RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
No dejes de visitar la web del podcast y apoyar a su creador: www.rsg.co.za
¿Dónde escuchar?
Podcasts en la app Replaio Radio Muy prontoLos podcasts llegarán muy pronto a la app. Instálala ahora y sé el primero en descubrir una forma totalmente nueva de vivir los podcasts
Episodios
Oom Henry van Wellington 15.07.2026 8:26
Oom Henry Slamet was 'n gewilde skoenmaker op Wellington. Hy was een van die Bolandse dorpie se bekendste en geliefde inwoners, en deel van Wellington se geskiedenis. Met sy knap vaardigheid en absolute toewyding het hy nuwe lewe gegee aan skoene wat ander lankal sou weggooi. Oom Henry is onlangs oorlede. Haidee Muller-Isaacs gesels met die skrywer Daniël Lötter oor sy herinneringe van dié besonde...
Wat kan ons leer by... Ethiopië (Deel 1) 15.07.2026 9:30
Dr. Mandie Uys vertel wat ons kan leer by Ethiopië.
Êrens oorsee: Camino Francés, Spanje 14.07.2026 10:10
Christine Coetzee en Lara Stepčić vertel van hulle ervaring van die Camino Francés in Spanje.
Meer blouwalvisse besoek Weskus 13.07.2026 9:12
Maryke Musson van die SA Vereniging vir Marine Biologiese Navorsing, wat uShaka Marine World insluit, vertel van die magiese blouwalvis.
In die wêreld van landbou 13 Julie 2026 13.07.2026 5:18
In hierdie week se landbounuus: Die rooivleisbedryf verwelkom die nuwe nasionale beheermaatreëls vir bek-en-klouseer. Kaapstad bied in 2027 die Royal Agricultural Society of the Commonwealth se landboukonferensie aan. Graan SA sê boere moenie die skuld kry vir hoë voedselpryse nie. ’n Ontwikkelingsprogram in die Noord-Kaap fokus op groter marktoegang vir opkomende wolprodusente.
Alternatiewe vleissnitte 13.07.2026 11:33
Phillip Strydom, professor in vleiskunde by die Departement Veekundige Wetenskappe aan Stellenbosch Universiteit vertel van alternatiewe vleissnitte soos picanha, flat iron, denver, bavette en flank steak.
Rouan, die tuiemaker 10.07.2026 5:32
Rouan Ontong is ‘n tuiemaker by Soetmelksvlei, waar ‘n 19de eeuse werkende interaktiewe plaaswerf uitgebeeld word. Hy lewer daagliks demonstrasies. Rouan is een 1 van slegs 5 tuiemakers in die land, en hy is die jongste van ‘n handvol vakmanne wat nog die masjiene systap en self hand aan die ploeg slaan. Johan Rademan het by hom gaan inloer.
360 Speseryroete: Die verwerking van wildsvleis 10.07.2026 9:52
Annatjie Reynolds gee praktiese wenke oor die verwerking van wildsvleis.
Vlieg sonder papiere 10.07.2026 1:47
‘n Vlieënier het vir 17 jaar lank by Air Canada as kaptein gewerk, sonder die regte lisensie. Sowat 900 vlugte later kom hulle dit toe agter.
Die verpleegsters van Karl Bremer 09.07.2026 8:35
Die Karl Bremer-hospitaal in Bellville in Kaapstad se noordelike voorstede is vanjaar 70 jaar oud. Haidee Muller-Isaacs het drie van die heel eerste bruin verpleegsters opgespoor wat desjare daar begin werk het, nadat die hospitaal oopgestel is vir almal.
Jonk: Geprosesseerde kos 09.07.2026 10:47
Dieetkundige Valpré Huisamen vertel hoe moderne geprosesseerde kos ontwerp word in laboratoriums.
Grondboontjiebotterkuns 09.07.2026 1:45
Die Nederlandse konseptuele kunstenaar, Wim T. Schippers, is verlede maand oorlede. Ter herdenking stal Museum Boijmans Van Beuningen sy werk, Pindakaasvloer, uit. Dit is 263 kg se grondboontjiebotter, wat 2 cm dik in die vorm van ‘n 25 vierkante meter heksagoon gesmeer is.
