RSG

Vers en Klank

Tv AF ↓ Epizody: 762

Voorlesings van gedigte, afgewissel met gepaste musiek.

Určitě navštivte web podcastu a podpořte jeho tvůrce: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Kategorie

Tv

Web podcastu

www.rsg.co.za

Nejnovější epizoda

13. říj 2026

Kde poslouchat?

Podcasty v aplikaci Replaio Radio Už brzy

Podcasty míří do aplikace už brzy. Nainstaluj si ji teď a jako první uvidíš úplně nový pohled na podcasty

Stáhnout z Google Play Nainstaluj zdarma Android téměř 10 mil. stažení · hodnocení 4,8 iOS už brzy

Epizody

Vers en Klank 05.11.2019

Die skrywer en digter, musikant, videograaf, fotograaf en klankingenieur Willem S. van der Merwe gesels oor en lees gedigte voor uit sy nuwe bundel, Nuwe Vrese. Daniel Hugo skryf: "Van der Merwe is die troebadoer van die triestigheid, die hofnar van die huwelik, die digter van die droefheid en deernis, die filosoof van die suburbs, die bedrewe goëlaar met beeldspraak en meerduidigheid, die slinkse...

Vers en Klank 29.10.2019

Luister na gedigte uit 'n nuwe bundel, Vandag is boordensvol - Pablo Neruda in Afrikaans, vertaal deur De Waal Venter. Dis onlangs uitgegee deur Naledi. Charl-Pierre Naude skryf: "Die Afrikaanse gevoels- en dinkwêreld word met hierdie bundel vertalings eindeloos verruim." Nic de Jager lees van Neruda se mooiste vertaalde gedigte voor.

Vers en Klank 22.10.2019

Pieter van Zyl lees gedigte oor TYD EN EWIGHEID deur Nini Bennett, Wilma Stockenström, Daniel Hugo, Clinton V. du Plessis, Jan de Bruyn, Cas Vos en Corne Coetzee.

Vers en Klank 15.10.2019

Susanne Beyers lees verse oor die landskap van die Karoo. Daar is gedigte van D.J. Opperman, NP van Wyk Louw, Lou-Ann Stone, Sydda Essop, Dolf van Niekerk, Breyten Breytenbach, Louis Esterhuizen, Cas Vos, Corlia Fourie en Ernst van Heerden.

Vers en Klank 08.10.2019

Wêreld Sigdag word hierdie week gevier, en ons luister na gedigte wat gaan oor oë en om te kan sien, of nie te kan sien nie. Lise-Mari van Wyk, 'n neëntienjarige blinde vrou, lees die verse (in braille) voor. Jy kan uitsien na gedigte van Petra Müller, Sheila Cussons, Lina Spies, Cas Vos, Zandra Bezuidenhout en Wilma Stockenström.

Vers en Klank 01.10.2019

Luister na gedigte oor die omgewing en die mens se ekologiese voetspoor, in die gees van Sint Franciscusdag. Charlton George is die voorleser van gedigte deur Cas Vos, Pieter Odendaal, Elisabeth Eybers, Eveleen Castelyn en Wilma Stockenström.

Vers en Klank 23.09.2019

Luister na gedigte oor die hart, in die gees van Wêreld Hartdag wat hierdie week gevier word. Waldemar Schultz lees verse van Breyten Breytenbach, Rosa Keet, Abraham Fouche, Theunis Engelbrecht, Joan Hambidge, Gilbert Gibson, I.L. de Villiers en Fanie Olivier.

Vers en Klank 17.09.2019

Ons vier Breyten Breytenbach se 80e verjaardag. Digter, skrywer, denker, skilder, akademikus en letterkundige, dramaturg, wêreldburger, aktivis, vryheidsvegter, uitgewekene, ingeperkte, BB Lasarus, Janblom, Jan Afrika, en soos 'n artikel in die New Yorker in November 1993 se opskrif lui: "An Afrikaner Dante". Die program is gevul met van sy mooiste verse wat Dawid Minnaar voorlees, en daar is toon...

Vers en Klank 10.09.2019

Corne Coetzee se debuutbundel, wat in 2017 uitgegee is en in dieselfde jaar benoem is vir die Ingrid Jonker-prys, bevat verskeie temas, maar is veral deurspek met voorbeelde van die vrou se ervaringswêreld – hetsy haar daaglikse taakverrigting in en om die huis, haar rol as dogter, as moederlike figuur of as geliefde. Sy put uit die eietydse, veeldimensionele wêreld om haar, die groei en verbrokke...

Vers en Klank 03.09.2019

Die digter en vertaler, Daniel Hugo, gesels oor, en lees gedigte voor uit die nuwe bundel wat hy vertaal het, Die Trouservies. Die oorspronklike bundel is geskryf deur Benno Barnard, 'n Nederlandse skrywer van 'n veelstydige oeuvre wat poësie, prosa, essays, toneeltekste en vertalings insluit. Die digter se tegniese vernuf is klinkklaar, en Hugo se teksgetroue en soepel vertaling is merkwaardig.

Vers en Klank 27.08.2019

Margot Luyt lees gedigte oor verliese en die gemis en verlange wat dit meebring. Daar is gedigte deur George Weideman, Daniel Hugo, AD Keet, Johann de Lange, Clinton V. du Plessis en Petra Müller.

