RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
No dejes de visitar la web del podcast y apoyar a su creador: www.rsg.co.za
¿Dónde escuchar?
Podcasts en la app Replaio Radio Muy prontoLos podcasts llegarán muy pronto a la app. Instálala ahora y sé el primero en descubrir una forma totalmente nueva de vivir los podcasts
Episodios
Fynboskorridors 03.01.2022 10:12
Deon Louw van Greenpop vertel van die fynboskorridors wat in samewerking met skole op die Kaapse Vlakte aangelê word.
Bennie Arends se skoolkoor 03.01.2022 14:58
Haidee Muller-Isaacs gesels oor die heel eerste, en ook die heel laaste, langspeelplaat van Oudtshoorn se Môrester Senior Sekondêre Skoolkoor, wat in 1973 gemaak is. Die koorleier destyds was Bennie Arends. Haidee het vir hom op haar tuisdorp gaan kuier.
Kaapstad se unieke Oujaarstradisies 31.12.2021 8:57
Suid-Afrika het unieke Oujaarstradisies. Tabied Dante, ‘n lid van die uitvoerende komitee van die Kaapse Maleierkoorraad, is al 22 jaar lank betrokke by die koor as afrigter, en ook by die Kaapse Klopse. Hy vertel van die Oujaarsaandlopies of staptogte en wat die verskil is tussen die Maleierkoor en die Kaapse Klopse.
Die onsterflike klanke van The Invaders 31.12.2021 15:06
The Invaders, ‘n popmusiekgroep wie se liedjies heelwat lewens bygekry het sedert hulle laaste album, THERE’S A LIGHT, THERE’S A WAY, 46 jaar gelede uitgereik is. Hulle musiek is steeds só gewild dat die DAK-netwerk ‘n standbeeld vir hulle op hulle tuisdorp, Kariega, wil oprig.
Die Baai se water kom van ver af 30.12.2021 10:24
En nou is ons weer terug by die Van Stadensrivier, waar die Baai se eerste opgaardam in 1885 opgerig is om toe al die droogtegeteisterde streek se dors te help les. Mariska Spoormaker praat verder met David Raymer, gewese munisipale wateringenieur, oor die tweede dam wat in die Van Stadensrivier gebou is om bykomende water na die groeiende Port Elizabeth via pyplyne te stuur. In 'n vorige afleweri...
Geldgids - Episode 26 30.12.2021 13:54
Daagliks hoor ons op sakenuusverslae en lees ons in sakeverslae woorde waarmee ons nie vertroud is nie of nie weet wat dit beteken nie. In GeldGids se reeks, GeldAlfabet, verduidelik ons paneel kundiges die algemeenste sakeverwante woorde, van A tot Z, en die betekenis daarvan. Geldverwante begrippe wat onder die letter M val, word bespreek deur Linda van Greunen, direkteur van die Trust-sake-eenh...
Van argivaris tot boekmaker 29.12.2021 10:32
Haidee Muller-Isaascs kuier by Lizeth Horstink, 'n oudargivaris van die SAUK wat na haar aftrede besluit het om ou boeke te herstel en om notaboeke te maak. Sy vertel van die vreugde wat dit aan mense verskaf wanneer sy hulle ou geliefde boeke herstel. Haidee het in haar werkswinkel by haar huis in Somerset-Wes gaan inloer.
Wynand Claassen kyk terug 28.12.2021 5:47
Wynand Claassen het tydens die hoogtepunt van Afrikanernasionalisme as ‘n liberale argitekstudent die Springbokke in Nieu-Seeland aangevoer tydens die meelbomtoer. Sy styl het baie gehelp om saam met spelers soos Rob Louw en Errol Tobias die kritiese buitelandse media te woord te staan. Sy droom om vir die Bokke teen die All Blacks te speel, het soms na aan ‘n nagmerrie gedraai, en met twee wedstr...
Openbarings en insigte oor die pandemietyd 28.12.2021 10:59
Dr. Linda-Louise Geldenhuys gesels oor die openbarings en insigte wat op vele vlakke van die lewe uit die pandemie na vore gekom het.
Die Boer verrys uit die Covid-as 27.12.2021 12:44
Dit was so hittete of Jurg Human en Margit Meyer-Rodenbeck se geliefde restaurantteater in Durbanville het sy deure gesluit. Haidee Muller-Isaacs was daar om te hoor hoe dit nou gaan. Hulle deel hulle gunsteling herinneringe van hierdie hartsplek, en hulle raad aan ander wat dalk ook op moedverloor se vlakte sit.
