RSG

Vers en Klank

Tv AF ↓ Epizody: 762

Voorlesings van gedigte, afgewissel met gepaste musiek.

Určitě navštivte web podcastu a podpořte jeho tvůrce: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Kategorie

Tv

Web podcastu

www.rsg.co.za

Nejnovější epizoda

13. říj 2026

Kde poslouchat?

Podcasty v aplikaci Replaio Radio Už brzy

Podcasty míří do aplikace už brzy. Nainstaluj si ji teď a jako první uvidíš úplně nový pohled na podcasty

Stáhnout z Google Play Nainstaluj zdarma Android téměř 10 mil. stažení · hodnocení 4,8 iOS už brzy

Epizody

Vers en Klank 14.05.2019

Luister na gedigte uit Loftus Marais se nuwe bundel, Jan, Piet, Koos en Jakob. Dit is Marais se derde bundel en hy ontgin opnuut bekende temas uit sy oeuvre: verbruikerskultuur, manlike identiteit, tuis/ontuis wees in Suid-Afrika, met 'n skerp humorsin en visuele ingesteldheid. Die verse word saamgeryg in 'n eenheid van neig na 'n naamlys, na 'n portretuitstalling en selfs na 'n register van herin...

Vers en Klank 07.05.2019

Joanie Combrink lees gedigte uit Marlise Joubert se nuwe bundel, Grondwater. Die bundel is opgedra aan haar moeder, en die meeste van die gedigte hang daarmee saam. Herinneringe en meditasies oor herkoms, identiteit, geboorte, lewe en dood.

Vers en Klank 30.04.2019

Carel Nel en Ronel Geldenhuys lees gedigte wat handel oor Suid-Afrika, in die gees van Vryheidsdag wat gevier is. Daar is gedigte van Pieter Odendaal, Danie Marais, Johann L. Marais, Louis Esterhuizen, Fanie Olivier, Breyten Breytenbach, Antjie Krog en Marlene van Niekerk.

Vers en Klank 23.04.2019

Luister na gedigte wat gaan oor maskers in die vele vorme wat die mens dit dra. June van Merch is die voorleser van gedigte van Charles Fryer, Wilma Stockenström, Lina Spies, Juanita Louw, Ronelda S Kamfer, Loftus Marais, S.J. Pretorius, Clinton V. du Plessis en Charl-Pierre Naude.

Vers en Klank 15.04.2019

Jy word uitgenooi om die reis van die Paradiso, onder die klank van musiek en sang, te onderneem. Il Paradiso is die hoogtepunt van Dante Alighieri se drieledige werk. Hy gebruik van die aangrypendste metafore en vergelykings om sy reis te beskryf. Hy is sonder twyfel een van die briljantste digters ooit. Cas Vos se vertaling is die eerste vertaling daarvan in digvorm in Afrikaans. Hy wend verrass...

Vers en Klank 09.04.2019

Margot Luyt lees gedigte oor herfs van Johann de Lange, Lina Spies, N.P. van Wyk Louw, Koos Kombuis, Clinton V. du Plessis, Martjie Bosman en Cas Vos.

Vers en Klank 02.04.2019

Die godsdiensfilosoof en digter, W.L. van der Merwe, woon in Amsterdam waar hy doseer aan die Vrije Universiteit. Sy debuutbundel Doodmenslik het in 2018 verskyn. Hy vertel van hierdie bundel en lees enkele gedigte daaruit.

Vers en Klank 19.03.2019

Stian Bam lees gedigte wat gaan oor die reënboognasie van die natuur, voëls. Daar is verse van Danie Marais, Boerneef, W.L. van der Merwe, Sheila Cussons, Dolf van Niekerk, Marlene van Niekerk, Johannes van Eeden en Jeanne Goosen.

Vers en Klank 12.03.2019

Pieter van Zyl lees gedigte wat oor die verganklikheid, die broosheid en die letselvatbaarheid van die mens. Daar is gedigte van W.L. van der Merwe, Breyten Breytenbach, Marlise Joubert, Elisabeth Eybers, Ina Rousseau, Lucas Malan en Annette Snyman.

Vers en Klank 05.03.2019

Ons vier die tagtigste verjaardag (op 6 Maart) van Lina Spies, een van Suid-Afrika se bekendste en mees geliefde digters. Anna-Mart van der Merwe lees 'n paar van die gedigte uit haar uitgebreide, ryk oeuvre.

Vers en Klank 26.02.2019

Daneel van der Walt lees gedigte oor die see van Breyten Breytenbach, Uys Krige, Pieter Odendaal, Rene Bohnen, Eckhard Cloete, Lina Spies en Sheila Cussons.

Vers en Klank 19.02.2019

Luister na gedigte wat effe met die maan gepla is, so met die volmaan saam. Erica Wessels is die voorleser van gedigte van Ingrid Jonker, Wilma Stockenström, Sheila Cussons, Marlene van Niekerk, Juanita Louw, DPM Botes, Corne Coetzee en Ilse van Staden.

Vers en Klank 12.02.2019

Ronel Geldenhuys lees gedigte oor grootouers en oudword deur Lina Spies, Wilma Stockenström, Elisabeth Eybers, Joan Hambidge, Gert Vlok Nel, W.L. van der Merwe en Antjie Krog.

Vers en Klank 29.01.2019

Johann Nel lees van sy gunsteling humoristiese verse van A.D. Keet, Ellen Botha, R.K. Belcher en M.M. Walters.

