nog besig om haar makeup klaar te kryāgesels hulle oor hul gunsteling live optredes, vorige teater-ervarings en selfs ān paar staaltjies uit hul dae as redenaars. Met ons splinternuwe VIP-kaartjies vir die ikoniese musiekblyspel Chicago, is die opwinding h...
Episode 16 - Kultuur met ān Kinkel 18.11.2025 1:00:35
In hierdie week se episode delf Ricia en Mia diep in die wĆŖreld van werkskulture ā daardie onsigbare, maar kragtige faktor wat jou daaglikse werkervaring maak⦠of breek. Hulle deel hul persoonlike ervarings in vorige werksomgewings: die goed, die sleg, en alles tussenin. Saam ondersoek hulle vrae soos: Hoe verander ān mens ān bestaande organisasie se kultuur? Wat maak ān werksplek vir hulle werkli...
Episode 15 - Van Visie na Werklikheid? 04.11.2025 1:13:40
In hierdie episode gesels Ricia en Mia oor die gewilde konsep van āmanifestingā ā daardie idee dat jy iets in jou lewe kan āinspreekā deur jou gedagtes, energie en intensies. Hulle vra die groot vrae: Is dit regtig moontlik om sekere energie in die wĆŖreld in te stuur? En nog belangriker ā gaan dit teen Christelike waardes, of kan geloof en manifestasie dalk hand-aan-hand loop? Die twee delf ook in...
Episode 14 - Deel 2: As kind, as ouer 21.10.2025 1:04:55
In diĆ© episode gesels Mia en Ricia oor die reĆ«ls waarmee hulle grootgeword het ā van die kinder tafel tot die Tandemuis ā en hoe hulle as grootmense van vandag dalk dinge bietjie anders sou doen. Hulle delf in vrae soos: ⢠Moet kinders nog steeds aan ān aparte tafel sit? ⢠Is daar plek vir Kersvader Ć©n eerlikheid? ⢠Hoeveel sakgeld is genoeg, en hoe leer ons kinders oor begroting? ⢠Is screentime...
Episode 13 - Deel 1: As kind, as ouer 07.10.2025 55:33
In hierdie episode kyk ons terug na sommige van die reĆ«ls waarmee ons as kinders moes saamleef ā van ouderdomsbeperkings en slaaptyd tot strawwe en reĆ«ls rondom oorslaap. Ons deel ons persoonlike ervarings, lag saam oor hoe streng (of los) dinge soms was, en gesels oor hoe ons dit moontlik anders sou hanteer as ouers eendag. Dis ān eerlike, nostalgiese en soms humoristiese gesprek oor ouerskap, di...
Episode 12 - Werk, rus, herhaal: Jou gids tot micro-retirement 23.09.2025 59:51
In hierdie episode duik Ricia en Mia in die fassinerende konsep van Micro Retirement ā ān vars manier om na werk en rus te kyk. Ricia deel haar persoonlike ervaring met micro retirement en gee praktiese raad oor hoe om dit realisties te benader en vooruit daarvoor te beplan. Ons gesels oor wat hierdie term werklik beteken, hoe dit verskil van tradisionele aftrede, en of dit ān haalbare opsie is vi...
Episode 11 - Jy sal nie glo waar dit begin het nie.. 09.09.2025 58:22
In hierdie insiggewende episode delf Ricia en Mia in die fassinerende herkoms van alledaagse sĆŖ-goed, tradisies en moderne gebruike wat ons dalk as vanselfsprekend aanvaar. Hoekom dra bruidjies wit? Wat maak diamante só waardevol? En kan ān appel rĆŖrig die dokter weghou? Hulle ondersoek diĆ© en ander interessante vrae met ān mengsel van humor, nuuskierigheid en verrassende feite. As jy al ooit gewo...
Episode 10 - Die wonders van AI 26.08.2025 54:03
In hierdie episode gesels Ricia en Mia oor ChatGPT en hoe diĆ© slim AI deel van hul alledaagse lewe geword het. Van voorberei vir werksonderhoude en beplan van reisroetes tot noodsituasies by die huis, self-terapie, kleurkodeskep en selfs toesprake skryfāChatGPT is altyd daar om te help. Luister saam vir ān lekker, gemaklike gesprek vol humor, praktiese idees en dalk ān paar wenke wat jy self wil u...
Episode 9 - Instaskool 12.08.2025 56:03
In diĆ© episode scroll Ricia en Mia ān bietjie op Instagram ā en kyk insiggewende videos en gesels oor ālife hacksā en hoe moeilik dit soms is om te weet wat regtig waar is. Is alles net vir die likes, of is daar tog iets om van te leer? Hulle deel ook wat hulle wens hulle op skool geleer het ā soos hoe om belasting te doen en n band om te ruil. Hulle debateer ook oor watter tipe skoolopvoeding hul...
Episode 8 - Ons eerste gas - Tineke die dieetkundige 29.07.2025 1:20:49
In hierdie episode gesels ons met Tineke, ān dieetkundige met ān passie vir gesondheid en voeding. Ons leer haar eers bietjie beter ken en hoor van haar persoonlike reis tot in die wĆŖreld van dieetkunde. Sy deel insiggewende feite oor wat haar beroep behels en gee ons ān kykie in die werklikhede van voeding ā met spesiale fokus op dieet tydens swangerskap, die rol van voeding in borsmelk, en algem...
