Kosmos 94.1

Nuus

News AF ↓ Επεισόδια: 733

Kry die nuus soos dit breek.

Μην παραλείψεις να επισκεφτείς τη σελίδα του podcast και να στηρίξεις τον δημιουργό: www.kosmos.com.na

Δημιουργός

Kosmos 94.1

Κατηγορία

News

Ιστοσελίδα του podcast

www.kosmos.com.na

Τελευταίο επεισόδιο

18 Οκτ 2026

Πού να ακούσεις;

Podcast στην εφαρμογή Replaio Radio Έρχεται σύντομα

Τα podcast έρχονται σύντομα στην εφαρμογή. Εγκατάστησέ την τώρα και δες πρώτος μια εντελώς νέα προσέγγιση στα podcast

Κατέβασέ το από το Google Play Δωρεάν εγκατάσταση Android σχεδόν 10 εκατ. λήψεις · βαθμολογία 4,8 iOS σύντομα

Επεισόδια

Reform UK se Farage bedank as LP 08.07.2026

Die leier van die Reform UK, Nigel Farage, het skielik bedank as die parlementslid vir Clacton, wat 'n hoërisiko-tussenverkiesing veroorsaak het waarin hy onmiddellik wil deelneem.

Handelsyfers lê lae Afrika-handel bloot 08.07.2026

Die handelstatistieke vir Mei is bekend en soos gewoonlik is streekshandel gesentreer in die Sacu-gebied. Namibië het 'n handelsurplus van 1,3 miljard Namibiese dollar met Botswana aangeteken terwyl 'n handelstekort van 2,5 miljard dollar met Suid Afrika aangeteken is. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie by plaaslike ekonoom Gabriel Erastus gekry oor die lae vlakke van handel met die vasteland buite die...

VN se weeragentskap het kommer oor El Nino 08.07.2026

El Nino-toestande ontwikkel tans in die Stille Oseaan en die Wêreld Meteorologiese-organisasie van die VN sê die warmer toestande in die oseaan het 'n groot impak op weerpatrone wat hittegolwe, droogtes en uiters swaar reën en oorstromings kan veroorsaak. Celeste Saulo van die organisasie.

Trump vaar weer uit teen Navo 08.07.2026

President Donald Trump van Amerika het weereens die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie gekritiseer omdat die organisasie nie Amerika met sy oorlog teen Iran help nie. Trump woon tans Navo se jaarlikse beraad in Ankara, Turkye, by. Hy dreig om Amerikaanse soldate aan Europa te onttrek. Trump sê hy is baie teleurgesteld in Navo:

Los eerder wilde sampioene uit 08.07.2026

Die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid en Welstand waarsku inwoners om nie wilde sampioene te eet nie. Dit volg na 'n toename in dodelike gevalle van sampioenvergiftiging. Die departement sê selfs een byt van 'n Duiwelsbrood-sampioen kan lewerversaking en die dood veroorsaak. Die direkteur van Gifstowwe by Tygerberg, Carine Marks, raai enigiemand wat 'n wilde sampioen geëet het aan om onmiddell...

Noa gesels oor 20 jaar by die ACC  08.07.2026

Kry die nuus soos dit breek.

Noa gesels oor 20 jaar by die ACC 08.07.2026

Die stigtersdirekteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie, Paulus Noa, berei voor om die instelling op 31 Julie te verlaat, wat 'n 20-jaar lange ampstermyn aan die stuur van Namibië se korrupsiewaghond tot 'n einde bring. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Noa besin oor die afgelope 20 jaar. Hy sê die instelling het voortdurend gesukkel om bekwame ondersoekers te behou terwyl hulle met...

Owerhede moet toerisme-misdaad hokslaan 08.07.2026

Die Gasvryheidsvereniging spreek kommer uit oor 'n reeks misdade wat toeriste raak. Dit volg op onlangse inbrake by twee lodges naby Outjo, die aanranding van 'n toeris by Spitzkoppe, en 'n reeks reiswaarskuwings wat uitgereik is deur lande soos Kanada, Duitsland en die Verenigde State oor toenemende misdaad in Namibië. Kosmos 94.1 Nuus het met die vereniging se uitvoerende hoof, Gitta Paetzold ge...

