Kosmos 94.1
Nuus
Kry die nuus soos dit breek.
Besuch unbedingt die Website des Podcasts und unterstütze die Macher: www.kosmos.com.na
Wo hören?
Podcasts in der App Replaio Radio Bald verfügbarPodcasts kommen bald in die App. Installiere sie jetzt und erlebe als Erster einen ganz neuen Blick auf Podcasts
Folgen
Rubio verwerp bewerings oor Amerikaanse steun aan Oekraïne 21.10.2026 0:18
Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, het bewerings verwerp dat Oekraïners sterf omdat Amerika intelligensie van Kiëf terughou. Die VSA het na bewering 'n groot deel van die intelligensie wat gedeel is, stopgesit, en ook wapens geblokkeer wat ingevolge die Voorkeurlys van Vereistes vir Oekraïne verkoop is. Verlede week het Starshield die spoed van mobiele eenhede beperk. Dit...
SA landbou-leiers waarsku oor moontlike verlies aan AGOA-toegang 21.10.2026 0:40
Landbouleiers in Suid-Afrika reageer op die moontlikheid dat die land sy voorkeurtoegang tot die Amerikaanse mark ingevolge die AGOA-handelsooreenkoms kan verloor. Die ooreenkoms bied tariefvoordele vir duisende produkte uit kwalifiserende Afrikalande. Dr. Theo de Jager, voorsitter van die Suider-Afrikaanse Agri-inisiatief, het met Kosmos 94.1 Nuus oor die moontlike gevolge vir Suid-Afrikaanse lan...
Ramaphosa belowe optrede oor Tshwane se waterkrisis 21.10.2026 0:22
Die Suid-Afrikaanse president, Cyril Ramaphosa, sê die Nasionale Waterkrisis-komitee sal aandag gee aan die waterkrisis in Bronkhorstspruit, Tshwane, waar kraanwater onveilig vir menslike gebruik verklaar is ná ’n uitbreking van maagderm-siektes. Tydens ’n ANC-deur-tot-deur-veldtog in Daveyton, Ekurhuleni, het Ramaphosa om verskoning gevra vir die siektes en beklemtoon dat swak waterbehandeling ni...
Bek-en-klouseerbeperkings druk kleinskaalse boere 21.10.2026 0:35
Die landbouministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, sê bek-en-klouseerbeperkings is ’n bitter pil om te sluk vir kleinskaalse boere wat met voortgesette handelsbeperkings worstel. Muyunda sê die slag van vee op plase vir kommersiële verkoop bly verbode om die verspreiding van die virus te beperk. Hy verseker produsente dat beperkings verslap kan word namate die risikovlakke daal en doen ’n beroe...
Aanspreeklikheid geëis nadat 408 mense weens besmette drinkwater in Tshwane siek geword het 21.10.2026 0:20
Die Suid Afrikaanse Motorbedryf-personeelvereniging sê die Stad Tshwane moet verantwoordelik gehou word nadat 408 mense siek geword het weens maag-derm-infeksies weens besmette drinkwater in Bronkhorstspruit en omliggende gemeenskappe. ’n Gesamentlike ondersoek het bevind die plaaslike watersuiweringsaanleg het vir drie weke water sonder chloor versprei, weens probleme met die stad se chloortoevoe...
Omusati versterk brandbestryding met 112 km-brandstroke 21.10.2026 0:30
Die Omusati-streeksrampbestuurskomitee het die skoongemaakte brandstroke in die Omutambo-Omawe-weiveld in die Okahao-kiesafdeling geëvalueer. Verwoestende veldbrande het die gebied die afgelope paar jaar geteister, en 112 kilometer se brandstroke is vanjaar reeds skoongemaak. Komiteevoorsitter Daniel Iilende sê onvoldoende befondsing, vinnig hergroeiende weiding en ’n tekort aan arbeiders om groot...
Namibiese familie beskryf onrus in Frankryk 21.10.2026 0:30
'n Namibiese familie wat tans op kontrak in Frankryk werk, sê die onrus in die land het nog nie hul tuisdorp, Montauban, sowat 60 kilometer van Toulouse, bereik nie. Die familie, wat anoniem wil bly, sê hulle is teleurgesteld oor die skade wat tydens die betogings en onluste aan historiese geboue en infrastruktuur aangerig is.
