RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
No dejes de visitar la web del podcast y apoyar a su creador: www.rsg.co.za
¿Dónde escuchar?
Podcasts en la app Replaio Radio Muy prontoLos podcasts llegarán muy pronto a la app. Instálala ahora y sé el primero en descubrir una forma totalmente nueva de vivir los podcasts
Episodios
Speserye in die Nederlandse kookkuns 13.10.2021 13:05
Hetta van Deventer-Terreblance vertel hoe speserye hulle weg in Nederlandse kookkuns gevind het.
Hollandse Bakkery 13.10.2021 11:45
Karike Norval vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die Hollandse Bakkery wat van 1970 af Nederlandse gebak vir Suid-Afrikaners voorsit.
Danie Gerber is steeds die Doring van Despatch 13.10.2021 9:51
Covid-19 het Huis Najaar op Despatch vroeër vanjaar amper platgeslaan toe 18 van die bejaarde inwoners binne enkele dae daaraan gesterf het. Omdat geen nuwe inwoners ingeneem mag word nie, het dit geldelik bars gegaan, tot die beroemde voormalige Springbok, Danie Gerber, ook bekend as die Doring van Despatch, tot hulle redding gekom het. Mariska Spoormaker het Danie by Huis Najaar ontmoet, maar ee...
Hoe word voertuie se brandstofverbruik bepaal? 13.10.2021 12:00
Marnus Hatting vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe die brandstofverbruik van voertuie deur voertuigvervaardigers bepaal word, en waarom dit so verskil van die werklike verbruik.
Riebeekvallei se ystersmid 12.10.2021 6:37
Abi Bruwer het in sy loopbaan met sagteware gewerk, maar sy liefde vir hardeware het ná sy aftrede sterk geloop. Johan Rademan het tydens ‘n besoek aan die Riebeekvallei op dié juweeltjie afgekom.
Kindervoeding 12.10.2021 9:21
Dieetkundige Irene Labuschagne praat oor Voedingsweek en vanjaar se fokus op kindervoeding.
Diere-biosekuriteit 12.10.2021 12:30
Dewald Olivier gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor diere-biosekuriteit in Suid-Afrika.
Ontmoet Karooseun Reagen, jong kaptein van ‘n mynskip 11.10.2021 11:31
Reagen Lemmetuis van Oudtshoorn is op 38 een van die jongste kapteine aan die stuur van 'n mynskip van een van die wêreldse grootste diamantmaatskappye. Hierdie Karooseun wys sy staal op 'n skip in die Atlantiese Oseaan, en sê hy kon vinnig aanpas in die maritieme wêreld vanweë 'n streng opbrengs in 'n militêre huis'. En, dis een van sy grootste drome wat toe uiteindelik waar geword het.
Young Hearts Africa 11.10.2021 9:48
Dr. Wilhelm Lichtenberg vertel vir Martelize Brink van die Young Hearts Africa-inisiatief om hartoperasies op kinders te befonds. Queen-legende Brian May, Broadway-superster Kerry Ellis en die Soweto Gospel Choir doen ook hulle deel vir die inisiatief met ‘n heropname van die Queen treffer, Who wants to live forever.
Strategiese korporatiewe kummunikasie 11.10.2021 10:30
Prof. Marlize Terblanche-Smit vertel vir Martelize Brink hoe strategiese korporatiewe kummunikasie ingespan word om skade aan ‘n onderneming se reputasie te beperk.
Emosionele welstand 11.10.2021 13:06
Sura Swart vertel vir Martelize Brink van ‘n emosionele welstand-bewusmakingveldtog in skole.
Modeltreine is sy lewe 08.10.2021 9:09
Dink net... jy het n stokperdjie só groot, dit neem reeds twee kamers in beslag, en ‘n derde word stadig maar seker ook omgeskakel. Mariska Spoormaker het by Baaienaar Amie van Rooyen gaan kuier en op ‘n wêreld van modeltreine afgekom.
