Klank Kompas
Ek en my mense
Hierdie boeiende podcast bring 'n reeks inspirerende stories van hoop. Elke episode bied aangrypende getuienisse, stories en opinies wat jou sal aanmoedig om te volhard en vas te hou aan die hoop wat daar in Christus is.
Wo hören?
Podcasts in der App Replaio Radio Bald verfügbarPodcasts kommen bald in die App. Installiere sie jetzt und erlebe als Erster einen ganz neuen Blick auf Podcasts
Folgen
Ep. 30 - Proteahoogte kinderteater: 'Geen ouderdomsbeperking op verwondering nie' 03.06.2026 22:17
In hierdie episode vier ons ’n merkwaardige mylpaal: tien jaar van kinderteater tydens Pinkster by die Proteahoogte-gemeente. Ons gesels met Christo Botha, Christene Kruger en Siegfried Louw oor hoe ’n droom om jong gesinne te bedien, ontwikkel het in ’n jaarlikse instelling wat die hele gemeente saamsnoer. Ons gesels oor die krag van stories en waarom dit dikwels meer toeganklik is as tradisionel...
Ep. 29 - Bywoners vertel oor "Geroep om te Floreer" kursus 16.03.2026 29:46
Drie persone wat onlangs die "Geroep om te Floreer" kursus bygewoon het, vertel oor hul ervaring en hoe hierdie kursus hul gehelp het om nuut oor hulself en hul gemeentes te dink. Vir meer inligting oor toekomstige kursusdatums, kontak Mathilda by mdup@kaapkerk.co.za. Meer oor die kursus: https://kaapkerk.co.za/wp-content/uploads/2025/06/Geroep-om-te-floreer-.pdf
Ep. 28 - Twee eerstejaar teologiestudente vertel oor roepings en drome 09.02.2026 20:24
09 Februarie was die opening van die Teologie Fakulteit in Stellenbosch. DJ Muller het met twee eerstejaar studente gesels oor hul pad tot hier en hul uitkyk op die pad vorentoe. Marnus Havenga deel ook later in die gesprek oor sy waarnemings oor roeping en teologiese opleiding in die breë.
Ep. 27 – Digitale higiëne: Tyd vir briek aandraai? 10.09.2025 47:45
Het jy al gewonder hoekom dit so moeilik is om jou foon neer te sit – al weet jy jy spandeer te veel tyd daarop? Of hoekom jou kind se bui en selfbeeld so direk beïnvloed word deur wat op Instagram of TikTok gebeur? Ons gesels met dr. Yolinda Steyn, ’n ervare traumakundige en navorser wat al baie jare werk met kinders, jongmense en volwassenes. Haar navorsing en praktyk fokus onder andere op die i...
Ep. 26 - Pyle van die bose en die engel in Oekraïne 06.09.2025 46:05
Tydens ’n onlangse besoek aan die oorloggeteisterde Oekraïne het ’n paar Suid-Afrikaners 'n groep vroue gaan ondersteun, veral rondom die sekondêre trauma wat hulle beleef. In hierdie episode vertel Dolf Du Plooy en Bernard Joubert hoe dit tans in Oekraïne lyk en hoe hulle sin maak van hul belewenisse. ’n Sleutelfiguur staan uit en help veral vir Dolf om anders na die oorlog te kyk - tot so ’n mat...
Ep. 25 - Cohen-konferensie: Alles het ’n kraak en die lig skyn daardeur 20.08.2025 14:02
As jy die naam Leonard Cohen hoor, is daar waarskynlik twee moontlikhede. Óf jy ken hom as die growwe stem wat soos Bybelverse oor jou spoel. Óf jy onthou hom in Shrek, waar die treffende lied “Hallelujah” die wêreld se kinders (en grootmense) aangegryp het. Sy musiek is ryk aan kontraste: donker én lig, liefde én eensaamheid, lewe én dood. In hierdie spesiale episode neem Wilmi Wheeler jou terug...
Ep. 24 - Nasionale Dialoog: Passie, aggressie en energie 18.08.2025 15:58
Ons gesels met Braam Hanekom oor sy bywoning van die eerste sitting van die Nasionale Dialoog. Hy het namens die Hoop en Versoening Trust daar gaan luister, deelneem en sy eie indrukke gevorm van wat besig is om in hierdie proses te gebeur. Die dialoog het duidelik ’n mengsel van hoop, pyn, woede en verwagting na vore gebring – en Braam se waarnemings help ons om beter te verstaan wat op die spel...
Ep. 23 - Deidre Jaftha: "'n Meisie soos ek, uit 'n area soos daai" 30.07.2025 16:10
Deidre Jaftha is ’n 24-jarige aspirant radio-omroeper en mentor by die Echo-huis in die Paarl. Sy het haar ma op tienjarige ouderdom verloor, maar danksy inspirerende vroue wat as rolmodelle opgetree het, is sy vandag self ’n bron van inspirasie en bemagtiging vir ander jong vroue. Een van die maniere waarop sy dit doen, is agter die mikrofoon by Radio KC. DJ Muller het met haar gesels oor die imp...
