RSG
Vers en Klank
Voorlesings van gedigte, afgewissel met gepaste musiek.
Určitě navštivte web podcastu a podpořte jeho tvůrce: www.rsg.co.za
Kde poslouchat?
Podcasty v aplikaci Replaio Radio Už brzyPodcasty míří do aplikace už brzy. Nainstaluj si ji teď a jako první uvidíš úplně nový pohled na podcasty
Epizody
Vers en Klank 30.10.2018 25:46
In die volgende paar weke se programme gaan ons die alombekende Die Profeet van die digter en filosoof, Kahlil Gibran, as basis en bronteks gebruik en die gedigte rondom die betrokke tema laat sentreer. Hierdie week luister ons na gedigte oor vryheid deur Breyten Breytenbach, Adam Small, Piet de Jager, Stef Bos, Sheila Cussons en Koos du Plessis. Marlo Minnaar is die voorleser.
Vers en Klank 23.10.2018 26:56
In die volgende paar weke se programme gaan ons die alombekende DIE PROFEET van die digter en filosoof, Kahlil Gibran, as basis en bronteks gebruik, en die gedigte rondom die betrokke tema laat sentreer. Vandeesweek luister ons na gedigte oor vreugde en verdriet van Sheila Cussons, Lina Spies, T.T. Cloete, Antjie Krog, Gilbert Gibson, Breyten Breytenbach, Carina Stander, Dolf van Niekerk en 'n lie...
Vers en Klank 16.10.2018 25:49
In die volgende paar weke se programme van VERS EN KLANK gaan ons die alombekende Die Profeet van die digter en filosoof, Kahlil Gibran, as basis en bronteks gebruik. Hierdie week luister ons na gedigte oor die huwelik. Jy kan uitsien na gedigte van Antjie Krog, Danie Marais, Corlia Fourie, M.M. Walters, Elisabeth Eybers, Fanie Olivier en T.T. Cloete. Ronel Geldenhuys en Johann Nel is die voorlese...
Vers en Klank 09.10.2018 27:46
In die volgende paar weke se programme gaan ons die alombekende Die Profeet van die digter en filosoof, Kahlil Gibran, as basis en bronteks gebruik, en die se gedigte rondom die betrokke tema laat sentreer. Hierdie week luister ons na gedigte oor kinders deur Antjie Krog, Jeanne Goosen, Lina Spies, Danie Marais, Carina Stander, Corlia Fourie, Ingrid Jonker en W.E.G. Louw. Rolanda Marais is die voo...
Vers en Klank 02.10.2018 22:29
In die volgende paar weke se programme word die alombekende, Die Profeet, van die digter en filosoof, Kahlil Gibran, as basis en bronteks gebruik. Elke program sal op 'n tema gebaseer wees. Hierdie week begin ons by die Liefde, wat seker maar altyd onderliggend en oorkoepelend is. Daar is gedigte van Adam Small, Lina Spies, I.D. du Plessis, Hans du Plessis, George Weideman, Vincent van der Westhui...
Vers en Klank 25.09.2018 28:38
Iemand het haar tereg beskryf as 'n “national treasure”. Die voormalige aanbieder van Vers en Klank, Margot Luyt, lees haar aller-, aller-, allerbeste gedigte voor van onder andere D.J. Opperman, N.P. van Wyk Louw en Elisabeth Eybers.
Vers en Klank 18.09.2018 23:56
Johann Nel lees vrolike verse.
Vers en Klank 11.09.2018 28:13
Juanita Swanepoel lees haar gunsteling gedigte uit die bundel DIE GEWILDSTE AFRIKAANSE GEDIGTE.
Vers en Klank 04.09.2018 26:30
Johann Nel lees liefdesverse deur mansdigters.
Vers en Klank 28.08.2018 18:59
Martelize Kolver lees verse van Jeanne Goosen uit haar bundel ELDERS AAN DIENS.
Vers en Klank 21.08.2018 23:14
Marcel van Heerden lees verse van Koos du Plessis.
Vers en Klank 14.08.2018 21:18
Juanita Swanepoel lees verse van Elisabeth Eybers.
Vers en Klank 07.08.2018 18:30
Joanie Combrinck lees verse vir, en oor vroue van alle ouderdomme.
Vers en Klank 31.07.2018 26:44
Daniël Hugo lees verse van Jaap Steyn, wat sy 80ste verjaardag in 2018 vier.
Vers en Klank 24.07.2018 24:40
Petru Wessels lees verse van Suid-Afrika se ouer vrouedigters.
Vers en Klank 17.07.2018 26:21
Johann Nel lees ligte verse uit vervloë se dae.
Vers en Klank 10.07.2018 25:27
Ons luister na 'n keur van Margot Luyt se gunsteling gedigte.
Vers en Klank 03.07.2018 19:15
Juanita Swanepoel lees verse uit Wilma Stockenström se bundel, HIERDIE MENS.
Vers en Klank 26.06.2018 24:44
Frieda van den Heever lees verse, wat in haar studentejare, 'n invloed op haar liefde vir verse gehad het.
Vers en Klank 19.06.2018 27:19
Johann Nel lees N.P. van Wyk Louw se gedig, DIE HOND VAN GOD.
Vers en Klank 12.06.2018 26:17
Joanie Combrinck lees verse uit die bundel, DIE MOOISTE AFRIKAANSE LIEFDESGEDIGTE.
Vers en Klank 05.06.2018 26:01
Karen Hougaard lees sonnette van William Shakespeare.
Vers en Klank 29.05.2018 26:57
Daniel Hugo lees verse van N.P. van Wyk Louw.
Vers en Klank 22.05.2018 20:28
Juanita Swanepoel lees verse oor moeders.
Vers en Klank 15.05.2018 26:21
Johann Nel lees ligte verse uit vervloë se dae.
Replaio není vydavatelem podcastů; názvy pořadů, obálky a audio patří jejich autorům a šíří se přes veřejné RSS kanály