RSG

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

No dejes de visitar la web del podcast y apoyar a su creador: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categoría

Society

Web del podcast

www.rsg.co.za

Último episodio

19 de oct. de 2026

¿Dónde escuchar?

Podcasts en la app Replaio Radio Muy pronto

Los podcasts llegarán muy pronto a la app. Instálala ahora y sé el primero en descubrir una forma totalmente nueva de vivir los podcasts

Descárgala en Google Play Instálala gratis Android casi 10 M de descargas · valoración de 4,8 iOS muy pronto

Episodios

Witblitsstook op Soetmelksvlei 09.09.2026

Die ou mense het dikwels wyn en vrugte gestook, en die alkohol is vir medikasie en plesier gebruik. Dié tradisie word nog op Soetmelksvlei gedemonstreer. Johan Rademan het vir Curtley Hofman gevra oor dié wonderkuur wat op ‘n 1897-vertoonplaas gebruik kan word.

Hoëspoed sportbra’s 09.09.2026

Vrouefietsry het vanjaar ‘n vars skandaal. Daar is ‘n opstop-praktyk bekend as borsstroombelyning. As die dames se borsarea vergroot word, kan daar 'n vermindering van tot 3,6% in lugweerstand wees.

Êrens oorsee: Lapland, Finland 08.09.2026

Coenraad Spaumer gesels met Martelize Brink op die eerste dag van sy restaurant, Petronella, se nuwe seisoen in Saariselkä, Finland.

Fotografie-uitstalling op Seepunt se Promenade 08.09.2026

Sancia Cilliers vertel vir Martelize Brink van ‘n fotografiekompetisie waar die uitstaande foto’s op Seepunt se Promenade uitgestal word.

Krap is goeie besigheid 08.09.2026

In China is daar nou ‘n diens waar jy sagkens gekrap word met spesiaal ontwerpte naels. Die doel is om te ontspan, spanning te verlig en slaap te verbeter.

Perde by Nampo Kaap 07.09.2026

Rudi Riek vertel vir Martelize Brink van die verskillende perderasse wat vanjaar te sien is by Nampo Kaap op Bredasdorp.

In die wêreld van landbou 7 September 2026 07.09.2026

In die landbounuus: Graan SA is bekommerd oor reëntekorte in die Swartland; Agbiz sê stygende internasionale koringpryse is te laat vir verdere plaaslike aanplantings; SA Canegrowers verwelkom die regering se verhoging van die dollargebaseerde verwysingsprys vir suikerinvoere; en China is nou die wêreld se grootste produsent van makadamias.

Gesondheidsaansprake by vleis 07.09.2026

Prof. Phillip Strydom praat oor die gesondheidsaansprake en persepsies van veiligheid by vleis.

Mededingende grafgrawe 07.09.2026

Daar is onlangs ’n grafgrawe-kompetisie in Hongarye gehou. Spanne van twee het met pik en graaf deelgeneem. Die wenspan het ‘n uur en 21 minute nodig gehad.

Alma van die Karoo 04.09.2026

Die borrelende Alma Janse Van Rensburg woon deesdae in Welgelegen in Kaapstad se noordelike voorstede, maar sy onthou steeds haar wonderskone kinderdae op Sutherland in die Karoo. Sy vertel vir Haidee Muller-Isaacs jy moet blom waar jy ook al geplant word.

360 Speseryroete: Kook met koperpotte 04.09.2026
Jacques Erasmus, die koning van konfyt 04.09.2026

Jacques Erasmus vertel van die SA Inlê-kampioenskap waar Hemelhuijs se Hedgerow-bessiekonfyt aangewys is as produk van die jaar. Dit het die konfytkategorie gewen. In die marmalade-afdeling het Hemelhuijs se Kumquat Conserve gewen.

Vreemde navorsing 04.09.2026

Vanjaar se Ig Nobel-toekennings het weer vreemde navorsing vereer. Onder die wenners is daar die ontdekking dat kakkerlakmelk drie keer soveel energie as koeimelk bevat. Dit het die prys vir chemie huis toe geneem.