Ep. 22 - Karel Verhoef vertel oor opwindende dinge by Radiokansel 14.05.2025 17:20
Dit is altyd lekker wanneer mense by ons kom kuier by die Sinodale kantoor in Bellville. Vandag het ds. Karel Verhoef, die Hoof Uitvoerende Beampte van Radio Kansel, by ons kom koffie drink. Hierdie tipe kuiers loop gereeld uit op ’n opname in ons ateljee – sodat ons ook iets van die kuier met jou kan deel. In hierdie episode gesels ons met Karel oor die opwindende dinge wat by Radio Kansel aan di...
Ep. 21 - Om gemeente te wees: Francois en Enel Lambrechts van Knysna Kerk 26.02.2025 22:40
Op ons storietoer deur die Suid-Kaap het ons in Knysna gaan kuier by Francois en Enel Lambrechts, ‘n leraarspaar wat passievol betrokke is by hul gemeente en gemeenskap. Wat aanvanklik net ‘n video oor hul kankerbediening sou wees, het vinnig uitgebrei na nog iets - ‘n eerlike refleksie oor diversiteit, gemeenskapsontwikkeling en die uitdagings én voorregte van dominee-wees. Kyk die video oor hul...
Ep. 20 - Kerkbode Kollig word een jaar oud 19.02.2025 40:26
Kerkbode se podcast, Kollig, word op 19 Februarie ’n jaar oud. ’n Jaar gelede het die Kaapkerk-span saam met Kerkbode begin om ons kommunikasie-mediums uit te brei met ’n podcast. Dit was ’n jaar waarin baie lesse geleer is, ondervinding opgedoen is, en aangrypende stories gedeel is. Ek het met Heléne Meissenheimer en Le Roux Schoeman gesels oor die pad van die afgelope jaar. Heléne is ’n joernali...
Ep. 19 - Twee ma's help ander met geloofsgroei 13.01.2025 16:57
Corli en Mariëtte van MaWees kuier in die Kaapkerk-ateljee en deel inspirerende insigte oor hoe hulle ander ma’s ondersteun in hul geloofsreis. Hulle beskryf hulself nie as “professionele ma’s” nie, maar eerder as vroue wat elke dag saam met die Here stap, luister en leer om te word wie Hy hulle roep om te wees. Met nederigheid en oorgawe deel hulle hoe God se leiding hulle toerus om ander te bemo...
Ep. 18 - Msinga se stof bly op my skoene 17.09.2024 18:43
'n Groep predikante en leiers vanuit die Wes-Kaap het onlangs die Msinga-gebied in KwaZulu-Natal besoek en deelgeneem aan verskeie bedieningsaktiwiteite by gemeentes. Die groep bestaan uit DJ Muller en Daniel De Wet (beide van Kaapkerk), Nati Stander (George-Bergsig), Albert Myburgh en Mizelle Prinsloo (beide van Durbanville-Bergsig). In hierdie episode gesels DJ met hulle, maar ook van die geeste...
Ep. 17 - Klein, maar getrou: Die kerk in Japan 27.08.2024 16:41
In hierdie episode gesels ons oor die werk van Missie Japan, ’n vennootskap tussen die NG Kerk in Suid-Afrika en die Gereformeerde Kerk in Japan. Ons gesels met Stéphan van der Watt, ’n sendeling wat al meer as 15 jaar in Japan werk, en Yoshitsugu Ohnishi, ’n Japannese pastoor en dosent in Ou Testament studies. Hulle deel hul ervarings van die verspreiding van die Evangelie in ’n land waar minder...
Ep. 16 - Ondersteunende Leierskap: Ryno Els oor jongmense en geloof 21.08.2024 16:15
In hierdie episode gesels ons met Ryno Els, van Toringkerk. Hy is ’n predikant met ’n vars perspektief op hoe ons die volgende generasie kan ondersteun in hul geestelike reis. Ryno deel sy insigte oor ’n reeks gesprekke wat hy onlangs met jongmense gehad het, waar die idee van ’n “bottom-up approach” na vore gekom het. Hy beskryf hoe hierdie jongmense pleit vir meer geloof as ’n bron van betekenis...
Ep. 15 - U2 Konferensie: "Gewyde seer..." (Deel 2/2) 07.08.2024 18:09
Op dag twee van die U2 konferensie, reflekteer ons oor 'n aangrypende aanbieding van die vorige aand. Dit gaan oor seerkry, brutale eerlikheid en die bediening. Ons hoor ook van die rol wat U2 in twee broers se lewens gespeel het, voor én na die een se dood.
Ep. 14 - U2 Konferensie: "Rou, eerlike geloof..." (Deel 1/2) 06.08.2024 20:17
Op 6 -7 Augustus het 'n konferensie oor U2 se musiek en die teologiese invloed daarvan, by die Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit in Wellington plaasgevind. Dit was 'n baie verrykende ervaring. DJ Muller het op dag een van dié konferensie met die organiseerders en 'n paar deelnemers gesels oor hul ervarings. Musiek in hierdie podcast: Verskeie snitte deur U2. Beskikbaar op YouTube: https://w...
