RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
No dejes de visitar la web del podcast y apoyar a su creador: www.rsg.co.za
¿Dónde escuchar?
Podcasts en la app Replaio Radio Muy prontoLos podcasts llegarán muy pronto a la app. Instálala ahora y sé el primero en descubrir una forma totalmente nueva de vivir los podcasts
Episodios
Positiewe stories van Hanover Park 25.01.2022 9:00
Denver Andrews vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe hy die positiewe kant van Hanoverpark vir die wêreld wys.
Pastorale narratiewe terapie 24.01.2022 8:20
Elize Barnardt vertel vir Martelize Brink wat pastorale narratiewe terapie behels.
Tannie Lokkie van Velddrif - Deel 2 24.01.2022 8:46
Tannie Lokkie van Zyl van Velddrif vertel van die streek se stories en die vissermanne wat eens op ‘n tyd baie bedrywig in Bokkomlaan was.
Gekleurde diamante 24.01.2022 9:15
Dr. Petre Prins vertel vir Martelize Brink van gekleurde diamante, i die lig van groot swart Enigma-diamant wat binnekort opgeveil sal word.
Die see is die rusplek van hulle voorvaders 21.01.2022 13:21
Die sage rondom Shell se voorgenome planne om seismiese opnames in see aan die Wildekus te doen in hulle soeke na moontlike gas- en oliebronne, het een baie interessante punt laat uitstaan – die die spirituele belangrikheid van die see vir die amaPondo en die amaXhosa. Regter Gerald Bloem het in die Hooggeregshof in Makhanda bevind dat Shell sy seismiese opnames moet staak tot daar ‘n volledige im...
Derrich Gardner se foto's van Johannesburg 21.01.2022 9:34
Derrich Gardner vertel vir Martelize Brink van sy fotografiestokperdjie en uitstalling.
Karateklasse in Delft 21.01.2022 7:49
Sensei Reuben Snell vertel vir Martelize Brink van karate- en naskoolse klasse vir die kinders van Delft.
Die DBV en wilde diere 21.01.2022 9:02
Belinda Abrahams vertel vir Martelize Brink van die werk wat die DBV se afdelimg vir wildediere doen.
Paternoster se vuurtoring 20.01.2022 10:37
Paternoster is ‘n klein kusdorpie aan die Weskus naby Saldanhabaai. Een van die land se belangrikste vuurtorings is in dié kusdorp. Daar is nie minder nie as 45 vuurtorings in Suid-Afrika. Die meeste van hulle word steeds beman met behulp van gevorderede tegnologie. Jacqui January gesels met die vuurtoringwagter by die Kaap Columbine-vuurtoring op Paternoster.
Bergbruidjiebewaring 20.01.2022 14:16
Santie Gouws vertel vir Martelize Brink van die bewaring van die Bergbruidjie-plante in hulle natuurlike habitat.
Geldgids - Episode 29 20.01.2022 13:54
Daagliks hoor ons op sakenuusverslae en lees ons in sakeverslae woorde waarmee ons nie vertroud is nie of nie weet wat dit beteken nie. In GeldGids se reeks, GeldAlfabet, verduidelik ons paneel kundiges die algemeenste sakeverwante woorde, van A tot Z, en die betekenis daarvan. Geldverwante begrippe wat onder die letter P val, word bespreek deur Niek van den Berg, Hannes Bester en Eduan Basson van...
Werknemerservaring 20.01.2022 7:14
Deon Smit gesels met Martelize Brink oor die klemverskuiwing van die vergoeding van werknemers na die belang van die werknemer se ervaring in die werkplek.
Mariska Venter - model en tennisspeler 19.01.2022 12:48
Mariska Venter gesels met Martelize Brink oor haar sukses in rolstoeltennis en modelwerk.
'n Nuwe maat ná die afsterwe van 'n lewensmaat 19.01.2022 7:56
Imagoterapeut Pieter le Roux praat oor wanneer dit gepas is om 'n nuwe maat te kry ná die afsterwe van 'n lewensmaat.
Wat is velvetsug? 19.01.2022 9:22
Charné le Roux gesels met Martelize Brink oor velvetsug en ander nuwe velverwante terme in die skoonheidsbedryf.
Tagtigjarige kry meestersgraad en stel keramiek uit 18.01.2022 7:37
‘n Vrou wat twee mans aan die dood afgestaan het, is op ‘n pad in haar kunstenaarsloopbaan gedwing nadat sy in 1960 die eerste keramiekgraad verwerf het in Natal, en onlangs haar meestersgraad op 80-jarige ouderdom in kuns aan die Universiteit Stellenbosch behaal het. Covid-19 speel ‘n groot rol in haar werk, wat tans by die Rust en Vrede Kunsgalery en Keramiekmuseum in Durbanville ten toon gestel...
Honderasse se karaktertrekke 18.01.2022 18:17
Claire Grobbelaar praat oor die persoonlikheidseienskappe en karaktertrekke van die verskillende honderasse.
Die uitdagings met FM-senders - Deel 1 18.01.2022 13:05
Jaap Lourens van Sentech vertel vir Martelize Brink van die uitdagings met FM-senders in Suid-Afrika, en hoe die onderhoud- en instandhoudingsprosesse werk.
Ondernemings is deur verbruikers herevalueer 18.01.2022 9:59
Dr. Linda-Louise Geldenhuys vertel vir Martelize Brink hoe ondernemings deur verbruikers herevalueer is tydens die pandemie.
Irfaan hardloop vir skoene 17.01.2022 16:16
Irfaan Abrahams vertel vir Martelize Brink van die 50 halfmarathons wat hy in 2021 gehardloop het om geld in te samel, om vir 50 skole se kinders skoolskoene te koop.
Henley, die bobbejaanmonitor van Nature’s Valley 17.01.2022 8:46
Die streng Covid-inperkings van 2020 het die Suid-Kaapse onderneming laat vou waar Henley Cloete gewerk het. Deesdae is hy ‘n bobbejaanmonitor in Nature's Valley. Mariska Spoormaker het hom in een van die strate raakgeloop en met hom gesels.
Tannie Lokkie van Velddrif - Deel 1 17.01.2022 10:34
Tannie Lokkie van Zyl van Velddrif vertel van die streek se stories en die vissermanne wat eens op ‘n tyd baie bedrywig in Bokkomlaan was.
Jou werknemer bedank. Wat nou? 17.01.2022 13:32
Dr. Linda Meyer vertel vir Martelize Brink wat 'n werkgewer in gedagte moet hou wanneer 'n werknemer bedank.
Cape Cultural Collective 14.01.2022 20:31
Mansoor Jaffer en Tersia Harley vertel vir Martelize Brink van die Cape Cultural Collective en hulle Rosa-koor.
Toksiese positiwiteit 14.01.2022 8:15
Petra Jerling praat oor toksiese positiwiteit.
Podcasts similares
Replaio no es editor de podcasts; los nombres de los programas, las portadas y el audio pertenecen a sus autores y se distribuyen a través de canales RSS públicos