Coen Basson 08.10.2021 11:34
Coen Basson gesels met Martelize Brink oor sy aanslag tot skryf.
Sheila, die kameelperd 08.10.2021 10:15
By 'n klein wildsplaas op die pad tussen Oudtshoorn en George, het Haidee Muller-Isaacs se paaie gekruis met dié van Marietjie Vermeulen. Sy het sommer ook meer uitgevind van Sheila die kameelperd, wat ook op die plaas woon.
Verseker jy jou tuin? 08.10.2021 10:24
Christelle Colman gesels met Martelize Brink oor trofeebome, supertuine en versekering daarvoor.
Armand Aucamp 07.10.2021 23:09
Akteur Armand Aucamp gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor sy ysters in die vuur.
Geldgids - Episode 14 07.10.2021 13:54
Daagliks hoor ons op sakenuusverslae en lees ons in sakeverslae woorde waarmee ons nie vertroud is nie of nie weet wat dit beteken nie. In GeldGids se nuwe reeks, GeldAlfabet, verduidelik ons paneel kundiges die algemeenste sakeverwante woorde, van A tot Z, en die betekenis daarvan. In ons A-aflewering bespreek Niek van den Berg, Riaan Lindeque en Eduan Basson van HGG Finansiële Groep se Welvaart...
Mensehandelhofsake 07.10.2021 18:12
Dr. Beatri Kruger praat oor mensehandel aan die hand van onlangse hofsake.
'n Pad met die Rooikruis Kinderhospitaal 06.10.2021 12:07
Kauthar Tofah vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die pad wat sy en haar seun, Aashiq, al vir 19 jaar stap met die Rooikruis Kinderhospitaal.
Pensioentrekker vee eerder strate 06.10.2021 8:56
Wanneer jy weer in die Baai is, gaan ry 'n bietjie rond in Forest Hill, want daar sal jy Garth de Reuck, ‘n pensioentrekker, sien strate vee en sypaadjies skoonhou. Aan die plaaslike koerantjie het hy gesê hy doen dit want hy wil nie heeldag sit en televisie kyk nie. Mariska Spoormaker het hom in Forest Hill gaan soek, en toe vertel Mercia Barnard, ‘n Forest Hiller, hierdie vir haar…
Sonstorms en tegnologie 06.10.2021 13:24
Dr. JJ van Zyl vertel wat die impak van sonstorms is op tegnologie soos GPS, die internet en ander kommunikasiestelsels.
Riaan van Zyl maak kuns van ou olie 06.10.2021 7:16
Hoewel Riaan van Zyl se kunswerke wêreldwyd in versamelings opgeneem is, is sy wortels sterk in Suid-Afrika. Hy woon tans in die Riebeekvallei, en werk met skroot en ou olie. Hy is versot op die beweging wat ou filmprojektors bied. Johan Rademan het in sy ateljee, 90 km buite Kaapstad, op Riebeek-Kasteel gaan inloer.
Rolstoelparkering 05.10.2021 8:45
Het jy geweet afgebakende areas in openbare parkeergebiede vir rolstoel gebruikers is uitsluitlik vir bestuurders wat ‘n rolstoel gebruik? Jy mag dus nie die parkeerplek gebruik as jy iemand in ‘n rolstoel vervoer nie. Jacqui January het gaan uitvind hoe dit werk by Erica du Toit van die Vereniging van en vir Persone met Gestremdhede.
Plantouers 05.10.2021 9:14
Rolanda Marais gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor die konsep van plantouers.
Uitdagings vir kliniese maatskaplike werkers 05.10.2021 6:59
Tamryn Angel vertel van Covid-19 en die kwessies waarmee kliniese maatskaplike werkers nou te doen het.
Podcasts similares
Replaio no es editor de podcasts; los nombres de los programas, las portadas y el audio pertenecen a sus autores y se distribuyen a través de canales RSS públicos