RSG

Spektrum

News AF ↓ 2551 episoder

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Husk at besøge podcastens hjemmeside og støtte skaberen: www.rsg.co.za

Forfatter

RSG

Kategori

News

Podcastens hjemmeside

www.rsg.co.za

Seneste episode

28. okt. 2026

Hvor kan du lytte?

Podcasts i appen Replaio Radio Kommer snart

Podcasts kommer snart til appen. Installer nu, og vær den første til at se en helt ny tilgang til podcasts

Hent den på Google Play Installer gratis Android næsten 10 mio. downloads · 4,8 i bedømmelse iOS snart

Episoder

Spektrum 2 Desember 2022 02.12.2022

Parlementslede vra duidelikheid oor Dinsdag se Rhamaphala-debat, terwyl die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel in die VSA 'n waarkuwing rig. Strande langs die Tuinroete heropen.

Spektrum 1 Desember 2022 01.12.2022

'n Aantal politieke partye versoek dat president Cyril Ramphosa moet bedank ná die bevindinge van die Artikel 89-paneel. Intussen sal die ANC se nasionale uitvoerende komitee vanaand 'n dringende vergadering oor die Phala Phala-verslag hou. Die hoofstrand by Umhlanga is weer oopgestel vir baaiers.

Spektrum 30 November 2022 30.11.2022

Die artikel 89-paneel, wat moes ondersoek of daar prima facie bewyse is om president Cyril Ramaphosa in 'n staat van beskuldiging te plaas, het vanoggend sy verslag aan die Speaker oorhandig. Inwoners van Seaview in Gqeberha in die Oos-Kaap is verlig nadat hulle gisteraand weens 'n verwoestende brand na veiligheid gebring is. Die koste van 'n voedselmandjie neem met meer as R500 toe.

Spektrum 29 November 2022 29.11.2022

Op die vooraand van die ANC se groot leierskapkonferensie in Desember, is alle oë nou op die Wes-Kaap waar daar nog nie ’n vooraf streekskonferensie gehou is nie. Brittanje se eerste minister, Rishi Sunak, sê hulle moet hulle verhouding met China herbedink. Hoe raak dit Suid-Afrika se verhouding met die VK? Luisteraars voel sterk oor die kwessie van suiwer Afrikaans.

Spektrum 28 November 2022 28.11.2022

Sowat 50 kilogram kokaïen word in Suid-Afrikaanse lemoene na Brittanje gesmokkel. Eskom se grootbaas, André de Ruyter, bespiegel oor die motiewe agter sabotasie. Ons wonder hoe kras mag 'n mens op sosiale media raak voor daar strafregtelike gevolge is?

Spektrum 25 November 2022 25.11.2022

Die eienaars van die taverne waar 21 jongmense gesterf het, is vandag in die hof. Eenduisend poskaarte gaan na die president gestuur word tydens die 16 Dae van Aktivisme-veldtog teen geslagsgeweld. Ons bespreek môreaand se stryd tussen die Bokke en Engelse.

Spektrum 24 November 2022 24.11.2022

Ekonome verwag dat 'n verdere rentekoersverhoging aangekondig sal word. 'n Bedelaar in Johannesburg kry die geleentheid om 'n lonende loopbaan te bou. Rusland word daarvan beskuldig dat hy die koue noordelike winter as 'n bondgenoot in die oorlog teen Oekraïne gebruik.

Spektrum 23 November 2022 23.11.2022

Verbruikersprysinflasie het in Oktober toegeneem. Sakevertroue in Suid-Afrika daal verder. 'n Hibriede model word voorgestel om Gauteng se e-tolskuld te delg.

Spektrum 22 November 2022 22.11.2022

Sewe vakbonde wat staatsdienswerkers verteenwoordig, volstaan by hulle eis vir 'n salarisverhoging van 10%. 'n Daling in die dieselprys word vir volgende maand voorspel. 'n Verdagte is in hegtenis geneem vir die aanval op 'n City Power-werknemer.

Spektrum 21 November 2022 21.11.2022

Talle pendelaars in Kaapstad is gestrand gelaat weens 'n taxi-staking. John Steenhuisen stel homself beskikbaar vir 'n tweede termyn as DA-leier. Sanral sal die instandhouding van die R31 en ander Noord-Kaapse paaie oorneem.

Spektrum 18 November 2022 18.11.2022

Bendeleiers, geldwassers, dwelmhandelaars en bedrieërs floreer in Suid-Afrika. Is Afrikaans werklik 'n sterwende taal? Ons praat met 'n taalkenner. Reaksie op Rassie Erasmus se skorsing.

Spektrum 17 November 2022 17.11.2022

Die parlement besluit om op 6 Desember 'n spesiale sitting te hou om die Phala Phala-kommittee se bevindinge te bespreek. Die openbare uitsaaier, die SAUK, stel sy langverwagte mediastromingsdiens SABC+ bekend.

Spektrum 16 November 2022 16.11.2022

Vrystaatse boere is bekommerd oor die aanhoudende swaar reën wat hulle plantseisoen kan beïnvloed. Die ANC-strydros, Baleka Mbete, tree uit die politiek. NASA het die maanvuurpyl, Artemis 1, suksesvol gelanseer.

