Doxa Deo New Zealand
Doxa Deo Auckland Afrikaans
Doxa Deo funksioneer as een gemeente in ‘n stad met ‘n verskeidenheid kampusse en bedieninge. Alles wat ons doen fokus op die toerusting en oprigting van ons mense sodat hulle agente van positiewe verandering kan wees in hulle wêreld. Ons is op ‘n missie om die positiewe invloed van Jesus se waardes te neem na elke sektor van die samelewing. Ons glo dat kerk, opvoedkunde, sosiale dienste, besigheid, media, kunste, sport en plaaslike regering sal floreer as die lewegewende waardes van Jesus in al hierdie sektore sigbaar word.
No dejes de visitar la web del podcast y apoyar a su creador: www.doxadeo.org
Autor
Doxa Deo New Zealand
Categoría
Web del podcast
Último episodio
27 de sep. de 2026
¿Dónde escuchar?
Podcasts en la app Replaio Radio Muy prontoLos podcasts llegarán muy pronto a la app. Instálala ahora y sé el primero en descubrir una forma totalmente nueva de vivir los podcasts
Episodios
Ambassadeurs Van Sy Koninkryk // Andreas van Tonder // Family On Mission Deel 1 05.10.2025 37:33
Wat as sending nie gaan oor om ver te gaan nie, maar oor hoe jy leef waar jy nou is? In hierdie boodskap deel Andreas die hart van Ambassadeurs van die Koninkryk — gewone mense wat ’n buitengewone teenwoordigheid dra. Ontdek hoe jy saam met God geskape is om sy goedheid in jou huis, jou werk en jou wêreld te bring. Jy is die verteenwoordiger van die hemel op aarde — en die sending begin waar jy st...
Waneer Dit Net Te Veel Raak // Andreas van Tonder 28.09.2025 35:08
Angs is iets wat ons almal beleef—of dit nou in die druk van familie, finansies, verhoudings of die onsekerhede van môre is. Die waarheid is dat die las van die lewe nooit bedoel was om net op ons skouers te rus nie. In hierdie boodskap ontdek ons hoe God ons nooi om ons fokus opwaarts te verskuif, onsself onder Sy sorg te verneder, en elke bekommernis op Hom te werp. In plaas daarvan om onderdruk...
Lewe Vanuit Die Wingerdstok // Neels Janse Van Rensburg // Unbroken Fellowship Deel 3 21.09.2025 40:07
Wat beteken dit om werklik te floreer in die lewe? Jesus wys vir ons dat ware vrugbaarheid nie kom uit harder probeer nie, maar uit om in Sy liefde te bly. In hierdie boodskap ontdek ons hoe ongebroke gemeenskap met God ons perspektief op uitdagings verander en ons verhoudings met ander radikaal hervorm.
Ware intimiteit met God // Jaques van Wyk // Unbroken Fellowship Deel 2 14.09.2025 34:20
Het jy al ooit vir té lank uit 'n tas geleef? Jy is tegnies "in", maar dit voel nie soos huis nie. Baie mense leef só met God—hulle besoek Hom soms, maar voel onseker of hulle regtig behoort. As gevolg van wat Christus gedoen het, nader ons God nie met huiwering nie. Ons kom met vrymoedigheid nader. (Hebreërs 10:19–22). Jesus nooi ons nie net uit om Sy teenwoordigheid te besoek nie....
Gemaak Om Hom Te Ken // Neels Janse Van Rensburg // Unbroken Fellowship Deel 1 07.09.2025 34:36
Voordat die skepping begin het, het God al in volmaakte verhouding en intimiteit bestaan—en Hy nooi ons in daardie lewe in. In hierdie week se boodskap ontdek ons hoe ongebroke verhouding met God nie net moontlik is nie, maar die rede waarom jy geskape is.
Wat Gebeur Waneer Ek God Vertrou? // Neels Janse van Rensburg // In God We Trust Deel 3 31.08.2025 31:10
Wat gebeur wanneer ons regtig God vertrou met ons lewens? In hierdie week se boodskap ontdek ons hoe vertroue stabiliteit, vrede en vrugbaarheid voortbring. Kom leer hoe God se storie van oorvloed nie net jou hart verander nie, maar ook die wêreld rondom jou kan raak.
