Klank Kompas

Ek en my mense

Hierdie boeiende podcast bring 'n reeks inspirerende stories van hoop. Elke episode bied aangrypende getuienisse, stories en opinies wat jou sal aanmoedig om te volhard en vas te hou aan die hoop wat daar in Christus is.

Autor

Klank Kompas

Categoría

Religion

Web del podcast

klankkompas.co.za

Último episodio

3 de jun. de 2026

¿Dónde escuchar?

Podcasts en la app Replaio Radio Muy pronto

Los podcasts llegarán muy pronto a la app. Instálala ahora y sé el primero en descubrir una forma totalmente nueva de vivir los podcasts

Descárgala en Google Play Instálala gratis Android 5 M+ de descargas · valoración de 4,8 iOS muy pronto

Episodios

Ep. 5 - Hierdie Lazarus help sy dorp opstaan 12.04.2024

Lazarus Makwena dra vanoggend ‘n “hoodie” wat lees “Victoria-Wes Plek van Hoop”. Ons het langs hom op die sypaadjie gaan sit en gevra hoe dit op die platteland gaan en hoe hy en ander besig is om hoop te bring in ‘n arm en behoeftige gemeenskap. Hy vertel onder andere van die groot werk wat Genadeland op dié dorp doen.

Ep. 4 - Twee kante van 'n kerkdeur 05.03.2024

Jenny en Cathy woon in Paarl-Oos. Hulle het besluit om die kerk na "die mense" toe te vat, en nie net te wag dat die mense kerk toe kom nie. Hulle help ons om 'n besondere dimensie van kerk-wees, prakties te sien uitspeel. Hulle vertel as te ware hoe ons kan kerk wees aan die buitekant van die kerkdeur. Maar 'n kerkdeur het mos twee kante? Aan die einde van die episode, deel ds. Leon Tait ook sy g...

Ep. 3 - My naweek was nie genoeg nie (Fanie Kriel) 20.02.2024

Fanie Kriel van die Paarl gesels oor hoe die mens smag na 'n reddingsboei in 'n see van prestase en ekstase. Ons kyk na wat ware rus is, hoekom mens dit nodig het en hoe jy dit kry. Hy verduidelik ook wat instase is en wat die effek daarvan sou wees indien ons dit kon regkry om dit meer deel van ons lewens te maak.

Ep. 2 - Trane tot hoop (Boekgesprek met Cas Wepener) 13.02.2024

“Om ’n erediens in Lydenstyd te hou wat drup van lament is hoop in aksie”. Só sê prof Cas Wepener, die Stellenbosse teoloog en skrywer. Heléne Meissenheimer, joernalis by Kerkbode, het met hom gesels oor ’n nuwe boek wat hy saam met sy kollega, dr Dawid Mouton van die VGK, saamgestel het. Met ’n titel soos Lamenting for change en die subtitel: Worship and preaching for social impact, Resources for...

Ep. 1 - 10 Miljoen pare skoene vir kinders (Samaritan's Feet) 13.02.2024

Manny en Tracie Ohonme is die stigters van Samaritan's Feet. Hulle vertel oor die hartroerende wortels van hul bediening en hoe hul in 20 jaar al meer as 10 miljoen pare skoene aan kinders gegee het. Hermien Louw deel hoe jy en jou gemeente betrokke kan raak. Vir meer inligting, of om betrokke te raak: Hermien Louw +27 (0) 84 549 4182 info@samaritansfeet.co.za

Escucha el podcast Ek en my mense en Replaio

Radio y podcasts en una sola app - gratis y sin registro. Instálala hoy y no te pierdas el estreno

Descárgala en Google Play

Replaio no es editor de podcasts; los nombres de los programas, las portadas y el audio pertenecen a sus autores y se distribuyen a través de canales RSS públicos