RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
No dejes de visitar la web del podcast y apoyar a su creador: www.rsg.co.za
¿Dónde escuchar?
Podcasts en la app Replaio Radio Muy prontoLos podcasts llegarán muy pronto a la app. Instálala ahora y sé el primero en descubrir una forma totalmente nueva de vivir los podcasts
Episodios
Positief ná kanker 04.02.2025 9:45
Ronellé Foster gesels met Martelize Brink oor ‘n positiewe lewe nadat sy AML-leukemie oorleef het, en in remissie is. Sy het ‘n B+ (Be positive) projek en is die skrywer van KANKER HET MY LEWE GERED... VAN 'N DOODSBESTAAN.
Salm vir die voedselbank 04.02.2025 0:59
’n Voedselbank in New York het ‘n skenking van 13 000 lewende visse by ‘n salmplaas gekry, wat hulle bedrywighede beeïndig het.
Garnale (Shrimps en prawns) 03.02.2025 14:07
Marinekenner Maryke Musson vertel vir Martelize Brink van garnale. In Afrikaans is almal garnale, maar in Engels is die grootes “prawns” en die kleintjies “shrimp”.
Hierdie wesp is vlieg se moses 03.02.2025 7:48
Die vlieëplak en spuitgif is van die maniere om van lastige vlieë ontslae te raak, maar hoeveel mense is bewus van ’n klein swart wesp wat ’n vlieg se moses kan wees? Nagenoeg 20 jaar lank word dié wesp naby die Gamtoosriviermond in die Oos-Kaap geteel. Mariska Spoormaker het soontoe gery om meer te gaan uitvind by dr. Arno Moore van Bio-Insectaries South Africa.
Elke sent tel - Deel 2 03.02.2025 3:42
Elke Brink van PSG Wealth R21 op Stellenbosch praat oor die belastingvoordele van Artikel 10C.
Winskoop-Van Gogh 03.02.2025 1:21
‘n Skildery wat tydens ‘n huisskoonmaak in Minnesota vir $50 verkoop is, is volgens kenners ‘n ware Van Gogh.
Haidee pluk druiwe 31.01.2025 10:17
Haidee Muller-Isaacs en haar gesin het gaan druiwe pluk op die Klipheuwelplaas in die Hexriviervallei. Mara Le Roux het haar meer vertel oor hoe wit werk. Sy vind oor meer uit van die druiwekuur.
360 Speseryroete - Deel 69 31.01.2025 4:15
Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche vertel van ají amarillo, ‘n rissie uit Suid-Amerika, wat aangewys is as die smaak wat jy in 2025 moet raak proe.
'n Berg is 'n persoon 31.01.2025 1:24
In Nieu Seeland is ‘n wet deurgevoer wat ‘n berg die regte van ‘n persoon gee. Dit is gedoen in erkenning van die land se eerste inwoners se beskouing dat die berg lewe, en ‘n voorsaat van hulle nasie is. In 2014 het ‘n woud dieselfde status gekry, en toe ‘n rivier in 2017.
Graaff-Reinet se Drostdy Hotel 30.01.2025 5:55
Luzaan Preston vertel vir Martelize Brink van die Drostdy Hotel op Graaff-Reinet, en die uitdagings om ‘n onderneming te bedryf in ‘n nasionale monument.
Vrystaatse Marcussen-orrel herstel 30.01.2025 8:40
Marius Coetzee vertel vir Martelize Brink van die Vyfde Liesbeth Schlumberger Orrelstoel, die Marcussen-orrel by die Universiteit Vrystaat wat herstel, is en die internasionale orreliste wat daar te hoor is.
Jonk 30 Januarie 2025 30.01.2025 4:47
Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor aanvullings wat help met slaap, en die risiko’s verbonde aan die gebruik daarvan.