Rise Mzansi vra brandstofverligting in begroting 21.10.2026 0:16
Rise Mzansi vra dat die Nasionale Tesourie die brandstofheffing hersien en verligting bied aan verbruikers en ondernemings wat onder stygende koste gebuk gaan. Die party sê wêreldwye ekonomiese onsekerheid en hoër oliepryse vererger die land se lewenskostekrisis. Mabine Seabe van Rise Mzansi doen ’n beroep op die minister van finansies, Enoch Godongwana, om die mediumtermyn-begrotingsverklaring te...
Drikus Coetzee beklink 2026 Rhino Run-oorwinning ná 2 800 km 21.10.2026 0:36
Drikus Coetzee sê hy is moeg ná ’n moeilike laaste skof waarin hy deur reën en dik modder moes sukkel voordat hy Dinsdag as wenner van die 2026 Rhino Run oor die eindstreep gery het. Coetzee het die uitmergelende 2 800 kilometer-rit van Windhoek na Robert Sobukwe-dorp in net meer as agt dae voltooi, sowat 130 kilometer voor sy naaste teenstander. Hy deel sy ervaring van die uitdagende wedren met K...
Otjizeka-laerskool kry N$100 000-veiligheidshupstoot 21.10.2026 0:24
Die Otjizeka-laerskool in die noordweste van die land het ’n veiligheidshupstoot gekry nadat ultimate.earth en bewaringsvennote byna 100 000 Namibiese dollar belê het om leerders te beskerm, terwyl woestynaangepaste leeus deur die omliggende landskap beweeg. Tristan Cowley, besturende direkteur van ultimate.earth, sê die inisiatief het ten doel om kinders se veiligheid te versterk en terselfdertyd...
Beheerheining sleutel tot bek-en-klouseerbeheer 21.10.2026 0:32
Namibië se tweejaar-spertyd om die bek-en-klouseer-uitbreking onder beheer te bring, begin sodra die beheerheining van Klein Manasse tot by die Visrivierkloof voltooi is. Die uitbreking is op 23 September in die Karasburg-distrik van die //Kharas-streek aangekondig. Die ministerie van landbou het bevestig dat daar op 18 plase in die streek 131 bevestigde gevalle van bek-en-klouseer aangeteken is....
Ontleder eis aanspreeklikheid oor tradisionele fondse 21.10.2026 0:37
Politieke ontleder Ndumba Kamwanyah sê tradisionele owerhede moet aan konsekwente standaarde van deursigtigheid en aanspreeklikheid voldoen wanneer staatsfondse gebruik word. Dit volg op ’n waarskuwing deur die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, James Sankwasa, teen die wanbestuur van openbare fondse deur tradisionele leiers. Die kwessie kom te midde van vrae oor die administrasie v...
President Nandi-Ndaitwah terug in Windhoek ná staatsbesoek aan Angola 21.10.2026 0:43
President Netumbo Nandi-Ndaitwah is terug in Windhoek ná ’n driedaagse staatsbesoek aan Angola. Die presidensiële woordvoerder, Jonas Mbambo, sê die eerste vergadering van die Angola-Namibië Bi-nasionale Kommissie dui op ’n historiese verskuiwing van diplomatieke betrekkinge na praktiese ekonomiese samewerking. Hy sê Nandi-Ndaitwah se besoek het tot ooreenkomste op die gebiede van verdediging, toe...
ACDP vra brandstofverligting te midde van lewenskostedruk 21.10.2026 0:21
Die ACDP is versigtig optimisties dat die mediumtermyn-begrotingsverklaring goeie nuus sal inhou, veral rakende die land se skuldvlakke, met inkomste-invordering wat na verwagtig voorspellings sal klop. Finansminister Enoch Godongwana sal vandag die regering se fiskale beleid vir die volgende drie jaar uiteensit, insluitend inkomste- en uitgawe-prestasie. Steve Swart van ACDP vra Godongwana om die...
NamPol soek hulp in Danelize Majiedt-saak 21.10.2026 0:38
NamPol vra die publiek se hulp om beddegoed en inkopiesakke te identifiseer wat gevind is met die oorskot van die 27-jarige Danelize Majiedt, wie se vermeende moord ondersoek word. Majiedt is op 30 Augustus as vermis aangemeld, en haar oorskot is op 5 Oktober langs 'n leivoor langs Daan Viljoenweg, sowat twee kilometer van 'n polisiepadblokkade, ontdek. Die polisie sê die oorskot was in linne toeg...
Die dag wat was, 20 Oktober 2026 20.10.2026 5:20
Kry die nuus soos dit breek.