Ep. 13 - Diaconia hou geleenthede om te deel oor barmhartigheid 01.08.2024 9:42
Diaconia is ’n eenheidsbediening van die NG en VG Kerke. Hulle is tans besig met ’n reeks streeksbesoeke by gemeentes en ringe. By hierdie tipe geleenthede word daar stories gedeel oor hoe gemeentes, organisasies en ringe betrokke is by barmhartigheidswerk, en daar word ook gekyk na maniere hoe daar hande gevat kan word. Ons het in Worcester by hulle aangesluit op die 1ste Augustus en met ’n paar...
Ep. 12 - Laaiplek: "Covid het ons goed gedoen" 31.07.2024 13:42
Die kommunikasiespan van Kaapkerk het die week die Kaap bietjie agter gelaat en die pad gevat langs die Weskus op, tot by Velddrif en Laaiplek. Na ‘n heerlike ontbyt jaffel by die hawe, het ons by die NG Kerk op Laaiplek gestop en die gemeente se dominee, Charl van Rensburg, ontmoet. Dit was bitter koud, so ons het in die kerkgebou in die son wat by die venster inskyn gaan sit en gesels. ’n Paar d...
Ep. 11 - "Ignite the Flame" - Evangelisasie Konferensie 24.07.2024 18:18
Ons gesels met Braam Hanekom oor evangelisasie. Is ons nog genoeg besig hiermee? Hoe lyk evangelisasie in 2024? Indien jy of jou gemeente hulp nodig het met jul werk "na buite", reik gerus uit na Getuienis Aksie: https://getuienis.christians.co.za/
Ep. 10 - Noah's Ark in Uganda: 'n Tuiste vir honderde kinders 13.05.2024 24:23
In die middel 90's word 'n klein kindjie in Uganda in 'n swartsak langs die pad opgetel deur Peter en sy vrou, Pita van Nederland. Die kindjie word toe groot in hul woonstel in Kampala. In 1999 stig hulle 'n organisasie, Noah's Ark, wat na sulke kinders omsien. John en Magda Frylinck is afgetrede besigheidsmense, wat deesdae hul roeping by Noah's Ark uitleef. Hulle vertel meer hiervan! Noah's Ark:...
Ep. 9 - Is bloed dikker as water? 12.05.2024 22:11
Ons vier Sondag, 12 Mei 2024, Moedersdag. Vir baie vroue is dit ’n dag van viering, maar vir talle hou dit groot pyn en selfs rou in. Die Taakspan Gendergeregtigheid kyk in hierdie episode na kwessies wat hiermee verband hou. Ons gesels met Sarize Retief, gemeentepredikant in Aggeneys, oor haar persoonlike reis met infertiliteit. Professor Igno Siebert, ’n fertiliteitspesialis bied ’n mediese pers...
Ep. 8 - Dawie Roodt: "Die kerk moet politici moreel op die regte pad hou" 07.05.2024 21:25
Die vorige keer toe die kerk werklik by politiek betrokke was, het dit nie goed geëindig nie. Nóú, glo sommiges, het die kerk se profetiese stem stil geword en gee die kerk op 'n afstand vir die wêreld om. Is die kerk bang, skaam of net té versigtig? Hoe lyk die rol van die kerk in Suid-Afrika vandag? Om hiermee te help, gesels ons met ekonoom Dawie Roodt, en Braam Hanekom, van die Sentrum vir Pub...
Ep. 7 - Dinge van die lug: reënboë en beloftes 28.04.2024 18:40
Rudolph, Jean-Mari en hul dogtertjie Talitha woon in Rawsonville. Hy is ’n dominee, en Jean-Mari hou skool. Ons kuier saam met hulle op Worcester se vliegveld terwyl daar af en toe ‘n vliegtuig opstyg en daar gekommunikeer word op 124.8 MHz tussen mense in vliegtuie en mense op die grond. Dit is gepas, want ons praat oor ‘dinge van die lug’ – “thermals” en reënboë. Hulle deel oor die merkwaardige...
Ep. 6 - Aletia Grundling: 'n Boeremeisie met 'n missie 22.04.2024 23:45
Aletia Grundling is bewys daarvan dat dinamiet in klein pakkies kom. Hierdie boervrou van Simondium jaag sommer met haar motor tussen toeskouers in wat sit en toekyk hoe bendelede mekaar doodmaak. “Hier gaan geen ouer meer toekyk hoe haar kind in ‘n silwer sak weggedra word nie!” Hierdie passie vir haar medemens en die hestel van gesinne in die Drakenstein area is die dryf wat MCM (Monte Christo M...
Ähnliche Podcasts
Replaio ist kein Herausgeber von Podcasts; die Namen der Sendungen, Cover und Audioinhalte gehören ihren Autoren und werden über öffentliche RSS-Feeds verbreitet