Hoe Weet Ek Ek Vertrou Werklik Die Here? // Andreas van Tonder // In God We Trust Deel 2 24.08.2025 1:14:34
Die lewe trek ons dikwels na bekommernis, vergelyking en die konstante soeke na meer. Maar God nooi ons in ’n ander pad—’n lewe gekenmerk deur vertroue, vryheid en vrede. In hierdie boodskap ontdek ons wat dit beteken om die vreugde van vergenoegdheid en die vryheid wat kom as ons ons lewens werklik in Hom anker.
Op God Vertrou Ons // Week 1 // Jaques van Wyk // Plant die saad 17.08.2025 36:27
Die lewe het sy seisoene van hitte, droogte en onsekerheid — maar God se Woord belowe dat dié wat op Hom vertrou, nie sal verdor nie. In ons nuwe preekreeks, Op God Vertrou Ons , gaan ons ontdek hoe om ons harte in Sy trou te anker, diep geestelike wortels te groei en met onwankelbare sekerheid te leef, maak nie saak wat kom nie. Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel, die me...
Die Geregtigheid van God // Jaques van Wyk 10.08.2025 26:36
Baie van ons leef ons lewens vasgekyk in die truspieël — gedefinieer deur ons foute, vasgevang in ou opinies, en vas in wat agter ons lê. Maar God se waarheid roep ons na iets baie groter. In Christus is jy ’n nuwe skepping en die geregtigheid van God self. In hierdie boodskap ontdek jy hoe om los te breek van die greep van jou verlede, duidelik te sien wat God voor jou geplaas het, en met die ver...
Jy Moet Weer Gebore Word // Andreas van Tonder 03.08.2025 34:43
In hierdie boodskap breek Andreas een van Jesus se mees uitdagende uitsprake oop: “Jy moet weer gebore word.” Dit gaan oor om ’n totale nuwe identiteit te ontvang—een wat nie gegrond is op jou pogings, moraliteit of selfwaarde nie, maar op die transformerende krag van God se Gees.
Eenheid Met Die Vader // Alan Platt 27.07.2025 36:12
Intimiteit met Die Vader was die eienskap wat Jesus so aantreklik gemaak het vir al die mense wat hy in aanraking mee gekom het en spesifiek die sondaars. Dit is presies hierdie intimiteit met Die Vader wat Jesus vir ons ook kom bewerkstellig het. Die stigter en vader van Doxa Deo, Alan Platt, deel n boodskap rondom eenheid en intimiteit met Die Vader.
Is my aanbidding aanneemlik vir God? // Jaques van Wyk // Response Deel 2 20.07.2025 31:51
In 'n tyd waar aanbidding dikwels gekoppel word aan styl, atmosfeer of persoonlike voorkeur, moet ons onsself eerlik afvra: Is dit wat ek aan God bring, werklik wat Hý vra? Aanbidding is nie net 'n emosionele oomblik of 'n mooi lied nie. Dit is 'n lewe wat oorgegee is, geanker in waarheid – in gehoorsaamheid aan God se Woord. God is nie beïndruk deur uiterlike vorm sonder innerlike waarheid ni...
Ware Aanbidding Is Uit Die Hart // Jaques van Wyk // Response Deel 1 13.07.2025 38:13
Ontdek 'n dieper begrip van aanbidding. Aanbidding is 'n belangrike deel van elke gelowige se lewe, maar baie van ons is daarby betrokke op grond van persoonlike ervaring eerder as 'n ware skriftuurlike grondslag. Hierdie boodskap sal jou toerus met Bybelse insigte oor wat ware aanbidding is.
It's Inside, Not On Top // Neels Janse Van Rensburg // The Glory Within Deel 2 06.07.2025 28:39
Ons het die afgelope Sondag saam gekuier rondom die waarheid dat God se Heerlikheid IN ons leef . Sy Heerlikheid vereis nie perfeksie van ons nie. Inteendeel, dit is juis sigbaar in ons menslikheid en gebrokenheid. Want God wat gesê het, "Laat daar uit die duisternis lig skyn," dit is Hy wat in ons harte geskyn het om ons te verlig met die kennis van die heerlikheid van God , in die aangesig...
It's Inside, Not On Top // Neels Janse Van Rensburg // The Glory Within Part 1 29.06.2025 41:02
As jy die Cremora advertensie, "it's not inside, it's on top" onthou gee dit dalk nou bietjie van jou ouderdom weg. 😉 Dankie tog dat dit nie so werk met die Heerlikheid ( Doxa ) van God ( Deo ) nie! God se Heerlikheid in ons is nie afhanklik van perfektheid nie maar is juis sigbaar in ons menslikheid. Ons menslike gebrokenheid is nie n briek/blok vir sy Heerlikheid nie.
