Doxa Deo New Zealand

Doxa Deo Auckland Afrikaans

Doxa Deo funksioneer as een gemeente in ‘n stad met ‘n verskeidenheid kampusse en bedieninge. Alles wat ons doen fokus op die toerusting en oprigting van ons mense sodat hulle agente van positiewe verandering kan wees in hulle wêreld. Ons is op ‘n missie om die positiewe invloed van Jesus se waardes te neem na elke sektor van die samelewing. Ons glo dat kerk, opvoedkunde, sosiale dienste, besigheid, media, kunste, sport en plaaslike regering sal floreer as die lewegewende waardes van Jesus in al hierdie sektore sigbaar word.

No dejes de visitar la web del podcast y apoyar a su creador: www.doxadeo.org

Autor

Doxa Deo New Zealand

Categoría

Religion

Web del podcast

www.doxadeo.org

Último episodio

27 de sep. de 2026

¿Dónde escuchar?

Podcasts en la app Replaio Radio Muy pronto

Los podcasts llegarán muy pronto a la app. Instálala ahora y sé el primero en descubrir una forma totalmente nueva de vivir los podcasts

Descárgala en Google Play Instálala gratis Android casi 10 M de descargas · valoración de 4,8 iOS muy pronto

Episodios

Werk Jou Geloof Uit // Neels Janse van Rensburg 27.09.2026

Geloof sonder aksie is net informasie. Die vraag is nie net of jy glo nie — die vraag is of jou geloof sigbaar is in die besluite wat jy neem, die mense wat jy bemagtig en die erfenis wat jy agterlaat. Genesis 1 sê ons is geskape na God se beeld — Sy geestelike en morele karakter is al van die begin af in ons ingesit. Dit beteken ons is al klaar geseën om vrug te dra. Al klaar geseën om 'n exp...

Geloof vir ń Gemeente, en ook n Stad // Jaques van Wyk 20.09.2026

Ons samelewing sê: sien is glo. Ek wil eers bewyse sien, dan sal ek glo. Maar die Bybel draai dit om. Hebreërs 11:1 sê geloof is 'n vaste vertroue op dinge wat jy nog nie kan sien nie. Dit beteken geloof is eintlik 'n manier van sien — om in die geestelike dimensie in te kyk en te sien wat God sien. En as jy dit kan sien, begin jou sigbare besluite te verander. Jakobus sê dit reguit: geloo...

Wat is my roeping? // Week 3 // Jaques van Wyk 13.09.2026

Wat is my roeping? // Week 3 // Jaques van Wyk 1.) TAKE A NEXT STEP //Want to Join the church? https://doxadeonz.churchsuite.com/-/f... Want to join a SmallGroup? https://doxadeonz.churchsuite.com/-/f... Want to Serve in the church? https://doxadeonz.churchsuite.com/-/f... See What’s happening at Doxa Deo: https://www.doxadeo.org/auckland/doxa... (2.) GIVING & GENEROSITY //Financially, here ar...

Wat is my roeping? // Week 2 // Jaques van Wyk 06.09.2026

Wat is my roeping? // Week 2 // Jaques van Wyk

Wat is my roeping? // Week 1 // Jaques van Wyk 30.08.2026

Wat is my roeping? // Week 1 // Jaques van Wyk

Draers Van Deurnis // Neels Janse van Rensburg // Compelled by Compassion Deel 3 23.08.2026

Draers Van Deurnis // Neels Janse van Rensburg // Compelled by Compassion Deel 3Welcome to the Doxa Deo Auckland live stream!1.) TAKE A NEXT STEP //Want to Join the church? https://doxadeonz.churchsuite.com/-/forms/xajfmhf7 Want to join a SmallGroup? https://doxadeonz.churchsuite.com/-/forms/iqjzibcmWant to Serve in the church? https://doxadeonz.churchsuite.com/-/forms/a5iflyyr See What’s happenin...

Beklee Jouself met Barmhartigheid // Jaques van Wyk // Compelled by Compassion Deel 2 16.08.2026

Beklee Jouself met Barmhartigheid // Jaques van Wyk // Compelled by Compassion Deel 2

Sy Liefde Is Nie Uit Verdienste Nie // Jaques van Wyk // Compelled by Compassion Deel 1 09.08.2026

Ons is geleer dat liefde verdien moet word. Vandag vra ons wat gebeur wanneer dit nie so is nie. In die gelykenis van die verlore seun kry twee broers dit op teenoorgestelde maniere verkeerd: een hardloop weg van die Vader, die ander bly tuis en dra 'n wrok teen Hom. Albei mis dieselfde ding: 'n Vader wat nie wag totdat ons dit reg kry voordat Hy na ons toe hardloop nie. Episode 1 van Comp...

