Kosmos 94.1

Nuus

News AF ↓ 925 Folgen

Kry die nuus soos dit breek.

Besuch unbedingt die Website des Podcasts und unterstütze die Macher: www.kosmos.com.na

Autor

Kosmos 94.1

Kategorie

News

Podcast-Website

www.kosmos.com.na

Neueste Folge

24. Okt 2026

Wo hören?

Podcasts in der App Replaio Radio Bald verfügbar

Podcasts kommen bald in die App. Installiere sie jetzt und erlebe als Erster einen ganz neuen Blick auf Podcasts

Bei Google Play herunterladen Kostenlos installieren Android fast 10 Mio. Downloads · Bewertung 4,8 iOS bald

Folgen

Polisie-lede moet hul werk by Kers-padblokkades doen 13.10.2026

Die waarnemende polisie-hoof-inspekteur van die Namibiese polisie, Majoor-generaal Anne-Marie Nainda waarsku wets-toepassers dat hulle te alle tye sigbaar moet wees en hul werk moet doen... as hulle tydens die fees-seisoen na padblokkades ontplooi word. Nainda het tydens Maandag se bekendstelling van die 2026/2027 Kersseisoen-padveiligheids-veldtog gesê dat twintig Nampol-lede met 30 voertuie na v...

Bryan Eiseb: Korrupsie ondermyn sosiale- en ekonomiese ontwikkelings-geleenthede 13.10.2026

Die nuut-aangestelde direkteur van die Teenkorrupsie-kommissie, Bryan Eiseb, sê voortdurende korrupsie kan die geleenthede.... wat deur die groeiende olie- en gassektor geskep word, in die wiele ry. Hy waarsku dat korrupsie, op die einde van die dag, die land se sosiale en ekonomiese ontwikkelings-geleenthede kan ondermyn. Tydens 'n persgeleentheid vanoggend in Swakopmund het Eiseb die skuld vir k...

MOVE SA vra regverdige, wettige en ordelike immigrasiestelsel 13.10.2026

Uit die buurland vra MOVE SA die Suid Afrikaanse regering om doeltreffende en wettige maatreëls in te stel... om spanning tussen plaaslike gemeenskappe en buitelanders te verlig. Die partyleier Rali Mampeule sê die regering moet pro-aktief optree om die onderliggende oorsake van spanning aan te spreek en verdere xenofobiese geweld te keer. Hy sê dit sluit in dat die Konstitusionele Hof se beslissi...

Old Mutual-stigting stel "OM SEED: Seasons" bekend 13.10.2026

Die Old Mutual-stigting het amptelik 'n vernuwe weergawe van sy vlagskip-entrepreneurskaps-inisiatief bekendgestel en "OM SEED: Seasons" as 'n verenigde nasionale kompetisie wat oor al 14 streke strek, van stapel gestuur. Mignon du Preez, woordvoerder van Old Mutual Namibië, sê aansoeke is landwyd amptelik oop, met 'n streng sluitingsdatum van 30 Oktober.      

Mineral Europa op nooiensvaart van China na Australië 13.10.2026

Die Belgiese ontwikkelaar van maritieme- en skoonenergie-oplossings, CMB.TECH, het die Mineral Europa – die wêreld se eerste droëmassavragskip wat deur ammoniak aangedryf word – suksesvol in gebruik geneem. Die skip het Vrydag op sy nooiensvaart van China na Australië vertrek. Met 'n dravermoë van 210 000-ton verteenwoordig die skip 'n belangrike deurbraak in pogings om die wêreldwye skeepvaartbed...

N$146m kontant-inspuiting aan Shack Dwellers Federation of Namibia 'n stap in die regte rigting 13.10.2026

Die Namibia Housing Action Group sê die kontant-inspuiting van 146-miljoen Namibiese dollar aan die Shack Dwellers Federation of Namibia... is 'n groot, positiewe stap en sal help om die land se behuisings-tekorte aan te spreek. Hoewel die regering rapporteer dat bykans 1 900 huise gedurende die 2025/26-boekjaar voltooi is, sê die groep se mede-direkteur, Heinrich Amushila, dat inisiatiewe vir bek...

SA Parlement vra polisie om misdadige optrede waarby Sibiya betrokke is te ondersoek 13.10.2026

Die Suid Afrikaanse parlementêre portefeuljekomitee oor Polisie sê enige vermeende misdadige optrede waarby die nasionale adjunk-polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, betrokke is, moet ondersoek word en waar nodig moet aanklagte ingedien word. Die komiteevoorsitter, Ian Cameron, waarsku Sibiya se vertrek uit die diens moet hom nie vrywaar van aanspreeklikheid nie. Hy sê die komitee het nog altyd be...