Hulde aan die Arch 27.12.2021 5:43
Marguerite Holtzhausen praat oor die rol wat emiritus-aartsbiskop Desmond Tutu gespeel het as beskermheer van The Trauma Centre for Survivors of Violence and Torture in Woodstock.
Ismail is ‘n veldwagter danksy Trompie en die Boksombende! 24.12.2021 9:53
Dit klink amper te goed om waar te wees, maar was dit nie vir Trompie en die Boksombende nie, dan sou Ismail Mathyse nooit ‘n veldwagter geword het nie. Deesdae is hy deel van die honde-teenstropingseenheid in die Addo-olifant nasionale park. Mariska Spoormaker het met hom gepraat.
Theuns Stofberg dink terug 24.12.2021 6:46
Theuns Stofberg het as flank en slot saam met die 1981-Bokke op die meelbomtoer na Nieu-Seeland en die VSA gereis. Hy het saam met Wynand Claasen die bokke aangevoer, en die spelers moes dikwels wegkruip vir die betogers. Soms is hulle gevra om weens veiligheidsredes nie met die media of selfs hulle familie te kommunikeer nie. Theuns het ‘n mede-Vrystater toe ‘n lekker streep getrek. Johan Rademan...
Quinton Fortuin se Pniel 24.12.2021 9:27
Quinton Fortuin vertel vir Haidee Muller-Isaacs 'n paar staaltjies oor sy tuisdorp, Pniel.
Interhotel-kompetisie 24.12.2021 10:59
Rudi Liebenberg, die uitveorende sjef van die Belmond Mount Nelson, vertel van ‘n interhotel-kompetisie waar sy span met twee pryse bekroon is.
Kaapse Wynmakersgilde se protégé-program 23.12.2021 4:20
Victoria Davids vertel vir Martelize Brink van haar ervaring van die Kaapse Wynmakersgilde se protégé-program vir wynmaakstudente.
Charles Hopkins, mentor vir aspirantwynmakers 23.12.2021 14:02
Martelize Brink gesels met wynmaker Charles Hopkins wat meer protégés onder sy hande gehad het as enige ander wynmaker wat deel is van die program waar jongmense opgelei word op plase.
Geldgids - Episode 25 23.12.2021 13:54
Daagliks hoor ons op sakenuusverslae en lees ons in sakeverslae woorde waarmee ons nie vertroud is nie of nie weet wat dit beteken nie. In GeldGids se reeks, GeldAlfabet, verduidelik ons paneel kundiges die algemeenste sakeverwante woorde, van A tot Z, en die betekenis daarvan. Geldverwante begrippe wat onder die letter L val, word deur Niek van den Berg, Eduan Basson en Stephan van der Watt van H...
Die onbedoelde gevolge van staptogte 23.12.2021 8:43
Rupert Koopman gesels met Martelize Brink oor die onbedoelde gevolge van staptogte.
Landbou in Egipte 22.12.2021 15:49
Arthur Lilford vertel vir Martelize Brink van landbou in Egipte, en sy belewenis van die land as iemand wat daar werk.
Die opkoms van die tuisekonomie 22.12.2021 8:15
Dr. Linda-Louise Geldenhuys gesels met Martelize Brink oor die opkoms van die tuisekonomie.
Sea Love 22.12.2021 11:27
Adéle Grosse vertel vir Martelize Brink hoe haar stokperdjie 'n werk geword het, waar sy onderwatertonele op handdoeke en klere druk.
Nasionale Raad vir en van Persone met Gestremhede 21.12.2021 11:43
Haidee Muller-Isaacs gesels met Therina Wentzel, die nasionale direkteur van die Nasionale Raad vir en van Persone met Gestremhede, oor die uitdagings wat hulle ervaar, die oplossings en opwindende planne vir 2022.
Agressie by katte en honde 21.12.2021 11:56
Veearts dr. Ingrid de Wet praat oor agressie by katte en honde.
Arthur Moore se derde Spartathlon 21.12.2021 10:34
Arthur Moore vertel vir Martelize Brink van sy derde deelname aan die Spartathlon, ‘n 246 km lange ultramarathon tussen Athene en Sparti, die moderne dorp waar die antieke Sparta was. Die afstand moet in minder as 36 uur afgelê word.
Podcasts similares
Replaio no es editor de podcasts; los nombres de los programas, las portadas y el audio pertenecen a sus autores y se distribuyen a través de canales RSS públicos