Episode 7 - Dis nie jy nie dis Ick 15.07.2025 55:04
In hierdie episode gesels Ricia en Mia oor die groot buzzword in dating - āickā ā daardie klein (of groot!) dingetjies wat skielik iemand minder aantreklik maak. Hulle deel hul eie āickā lyste (moenie oordeel nie), en wonder of dit regverdig is om só kieskeurig te wees en hulle wonder hoe mense in āarranged marriagesā verby āicksā kyk. Is dit oppervlakkig om āicksā te hĆŖ? Of is dit bloot ān manier...
Episode 6 - Tussen TikTok en Tradisie 01.07.2025 54:33
In episode 6 delf ons in die generasie-gaping tussen Gen Z en Millennials ā en waar ons onsself daarbinne plaas. Ons gesels oor hoe Gen Z dikwels misverstaan word, en hoe daardie misverstande ook op ons persoonlike identiteite afspeel. Ons deel hoe ons albei op maniere konserwatief is⦠en ook glad nie. Ons vra vrae oor waar konserwatiwiteit vandaan kom, hoe dit gemeet word, en of dit ooit so eenvo...
Episode 5 - Wat meisies regtig doen by sleepovers 17.06.2025 49:05
In hierdie episode van Ewe Anders, gee ons julle insights oor wat gebeur by ān sleepover. Ons verduidelik die betekenis agter die podcast se naam ā āEwe Andersā Mia deel van haar avonture oorsee en Ricia vertel van haar honeymoon se boujee business class ervaring ā was dit die moeite werd? Dan droom hulle saam oor die tipe vakansies waarop hulle wil gaan: luxury met ān uitsig of culture met karakt...
Episode 4 - Gelukkig Getroud vs Skepties oor Sielsgenote 03.06.2025 43:58
In hierdie episode gesels ons met Mia oor haar sieninge oor ādatingā en hoe haar perspektief oor verhoudings die afgelope paar jaar verander het. Sy deel haar gedagtes oor die invloed van aanlyn dating op verhoudings in die moderne era. Ons kyk ook na die impak van die Covid-19-pandemie en die lockdowns op die manier waarop mense romantiese verhoudings bou en onderhou. Laastens deel Mia haar gedag...
Episode 3.1 - Terugvoer op Ricia se groot besluit 27.05.2025 13:01
In hierdie spesiale episode deel Ricia haar eerlike reaksie op die oorweldigende terugvoer wat sy ontvang het nĆ” sy haar video gedeel het waarin sy aankondig dat sy gaan uittree as prokureur. Sy lees ān paar van julle kommentaar en boodskappe hardop en gesels oor hoe dit haar laat voel het ā van ondersteuning en inspirasie tot vrae en kritiek. Follow ons op Instagram: Ewe Anders podcast: https://w...
Episode 3 - Stuurwielstories: Mia rits rond saam met ān afgetrede prokureur 20.05.2025 34:08
In hierdie episode gesels ons lekker tydens ān girls chat on the go ā daai tipe geselsie wat net in die kar gebeur, waar die stories spontaan vloei. Ricia vertel ook wat haar oorspronklik geĆÆnspireer het om prokureur te word, en hoekom sy uiteindelik besluit het om uit te tree uit die regsberoep. Ons praat eerlik oor hoe sy nou familie en balans bo ambisie en werkdoelwitte kies ā en hoekom dit vir...
Episode 2.1 - Opvolg: Roetine v Spontaniteit 13.05.2025 8:10
In hierdie kort bonus-episode gee ons terugvoer oor ons persoonlike uitdagings van die afgelope twee weke. Ricia het haar grense getoets deur meer spontaan te wees ā hoe het dit vir haar gewerk en dink sy dis iets wat sy weer sal aanpak? Mia het aan die ander kant probeer om meer gestruktureerd te leef en ān roetine te volg. Het sy dit reggekry of het chaos gewen? Ons sluit af met ān paar gedagtes...
Episode 2 - Roetine vs Spontaniteit 06.05.2025 51:26
In hierdie episode deel Ricia en Mia die stories van hoe hulle paaie gekruis het en die onverwagte vriendskap wat ontstaan het. Mia deel dat sy Ricia en MornĆ© se roetine interessant vind. Hulle bespreek Ricia se liefde vir roetine, en hoekom dit haar sekuriteit en balans gee in haar daaglikse lewe. Mia, aan die ander kant, is ān bietjie meer spontaan en buigsaam, maar sy deel haar besluit om ān bi...
Episode 1.1 - Wat om te verwag 29.04.2025 6:28
Welkom by die eerste bonus-episode van Ewe Anders! In hierdie episode gesels Ricia en Mia oor wat om te verwag deur die loop van die Ewe Anders podcast. By Ewe Anders gesels ons oor al die dinge wat ons lewens interessant en soms uitdagend maak ā van roetine versus spontaniteit, die verskille tussen enkellewe en getroude lewe tot eerlike gesprekke oor ADHD en angs. Ons delf ook in hoe die samelewi...
Episode 1 - Welkom by ons Talkshow 22.04.2025 40:56
Welkom by die heel eerste episode van Ewe Anders! In hierdie episode vertel ons, Ricia en Mia, hoekom ons besluit het om ons ervarings en gedagtes met julle te deel. Ons gesels oor wie ons is, hoe ons elkeen angs en/of ADHD in ons daaglikse lewens ervaar, en hoe dit ons denkwyses vorm. Ons sieninge verskil gereeld (en nogal sterk), en in hierdie episode debateer ons onder andere oor die vrees vir...
Podcasts similares
Replaio no es editor de podcasts; los nombres de los programas, las portadas y el audio pertenecen a sus autores y se distribuyen a través de canales RSS públicos