RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
No dejes de visitar la web del podcast y apoyar a su creador: www.rsg.co.za
¿Dónde escuchar?
Podcasts en la app Replaio Radio Muy prontoLos podcasts llegarán muy pronto a la app. Instálala ahora y sé el primero en descubrir una forma totalmente nueva de vivir los podcasts
Episodios
Tertius Louw se Nederlandse besoek 26.11.2025 9:16
Haidee Muller-Isaacs trek musieknavorser Tertius Louw nader om te gesels oor sy onlangse besoek aan Nederland. Dit was nie net musiek nie. Daar was ook ‘n pinball- en blêrkas-museum.
Plaaslike swemmers maak geskiedenis met Triple Crown-prestasie 26.11.2025 15:12
Tracey Steyn vertel vir Martelize Brink van haar ervaring met die swem van die Cape Triple Crown. Sy is die eerste vrou om die drie swemme te voltooi, en dit in ‘n swembroek en nie ‘n swempak nie. Renee Leeuwner vertel wat die Cape Triple Crown behels.
Sy ma is ’n mummie, en hy eis pensioen! 26.11.2025 1:02
‘n Man in Italië is uitgevang dat hy sy oorlede ma se pensioen eis. Om haar ID te hernu, het hy hom as sy ma vermom, maar met die uitvangslag is sy ma se gemummifiseerde liggaam by haar huis ontdek.
Êrens oorsee 25 November 2025 25.11.2025 11:10
Jonathan Genis vertel vir Martelize Brink van sy avontuur in Doha, Katar. Dis warm en bedompig daar, maar die infrastruktuur is gebou daarvoor.
Stokperdjie rys tot volskaalse bedryf 25.11.2025 7:41
‘n Bietjie meer as n jaar gelede het Irene Bezuidenhoudt ‘n gewone huis met die gebruiklike sit-, eetkamer en kombuis gehad. As jy deesdae deur die voordeur loop, loop jy jouself vas in industriële bakoonde, mengers en ’n droogoond, omdat dat Irene se aanvanklike stokperdjie om suurdeegbrood te bak, na 'n volskaalse bedryf gegroei het. Mariska Spoormaker het gaan kuier.
Klop-klop... Ek leef nog! 25.11.2025 0:52
‘n Vrou in Thailand kon aan haar doodskis klop om gered te word. Haar broer het haar gevat om veras te word by ‘n tempel, maar siende dat hy nie ‘n doodsertifikaat gehad het nie wou die tempel dit nie doen nie. Tydens die gesprekke hoor hulle toe die klop...
Toeriste en wilde diere 24.11.2025 11:51
Wilfred Chivell praat oor die interaksie tussen toeriste en wilde diere. Daar is grense wat nie oorskrei moet word nie.
Op eie stroom in die Baviaanskloof 24.11.2025 7:28
Vyftien jaar gelede het Melloson Allen uit die Baai na ‘n gemeenskapsplaas in die Baviaanskloof getrek, om daar saam met haar man Donald onafhanklik van krag- en watervoorsieningsnetwerke te woon. Intussen is twee kinders gebore, Donald se leerprodukte het gesogte artikels geword, en Melloson het betrokke geraak by die Baviaanskloof Growth Initiative. Mariska Spoormaker het met haar gesels.
Hoe het julle ontmoet? 24 November 2025 24.11.2025 6:45
Adelé Joubert vertel vir Martelize Brink dat Werner met die deur in die huis geval het en haar sommer ‘n klapsoen op die koop toe gegee het.
Elvis in die hof 24.11.2025 1:05
‘n Regter in die VSA is vir ses maande geskors nadat sy Elvis Presley-kapperjolle aan die lig gekom het. Soms is hy werk toe met sy Elvis-pruik en sonbril. Hy het ook Elvis se musiek in die hof gespeel.
Nuwe middagvervolgverhaal op RSG 21.11.2025 6:35
Lelia Etsebeth vertel vir Martelize Brink van KERSVERSIERINGS VAN HOOP, RSG se nuwe middagvervolgverhaal wat op Maandag 24 November begin.
360 Speseryroete - Deel 107 21.11.2025 5:48
Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat verder oor kos-pasmaats.
