RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
No dejes de visitar la web del podcast y apoyar a su creador: www.rsg.co.za
¿Dónde escuchar?
Podcasts en la app Replaio Radio Muy prontoLos podcasts llegarán muy pronto a la app. Instálala ahora y sé el primero en descubrir una forma totalmente nueva de vivir los podcasts
Episodios
Ystervrou met MS 01.04.2022 7:10
Die Ystermankompetisie is die inisiatief van ‘n Kaliforniese paartjie in die middel jare sewentig. Intussen is daar wêreldwyd reeds verskeie weergawes van hierdie kompetisie aangebied. Jacqui January hoor van ‘n jong vrou met Meervoudige Sklerose wat dié naweek aan die Ystermankompetisie deelneem.
Kunswerke van herwinde materiaal 01.04.2022 6:38
Veronika Olivier vertel vir Martelize Brink van haar kunswerke van herwinde materiaal, wat baie gewild oorsee is. Haar eerste plaaslike solo-uitstalling vind binnekort plaas.
Stensilstokperdjie word 'n onderneming 01.04.2022 7:48
Theresa Wessels vertel vir Martelize Brink hoe sy haar stensilstokperdjie in ‘n onderneming verander het.
Clement October, hoofkaasmaker by Klein River Cheese 31.03.2022 18:20
Clement October en Raymond Siebrits gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor Clement se rol as hoofkaasmaker by Klein River Cheese. Hy vertel van sy pad met kaas, en ons proe die kaas waarmee hulle verlede jaar ‘n gouemedalje by die Wêreld Kaastoekennings in Spanje gewen het.
Christa Kleynhans skryf haarself skoon as iets haar kwel 31.03.2022 8:25
Christa Kleynhans is passievol oor haar werk in die onderwys. Sy vertel vir Haidee Muller-Isaacs van die pad wat sy stap nadat bipolêre gemoedsversteuring by haar gediagnoseer is. Sy skryf haarself as't ware “skoon” as haar kwel. Dit het gelei tot 'n boek oor haar kondisie.
Leierskap in ‘n post-Covid-periode 31.03.2022 6:36
Sarene Nel praat oor leierskap in ‘n post-Covid-periode.
Richard van der Westhuizen is in die ateljee! 30.03.2022 31:02
Richard van der Westhuizen gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor sy grootword wêreld en loopbaan. Hy sing ook ‘n paar liedjies.
Vrywillige brandbestryders 30.03.2022 5:51
Danny de Nobrega gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor die afgelope brandseisoen, en die werwing van vrywilligers.
Wat is verskil tussen tee en tisane? 29.03.2022 10:59
Adele du Toit vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die verskil tussen tee en tisane, soos Rooibos, en die fyner details van geurprofiele.
Die SA Vloot vier eeufees 29.03.2022 10:40
Prof. André Wessels praat oor die rol van die Vloot in die Tweede Wêreldoorlog en die Grensoorlog. Die Vloot is op 1 April 100 jaar oud.
Herbebossingsfees op Gansbaai 29.03.2022 9:27
Michiel Grobler vertel van ‘n herbebossingsfees op Gansbaai, en die belang van die oorlewende Platbosduinwoud.
SA man help om Oekraïense vlugtelinge te ontruim 29.03.2022 15:43
Johan Oldenburg van Nederland vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe hy 52 Oekraïense burgers met ‘n bus van Oekraïne grens se met Pole na Nederland geneem het. Een van die vlugtelinge is ‘n Olimpiese gouemedalje-swemmer. Johan vertel wat hy met saam met die vlugtelinge beleef het.
Tiaan Langenegger maak kos vir skoliere 28.03.2022 6:14
Tiaan Langenegger vertel vir Martelize Brink hoe Covid-19 hom as gevierde sjef in ‘n skool se kombuis laat beland het, en hy nou vyf dae per week vir 380 skoliere kos maak.
Die jeug en landbouskoue 28.03.2022 12:51
Haidee Muller-Isaacs gesels met Breyton Milford, die operasionele bestuurder van Agri Expo, oor jeugskoue en sy passie vir die plaas en landbou, en ons hoor wat Mini Mej. Skou te sê het oor haar liefde vir boerdery.
Vroue in die tegnologiebedryf 28.03.2022 7:27
Arlene Mulder praat oor vroue in die tegnologiebedryf, en waarom meer vroue dit as ‘n loopbaan moet oorweeg.
Hendrik vannie hotel 25.03.2022 9:06
Hendrik Jumboe is op Barrydale gebore. Hy moes al vroeg die skool verlaat om te gaan werk. Hy vertel dat hy al op 7 jaar op die plaas tuinwerkies begin doen het. Hy het wel later leer lees en skryf, en was toe op die ou end meer as 36 jaar lank die kroegman by die eens gewilde Swellengrebel Hotel op Swellendam. Die hotel se deure is nou toe, en die gebou is verkoop. Hendrik vertel vir Haidee Mulle...
Virtuele karatekompetisies 25.03.2022 7:53
Fritz Oosthuizen vertel vir Martelize Brink van sy karateloopbaan en die virtuele kompetisies waar hy koning kraai.
Bettie Jass Milford se Sweedse bokke 25.03.2022 6:59
Boerdery is ‘n uiters stresvolle en soms moeilike beroep. Landelike gebiede waar gemeenskapsboerdery ‘n werklikheid is, het verdere uitdagings. Dit bied egter die geleentheid om te boer, spesifiek vir vroue. Jacqui January het een so ‘n vrou, Bettie Jass Milford, op Kommagas in die Namakwaland raakgeloop.
Sjef Jan-Hendrik dankbaar dat restaurante kop oplig ná twee jaar 25.03.2022 8:29
Bekroonde sjef Jan-Hendrik van der Westhuizen gesels uit Parys oor sy rol as een van die nuwe beoordelaars van die Eat Out-toekennings, watter neigings hy voorspel, en sy dankbaarheid dat restaurante weer kop oplig twee jaar ná die begin van die pandemie.
Ondersteuning vir kinders met alkoholisouers 24.03.2022 12:59
Natalie Bossi vertel van ALATEEN, ‘n aanlyn-ondersteuningsgroep vir kinders wat blootstelling het aan 'n alkoholis.
Karikature by troues 24.03.2022 12:39
Peter Mascher vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die karikature wat hy by troues skets.
Is jou kind luistervaardig? 24.03.2022 11:00
Cecile Niewoudt verduidelik hoe om jou kind se luistervaardighede te ontwikkel.
Boek met idiome oor water 24.03.2022 11:37
Nelmari Kemp vertel van die Stigting vir die Bemagtiging deur Afrikaans se boek met idiome oor water, wat in drie tale saamgestel is.
Herman Lensing se kosreis 23.03.2022 22:34
Koskenner Herman Lensing gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor sy grootwordjare, loopbaanhoogtepunte en sy rol in ‘n rolprent.
Street Smart help straatkinders 23.03.2022 6:32
Melanie Burke vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe Street Smart help om kinders van die straat af hou.
Podcasts similares
Replaio no es editor de podcasts; los nombres de los programas, las portadas y el audio pertenecen a sus autores y se distribuyen a través de canales RSS públicos