Kosmos 94.1
Nuus
Kry die nuus soos dit breek.
Μην παραλείψεις να επισκεφτείς τη σελίδα του podcast και να στηρίξεις τον δημιουργό: www.kosmos.com.na
Δημιουργός
Kosmos 94.1
Κατηγορία
Ιστοσελίδα του podcast
Τελευταίο επεισόδιο
15 Οκτ 2026
Πού να ακούσεις;
Podcast στην εφαρμογή Replaio Radio Έρχεται σύντομαΤα podcast έρχονται σύντομα στην εφαρμογή. Εγκατάστησέ την τώρα και δες πρώτος μια εντελώς νέα προσέγγιση στα podcast
Επεισόδια
NSA: Namibië se vrugbaarheidsyfer toon skerp daling 01.10.2026 0:39
Die Namibiese Statistieke-agentskap het die jongste nasionale projeksies vir vrugbaarheid, mortaliteit, migrasie en bevolking vrygestel. Dit toon dat die land se vrugbaarheidsyfer 'n skerp daling ondergaan het, van 6,1 geboortes per vrou in 1991 tot 4,1 in 2001, en uiteindelik tussen 2011 en 2023 op 3,9 geboortes per vrou gestabiliseer het. Die statistiekagentskap se woordvoerder, Esther Simasiku,...
NNN: Nuut-ontginde 176,29-karaat diamant 'n groot prestasie vir Namibië 01.10.2026 0:33
President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê die natuurlike diamant van 176,29 karaat wat deur Namdeb by sy Suidkus-myn in Oranjemund ontgin is, is 'n groot prestasie vir Namibië. Sy sê die diamant bied 'n geleentheid om Namibië se reputasie vir sy natuurlike diamante te versterk en die ekonomiese waarde wat uit die land se minerale hulpbronne verkry word, te verhoog.
Madlanga-kommissie begin met verhore agter geslote deure 01.10.2026 0:18
Die Madlanga-kommissie sal vir die volgende twee weke sittings agter geslote deure hou om getuienis aan te hoor wat nie in die openbaar bekendgemaak kan word nie weens hangende ondersoeke en vertroulike materiaal. Openbare sittings sal op 9 November hervat, ná die plaaslike verkiesing op 4 November. Jeremy Michaels van die kommissie sê 'n tweedaagse seminaar sal vandeesmaand gehou word ter voorber...
NLU: Daar is steeds onsekerheid oor BKS-reëls en regulasies 01.10.2026 0:39
Intussen sê die president van die Namibiese Landbou-unie, Thinus Pretorius, dat daar 30 spanne in die Karasburg-distrik ontplooi is om die siekte se verspreiding na te spoor. Pretorius sê die spanne werk om die uur om die bron en presiese verspreiding van die siekte te bepaal. Hy sê hoewel die beperkings wat aanvanklik aangekondig is, ‘n week gelede verslap is, bly daar egter steeds onsekerheid oo...
Britse regering glo Iran het 'n rol gespeel in RAF Fairford-voorval 01.10.2026 0:32
Die Britse regering glo dat Iran 'n rol gespeel het in die RAF Fairford-voorval waarin vyf mans in hegtenis geneem en toe borgtog toegestaan is, volgens premier Andy Burnham. Dit volg nadat dit aan die lig gekom het dat een van die vyf mans self die noodnommer 999 geskakel het voordat die groep in hegtenis geneem is. 'n Inwoner van die area het ook die nommer geskakel, sowat 'n uur-en-'n-half late...
SA en Frankryk versterk ekonomiese samewerking 01.10.2026 0:19
Suid-Afrika en Frankryk versterk hul ekonomiese samewerking en fokus op infrastruktuur, industrialisering en inklusiewe groei. Die minister van Beplanning, Monitering en Evaluering, Maropene Ramokgopa, sê Frankryk is Suid-Afrika se grootste regstreekse buitelandse belegger. Meer as 480 Franse maatskappye in die land bied werk aan meer as 65 000 mense. Dertig Franse maatskappye het beleggingsverbin...
Die dag wat was, 30 September 2026 30.09.2026 5:08
Kry die nuus soos dit breek.
Engelse Premierliga lê Man City se gekonkel bloot 30.09.2026 0:17
Sokker: Die Engelse Premierliga sê Manchester City het "skynkontrakte" met verskeie van sy kommersiële vennote aangegaan as deel van 'n verbloemde finansieringskema om die klub se inkomste met ongeveer 18-miljard Namibiese dollar te vermeerder. 'n Onafhanklike kommissie het City skuldig bevind aan alle aanklagte wat verband hou met oortredings van die Premierliga se finansiële reëls tussen die 200...