Rugbyjoernalis mik pale toe 21.11.2025 7:36
Kom dit by rugby, is daar baie kenners - die afrigters, die ontleders en sommige Jan Publieke wat meer weet as die skeidsregter. Maar 'n belangrike, en 'n half onsigbare deel van die groter rugbygeheel, is die sportjoernaliste, spesifiek die rugbyskrywers. Michael Green is een van hulle - al oor die dertig jaar lank. Mariska Spoormaker het met hom gepraat.
Kla persoonlik 21.11.2025 0:52
‘n Munisipaliteit in Long Island, New York, aanvaar nou slegs klagtes in persoon of per geregistreerde pos. Geen meer klagtes via digitale roetes nie.
Tannie Anne se poppies 20.11.2025 6:30
Tannie Anne Kruger brei die oulikse diertjie-poppies, spesiaal vir getraumatiseerde kinders. Op 87 bring dit vir haar hope plesier. Haidee Muller-Isaacs het by haar in Somerset-Wes gaan kuier, en alte lekker pop gespeel. Tannie Anne vertel van haar komvandaan, Touwsrivier, en hoe haar ma haar destyds geleer brei het.
Jonk 20 November 2025 20.11.2025 12:33
Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor beenboeljon, hoe dit verskil van aftreksel, en of die gesondheidsvoordele waarop geroem word, die ure se kook werd is.
Frankryk hou hulle optelmasjien 20.11.2025 1:14
’n Hof in Frankryk het vir eers ‘n stokkie gesteek voor die verkoop van die eerste optelmasjien. La Pascaline is deur die Franse wiskundige, Blaise Pascal, in 1642 ontwerp. Dié nasionale skat mag nie Frankryk verlaat nie, en is van ‘n veiling onttrek.
Madam Zingara in Kaapstad 19.11.2025 8:12
Ons eie klein Moulin Rouge-ervaring. Dít is hoe Johan Rademan die nuwe Madam Zingara: La Dolce Royal-vertoning beskryf. Dit is in die boheemse ingevoerde Sigeunertent, waar die gees van Madame Zingara, die eksotiese en misterieuese sigeunervrou, se gees nie eers deur ‘n brand vernietig kon word nie. Kry jou kostuum reg om die ervaring van 'n leeftyd by te woon.
Katskool toe vir CATS 19.11.2025 6:16
Jackie Lulu gesels met Martelize Brink van CATS en die verskeie rolle in die musiekblyspel waarvoor sy voorberei.
Die geskiedenis van naelsorg en naelkuns 19.11.2025 9:49
Dr. Mandie Uys vertel vir Martelize Brink van die geskiedenis van naelsorg en naelkuns. Ons hoor van mans wat dit geverf het vir die slagveld.
Hof toe oor Vegemite 19.11.2025 1:50
‘n Australiese gevangene neem die gevangenisowerhede hof toe oor Vegemite. Dis hul plaaslike alternatief vir Marmite. In die staat Victoria word dit in die gevangenis verbied omdat dit gebruik word om goed mee te smokkel en alkohol te brou.
Êrens oorsee 18 November 2025 18.11.2025 13:20
Michelle Bester vertel vir Martelize Brink van die lewe in Buckie in Skotland. Baie van die bekendste whisky word in hulle omgewing gedistilleer.
Heinrich Malgas se 21 jaar in die lug 18.11.2025 8:26
Heinrich Malgas gesels met Haidee Muller-Isaacs oor sy 21 jaar ervaring as ’n vlugkelner. Hy vertel van die soet en die suur, en die bekendes wat hy aan boord gehad het.
'n KI-huwelik 18.11.2025 1:40
‘n Vrou in Japan het getrou met ’n KI-persoonlikheid wat sy op ChatGPT geskep het. Die troureëlings is getref deur ‘n onderneming wat spesialiseer in huwelike tussen mense en virtuele of fiktiewe karakters.
Troetelpraatjies 17 November 2025 17.11.2025 11:57
Veearts dr. Ingrid de Wet beantwoord luisteraarsvrae oor katte.
Podcasts similares
Replaio no es editor de podcasts; los nombres de los programas, las portadas y el audio pertenecen a sus autores y se distribuyen a través de canales RSS públicos