Maroela Media
Maroela-onderhoude
Maroela Media gesels met interessante mense in die ateljee.
Husk at besøge podcastens hjemmeside og støtte skaberen: maroelamedia.co.za
Forfatter
Maroela Media
Kategori
Podcastens hjemmeside
Seneste episode
12. okt. 2026
Hvor kan du lytte?
Podcasts i appen Replaio Radio Kommer snartPodcasts kommer snart til appen. Installer nu, og vær den første til at se en helt ny tilgang til podcasts
Episoder
SkoolSlim | Berei ons skole kinders regtig vir die toekoms voor? 05.06.2026 9:12
Is Afrikaanse skole besig om kinders vir môre se werkswêreld voor te berei, of werk ons steeds volgens ʼn model wat vir gister ontwerp is? Maroela Media
Wynand Strydom wil herkoms bewaar met nuwe album 05.06.2026 8:46
“Ek wil mense graag weer herinner aan waar ons vandaan kom. Nie om in die verlede te leef nie – ek dink dit is belangrik om op die toekoms te fokus – maar eerder sodat mense besef dat ons voorouers ons die geleentheid gegee het om te wees wie ons vandag is.” Maroela Media
Carley se musiek word saam met haar groot 05.06.2026 8:13
Carley se jongste enkelsnit, “Wag vir jou”, is meer as net nog ʼn liedjie. Ná haar oorwinning in ʼn talentkompetisie, ʼn droomreis wat wink en selfs ʼn rol in ʼn internasionale huldeblykvertoning, wys die 18-jarige sangeres dat haar musiek saam met haar grootgeword het. Maroela Media
‘Ouers, onderwysers moet in vennootskap werk’ 05.06.2026 35:43
Om kinders groot te maak is nie net ʼn werk vir die skool of ʼn werk vir ouers nie. “Dit is regtig ʼn vennootskap,” sê die onderwysnavorser Johnell Prinsloo in Maroela Media se ateljee. Maroela Media
‘Koop ʼn bakkie’ sing Dassie en Robbie 02.06.2026 6:54
“Bakkies speel ʼn groot rol in die Suid-Afrikaanse kultuur, veral omdat mense se voertuie ʼn deel van hul identiteit uitmaak.” Maroela Media
Sonder Onderbroeke wil ‘alternatief bly’ 29.05.2026 3:45
“Ons is dankbaar vir die vryheid wat ons platemaatskappy ons gee om met ons musiek te eksperimenteer.” Maroela Media
‘Groot voorreg’ vir Skryf’it-wenner wat nou beoordelaar is 29.05.2026 11:35
“Ek het baie mense aangemoedig om vir vanjaar se kompetisie in te skryf, juis omdat die ervaring vir my so waardevol was.” Maroela Media
SkoolSlim | Skoolgereedheid gaan oor meer as ouderdom 28.05.2026 13:02
Jou kind kan dalk al tot 100 tel, maar is hy of sy emosioneel gereed vir die eerste jaar van ʼn skoolloopbaan? Maroela Media
Aanbiddingsfees eersdaags gevier 26.05.2026 13:15
“Elke keer wat ons vir die Here sing, elke keer wat ons ons fokus rig na die troon, sit ons ʼn hemelse kultuur hier op aarde. En soveel te meer in ons eie taal.” Maroela Media
Hoe raak aftrede jou huwelik? 21.05.2026 10:08
“Dis ʼn goeie idee om, voordat julle aftree, behoorlik te gesels oor wat elkeen se verwagtings oor aftrede is, want daar is ʼn groot kans dat die idees nie met mekaar strook nie. Deur dit te bespreek, kan albei se behoeftes in ag geneem word en verseker word dat die paartjie konstruktief besig bly.” Maroela Media
Hoe kies ek ʼn skool vir my outistiese kind? 21.05.2026 22:14
Om die regte skool vir ʼn kind op die outismespektrum te kry, kan ʼn reuse-uitdaging wees as ʼn ouer nie weet waar om te begin nie, sê prof. Suzanne Bester. Maroela Media
‘Vir weer’: Christia Visser se digbundel rou, eerlik 20.05.2026 9:34
Christia Visser het haar jongste digbundel, “Vir weer”, geskryf terwyl sy deur ʼn egskeiding gegaan het. Sy probeer sin maak van verlies, verandering en van voor af begin, en met die digitale bundel deel sy haar “rouste vorm” met luisteraars. Maroela Media
Wanneer een ouer tuisbly: die risiko vir huwelike 14.05.2026 9:21
Die besluit dat een ouer tuisbly om kinders groot te maak, klink vir baie gesinne na die ideale oplossing. Huweliksberader Louise Ehlers waarsku egter dat dié reëling dikwels onbedoelde druk op ʼn huwelik kan plaas. Maroela Media
SkoolSlim | Kwytskelding, skoolgeld en finansiële druk op Afrikaanse skole 08.05.2026 10:22
Skoolgeld bly vir baie Afrikaanse skole die verskil tussen oorlewing en agteruitgang. Tog verstaan ouers nie altyd hoe afhanklik openbare skole van dié inkomste geword het nie. Dít is die fokus van die jongste episode van die #SkoolSlim-podsending waarin dr. Leandie Bräsler van die Skoleondersteuningsentrum met Carl van Rooyen, prokureur en beheerliggaamvoorsitter, gesels oor skoolgeld, kwytskeldi...