BKS nou op 5 plase aangemeld: Zaamwani 30.09.2026 0:40
Bek-en-klouseer is nou op vyf plase in die Karasburg-distrik aangemeld. Landbouminister Inge Zaamwani het tydens haar parlementêre toespraak vanmiddag gesê die uitbreking bly beperk tot 'n spesifieke gebied, terwyl amptenare met die Europese Unie in gesprek tree oor lewende hawe, asook vleis wat reeds onderweg is. Sy het 'n beroep op die publiek gedoen om by vee-bewegingsbeperkings te hou. Sy het...
BKS nou op 5 plase aangemeld: Zaamwani 30.09.2026 0:40
Bek-en-klouseer is nou op vyf plase in die Karasburg-distrik aangemeld. Landbouminister Inge Zaamwani het tydens haar parlementêre toespraak vanmiddag gesê die uitbreking bly beperk tot 'n spesifieke gebied, terwyl amptenare met die Europese Unie in gesprek tree oor lewende hawe, asook vleis wat reeds onderweg is. Sy het 'n beroep op die publiek gedoen om by vee-bewegingsbeperkings te hou. Sy het...
Regering moet LGBT-Namibiërs betrek by menseregte-konsultasies 30.09.2026 0:40
Die regering se reaksie op aanbevelings in sy jongste VN-menseregte-oorsig het kommer laat ontstaan by die LGBT-regte organisasie Equal Namibia. Van die 21 aanbevelings oor seksuele oriëntasie, gender-identiteit en -uitdrukking, asook seksuele kenmerke, het die regering vier ondersteun en 17 "aangeteken". Justisieminister Wise Immanuel sê die aanbevelings sal uitgebreide konsultasie vereis, maar K...
Help boere en stel grondbelasting uit: Schlettwein 30.09.2026 0:35
Oud-landbouminister Calle Schlettwein doen 'n beroep op die regering om onmiddellike verligting aan boere te bied deur die sperdatum vir die indiening van grondbelasting uit te stel. In 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus sê Schlettwein dat boere onder geweldige druk verkeer weens die bek-en-klouseer uitbreking en die dreigende El Niño. Hy waarsku dat bykomende finansiële druk hul boerderybedrywighede...
Unam sit uitvoerende kunste in die kollig by NTN 30.09.2026 0:30
Kry die nuus soos dit breek.
Unam sit uitvoerende kunste in die kollig by NTN 30.09.2026 0:30
Opkomende uitvoerende kunstenaars gaan in die kollig tree wanneer die Nasionale Teater van Namibië en die Universiteit van Namibië die "Unam Performing Arts Showcase Week" van 2026 aanbied. Desiree Mentor, woordvoerder van die NTN, sê die tweedaagse vertoonreeks wat op 9 en 10 Oktober om 6-uur die aand by die NTN Backstage plaasvind, sal musiek, drama, dans en beweging insluit. Dit sal aan senior...
Burnham wil Brittanje in nuwe rigting stuur 30.09.2026 0:18
Die Britse eerste minister, Andy Burnham, sê sy agenda gaan die patroon van die afgelope 40 jaar verbreek en Brittanje in 'n nuwe rigting stuur. In sy eerste toespraak as eerste minister tydens die Arbeidersparty se konferensie het hy onderneem om die weg te baan vir groter openbare beheer oor behuising, water en energiedienste. Burnham het verder onderneem om Brittanje se verkiesingstelsel te her...
Ambassdeur vra geduld oor EU se reaksie op BKS 30.09.2026 0:22
Die Europese Unie vra vir geduld terwyl die implikasies van die uitbreking van bek-en-klouseer op beesvleisuitvoere na die Europese mark beoordeel word. Die EU se ambassadeur in Namibië, Ana Beatriz Martins, het plaaslike owerhede geprys vir wat sy as 'n vinnige, deursigtige en professionele reaksie beskryf, midde vrae oor berigte dat 'n besending Namibiese beesvleis vanuit Europa teruggestuur is.
Cosatu bly oor Cyril se geslagsgeweld-ingrypings 30.09.2026 0:21
Die vakverbond Cosatu verwelkom president Cyril Ramaphosa se aankondiging van verdere ingryping om geslagsgeweld en vrouemoord te takel. Die president het ʼn multidissiplinêre nasionale strategie uiteengesit wat ʼn gekoördineerde feitesending en verslag oor agterstande wat hierdie saak betref, insluit. Cosatu-woordvoerder Matthew Parks sê die Mediumtermyn-begroting-beleidsverklaring moet die polisie...
