Kosmos 94.1
Nuus
Kry die nuus soos dit breek.
Besuch unbedingt die Website des Podcasts und unterstütze die Macher: www.kosmos.com.na
Wo hören?
Podcasts in der App Replaio Radio Bald verfügbarPodcasts kommen bald in die App. Installiere sie jetzt und erlebe als Erster einen ganz neuen Blick auf Podcasts
Folgen
Fifa-baas vra verskoning oor privatiseringsplan 16.10.2026 0:20
Sokker: Fifa se president, Gianni Infantino, het verskoning gevra vir sy plan om die Wêreldbekertoernooi te privatiseer. Hy sê foute is gemaak wat tot baie gevolge gelei het. Hy het in Augustus ‘n omstrede plan geskrap om 'n aandeel in die Wêreldbekertoernooi aan privaat beleggers te verkoop nadat bestuursliggame heftig beswaar gemaak het. Infantino het na gister se Fifa-raadsvergadering in Zurich...
Creecy keur brandstofheffing-verhoging af, Cosatu juig 16.10.2026 0:20
Die vakverbond Cosatu verwelkom vervoerminister Barbara Creecy se ingryping om nog ʼn verhoging in die brandstofheffing te keer. Sy het ʼn voorstel van die Padongelukkefonds om die POF-heffing tot drie Suid-Afrikaanse rand per liter te verhoog, afgekeur en sê verbruikers is reeds onder groot druk. Cosatu-woordvoerder Matthew Parks sê werkers en die ekonomie steier onder die afgelope jaar se enorme b...
Okahandja-munisipaliteit praat oor ongewone reuk 16.10.2026 0:21
Die woordvoerder van die Okahandja-munisipaliteit, Master Penna, het met Kosmos 94.1 News gepraat oor die ongewone reuk wat tans in munisipale kraanwater waargeneem word.
OVK begin om stembriewe te wysig en te herdruk ná Konstitusionele Hof-uitspraak 16.10.2026 0:15
Die SA Verkiesingskommissie sê hy sal nou begin om stembriewe te wysig en te herdruk ten einde 181 ANC-kandidate in ses munisipaliteite in te sluit. Dit volg op die Konstitusionele Hof se uitspraak ten gunste van die ANC in 'n geskil oor kandidate wat uitgesluit is van volgende maand se plaaslikeregeringsverkiesing. Die kommissie het vroeër die week gesê 66-persent van die stembriewe is reeds gedr...
Klein ondernemings moet slim bestee om te oorleef 16.10.2026 0:34
Ekonomiese druk plaaslik en wêreldwyd plaas ernstige druk op die land se klein besighede en informele sektore. SMEs Compete-stigter Danny Meyer sê dat entrepreneurs nou streng operasionele doeltreffendheid en slim besteding moet prioritiseer, om te oorleef. Meyer het klein ondernemings aangespoor om te innoveer en na geleenthede in buurlande te kyk:
Klein ondernemings moet slim bestee om te oorleef 16.10.2026 0:37
Ekonomiese druk plaaslik en wêreldwyd plaas ernstige druk op die land se klein besighede en informele sektore. SMEs Compete-stigter Danny Meyer sê dat entrepreneurs nou streng operasionele doeltreffendheid en slim besteding moet prioritiseer, om te oorleef.
Bek-en-klouseer se impak strek nou tot jagbedryf 16.10.2026 0:34
Die kwarantyn-maatreëls in Namibië, as gevolg van die bek-en-klouseer-uitbreking het ook ‘n groot negatiewe impak op die land se jagbedryf. Jofie Lamprecht bekende beroepsjagter het dit so aan Kosmos 94.1 verwoord.
BKS: Vleisbedryf worstel met afleggings en herstrukturering 16.10.2026 0:30
Die voortdurende beperkings op bek-en-klouseer het Namibië se vleisvoorsiening-s-ketting tot stilstand geruk, met groot slagpale wat nou korttermyn-herstrukturering en afleggings in die gesig staar. Landbou-ontleder Wallie Roux het opgemerk dat hoewel slag-bedrywighede stadig na 'n tydperk van 30 dae onder streng staat-s-riglyne kan hervat, die onmiddellike ontwrigting ernstig is en alles van plaa...