Julle Sal My Getuies Wees // Jaques van Wyk // Die Vervulling Storie Deel 3 22.06.2025 39:46
Hoe help die Helige Gees ons om getuies te wees van Christus? Die Heilige Gees is die Helper wat die Here vir ons gegee het. Hy is die kragtige invloed in ons lewens waardeer God sy teenwoordigheid vestig in ons lewens. Ontdek saam ons die waarhede oor wie die Heilige Gees is en wat dit vir ons beteken.
Ek Stuur Vir Julle ń Helper // Jaques van Wyk // Storie van Vervulling Deel 2 15.06.2025 35:46
Die Heilige Gees is die Helper wat die Here vir ons gegee het. Hy is die kragtige invloed in ons lewens waardeer God sy teenwoordigheid vestig in ons lewens. Ontdek saam ons die waarhede oor wie die Heilige Gees is en wat dit vir ons beteken.
Jy Is God Se Woon Adress // Jaques van Wyk // Storie Van Vervulling Deel 1 08.06.2025 32:10
Die Heilige Gees is die manier waardeur die Vader in ons woning maak. Dit is die kragtige invloed in ons lewens waardeer God sy teenwoordigheid vestig in ons lewens. Ontdek saam ons die waarhede oor wie die Heilige Gees is en wat dit vir ons beteken.
Geduld. Liefde wat weet hoe om te wag // Andreas van Tonder // Wen Liefde? Deel 3 01.06.2025 31:18
Te midde van 'n wêreld wat dikwels hard, ongeduldig en selfgesentreerd is, herinner Paulus ons aan 'n ander manier van leef – een gekenmerk deur medelye, vergifnis, nederigheid en bo alles: liefde. Hierdie reeks nooi ons om selfondersoek te doen, ons harte oop te stel vir God se transformerende liefde en dit aktief uit te leef in ons daaglikse verhoudings. Kom ontdek saam hoe liefde nie net 'n gev...
Hoe kan ek Vergewe? // Jaques van Wyk // Wen Liefde? Deel 2 25.05.2025 38:59
Te midde van 'n wêreld wat dikwels hard, ongeduldig en selfgesentreerd is, herinner Paulus ons aan 'n ander manier van leef – een gekenmerk deur medelye, vergifnis, nederigheid en bo alles: liefde. Hierdie reeks nooi ons om selfondersoek te doen, ons harte oop te stel vir God se transformerende liefde en dit aktief uit te leef in ons daaglikse verhoudings. Kom ontdek saam hoe liefde nie ne...
Wen Liefde Regtig? // Week 1 // Jaques van Wyk 18.05.2025 40:05
Het jy al gekyk na die dinge wat in die wêreld om jou gebeur, of die goed wat mense doen en gewonder of liefde dan regtig wen? Die Sondag begin ons 'n nuwe reeks waar ons gaan delf in Kolossense 3:12–14 en die eerlike vraag vra: Wen liefde regtig? Te midde van 'n wêreld wat dikwels hard, ongeduldig en selfgesentreerd is, herinner Paulus ons aan 'n ander manier van leef – een gekenmerk deur medel...
Ingesluit // Week 3 // Die rol van die Heilige gees in ons lewens // Jaques van Wyk 11.05.2025 36:14
Die rol van die Heilige gees in ons lewens
Ingesluit // Week 2 // Ons identiteit in Christus // Neels Janse van Rensburg 04.05.2025 27:39
Jy is ingesluit in God se Koninkryk!!! Glo jy dat dit waar is van en vir jou? Die belangrikste openbaring wat ons as kinders van God kan hê is om te verstaan dat ons deur Jesus Christus se voltooide werk aan die kruis en Sy oorwining oor die dood, nou deel het aan 'n ewige lewe van oorwinning en genade in Jesus!
Ingesluit // Week 1 // Christus ons nuwe verwysing // Jaques van Wyk 27.04.2025 39:46
Ingesluit // Week 1 // Christus ons nuwe verwysing
Opstanding Sondag // Jaques van Wyk 20.04.2025 29:35
Vier saam ons die belangrikste gebeurtenis van ons geloof, die opstanding van Jesus
Podcasts similares
Replaio no es editor de podcasts; los nombres de los programas, las portadas y el audio pertenecen a sus autores y se distribuyen a través de canales RSS públicos