Rene Kriel se kankerpad 03.09.2026

Rene Kriel van Bellville is einde verlede jaar vir die tweede keer met kanker gediagnoseer. Sy is tans in remissie, en nou wil sy ander mense bystaan tydens hulle kankerreise. Haidee Muller-Isaacs het by haar gaan koffie drink.

Jonk: Sit kos gesonder voor 03.09.2026

Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor wat jy kan doen om sekere kossoorte gesonder voor te sit.

Telefoonhokkie-redder 03.09.2026

William Arnold van Brittanje doen soveel hy kan om die land se laaste ikoniese rooi telefoonhokkies te red. Die hokkies mag bly as daar minstens 52 oproepe die afgelope jaar daaruit gemaak is. William gaan op toer en maak 52 oproepe op ‘n slag uit elke hokkie.

Hennie Meyer in China 02.09.2026

Die bekroonde klei- en keramiekkunstenaar, Hennie Meyer, is pas terug uit China waar hy as 'n residensie-kunstenaar met Chinese klei gewerk het. Klei-brei in China is sover verwyder soos die weste van die ooste. Johan Rademan het hom met die driesestig-mikrofoon besoek.

Dorpsgeheime: Ladismith se Hagar-kerk 02.09.2026

André van der Vyver vertel vir Martelize Brink van Ladismith in die Wes-Kaap se Otto Hager Kerk, wat in ‘n stadium as ‘n meule en later lusernstoor gebruik is.

Toe verdwyn 'n eiland! 02.09.2026

‘n Eiland in ‘n Kanadese meer het sy verskyning gemaak, toe verdwyn, maar is weer gekry. Die 9 800 vierkante meter eiland het waarskynlik oor baie jare gevorm uit opgehoopte dryfhout, wat as 'n basis gedien het vir plante en bome om wortel te skiet.

Êrens oorsee: Falkland-eilande 01.09.2026

Jani Swart-van Biljon vertel vir Martelize Brink van die lewe in die Falkland-eilande, die wind en die pikkewyne.

Cap Classique-dag 01.09.2026

Danna de Jongh en Lize-Marie Trichard vertel op Cap Classique-dag die storie van die eerste Kaapse vonkelwyn wat 55 jaar gelede op Simonsig gemaak is. Daar is vandagv meer as 200 Cap Classique-produsente in Suid-Afrika.

Koning Harald V van Noorweë 01.09.2026

Marius Coetzee vertel van Koning Harald V van Noorweë en die koninklike familie. Koning Harald is Vrydag oorlede.

Hollywoodstyl-hoenderroof 01.09.2026

Buite Kaïro het ‘n hoenderroof in beweging plaasgevind sonder dat die bestuurder van die vragmotor eens daarvan bewus was. ‘n Video van die voorval is blitsig aanlyn versprei, en die polisie en vervoermaatskappy was al daarvan bewus nog voor die saak by die polisie aangemeld is.

Sardyntjies en sardynherpes 31.08.2026

Marinebioloog Maryke Musson praat oor sardyntjies en sardynherpes nadat daar ook in Gqeberha sardyntjies uitgespoel het.

In die wêreld van landbou 31 Augustus 2026 31.08.2026

In vandeesweek se landbounuus: Nóg ‘n terugslag vir die plaaslike suikerbedryf; die regering kondig ‘n 20%-invoertarief op grondboontjiebotter aan; Vrystaat Landbou is bekommerd oor ’n toename in landelike misdaadvoorvalle; en ons hoor hoe sommige provinsies met bek-en-klouseer-inentings vorder.

Escucha el podcast Driesestig en Replaio

Radio y podcasts en una sola app - gratis y sin registro. Instálala hoy y no te pierdas el estreno

Descárgala en Google Play

Replaio no es editor de podcasts; los nombres de los programas, las portadas y el audio pertenecen a sus autores y se distribuyen a través de canales RSS públicos