Wallis se onvanpaste noodoproepe 30.01.2025 1:33
Wallis se ambulansdiens het ‘n lys bekend gemaak van vreemde oproepe wat hulle in 2024 ontvang het. Dit sluit in van ‘n vinger wat vassit in ’n bierbottel, tot ‘n troetel alligator wat ontsnap het.
Marianne Thamm - joernalis en komediant 29.01.2025 11:29
Marianne Thamm gesels oor haar ervaring van die wêreld as ondersoekende joernalis, en hoe sy dít wat vir haar snaaks aan die wêreld is, verhoog toe neem as satiriese komediant.
SA se vierde beste skool is op die Kaapse Vlakte 29.01.2025 9:36
Edrees Alexander vertel vir Martelize Brink van Star College Bridgetown op die Kaapse Vlakte. Die skool het afgelope 25 jaar 100 % matriekslaagsyfer. Tans is die skool nommer 4 in die land, met 3,375 onderskeidings per matriekleerder.
"Skurk" te huur 29.01.2025 1:45
‘n Man in Maleisïe bied sy dienste aan om jou soos ‘n held te laat lyk. Hy sal jou metgesel teister, en dan kom jy tot die redding en verwilder hom vol brawade.
Êrens oorsee 28 Januarie 2025 28.01.2025 11:21
Jannie Fourie vertel vir Martelize Brink van die lewe in Suid-Soedan, waar hy die parkbestuurder is by die Boma Nasionale Park.
Aunty Care, want haar hart is so groot 28.01.2025 6:21
Tot haar aftrede het Carol Jantjies onder meer in die spysenieringsbedryf gewerk, maar stilsit in die pensioenjare was nie vir haar nie. Sy maak toe ‘n koskafee op Thornhill oop. Dít het haar oë oopgemaak vir die groot aantal kinders wat nie skool toe gaan nie, en boonop honger is. Soveel só dat sy bekend geword het as Aunty Care. Mariska Spoormaker het by haar gaan kuier.
Betaalde siekteverlof vir jou troeteldiere 28.01.2025 1:23
New York-stad oorweeg tans wetgewing, wat mense sal toelaat om betaalde siekteverlof te neem om na hulle troeteldiere om te sien.
Vra die veearts 27 Januarie 2025 27.01.2025 15:04
Veearts dr. Ingrid de Wet beantwoord luisteraars se vrae oor hulle troeteldiere.
Duin in die weg berei leerders voor vir universiteit 27.01.2025 6:52
Duin in die weg, 70 km stroomop van Upington, het ‘n wonderlike suksesverhaal. Advokaat Fef le Roux vertel van hierdie universiteit-voorbereidingsprogram vir leerders in die Noord-Kaap.
Elke sent tel - Deel 1 27.01.2025 2:53
Elke Brink van PSG Wealth R21 op Stellenbosch praat oor die belastingjaareinde en die belastingimplikasies wat dit vir individue inhou.
Erfenisgebiede op die maan 27.01.2025 1:06
Die Wêreld Monumentefonds het vir die eerste keer gewaarsku teen skade aan erfenisgebiede wat nie op die aarde is nie. Die maan het meer as 90 historiese gebiede, wat gekoppel word aan menslike aktiwiteite daar.
Andries van Pretoria 24.01.2025 8:52
Andries de Beer se eerste gedig oor sy ma verskyn in 1993 in sy laerskoolkoerant. In 2010 staan hy die eerste keer voor ’n mikrofoon, en begin om interkulturele musiek-en-poësie-aande reël. Johan Rademan het met Andries, ook bekend as Andries van Pretoria, gesels.
360 Speseryroete - Deel 68 24.01.2025 10:03
Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche vertel van garnaalpasta, ’n gewilde gefermenteerde pasta of sous, uit Suidoos-Asië.
Podcasts similares
Replaio no es editor de podcasts; los nombres de los programas, las portadas y el audio pertenecen a sus autores y se distribuyen a través de canales RSS públicos