Spektrum 15 November 2022 15.11.2022

Suid-Afrikaners het tussen Januarie en September vanjaar 1 950 uur van beurtkrag ervaar. Reaksie op Suid-Afrika se energie-oorgangsplan. Sitrus- en groenteboere in die Gamtoosvallei in die Oos-Kaap is bekommerd oor waterbronne wat al hoe minder raak.

Spektrum 14 November 2022 14.11.2022

Die ANC se geldsake is so beroerd dat hy nou oorweeg om van sy bates te verkoop. 'n Ondersoek ontbloot dat die Bulgaarse Mafia in Suid-Afrika bedrywig is. Suid-Afrika wil hê die Afrika Unie moet 'n lid van die G20-groepering word.

Spektrum 11 November 2022 11.11.2022

Inwoners van Mitchells Plain vrees moontlike wraakaanvalle ná die moord op 'n bekende bendeleier. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag beplan om 1 500 soldate in die huidige boekjaar af te lê. Daar word gehoop dat 'n woordeboek wat onlangs voltooi is, die erg bedreigde N/uu-taal van uitsterwing kan red.

Spektrum 10 November 2022 10.11.2022

Ons hou jou op hoogte van die staking deur staatsdienswerkers van al nege provinsies. Strafregtelike klagte kom teen die NSFAS-studenteskema nadat miljarde Rand verdwyn. Amerika oorheers die internasionale nuussiklus - 'n ontleder praat oor die jongste middeltermyn-verkiesingsuitslae. Nuwe waarskuwings oor wêreldprobleme wat deur klimaatsverandering vererger sal word.

Spektrum 9 November 2022 09.11.2022

'n Burgemeestersoorwinning vir die DA in Ekhuruleni skep hoop vir die DA se vooruitsigte in die Johannesburg-metro. Ekonoom Jannie Rossouw betreur die Minister van Finansies se jongste uitsprake oor swart bemagtiging. Die bedreigde oewerkonyn word dalk die prooi van 'n onbekende siekte.

Spektrum 8 November 2022 08.11.2022

Die regering laat vaar swartbemagtiging-tendervereistes vir staatsondernemings. Amerikaners gaan na die stembus om nuwe verteenwoordigers in die twee regeringshuise te kies. Die Bokspan vir Saterdag se toets teen Frankryk word aangekondig.

Spektrum 7 November 2022 07.11.2022

Die artikel-89 onafhanklike paneel kenners kan vandag hulle ondersoek voortsit na die Phala Phala-kwessie. Intussen ontken president Ramaphosa alle aantygings teen hom. Kruisverhoor in die Life Esidimeni-ondersoek duur voort. In Cop 27-nuus uit Egipte sê minister Barbara Creecy dat Afrika die ergste onder klimaatsverandering ly. Die George munisipaliteit in die Suid-Kaap kry 'n deurry-kantoor vir...

Spektrum 4 November 2022 04.11.2022

TLU SA spreek kommer uit oor die stygende dieselprys se impak op kommersiële boerdery. Maatskappye ontwikkel innoverende produkte om water spaarsamig te gebruik. Ligte vliegtuie word ingespan in die stryd teen renosterstropery.

Spektrum 3 November 2022 03.11.2022

'n Eenheid by die Kusile-kragstasie kan moontlik vir maande buite werking wees. Ons praat met 'n kenner oor die implikasies hiervan. Daar is politieke chaos in die Mangaung-metro in die Vrystaat. Hoe kan ons geboue so omgewingsvriendelik as moontlik inrig? Van die uitstallers by die Raad vir Groen Geboue in Kaapstad, het 'n hele paar idees.

Spektrum 2 November 2022 02.11.2022

Die wanbetaling vir suikerriet-oeste laat 'n wrang smaak in kwekers se mond. 'n Biologiese opname in die Oos-Kaap lewer talle verassings op. Talle mense is bitter oor Twitter se beoogde befondsingmodel.

Spektrum 1 November 2022 01.11.2022

Die Wes-Kaapse premier, Allen Winde, vra dat die provinsiale polisie-ombud bewerings ondersoek dat daar bande tussen bendelede en top polisiebeamptes is. die kredietgraderingsagentskap, Moody's, se positiewe uitkyk vir Eskom word verwelkom. 'n Nuwe tuiste op land gevind vir die duikboot Johanna van der Merwe.

Spektrum 31 Oktober 2022 31.10.2022

'n Staking in die staatsdiens kan dienslewering ontspoor. Die prys van brandstof, veral diesel, styg skerp, met gevolge vir die ekonomie. Maar moenie enige verligting van die regering verwag nie. Die beraad oor die konflik tussen Tigray en Ethiopië word verleng.

Lyt til podcasten Spektrum i Replaio

Radio og podcasts i én app - gratis og uden tilmelding. Installer i dag, og gå ikke glip af lanceringen

Hent den på Google Play

Replaio er ikke podcastudgiver; programmernes navne, coverbilleder og lyd tilhører deres ophavsmænd og distribueres via offentlige RSS-feeds.