Podmedia

Podlitiek

News AF ↓ 336 episoder

Podlitiek is 'n weeklikse podsending wat nuusgebeure en aktuele kwessies vanuit 'n kritiese, oop en eerlike invalshoek benader, bedink en bespreek in Afrikaans. Podlitiek is beskikbaar op alle goeie potgooi toeps asook Spreaker & YouTube. Met trots aan u gebring deur Podmedia.

Husk at besøge podcastens hjemmeside og støtte skaberen: www.spreaker.com

Forfatter

Podmedia

Kategori

News

Podcastens hjemmeside

www.spreaker.com

Seneste episode

16. sep. 2026

Hvor kan du lytte?

Podcasts i appen Replaio Radio Kommer snart

Podcasts kommer snart til appen. Installer nu, og vær den første til at se en helt ny tilgang til podcasts

Hent den på Google Play Installer gratis Android næsten 10 mio. downloads · 4,8 i bedømmelse iOS snart

Episoder

Onderhoudreeks Ep. 1 - Crezane Bosch (Tshwane DA) 14.08.2018

In die eerste van Podlitiek se Onderhoudreeks gesels Paul Maritz en Daniël Eloff met Crezane Bosch van die Demokratiese Alliansie. Crezane is die adjunksweep van die party se Tshwane koukous. Die drie gesels en debatteer oor die DA se ideologiese posisie voor die 2019 verkiesing, die uitdagings wat die party in die gesig staar en oor Crezane se eie politieke ideologie.

Ep. 9 - Grond, Gemengde Boodskappe En Gatkraak In Zim 09.08.2018

In hierdie week se opwekkende episode gesels Podlitiek se twee gereelde aanbieders, Paul Maritz en Daniël Eloff, saam met gasaanbieder Daniel du Plessis oor drie sake wat swaar op Suid-Afrikaners se harte druk: Ons land, ons amptelike opposisie, en ons sukkelende bure.

Ep. 8 - Louere in die hof, likwidasies en lisensies 02.08.2018

In hierdie week se spitsvondige episode gesels Podlitiek se twee gereelde aanbieders, Daniël Eloff en Paul Maritz saam met die gasaanbieder Daniel du Plessis oor ‘n paar goeie hofuitsprake wat verlede week gelewer is, die ANC Jeugliga se likwidasie, en die nuutste oor wapenlisensies in Suid-Afrika.

Ep. 7 - Australiese Inboorlinge, Af Ligte En Afstigting 27.07.2018

In hierdie spitsvondige episode gesels Podlitiek se twee gereelde aanbieders, Paul Maritz en Daniël Eloff en die gasaanbieder Daniel du Plessis oor Trevor Noah se Twitter oproer, die nuutste gebeure oor Eskom en China se betrokkenheid by die sukkelende staatsorgaan en laastens oor die idee van ‘n onafhanklike Kaap-buurland.

Ep. 6 - BLF, Obama en Al-Bashir 20.07.2018

In hierdie episode gesels Paul Maritz, Hermann Pretorius en Daniël Eloff oudergewoonte oor ‘n paar opspraakwekkende nuusflitse van die afgelope week. Hierdie week val hul vergrootglase op Black First Land First, die rasgedrewe drukgroep wat onlangs weer opspraak gemaak het, Suid-Afrika se voorgenome terugkeer na die Internasionale Geregtigheidshof, en die voormalige Amerikaanse President Barack Ob...

Spesiale Episode - Mandela: Waar het hy gewen, verloor en hoe onthou ons hom 18.07.2018

In ons eerste spesiale episode breek die Podlitiek-span hierdie week so ʼn bietjie die gewoonte van nuusonderwerpe, en fokus in op een onderwerp – spesifiek die werk en impak van Oud-President Nelson Mandela wat oor die algemeen helder en deurdagte kritiek, lof en analise vryspring. Die paneel stel die episode soos ʼn Afrika-potjie op – dus met drie bene, maar een sentrale vuurmaakplek.

Ep. 5 - Leiers, lugdienste en lang vingers 13.07.2018

Die DinGaan nie werk vir die Zoeloe’s nie, sit die SA terug in SAL, en Suid-Afrika se Korrupsie-Glipsie.

Ep. 4 - Belasting, benaming en bewaring. 06.07.2018

In hierdie episode gesels Daniël, Paul en Hermann Pretorius oor Grahamstad se voorgestelde naamsverandering, die situasie by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se Kommissie van Ondersoek en word daar ‘n argument gemaak vir die bewaring van wild deur kommersiële jag.

Ep. 3 - Kwaksalwery, Kaap-krisisse En Kolisi 29.06.2018

In hierdie episode gesels ons oor die afgelope ruk se aktuele nuusgebeure. Die drie gebeure waarop hierdie episode fokus is die Nasionale Gesondheidsversekering en vrae daar rondom, die DA se huidige uitdagings, spesifiek die uitspraak in die De Lille hofsaak, en die manier waarop Rachel Kolisi, die vrou van Siya Kolisi, op Twitter hanteer is.

Ep. 2 - Die raskaart en Cyril se Penarie 26.06.2018

Ep. 2 - Die raskaart en Cyril se Penarie by Podlitiek

Ep. 1 - Bekendstelling 26.06.2018

Ep. 1 - Bekendstelling by Podlitiek

Lyt til podcasten Podlitiek i Replaio

Radio og podcasts i én app - gratis og uden tilmelding. Installer i dag, og gå ikke glip af lanceringen

Hent den på Google Play

Replaio er ikke podcastudgiver; programmernes navne, coverbilleder og lyd tilhører deres ophavsmænd og distribueres via offentlige RSS-feeds.