Living Stones // Jesse Kelly (Engelse Boodskap) 02.08.2026

Jesus chooses a very specific location for one of the most important conversations in the Gospels. It is not a temple. It is not a synagogue. It is Caesarea Philippi, a place filled with pagan gods, emperor worship and a cave people believed was the gateway to the underworld. And it is here that He asks the question that changes everything: but who do you say that I am? Peter's answer was not a th...

Lam Tussen Wolwe // Jaques van Wyk 26.07.2026

Wanneer iemand jou seermaak, iemand jou verkeerd behandel, iemand jou op sosiale media aanval — wat staan eerste op in jou? Die meeste van ons wil terugslaan. Dit is menslik. Maar Jesus stuur sy mense uit met 'n verrassende strategie. Hy sê: gaan soos lammers tussen wolwe. En Paulus herhaal dit in Romeine 12: word nie deur die kwaad oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie. Dit is die...

Die Woord Geïntegreer // Jaques van Wyk // Die Woord Deel 3 19.07.2026

Ons het almal 'n Bybel. Baie van ons het 'n leesplan. Party van ons ken verse van buite. Maar hier is die vraag wat alles verander: ken jy die boek, of ken jy die Persoon? Jesus het die Fariseërs gekonfronteer met 'n skrikwekkende waarheid: julle bestudeer die skrifte ywerig, maar julle weier om na My te kom vir lewe. Die Bybel is nie die eindbestemming nie. Dit is die openbaring van w...

Hoekom Bybel Lees Belangrik is // Neels Janse van Rensburg // Die Woord Deel 2 12.07.2026

As hoof van Bible Society in Nieu-Seeland deel Neels vandag met ons die kragtige gevolge wat Bybel Lees op ons samelewing het, en hoekom dit belangrik is.

Is Die Bybel Nog Relevant // Jaques van Wyk // Die Woord Deel 1 05.07.2026

Tydens "Bible Month" in New Zealand vra ons vandag die vraag: Is die Bybel nog relevant in vandag se tyd? En hoekom is dit nog belangrik om te glo in die relevantheid en die outoriteit van die Bybel in vandag se tyd.

Rentmeesterskap // Andreas van Tonder // The Generous Life Deel 2 28.06.2026

As alles wat jy het 'n geskenk van God is, hoe lyk 'n lewe wat dit ernstig opneem? Jesus vertel 'n gelykenis oor 'n meester wat sy dienaars vertrou met sy besittings. Die oomblik waarop hy terugkeer, stel hy nie die vraag hoeveel het jy gehad nie. Hy vra wat het jy gedoen met wat jy gehad het. Dit verander alles. Sukses is nie die grootte van jou rekening of jou huis nie. Sukses is...

Alles Wat Ek Het Is Genade // Jaques van Wyk // The Generous Life Deel 1 21.06.2026

As iemand vandag vir jou sê ons gaan oor vrygewigheid praat, wat is jou eerste gedagte? Geld? Tiendes? 'n Kollektemandjie? Vergeet daarvan vir 'n oomblik. Die Bybel sê vrygewigheid is die vrug van 'n hart wat die genade van God gesien het. Die Macedoniërs in 2 Korinthiërs 8 was arm. Ernstig arm. En tog het hulle Paulus gesmeek om deel te mag wees van 'n offering. Omdat hulle genade...

Die Gawe In Jou Is Vir Iemand Anders // Jaques van Wyk // Heilige Gees Deel 4 15.06.2026

Jy het 'n gawe. Die Bybel is duidelik daaroor. 1 Korinthiërs 12:7 se dit sonder huiwering: 'n geestelike gawe is aan elkeen van ons gegee. Maar hier is die deel wat ons dikwels misloop: die gawe is nie vir jou nie. Dit is in jou, vir iemand anders. Die Heilige Gees wil nie net in jou woon nie. Hy wil deur jou werk. En die plek waar dit die meeste saak maak, is nie 'n Sondagdiens nie. D...

Lewe In Die Gees // Neels Janse van Rensburg // Heilige Gees Deel 3 07.06.2026

Ons praat baie oor die Heilige Gees. Maar hoe lyk 'n lewe wat werklik deur Hom gevul en gerig word? Paulus gee in Efesiers 5 'n verrassende antwoord. Hy vergelyk 'n lewe gevul met die Gees met dronkenskap, en die verskil is nie wat jy dink nie. Alkohol verlaag jou bewussyn en laat jou minder sien. Die Gees verhoog jou geestelike bewussyn en laat jou meer sien, meer van God se werklikhe...