Sandra op 78 08.07.2026 8:28
Op 78 is die bekroonde aktrise, Sandra Prinsloo, nog aan die gang in die vermaakbedryf. Trouens, soms kan sy self nie glo dat sy al sterk op pad 79 toe is nie. Haidee Muller-Isaacs het met haar gesels oor nuwe dinge in 2026, en oor die ou dae in die bedryf.
Wat kan ons leer by… Die Koningin van Skeba 08.07.2026 8:56
Dr. Mandie Uys vertel van die Koningin van Skeba wie se seun by koning Salomo die eerste van sy bloedlyn was, wat vir byna 3 000 jaar in Ethiopië regeer het.
Tweedehandse borsinplantings 08.07.2026 1:38
In Rusland druk die ekonomie, en vroue verkoop hulle borsinplantings aanlyn op die tweedehandse mark nadat dit verwyder is. Jy kan egter nie die prostese weer vir iemand anders inplant nie.
Êrens oorsee: Roemenië 07.07.2026 9:44
Casper Kruger gesels oor die lewe in Băbana, naby die stad Pitești in Roemenië.
Sorgverlatersprogram vir jongmense 07.07.2026 11:14
Alda Fourie vertel vir Martelize Brink van Engo Vrystaat se sorgverlatersprogram wanneer jongmense te oud word om in jeugsorgsentrums te bly.
Besteel terwyl hy steel 07.07.2026 1:31
Jalen Godard het in Maryland in die VSA sy rieme styfgeloop toe sy motor gesteel is terwyl hy inbreek by ‘n winkel. Toe hy die diefstal by die polisie aangee, sit hulle een en een bymekaar, en vir Jalen in boeie.
Troeldiere se tandgesondheid 06.07.2026 10:25
Dr. Elizna Boag praat oor troeldiere se tandgesondheid, en veral die aandag wat gegee moet word aan klein hondjies en katjies.
In die wêreld van landbou 6 Julie 2026 06.07.2026 5:36
In vandeesweek se landbounuus berig ons onder meer oor pogings om die prestasie van die Kaapstad hawe te herstel; AgriSA se kommentaar op ‘n verslag van die Nasionale Energiereguleerder; die prestasie van Suid-Afrika se melkbedryf; en ‘n kommerwekkende verslag oor plaagdoderreste in talle alledaagse kossoorte.
Joanie Voss oor RSG se matriekafskeidprojek 06.07.2026 4:36
Joanie Voss gesels met Martelize Brink oor haar ervaring as begunstigde van RSG se 2025 matriekafskeidveldtog saam met die Elizabeth Galloway Academy of Fashion.
Troeteldier se as om jou oë? 06.07.2026 1:15
Grimeerkunstenaar Claire Hobson het haar hond se as met pigment gemeng, en semipermanente oogomlyner daarmee laat tatoeër, met die idee dat hy steeds die wêreld deur haar oë kan ervaar.
'n Stukkie Arabië in die Karoo 03.07.2026 7:17
Tradisionele Arabiese markte verkoop dikwels speserye, tekstiele, leerware, juweliersware, handwerk en kos. Dit dien ook as 'n sosiale bymekaarkomplek, en staan bekend as ‘n Souk. Jy hoef nie na Marrakesj, Tunis of Fez te reis nie, want in Prins Albert is daar ‘n Karoo Souk, waar Johan Rademan met ‘n wolspinner en -wewer gesels het, wat dié kuns al amper vier dekades lank beoefen.
360 Speseryroete: Braaikos 03.07.2026 11:14
Cornelle Minie vertel van die braaikos wat hulle voorsit by die Boerebraai Restaurant op Middelvlei.
Huur 'n hond 03.07.2026 1:39
Wangfu is ‘n aanlynplatform in China waar jy ‘n hond bestel om mee te gaan stap. Eienaars registreer hulle honde op die platform met inligting en ‘n foto, en dan kies die kliënt die hond wat hulle wil huur per uur.
Podcasts similares
Replaio no es editor de podcasts; los nombres de los programas, las portadas y el audio pertenecen a sus autores y se distribuyen a través de canales RSS públicos