Sportarbitrasie-hof sê later oor Senegal se Afcon-appèl 20.10.2026 0:11
Sokker: Die Hof vir Sportarbitrasie gaan einde volgende maand uitspraak lewer in Senegal se appèlaansoek teen die Afrika-beheerliggaam, CAF, se besluit om die Afrikabeker aan Marokko toe te ken. CAF se appèlraad het beslis dat Senegal die wedstryd verbeur het toe sy span in Januarie se eindstryd in Rabat van die veld gestap het. CAF se direkteur-generaal, Matthieu Reeb, sê bemiddelaars sal volgend...
TLU SA teen stig van nuwe Rooivleisforum 20.10.2026 0:17
Die landbou-organisasie TLU SA is gekant teen Vrystaat Landbou se stigting van 'n nuwe Rooivleisforum. Woordvoerder Zelda Brits sê 'n afsonderlike struktuur wat landwyd produsente werf, kan onsekerheid skep en die Rooivleisprodusente-organisasie verswak. Brits sê produsente behoort hul verbruiksgoedere-organisasies te ondersteun, leiers tot verantwoording te roep en verandering van binne aan te vu...
NNN sluit Angola-staatsbesoek af 20.10.2026 0:35
President Netumbo Nandi-Ndaitwah sluit vandag haar driedaagse staatsbesoek aan Angola af met ’n hernude verbintenis om bilaterale betrekkinge te versterk en samewerking in tasbare voordele vir die mense van Namibië en Angola te omskep. Tydens die besoek is sewe samewerkingsooreenkomste onderteken, waaronder ’n ooreenkoms oor ’n eenstop-grenspos om handel en oorgrensverkeer te vergemaklik. Die pres...
Opposisie het vrae oor koste van Nekundi se voetgangerbrûe 20.10.2026 0:37
Die opposisie bevraagteken die regering se voorgestelde besteding van 70 miljoen Namibiese dollar aan twee voetgangerbrûe oor Windhoek se westelike verbypad, en eis antwoorde oor die geraamde koste van 35 miljoen dollar per brug. Nelson Kalangula, die IPC se skaduminister van werke en vervoer, het vanmiddag in die Nasionale Vergadering ’n beroep op die lynministerie gedoen om ’n gedetailleerde uit...
Namibiër vertel van sake-doen in Angola 20.10.2026 0:38
Kry die nuus soos dit breek.
Sibiya kry nie borgtog, NVG juig 20.10.2026 0:19
Die Nasionale Vervolgingsgesag sê die besluit om borgtog te weier aan die voormalige adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, stem ooreen met waarvoor die staat gepleit het. Woordvoerder Kaizer Kganyago sê die staat het 'n sterk saak gestel. Sibiya word in die Randburgse landdroshof in Gauteng aangekla van verkragting, die seksuele gereedmaking van 'n minderjarige en mensehandel. Kgan...
Tradisionele leiers kan nie grond van mense weerhou: NNN 20.10.2026 0:38
President Netumbo Nandi-Ndaitwah versoek tradisionele leiers om te help om armoede, droogte en voedselonsekerheid in hul gemeenskappe te bekamp. Haar boodskap is onlangs deur visepresident Lucia Witbooi tydens die 27ste jaarlikse vergadering van die Raad van Tradisionele Leiers in Otjiwarongo oorgedra, wat deur verteenwoordigers van al 53 erkende tradisionele owerhede bygewoon is. Sy het ook gesê...
Cyril sê SA moet regmaak om uit Agoa geskop te word 20.10.2026 0:38
President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika moet gereed maak om van die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika, of Agoa, uitgesluit te word. Dit volg nadat die verhouding tussen Washington en Pretoria versleg het, en ʼn besluit oor Suid-Afrika word op 2 November verwag. Die uitvoerende hoof van Solidariteit, Dirk Hermann, beskuldig in ’n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus die Suid-Afrikaanse regering van r...
Voedselpryse gaan in 2027 skerp styg: ekonoom 20.10.2026 0:33
Nog 'n skerp styging in voedselpryse kan volgende jaar verwag word, omdat die dreigende El Niño en bek-en-klouseer uitbreking landbou-uitset bedreig. Helena Mboti, 'n ekonoom by Standard Bank Namibië, waarsku dat dit die onlangse verligting in voedselinflasie ongedaan kan maak. Dit sal verdere druk op huishoudings plaas wat reeds onder hoë brandstof- en vervoerkoste gebuk gaan. Sy het met Kosmos 9...
Ähnliche Podcasts
Replaio ist kein Herausgeber von Podcasts; die Namen der Sendungen, Cover und Audioinhalte gehören ihren Autoren und werden über öffentliche RSS-Feeds verbreitet