Vers en Klank 22.01.2019

Sophia van Taak is 'n joernalis, skryf kortverhale vir tydskrifte en hou deesdae haar lyf TV-aanbieder. Sy is onlangs aangewys as die wenner van RSG en Sanlam se Radiodramaskryfkompetisie van 2018. Sophia gesels oor van haar gunsteling gedigte en leese werke voor van Antjie Krog, Lina Spies, Pieter Odendaal, Danie Marais, Jeanne Goosen en Sheila Cussons.

Vers en Klank 15.01.2019

Carel Trichardt en Petru Wesels lees gedigte oor reis van Breyten Breytenbach, Corne Coetzee, Koos du Plessis, Corlia Fourie, Stef Bos en Lucas Malan.

Vers en Klank 08.01.2019

Ons belig dans as tema. Andre Weideman en Lindie Stander is die voorlesers van gedigte van Jeanne Goosen, Sheila Cussons, Carel Anthonissen, Piet de Jager, Bibi Slippers en Eugene N. Marais.

Vers en Klank 31.12.2018

Ons vier die aanbreek van die nuwe jaar en dink ook terug aan die oue. Dean Balie is saam met Frieda van den Heever in die ateljee, met sy kitaar. Jy kan uitsien na gedigte van Koos Kombuis, Adam Small, Annie Klopper, Hunter Kennedy, Rene Bohnen, Elmarie Viljoen-Massyn, Alfred Schaffer, Corne Coetzee, Pieter Odendaal en Ina Rousseau.

Vers en Klank 24.12.2018

Vier Kersfees met gedigte van ons grootste digters en musiek van oraloor. Margot Luyt en Dean Balie is die voorlesers. Daar is gedigte van Nathan Trantraal, Antjie Krog, Bernard Odendaal, Diana Ferrus, Sheila Cussons, N.P. van Wyk Louw, Daniel Hugo, W.E.G. Louw, Elisabeth Eybers, R.K. Belcher, Adam Small, Donald Riekert, Francilie Hoek, Eveleen Castelyn, Lina Spies, Jeanne Goosen, Peter Snyders, F...

Vers en Klank 18.12.2018

Ons sluit die reeks af waarin ons die alombekende, Die Profeet, van die digter en filosoof, Kahlil Gibran, as basis en bronteks gebruik. Die gedigte sentreer rondom die tema van EET EN DRINK. Daar is gedigte van Antjie Krog, Hennie Aucamp, N.P. van Wyk Louw, W.E.G. Louw, Sheila Cussons, A.G. Visser, Fanie Olivier, Uys Krige, Marlene van Niekerk en Koos Kombuis. Die voorleser is Susanne Beyers.

Vers en Klank 11.12.2018

Ons tans in 'n reeks waarin ons die alombekende, Die Profeet, van die digter en filosoof, Kahlil Gibran, as basis en bronteks gebruik en die gedigte rondom die betrokke tema laat sentreer. Hierdie week luister ons na gedigte oor WERK van Nathan Trantraal, D.J. Opperman, Peter Snyders, N.P. van Wyk Louw, Jan F.E. Cilliers, Eveleen Castelyn, Jolyn Phillips en Martjie Bosman. Die voorlesers is June v...

Vers en Klank 04.12.2018

Ons is tans in 'n reeks waarin ons die alombekende Die Profeet van die digter en filosoof, Kahlil Gibran, as basis en bronteks gebruik, en die gedigte rondom die betrokke tema laat sentreer. Hierdie week luister ons na gedigte oor gebed van Jan Spies, Jeanne Goosen, Sheila Cussons, N.P. van Wyk Louw, Koos du Plessis, Hans du Plessis, Sarina Dönges, Marlene van Niekerk, Zandra Bezuidenhout en Johan...

Vers en Klank 27.11.2018

In VERS EN KLANK is ons tans in 'n reeks waarin ons die alombekende Die Profeet van die digter en filosoof, Kahlil Gibran, as basis en bronteks gebruik en die gedigte rondom die betrokke tema laat sentreer. Hierdie week luister ons na gedigte oor godsdiens van T.T. Cloete, Coenie de Villiers, George Louw, Loftus Marais, Fourie Botha, Charl-Pierre Naude, Susan Smith, Kobus Lombard en Churchil Naude...

Vers en Klank 20.11.2018

Ons gaan voort met 'n reeks waarin ons die alombekende, Die Profeet, van die digter en filosoof, Kahlil Gibran, as basis en bronteks gebruik, en die gedigte rondom die betrokke tema laat sentreer. Hierdie week luister ons na gedigte oor huise van Breyten Breytenbach, Barend J. Toerien, H.A. Fagan, D.P.M. Botes, Theunis Engelbrecht, Andre le Toit, Jannie Coetzee, Marlise Joubert en Sheila Cussons....

Vers en Klank 06.11.2018

In die volgende paar weke se programme gaan ons die alombekende Die Profeet van die digter en filosoof, Kahlil Gibran, as basis en bronteks gebruik. Hierdie week luister ons na gedigte oor die dood deur Wilma Stockenström, Breyten Breytenbach, Corne Coetzee en N.P. van Wyk Louw. Joanie Combrink is die voorleser.

Poslouchej podcast Vers en Klank v Replaio

Rádio a podcasty v jedné aplikaci - zdarma a bez registrace. Nainstaluj si ji ještě dnes a nepropásni premiéru

Stáhnout z Google Play

Replaio není vydavatelem podcastů; názvy pořadů, obálky a audio patří jejich autorům a šíří se přes veřejné RSS kanály