RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
No dejes de visitar la web del podcast y apoyar a su creador: www.rsg.co.za
¿Dónde escuchar?
Podcasts en la app Replaio Radio Muy prontoLos podcasts llegarán muy pronto a la app. Instálala ahora y sé el primero en descubrir una forma totalmente nueva de vivir los podcasts
Episodios
Watter biefstuksnit verkies jy? 29.07.2022 17:33
Salvin Hirschfield vertel van die verskillende biefstuksnitte, ook die minder bekendes.
Ander se hartseer lei tot nuwe lewensuitkyk 29.07.2022 9:28
Haidee Muller-Isaacs gesels met De la Harpe de Villiers enn Adri Grobbelaar oor hoe die lewe draai met mens loop. Adri vertel hoe iemand anders se hartseer haar laat besin het en toe haar lewensuitkyk verander het.
TIME sê Franschhoek is een van 50 beste plekke in wêreld 29.07.2022 7:24
Hein Koegelenberg van Franschhoek Toerisme praat oor Franschhoek wat aangewys is as een van Time Magazine se 50 beste plekke in die wêreld van 2022.
Mamre Vereniging van Gemeenskaplike Eiendomme 28.07.2022 9:07
Edwin Africa vertel vir Martelize Brink van die Mamre Vereniging van Gemeenskaplike Eiendomme oor boerdery en geleenthede op gemeenskaplike grond.
Baai se besonderse “kerkbos” 28.07.2022 9:26
Nagenoeg 47 jaar gelede het Etienne Weideman op ‘n Sondag by NG Kerk Kraggakamma gestaan en gedink: “Hierdie karre kan nie so in die son staan nie.” Toe begin hy en die gemeente inheemse bome plant, en hulle hou aan daarmee tot die bos op die rante van die Baai se Baakensriviervallei gestrek het. Mariska Spoormaker het gaan kyk hoe lyk die bos. Sy het vir Myra Schmidt daar raakgeloop.
Aerobiese kompostering 28.07.2022 9:16
Tertius Pieters gesels met Martelize Brink oor die plaas-tot-vurk-konsep en die rol van aerobiese kompostering.
Bonné de Bod lewe vir die natuur 27.07.2022 16:14
Dokumentêre filmmaker Bonné de Bod vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van haar verslaggewing oor natuur- en omgewingsake.
Sally Witbooi se boekeprojek 27.07.2022 8:03
Haidee Muller-Isaacs kuier by Sally Witbooi, 'n afgetrede dosent van UWK se biblioteekdepartement. Hulle samel elke jaar geld in vir Biblionef sodat hulle boeke kan koop om te skenk aan plekke waar daar niks boeke of biblioteke is nie.
Mans in ballet 26.07.2022 15:07
Dirk Badenhorst van die SA Nasionale Balletkompetisie gesels oor mans in ballet, en waaraan die gewildheid van balletdansers in Kuba toegeskryf word.
Jou afval sê baie van jou karakter 26.07.2022 9:56
Wat sê jou vullissak oor jou leefwyse? In Nelson Mandelabaai het die munisipaliteit afval- karakterontleding in die hoër-, middel-, en laerinkomste gebiede gedoen. Mariska Spoormaker het by Melinda Labuschagne van die munisipaliteit se department vaste afvalbeheer gaan hoor wat hulle bevindings was.
Webwerf wys hoe misdaad in jou buurt lyk 26.07.2022 11:33
Adriaan Basson van News24 vertel van ‘n nuwe webwerf wat aandui wat die misdaadsituasie in jou dorp, stad en woonbuurt is. (https://crimecheck.news24.com)
Husky Rescue SA 25.07.2022 11:51
Michelle Wiesner vertel vir Martelize Brink van Husky Rescue SA se toevlugsoord vir Huskies, en watter e temperament hierdie honde van Siberië het.
Vlugtige olies in plante 25.07.2022 7:38
Vlugtige olie, ook bekend as essensiële olie, is teenwoordig in 'n klas van plante met aromatiese geur, wat verwerk kan word tot vlugtige olierige komponente. Boegoe is ‘n plant wat die Nederlanders by die Khoi en San leer ken het, en is bo aan die Suid-Afrikaanse lys van inheemse plante wat ge-oes word vir vlugtige olie. Jacqui January vertel meer.
Loodgieters en mikrobes 25.07.2022 6:49
Robert Schoeman vertel vir Martelize Brink van mikrobes wat loodgieters kan inspan om dreine skoon te maak.
Hoe werk 'n 3D-drukker? 22.07.2022 9:18
Marshall Nelson vertel vir Martelize Brink hoe 'n 3D-drukker werk.
Pionierskool woeker met radio 22.07.2022 5:40
Quenten Pendle, Sheldon Adams en Gugu Selero vertel vir Martelize Brink van die radioakademie by die Pionierskool vir siggestremdes.
My huis, my rugbymuseum 22.07.2022 10:10
In die Baaise woonbuurt, Rowallanpark, omskep Johan Bothma amper sy hele huis elke jaar vir minstens drie weke lank in ‘n tydelike rugbymuseum. Sy vrou, Esther, sê hy doen dit al 20 jaar, en dit is goed só, want rugby het ‘n manier om geskiedenis en mense op gesellige wyse bymekaar te bring. Mariska Spoormaker het gaan kuier.
Bokashi-gemeenskapsprojek 22.07.2022 9:30
Natashia de Wet vertel vir Martelize Brink van ‘n projek waar die gemeenskap bokashi maak, wat dan verwerk word tot kompos en aangewend word in ‘n gemeenskapstuin waar hawelose mense werk gegee word.
Sidney le Fleur se medisinale plante 21.07.2022 14:18
Sidney le Fleur vertel van die medisinale plante wat hy by Plettenbergbaai verbou.
Yolani Abrahams se planne 21.07.2022 10:15
Haidee Muller-Isaacs gesels met Yolani Abrahams, bekend as ‘n fyngebak-sjef en destydse Sarie-voorbladgesig van die jaar. Yolani het onlangs afgehaak, en Haidee het gaan inloer om meer te hoor oor haar TV-loopbaan, nuwe projekte en planne.
Filmfees kyk na eetgewoontes en klimaatsverandering 21.07.2022 11:54
Arleen Nel vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van ‘n omgewingsfilmfees in Kaapstad, wat fokus op die skakel tussen eetgewoontes en klimaatsverandering.
Erik Holm gesels 20.07.2022 16:36
Akteur Erik Holm vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van sy loopbaan en die projekte waarmee hy besig is.
Anneke Snyman se tweede Statebondspele 20.07.2022 7:13
Anneke Snyman vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van haar rolballoopbaan. Op 28-jarige ouderdom neem sy vanjaar al aan haar tweede Statebondspele deel.
I AM NOT PLASTIC-beweging 20.07.2022 7:51
Tertius Pieters vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die I AM NOT PLASTIC-beweging.
Pleegouerskap 19.07.2022 13:36
Marietjie Steyn vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink wat dit verg om 'n pleegouer te wees.
Podcasts similares
Replaio no es editor de podcasts; los nombres de los programas, las portadas y el audio pertenecen a sus autores y se distribuyen a través de canales RSS públicos