Zim-hofbesluit oor SME Bank goed vir deposante, maar... 08.07.2026

Reaksie word ontvang op die Hoërhof van Zimbabwe wat die likwidasie van Namibië se mislukte SME Bank erken het, wat die weg baan vir die hofaangestelde likwidateurs om bates in Zimbabwe te verhaal en die afdwinging van Namibiese hofbevele na te streef. Regter Siyabona Musithu het ten gunste van Bruni en McLaren-likwidateurs beslis in 'n aansoek wat teen die Meester van die Hoërhof en MetBank Limit...

Hervestiging van wild na Kunene uitstekende stap 08.07.2026

Reaksie word ontvang op die omgewingsministerie wat honderde springbokke, gemsbokke en sebras na die Kunene-streek en die Nyae Nyae- en Uukwaluudhi bewareas verskuif het. Selfs meer wild, insluitend kamellperde, sal in die komende maande verskuif word. Kosmos 94.1 Nuus het met professor Morgan Hauptfleisch, direkteur van navorsing by die Namibië Natuurstigting, gepraat wat sê die skuif is tydig na...

DA eis leefstyloudit van nuwe minister Pule 08.07.2026

Die DA sê 'n onmiddellike leefstyloudit van die nuutaangestelde minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Dina Pule, sal 'n finansiële basislyn aan die begin van haar ampstermyn vestig en help om openbare geld te beskerm. Die party het die Presidensie versoek vir 'n oudit en voer aan Pule se vorige rekord in 'n openbare amp regverdig 'n noukeurige ondersoek. Woordvoerder Nazley Sharif herhaal die DA...

Navo-lidmaatskap vir Oekraïne maak eenvoudig sin 08.07.2026

Oekraïnse president Volodymyr Zelensky het in 'n toespraak by die Navo-beraad in Ankara, Turkye bondgenote aangespoor om die lugverdedigingstelsels te lewer wat Kiëf dringend nodig het om dit teen eskalerende Russiese aanvalle te beskerm. Hy sal ook na verwagting 'n vergadering met Amerikaanse president Donald Trump hou en beklemtoon dat Rusland se massiewe aanvalle 'n blyk van swakheid is, nie kr...

Die dag wat was, 7 Julie 2026 07.07.2026

Kry die nuus soos dit breek.

MUN sal oog hou op Ohorongo-Cheetah samesmelting 07.07.2026

Die Mynwerkersvakbond het die opheffing van die voorgestelde aflegging van 87 Cheetah Cement-werknemers verwelkom. Die opheffing volg op lynminister Modestus Amutse se besluit om die mededingingskommissie se blokkering van die maatskappy se samesmelting met Ohorongo Cement om te keer. Kosmos 94.1 Nuus het met die vakbond se sekretaris-generaal, George Ampweya, gepraat, wat sê dat hulle ontwikkelin...

Polisie-inligting oor VBS Bank is met Juju gedeel, hoor kommissie 07.07.2026

Die Madlanga-kommissie het bewerings aangehoor oor die senior polisie-offisier Feroz Khan wat vertroulike polisie-inligting met die EFF-leier Julius Malema gedeel het, rakende 'n bedrogklagte rondom VBS Bank. WhatsApp-boodskappe wat getuienisleier Michael Chaskalson voorgelees het, beweer Mohamed Sayed het die VBS-kurator, Anoosh Rooplal, se huisadres aan Malema verskaf. Chaskalson sê VBS se voorm...

Werkloosheid hoog onder Landbou- en Onderwys-graduandi 07.07.2026

Werkloosheid onder gegradueerdes is 'n groot probleem in die land. Die Nasionale Raad se Staande Komitee oor Onderwys het die sektore ondersoek wat die meeste werklose gegradueerdes oplewer. Landbou-graduandi ervaar meer werkloosheid, gevolg deur onderwys. Die adjunk-uitvoerende direkteur van die Nasionale Raad vir Hoër Onderwys, dr. Sylvia Demas, het gepraat by konsultasiesessies in Otjiwarongo.

Beleid oor kernenergie in wording: NNN 07.07.2026

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het bevestig dat Namibië besig is om 'n beleid oor kernenergie op te stel wat deur wetgewing ondersteun word, terwyl die regering daarna streef om die land se uraanrykdom in elektrisiteit om te skakel. Sy het gepraat na 'n besoek aan die fasiliteite van die China General Nuclear Power Corporation in die Chinese provinsie Guangdong, waar die Namibiese afvaardiging e...