NBL se inkomste daal 3,9% 30.09.2026 0:24
Namibia Breweries Limited het 'n afname van 38,2 persent in bieruitvoere na Suid-Afrika aangemeld ná die beëindiging van sy Heineken-voorsieningsooreenkoms in April. Dit het die netto inkomste vir die middeljaar met 3,9 persent tot 222 miljoen Namibiese dollar laat daal, terwyl kostebesparings slegs gedeeltelik vergoeding gebied het vir hoër bemarkings- en herstruktureringskoste. NBL se direkteur...
WGO: Gesondheidswerkers in DRK sukkel met Ebola-uitbreking 30.09.2026 0:21
Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê gesondheidswerkers wat die grootste Ebola-uitbreking ooit in die Demokratiese Republiek die Kongo bestry, sukkel met ernstige probleme om pasiënte te versorg. Met agt-duisend-67 bevestigde gevalle en drie-duisend-901 sterftes, is die sterftesyfer meer as 48-persent in 63 gesondheidsones in sewe van die DRK se 26 provinsies. Dokter Janet Diaz van die organisasie...
DA sê sterker optrede nodig om vuurwapengeweld in WK te bekamp 30.09.2026 0:19
Die DA sê sterker optrede is nodig om vuurwapengeweld in die Wes-Kaap te bekamp ná twee afsonderlike skietvoorvalle in Khayelitsha en Lwandle oor die naweek. Benedicta van Minnen van die party sê Lwandle het dringend 'n permanente polisiestasie met voldoende hulpbronne nodig, terwyl meer gedoen moet word om ondersoeke en vervolgings te verbeter. Van Minnen sê onwettige vuurwapens vererger geweldsm...
Erongo-streek benodig meer as N$230m om skoleinfrastruktuur te verbeter 30.09.2026 0:27
Die Erongo-streek benodig meer as 230 miljoen Namibiese dollar om kritieke infrastruktuurbehoeftes by skole regoor die streek aan te spreek. Na verwagting sal die befondsing die bou van nuwe skole en klaskamers ondersteun, asook die uitbreiding, opknapping en modernisering van bestaande fasiliteite. Goewerneur Nathalia /Goagoses het dit vandag tydens die eerste Erongo-konferensie oor belegging in...
Infrastruktuur alleen kan nie digitale transformasie meebring 30.09.2026 0:29
Kundiges waarsku dat tegnologie-infrastruktuur alleen nie voldoende is om betekenisvolle digitale transformasie te bewerkstellig nie. Pascal Haingura, hoof van ingenieurswese en tegniese dienste by Cran, sê Namibië moet nie net in netwerke, datasentrums en digitale platforms belê nie, maar ook in die vaardighede en kundigheid wat nodig is om dit doeltreffend te benut.
Is staatsbehuising te duur? 30.09.2026 0:40
Met die regering wat nie sy teiken, om 3 000 huise per jaar te bou, tot op hede gehaal het nie, is daar nou baie vrae oor die bekostigbaarheid van staats-behuising. Die Nasionale Behuisings Onderneming beplan om 249 huise teen 'n geraamde koste van 80 miljoen Namibiese dollar te bou, wat die koste op 'n rapsie meer as 320 000 Namibiese dollar per huis te staan bring. In teenstelling bou die Shack...
Kosmos 94.1 Nuus ondersoek: Hoe presies het BKS in Namibië beland? 30.09.2026 1:00
Kosmos 94.1 Nuus het ondersoek ingestel na presies hoe bek-en-klouseer in Namibië beland het. Die grootste sondebok is die onbeperkte beweging van vee oor die Oranjerivier-grens, veral met lae rivier-vlakke - ‘n probleem wat reeds jare voortduur. Die regering is gewaarsku. Herhaaldelik. Yanna Smith doen verslag.
Gauteng-polisie arresteer 121 vermeende onwettige mynwerkers 30.09.2026 0:21
Die polisie in Gauteng en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het 121 vermeende onwettige mynwerkers tydens Operasie Prosper in Fochville, Gauteng, in hegtenis geneem. Die operasie is in samewerking met die Departement van Binnelandse Sake en die sekuriteitspan van die mynmaatskappy Sibanye-Stillwater uitgevoer. Die polisiewoordvoerder, Dimakatso Nevhuhulwi sê die operasie is deel van voortduren...
Παρόμοια podcast
Το Replaio δεν είναι εκδότης podcast - τα ονόματα των εκπομπών, τα εξώφυλλα και ο ήχος ανήκουν στους δημιουργούς τους και διανέμονται μέσω δημόσιων ροών RSS