IPPR eis hervormings teen verkrygingskorrupsie 16.10.2026 0:35
Die Instituut vir Openbare Beleids-navorsing daag die nuut aangestelde direkteur van die Teenkorrupsie-kommissie, Bryan Eiseb, uit... om ingrypende hervormings te bespoedig om korrupsie in openbare verkryging te bekamp. Die voorstelle sluit in 'n toegewyde korrupsie-hulplyn vir verkryging, sterker fluitjieblaser-beskerming en groter deursigtigheid in regerings-kontrakte. Die IPPR-navorser Frederic...
Skof vyf van die Rhino Run-fietswedren 16.10.2026 0:29
Vandag is Skof 5 van die Rhino Run-uithou-fietswedren van Windhoek na Graaff Reinet. Namibiër, Drikus Coetzee, trap steeds dat die sweet spat en die stof draai... en is tans op die pad, met Clanwilliam as sy volgende bestemming:
Walvisbaai ontvang vragmotor en vullisdromme van Namport 16.10.2026 0:33
Die Namport Maatskaplike Beleggingsfonds het 'n vragmotor en tien vullisdromme aan die Walvisbaai Munisipaliteit oorhandig om munisipale dienslewering te bevorder en om te help om die kusdorp skoner te hou. Met die ontvangs van die skenking het die adjunkburgemeester Mina Hangula beklemtoon dat 'n florerende hawe en dorp van mekaar afhanklik is. Sy het die behoefte aan gemeenskap-s-opvoeding bekle...
Namibië se ryk olievelde die ster by African Energy Week 16.10.2026 0:31
Namibië se ryk olievelde het vandeesweek opnuut opslae by die African Energy Week in Kaapstad gemaak. Mike Sangster, die senior visepresident van TotalEnergies het die Venus- en Mopane-projekte as een van die oliereus se hoogtepunte uitgelig:
Namibië waarsku teen herhaling van entstofnasionalisme 16.10.2026 0:31
Namibië se permanente verteenwoordiger by die Verenigde Nasies, Penda Naanda, sê die entstof nasionalisme tydens die COVID-19-pandemie het wêreldwye solidariteit ondermyn en ontwikkelende lande blootgestel, en Afrika waarsku teen herhaling daarvan. Namibië, wat hierdie maand die Afrika-groep by die VN voorsit, het die groep se standpunt by die 81ste Algemene Vergadering oorgedra. Die Afrika-groep...
MISA vra werkers moet betrek word by besluite oor KI 16.10.2026 0:14
Die Motorbedryf-personeelvereniging sê tegnologiese verandering moet werkers bevoordeel en nie net ondernemings nie, aangesien outomatisering en kunsmatige intelligensie werkplekke hervorm. Dié kwessie is by die agtste nasionale kongres van die Suid-Afrikaanse Vakbondfederasie geopper, wat fokus op die waardigheid van werkers, regte en die toekoms van werk. Die woordvoerder van MISA, Phakamile Hlu...
BoN en Deutsche Bundesbank hernu tegniese samewerking-ooreenkoms 16.10.2026 0:11
Die Bank van Namibië en Duitsland se Deutsche Bundesbank het hul memorandum van ooreenkoms hernu om tegniese samewerking en institusionele kapasiteit in sentrale bankwese te bevorder. Die raamwerk bou voort op meer as 'n dekade van samewerking en fokus op tegniese bystand, gespesialiseerde opleiding en menslike kapitaalontwikkeling. Die sentrale bank se adjunkdirekteur van korporatiewe kommunikasi...
SA NVG: Geen lasbrief is vir inhegtenisneming van March and March-leier uitgereik 16.10.2026 0:17
Die Nasionale Vervolgingsgesag het bewerings ontken dat 'n lasbrief vir die inhegtenisneming van Jacinta Ngobese-Zuma, leier van die March and March-beweging, en haar man, Xolani, uitgereik is. Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Kaizer Kganyago, sê die instelling neem onafhanklik vervolgingsbesluite wat gegrond is op die Grondwet, die wet en bewyse, sonder opdragte van politieke...
Betroubare elektrisiteit bly belangrike deel van Namibië se ekonomiese groei 16.10.2026 0:31
Stad Windhoek-raadslid, Mateus Shoongo, sê betroubare en toeganklike elektrisiteit bly ‘n belangrike deel van Namibië se ekonomiese groei, sosiale ontwikkeling en effektiewe munisipale dienslewering. Tydens ‘n eendag-beraad vir rolspelers in die kragvoorsiening-sektor in Windhoek, Donderdag, het Shoongo gesê dat die stad se vinnige, jaarlike groei druk op die krag-netwerk plaas wat die behoorlike...