SA optogte pla nie vragvervoer, Asycuda-stelsel wel 07.07.2026

Die Suid-Afrikaanse anti-immigranteoptogte is steeds in die nuus. Die teen-migrasie organisasie March and March wil nou weekliks, elke Donderdag optogte hou. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Leodolf Swanepoel van die Namibiese Logistiekevereniging en uitvoerende hoof van FP du Toit Transport, wat sê daar's nie tans vragvervoer-probleme nie.

Heruitvoere styg geweldig in Mei 2026 07.07.2026

Meer inligting is bekend oor Nambië se prestasie op die globale handelsmark in Mei. Die Namibiese Statistieke-agentskap berig dat die mynbou- en steengroefsektor die grootste uitvoerwaarde van 6,6 miljard Namibiese dollar gegenereer het, wat meer as die helfte van die land se totale uitvoerinkomste beslaan het. Die agentskap se woordvoerder, Iipumbu Sakaria, sê die Chinese mark het uitvoere oorhee...

Gaza-kinders ken net oorlog en verlies: Unicef 07.07.2026

Die Verenigde Nasies se kinderfonds, Unicef, sê kinders betaal steeds die hoogste prys in Israel se oorlog in Gaza wat reeds langer as 'n duisend dae voortwoed. Die dodetal het 73 098 bereik sedert dit in Oktober 2023 losgebars het. Verslae dui aan meer as 60 000 kinders is dood of beseer. Unicef se woordvoerder, Louise Wateridge, sê kinders is dood, ontwortel en ontneem van noodsaaklikhede om te...

Goud 'nie goeie belegging nie, te wisselvallig' 07.07.2026

Goud het in Januarie sy geskiedkundige hoogtepunt van meer as 5 500 Amerikaanse dollar 'n fynons bereik maar het sedertdien geleidelik gedaal. Oor die afgelope week het die edelmetaal weer effe gestyg. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie by Suid Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt gekry oor die amper 4 persent styging oor die afgelope week.

Madlanga kyk na WhatsApps tussen Juju, Khan en Sayed 07.07.2026

Die Madlanga-kommissie het beweerde WhatsApp-boodskappe ondersoek wat die senior polisie-offisier Feroz Khan, die EFF-leier Julius Malema en die sakeman Mohamed Sayed betrek. Getuienisleier Michael Chaskalson sê dit dui aan Sayed het in Junie 2021 inligting aan Khan gestuur op Malema se versoek. Die boodskappe is nog nie as bewyse getoets nie. Chaskalson sê dit het onder meer plakkate van Operatio...

Emma gesels oor KI-wetsontwerp in China 07.07.2026

'n Reus Namibiese afvaardiging gelei deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah is op amptelike besoek aan China. Meer as 200 sakepersone is saam maar die Presidensie het nie die grootte van die staat se afvaardiging bekend gemaak nie. Inligtingsminister Emma Theofelus het die land se wetgewing rakende kunsmatige intelligensie aangespreek.

Onwettige wapens, kapings in die soeklig in Kaapstad 07.07.2026

Die Stad Kaapstad se wetstoepassingsagentskappe het die afgelope week 311 verdagtes vir verskeie misdade in hegtenis geneem, asook drie onwettige vuurwapens en sewe gesteelde of gekaapte voertuie teruggevind. 'n Totaal van 52 858 boetes vir verkeers- en verordeningsoortredings is ook uitgereik. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê die teen-kapingseenheid, wat gest...

Cran vul aan waar operateurs nie winsgewend kan bedryf nie 07.07.2026

Jake Maritz, die bestuurder by Cran verantwoordelik vir die implementering van die Universele Diensfonds, het op Cran se potgooi, Crancast, oor een van die land se belangrikste konnektiwiteitsinisiatiewe gepraat. Die inisiatief poog om nedersettings te bereik deur konnektiwiteit te verseker, en is deel van die owerheid se oorhoofse plan om die digitale gaping te oorbrug. Maritz het meer.

Άκου το podcast Nuus στο Replaio

Ραδιόφωνο και podcast σε μία εφαρμογή - δωρεάν, χωρίς εγγραφή. Εγκατάστησέ την σήμερα και μη χάσεις την πρεμιέρα

Κατέβασέ το από το Google Play

Το Replaio δεν είναι εκδότης podcast - τα ονόματα των εκπομπών, τα εξώφυλλα και ο ήχος ανήκουν στους δημιουργούς τους και διανέμονται μέσω δημόσιων ροών RSS