9de Nasionale IKT-beraad fokus op werkskepping en jeug-bemagtiging 13.10.2026

Die 9de Nasionale IKT-beraad het by die Ongwediva-handelskousentrum afgeskop, wat die geleentheid se eerste stap buite Windhoek was om digitale vooruitgang te desentraliseer. Linda Nakale, uitvoerende direkteur van MICT, sê die beraad fokus op die benutting van tegnologie en konnektiwiteit. Sy sê die beraad fokus ook op die gebruik van digitale infrastruktuur om werk te skep, die jeug te bemagtig,...

Thuli Madonsela doen ’n beroep op etiese leierskap om munisipaliteite reg te ruk 13.10.2026

Die direkteur van die Sentrum vir Sosiale Geregtigheid, Thuli Madonsela, doen 'n beroep op munisipaliteite om grondwetlike regte in werklikheid te omskep deur dienslewering te verbeter en ongelykheid aan te spreek. In 'n toespraak by die agtste Beraad oor Sosiale Geregtigheid aan die Universiteit Stellenbosch wat vandag ten einde loop, het Madonsela gesê munisipaliteite het leiers met integriteit...

'KNOW NTB'-veldtog help toerisme-operateurs om NTB-reëls te verstaan 13.10.2026

Die uitvoerende hoof van die Namibiese Toerismeraad, Sebulon Chicalu, het die belangrikheid van nakoming van die NTB-wet en die gepaardgaande regulasies beklemtoon. Hy sê die 'KNOW NTB'-veldtog, wat op 1 April van stapel gestuur is, het sover verskeie streke en dorpe besoek om bewustheid van die wet en die regulasies daarvan te bevorder.         

SA vervoerminister hoop om teen 2029 jaarliks 250-miljoen ton goedere per spoor te vervoer 13.10.2026

Die Suid Afrikaanse minister van Vervoer, Barbara Creecy, sê gereelde instandhouding van die spoor-netwerk is noodsaaklik om vragvervoer teen 2029 tot 250-miljoen ton per jaar te verhoog. Sy het die opmerkings Maandag gemaak tydens ’n oorsig-besoek aan die instandhouding-sluiting aan die yster-erts-spoorlyn in die Noord-Kaap. Die sluiting duur tot 16 Oktober, met herstelwerk wat daarop gemik is om...

Windhoek Euro-rolprentfees vanjaar meer opwindend 13.10.2026

Alex Baron, hoof van vennootskappe by die Europese Unie in Namibië, sê die Euro-rolprentfees bring Namibiese en Europese rolprentkuns nader aan Namibiërs. Tydens die bekendstelling van vanjaar se fees in Windhoek het Baron opgemerk dat die fees vanjaar nie net anders nie, maar ook opwindender sal wees.

07:00 Hoofnuus 13.10.2026

Kry die nuus soos dit breek.

SA Adjunkminister van Justisie vra billiker toegang tot howe en regsdienste 13.10.2026

Die adjunkminister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Andries Nel, sê die geografie van die apartheidsera mag nie langer verhoed dat mense toegang tot geregtigheid verkry nie. Hy het tydens die agtste Sosiale Geregtigheid-beraad aan die Universiteit Stellenbosch gesê die regering moet howe en regsdienste, insluitend ondersteuning met onderhoud, beskerming teen gesinsgeweld en regshulp, mee...

Streeks-universiteite moet bek-en-klouseer en ander uitdagings aanspreek 13.10.2026

Die Visekanselier van die Universiteit van Namibië, Professor Kenneth Matengu, sê universiteite wat deel vorm van die Kavango-Zambezi oorgrens-bewarings-gebied moet navorsing, wat bek-en-klouseer en ander streeks-uitdagings aanspreek, prioritiseer. Hy het die oproep Maandag in Katima Mulilo gemaak tydens die ondertekening van die Kavango-Zambezi oorgrens-bewarings-gebied Universiteit Konsortium Oo...

Tyd loop uit vir NamRa se belastingamnestie-aansoekperiode 13.10.2026

Daar is nou minder as twee weke oor tot die sperdatum vir die huidige belasting-amnestie-program, wat op 31 Oktober verstryk. NamRA herinner alle belastingbetalers daaraan om van die geleentheid gebruik te maak om hul uitstaande belastingkuld te vereffen. NamRA-woordvoerder Steven Ndorokaze sê die program bied volle kwytskelding van alle opgehoopte rente en boetes, mits jy jou uitstaande hoofskuld...