SkoolSlim | Hoe bly goeie skole finansieel staande? 06.05.2026 13:01
Afrikaanse skole staan onder toenemende finansiële en regulatoriese druk, terwyl staatssteun afneem en administratiewe vereistes toeneem. In dié episode van "SkoolSlim" gesels dr. Leandie Bräsler met Melanie Buys, hoof van ontwikkeling by die Skoleondersteuningsentrum, oor waarom langtermyn finansiële beplanning noodsaaklik geword het vir skole wat volhoubaar wil bly. Maroela Media
Brug na hoop: Projek gee kinders nuwe kans 30.04.2026 4:37
“By ‘Bemagtig ʼn kind’ bou ons doelbewus ʼn brug wat kinders help om uitdagende omstandighede oor te steek na ʼn toekoms vol hoop, stabiliteit en geleenthede. Ons glo alle kinders verdien ʼn regverdige kans om hulle volle potensiaal te bereik.” Maroela Media
Kan ʼn huwelik herstel ná ʼn buite-egtelike verhouding? 29.04.2026 10:03
“Die moeilikste deel van die proses is om te vergewe en weer vertroue op te bou. Absolute eerlikheid van albei se kant af is ook nodig vir die herstelproses.” Maroela Media
Afrikaanse toppresteerders skitter in SOS se nuwe nasionale ranglys 28.04.2026 10:31
Agter elke matriekpunt skuil ʼn storie van harde werk. Hugo Vermeulen, hoof van opleiding by die SOS, het met Esté Meyer Jansen van Maroela Media gesels oor die erkenning vir die land se top- Afrikaanse matrikulante en uitvind wat hul sukses vir skole en gemeenskappe beteken Maroela Media
‘Help, graad 4 is hier!’ 24.04.2026 22:51
“Graad 4 is dikwels ʼn groter aanpassing as graad 1,” sê Unine Laas, Grondslagfasespesialis by die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum, in Maroela Media se ateljee. Maroela Media
Uitmekaardryf nie einde van huwelik, meen kenner 24.04.2026 6:20
Alle huwelikspare loop die gevaar om mettertyd uitmekaar te dryf, maar volgens ʼn huweliksberader kan dit oorkom word, mits iets ergers nie plaasgevind het nie. Maroela Media
Dirk wys dieper kant met nuwe snit 24.04.2026 7:19
“Ek wil deur die liedjie die hoop bring dat mense in ʼn soortgelyke situasie iemand sal vind wat daardie seer deur liefhê sal laat verdwyn. Ek het nie weer iemand gekry nie, maar ek het dit in God gevind.” Maroela Media
‘Kweek van kleins af ʼn lesertjie’ 23.04.2026 23:40
Maroela Media gesels met Coralie Vermaak, ʼn spraak-en-taalterapeut en oudioloog, oor die belangrikheid om kinders van ʼn jong ouderdom af aan boeke en lees gewoond te maak. Maroela Media
Hettie en Louis Brittz gee hoop vir gesinne in haastige wêreld 02.04.2026 13:37
“God is nie klaar met jou gesin nie, want Hy is steeds besig om dit elke dag te vorm.” Volgens Hettie en Louis Brittz begin dit nie by kitsoplossings nie, maar by wortels van julle verhouding. Die egpaar, wat al meer as drie dekades saam die pad van die huwelik en ouerskap stap, is in Mei terug in Suid-Afrika met nuwe boeke en ʼn vars boodskap van hoop vir elke gesin. Maroela Media
Nuwe vryheid as mens, kunstenaar inspireer Elandré 02.04.2026 16:49
“Ek dink ek is dit aan die mense verskuldig om myself so elke nou en dan ongemaklik te maak. Dit maak ʼn mens beter.” Maroela Media
Marno speel sonder huiwering met klanke, lirieke 30.03.2026 15:49
“Ek hou van die liedjie, want dit klink anders as wat ek nou skryf. Ek weet nie eers of ek nog só skryf nie. Dit is ʼn hele ander styl.” Maroela Media
Lignende podcasts
Replaio er ikke podcastudgiver; programmernes navne, coverbilleder og lyd tilhører deres ophavsmænd og distribueres via offentlige RSS-feeds.