Vers en Klank 20.08.2019

Erica Wessels lees gedigte oor drome deur Johann de Lange, Breyten Breytenbach, Joan Hambidge, Jeanne Goosen, Wilma Stockenström, Ernst van Heerden en N.P. van Wyk Louw.

Vers en Klank 13.08.2019

Johann Nel lees gedigte oor woorde, in die gees van Taaldag wat op 14 Augustus gevier word. Daar is gedigte deur N.P van Wyk Louw, C. Louis Leipoldt, Boerneef, W.E.G. Louw, Wilma Stockenström, Erns Grundling, Breyten Breytenbach, J.C. Steyn, P.H. Roodt, Elisabeth Eybers en Zandra Bezuidenhout.

Vers en Klank 06.08.2019

Juanita Swanepoel lees gedigte oor of deur vroue in verskillende fases van hulle lewe. Jy kan uitsien na gedigte deur Elisabeth Eybers, Ina Rousseau, Susan Smith, Dirk Winterbach, Breyten Breytenbach, Marlise Joubert en Antjie Krog.

Vers en Klank 30.07.2019

Luister na gedigte uit die ou bekende, steeds gewilde bundel van Philip de Vos: Karnaval van die diere. De Klerk Oelofse is die voorleser. Die bundel is in 1998 uitgegee en die omslag sê: die onheilige tweeling - die versiemaker Philip de Vos en die kunstenaar Piet Grobler het saam 'n boek gemaak vir kinders van alle ouderdomme (en natuurlik hulle ouers ook).

Vers en Klank 23.07.2019

Petru Wessels en Carel Trichardt lees gedigte oor SLAAP van Juanita Louw, Breyten Breytenbach, Elisabeth Eybers, Jolyn Philips, Marie Blomerus, Lucas Malan, Olga Kirsch, Sheila Cussons en D.F. Malherbe.

Vers en Klank 16.07.2019

Anrich Herbst lees gedigte oor stilte van M.M. Walters, Dolf Myburg, W.E.G. Louw, Kobus Lombard, Gilbert Gibson, Nini Bennett, Barend J. Toerien en Breyten Breytenbach.

Vers en Klank 09.07.2019

Luister na gedigte oor musiek van Jolyn Philips, Bibi Slippers, W.L. van der Merwe, T.T. Cloete, Loftus Marais, Ilse van Staden, Marlene van Niekerk, Jeanne Goosen, Sheila Cussons en Johann de Lange, soos voorgelees deur Tinarie van Wyk Loots.

Vers en Klank 02.07.2019

Chris van Niekerk lees gedigte voor oor DONKER EN LIG. Die werk van Tessa Louw, Daniel Hugo, Christine Barkhuizen-le Roux, Antjie Krog, Nini Bennett, Johann de Lange en Breyten Breytenbach kan gehoor word.

Vers en Klank 25.06.2019

Jy kan luister na gedigte in die vorm van BRIEWE. Albert Maritz lees gedigte voor van T.T. Cloete, Breyten Breytenbach, Cas Vos, Marlise Joubert, Louis Esterhuizen, J.C. Steyn, Petra Müller, Marius Crous en Sarina Dönges.

Vers en Klank 18.06.2019

Kom luister na gedigte wat handel oor die JEUG. Dean Balie lees gedigte voor van Clinton V. du Plessis, Jeanne Goosen, Ronelda Kamfer, Corlia Fourie, Antjie Krog en Ilse van Staden.

Vers en Klank 11.06.2019

Ons luister na gedigte oor VADERS. Martelize Kolver is die voorleser met enkele voorlesings deur Chris van Niekerk en Dean Balie.

Vers en Klank 04.06.2019

Kom luister na gedigte wat gaan oor die diereryk en die verwondering wat digters noop om oor diere te dig. Amor Tredoux is die voorleser.

Vers en Klank 28.05.2019

Luister na gedigte uit Pieter Odendaal se debuutbundel, Asof geen berge ooit hier gewoon het nie, wat verlede jaar verskyn het en benoem is vir die UJ se 2019-debuutprys. Dis 'n opwindende en verweefde bundel uit hierdie jong digter se pen. Met 'n eietydse aanslag skryf Odendaal oor politiek, identiteit, ons ekologiese voetspoor, verganklikheid en menswees. Die digter vertel meer van die bundel en...

Vers en Klank 21.05.2019

Waldemar Schultz lees gedigte uit Johannes van Eeden se debuutbundel DIE VAL. Dit bevat verrassende poësie met min vergelykbare tekste in die Afrikaanse lettere. Dit is 'n kort bundel met dringende verse en titulêre temas van verval wat die leser by intens persoonlike landskappe intrek. Elke Afrikaanse gedig sluit ook die Engelse vertaling daarvan in.

Poslouchej podcast Vers en Klank v Replaio

Rádio a podcasty v jedné aplikaci - zdarma a bez registrace. Nainstaluj si ji ještě dnes a nepropásni premiéru

Stáhnout z Google Play

Replaio není vydavatelem podcastů; názvy pořadů, obálky a audio patří jejich autorům a šíří se přes veřejné RSS kanály