Shaun Gariseb bekommerd oor CoW se munisipale busdiens 13.10.2026

Shaun Gariseb, 'n gemeenskapsaktivis van Windhoek, spreek kommer uit oor die Stad Windhoek se verlieslydende busdiens en bevraagteken hoe die munisipaliteit beplan om bedrywighede vol te hou te midde van 'n gerapporteerde jaarlikse tekort van 60 miljoen Namibiese dollar. Gariseb sê die diens se beperkte inkomste uit tariewe beteken dat die finansiële las op inwoners en belastingbetalers kan neerko...

2026/2027 Kersseisoen-padveiligheidsveldtog amptelik geloods 13.10.2026

Twintig Nampol-lede sal die Kers-seisoen na van die land se groot padongeluk-brandpunte ontplooi word om toe te sien dat padverbruikers die land se padreëls gehoorsaam. Tydens die amptelike bekendstelling van die 2026/2027 Kersseisoen-padveiligheids-veldtog het waarnemende polisiehoofinspekteur, Majoor-generaal Anne-Marie Nainda gesê dat 30 polisie-voertuie deel van die ontplooiing sal vorm. Sy sê...

SA Verkiesingskommissie: ANC het moontlik kandidaat-indienings-sperdatum misgeloop 13.10.2026

Die Verkiesingskommissie sê die ANC het moontlik die sperdatum vir die indiening van kandidate misgeloop deur nie die finale stap op sy aanlynstelsel te voltooi nie. Die ANC betwis die diskwalifisering van 181 kandidate in ses munisipaliteite. Advokaat Terry Motau van die OVK het aan die Konstitusionele Hof gesê alle partye moet dieselfde reëls volg om regverdigheid en sekerheid te verseker. Hy sê...

Watervoorraad-vermindering in Swp dié week weens jaarlikse onderhoud 13.10.2026

Die Swakopmund-munisipaliteit het inwoners gewaarsku oor 'n komende vyf dae lange vermindering in watervoorraad as gevolg van geskeduleerde jaarlikse onderhoud by die plaaslike ontsoutingsaanleg binnekort. Munisipale woordvoerder Linda Mupupa het alle inwoners aangespoor om water spaarsamig en streng vir noodsaaklike doeleindes te gebruik gedurende die afsluitingstydperk om die beskikbare voorraad...

Die Dag Wat Was, 12 Oktober 2026 12.10.2026

Kry die nuus soos dit breek.

Die nuus om 18:00 12.10.2026

Kry die nuus soos dit breek.

Adjunk-nasionale polisiekommissaris in SA kry trekpas 12.10.2026

Die geskorste adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, is met onmiddelike ingang uit die polisie ontslaan. Hy is voor 'n tugkomitee gedaag oor ernstige bewerings van korrupsie, magsmisbruik en bande met die misdaadwêreld. Hy staan ook tereg op aanklagte van verkragting, mensehandel en die seksuele gereedmaking van 'n minderjarige. Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng D...

Geestesgesondheid in Namibië benodig meer as nuwe fasiliteite, psigiaters 12.10.2026

Die kliniese sielkundige, doktor Shaun Whittaker, sê Namibië se geestesgesondheidskrisis vereis meer as net nuwe fasiliteite en psigiaters. Hy voer aan dat werkloosheid, armoede en sosiale onreg die wortel van die probleem is. Sy uitlatings volg op die gesondheidsministerie se aankondiging van ses nasionale verbintenisse om geestesgesondheidsorg te versterk. Whittaker sê blywende vooruitgang sal d...

Renosterkalfie het melk nodig; Rhino Momma vra publiek om te help 12.10.2026

Die Rhino Momma-projek het 'n dringende beroep op die publiek gedoen vir skenkings van langlewe-, vetvrye melk om 'n pasgeredde renosterkalf te voed wie se ma nie gevind kon word nie. Paige Miller het bevestig dat die kalf tans 12 tot 20 liter melk daagliks drink terwyl die span wag vir ingevoerde spesiale melkpoeier. Sy het met Kosmos 94.1 gepraat:

Höre den Podcast Nuus in Replaio

Radio und Podcasts in einer App - kostenlos und ohne Anmeldung. Installiere sie noch heute und verpasse den Start nicht

Bei Google Play herunterladen

Replaio ist kein Herausgeber von Podcasts; die Namen der Sendungen, Cover und Audioinhalte gehören ihren Autoren und werden über öffentliche RSS-Feeds verbreitet