OVK verbind tot implementering van Konstitusionele Hof-beslissing oor ANC-kandidatelys 16.10.2026 0:18
Die Verkiesingskommissie sê hy sal die Konstitusionele Hof se uitspraak implementeer, oor die ANC se 181 uitgeslote kandidate vir die plaaslike regeringsverkiesing van 4 November. Die uitspraak volg na 'n regsgeding deur die ANC oor die indiening van sy lys. Die uitvoerende hoof van die kommissie, Sy Mamabolo, sê hulle sal meer besonderhede verskaf oor hoe die uitspraak geïmplementeer sal word sod...
President oorhandig nasionale vlag aan Jeug Olimpiese Spele-span 16.10.2026 0:34
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het die nasionale vlag by Staatshuis aan Namibië se span van 12 lede wat op pad is na die Dakar 2026 Jeug Olimpiese Spele in Senegal oorhandig. Sy het sport as 'n nasionale prioriteit onder die Sesde Nasionale Ontwikkelingsplan beklemtoon... en die jong atlete aangespoor om met dissipline, veerkragtigheid en nederigheid mee te ding:
Mashatile onthul beleggingsbeloftes in Limpopo oorskry N$452-miljard 16.10.2026 0:20
Die Suid Afrikaanse adjunkpresident Paul Mashatile sê beleggingsbeloftes wat deur die Limpopo-beleggingskonferensie verkry is, het 452-miljard Namibiese dollar oorskry, met meer as 71-miljard dollar reeds belê is. Tydens die 6de beleggingskonferensie het Mashatile gesê hierdie beleggings het gehelp om byna 24-duisend werksgeleenthede te skep. Mashatile sê Limpopo is goed geposisioneer vir verdere...
Onthou, NamRA se belasting-amnestieprogram sluit op 31 Oktober 16.10.2026 0:34
Die Namibiese Inkomste-agentskap herinner belastingbetalers daaraan dat die finale fase van sy belasting-amnestieprogram op 31 Oktober sluit. NamRA-projekbestuurder Petra Haingura sê dat deelnemers 'n 100 persent kwytskelding van alle rente en boetes ontvang, mits hulle hul kapitaalbelastingbalans ten volle via die Itas-portaal voor die sperdatum vereffen.
Bulle reg vir Stade Francais-wedstryd op Loftus 16.10.2026 0:27
Die Blou Bulle speel Saterdag teen Stade Francais in die Verenigde-rugby-kampioenskap-reeks op Loftus Versfeld in Pretoria. Die span is aangewys... en die hoof-afrigter van die Bulle, Johan Ackerman het met Kosmos 94.1 gepraat:
Weer: Baie warm vandag, môre koeler met ligte reënbuie 16.10.2026 0:31
Met 'n bloedig-warm week agter die rug, sê die weerkantoor dat ons vandag nóg warmer sal kry, met dag-temperature wat in die noorde en noordooste van die land na verwagting bo 40 grade Celsius sal styg. 'n Koue front, môre, sal verligting en koeler weer bring, met ligte reënbuie in die noord-weste en sentrale gebiede. Albertina Anderson van die weerdiens het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
IKT-minister vra vir goeie aanlyn-gedrag 16.10.2026 0:41
Minister van inligting en kommunikasie tegnologie, Emma Theofelus, vra Namibiërs moet verantwoordelik die internet gebruik. Theofelus het tydens die 9de Nasionale IKR-beraad in Ongwediva gepraat en veral jongmense gemaan om bewus te wees van hul digitale voetspore en aanlynaktiwiteite:
Hond wat Swakop-polisie aanval geskiet 16.10.2026 0:33
Tydens 'n polisie-ondersoek in Swakopmund se Mondesa-gebied het die 44-jarige Christian Petrus, algemeen bekend as Pepi, na bewering sy hond beveel om beamptes aan te val, waarna 'n beampte die aanstormende dier uit selfverdediging geskiet het. Petrus het hierdie week in die hof verskyn, borgtog van 1 000 Namibiese dollar gekry en sal op 19 November weer in die hof verskyn. Die Erongo-polisiekommi...
Ähnliche Podcasts
Replaio ist kein Herausgeber von Podcasts; die Namen der Sendungen, Cover und Audioinhalte gehören ihren Autoren und werden über öffentliche RSS-Feeds verbreitet