Die Gees van Waarheid // Andreas van Tonder // Heilige Gees Deel 2 31.05.2026

Die meeste van ons het al probeer om die Christelike lewe te leef op 'n manier wat dit nooit bedoel was om te werk nie. Ons maak beloftes, probeer harder, skiet tekort, voel skuldig, en herhaal die siklus weer van voor af. Iets voel uit plek uit, en ons wonder stilletjies of ons dalk net nie daarvoor gemaak is nie. Hierdie is waaroor ons vandag praat: Dis nie ń “Jy-probleem” nie. Dis ń “Op-wie...

Die Helper en Advokaat // Jaques van Wyk // Heilige Gees Deel 1 24.05.2026

Ons praat baie oor God die Vader en oor Jesus. Maar die Heilige Gees bly vir baie van ons vaag, 'n gevoel, 'n krag, iets wat net in die kerk gebeur. Die Bybel gee 'n heeltemal ander prentjie. Die Heilige Gees is 'n Persoon. Hy woon in elke gelowige. En Hy is jou Voorspraak, jou regsadvokaat, wat 24 uur per dag langs jou staan en jou saak bepleit teen vrees, skuld, selfhaat en leuen...

Liefde Sonder Grense // Neels Janse van Rensburg // Verhoudings Deel 3 17.05.2026

Dit is maklik om mense lief te he wat lief is om lief te he. Maar wat van die mense buite jou kring? Die mense wat anders is, die mense met 'n ingewikkelde geskiedenis, die mense wat jou ongemaklik maak? Die gelykenis van die Barmhartige Samaritaan is een van die bekendste verhale in die Bybel, maar dit is ook een van die mees ongemaklike. Hierdie boodskap sal jou uitdaag om anders te kyk na d...

Hemelvaart // Jaques van Wyk 14.05.2026

Hemelvaart herinner ons aan Jesus se opstanding en Sy terugkeer na die hemel. Dis ń Kragtige bevestiging van Sy heerskappy en die hoop wat ons in Hom het.

Drie Pilare van Liefde // Jaques van Wyk // Verhoudings Deel 2 10.05.2026

Deur die verhaal van die vrou wat in owerspel betrap is in Johannes 8, wys Jesus ons dat liefde op drie onderskeibare maniere uitgedruk word: deur Genade, deur Waarheid en deur Geregtigheid. Hierdie drie pilare werk saam en roep ons op om 'n fundamentele verskuiwing te maak: van 'n ek-gefokusde ingesteldheid na 'n mekaar-gefokusde ingesteldheid, want dit is die grondhouding waaruit lie...

Hoe Lyk Ware Vriendskap? // Jaques van Wyk 03.05.2026

Ons leef in 'n tyd met meer verbindings as ooit tevore. Volgelinge, kontakte, kennisse. En tog ervaar meer mense as ooit diep eensaamheid. Vandag se boodskap vra 'n eenvoudige vraag: Hoe lyk ware vriendskap? Deur die merkwaardige verhouding van Dawid en Jonatan ontdek ons dat ware vriendskap gebou word op drie pilare: lojaliteit wat in die gaping staan, kommunikasie wat die moeilike gespre...

Wanneer Liefde Werk Deel 2 // Jaques van Wyk 27.04.2026

Ons weet almal dat ons moet liefhe. Ons lees dit in 1 Korinthiers 13. Ons hoor dit in preke. Maar hoe? Hoe leef jy dit uit wanneer die verhouding moeilik is, wanneer die gesprek seer maak, wanneer jou eie krag opgeraak het? Hierdie week ontdek ons die een ding wat Paulus aan die einde van sy brief aan die Korinthiers noem as die geheim agter alles: die gemeenskap van die Heilige Gees. Hy wil jou h...

Waneer Liefde Werk // Jaques van Wyk 19.04.2026

Almal praat oor liefde. Maar werk dit regtig in jou lewe? Nie as 'n warm gevoel nie, nie as 'n vae idee nie, maar as 'n werklike, praktiese, daaglikse werklikheid? In hierdie boodskap kyk ons na 1 Korintiers 13 nie by 'n troue nie, maar reg in die middel van werklike konflik, werklike verhoudings en werklike lewe. Ons ontdek dat liefde 'n bewese rekord het, dat dit tans aktief...

Escucha el podcast Doxa Deo Auckland Afrikaans en Replaio

Radio y podcasts en una sola app - gratis y sin registro. Instálala hoy y no te pierdas el estreno

Descárgala en Google Play

Replaio no es editor de podcasts; los nombres de los programas, las portadas y el audio pertenecen a sus autores y se distribuyen a través de canales RSS públicos