RSG
RSG Kuns
Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.
Určitě navštivte web podcastu a podpořte jeho tvůrce: www.rsg.co.za
Kde poslouchat?
Podcasty v aplikaci Replaio Radio Už brzyPodcasty míří do aplikace už brzy. Nainstaluj si ji teď a jako první uvidíš úplně nový pohled na podcasty
Epizody
RSG Kuns 04.07.2017 57:47
'n Regstreekse uitsending van die Innibos fees
RSG Kuns 27.06.2017 12:32
Rhode Snyman gesels oor vanjaar se Klein Karoo Klassique wat tussen 11 en 13 Augustus 2017 in Oudtshoorn plaasvind.
RSG Kuns 27.06.2017 5:56
Die kunstenaar, Katie du Toit, gesels oor die uitstalling, Op my mou, wat te sien is by die MOK galery in Stellenbosch.
RSG Kuns 27.06.2017 8:48
The Mystery of Irma Vep is in Johannesburg en die Kaap te sien. Die regisseur, Elizma Badenhorst, en die komponis, Wessel Odendaal, gesels oor díe “vreemde” toneelstuk.
RSG Kuns 27.06.2017 8:36
'What remains' is 'n nuwe toneelstuk deur die veelbekroonde Nadia Davids. Dit debuteer by die Nasionale Kunstefees op Grahamstad en direk daarna volg 'n kort speelvak ook in Kaapstad. Johan van Lill gesels met die regisseur en choreograaf, Jay Pather, en van die spelers tydens een van hul repetisies.
RSG Kuns 27.06.2017 6:17
Ilse Klink en Zak Hendrikz kuier in die ateljee en gesels oor Puss in Boots.
RSG Kuns 20.06.2017 4:59
Hanli Stapela vertel van die Johannesburg Bach Koor se uitvoering in Junie.
RSG Kuns 20.06.2017 3:07
Ons hoor op Sondae-oggende die 20 jarige Jumaine M Hansen se stem wanneer hy Bybelkinderstories voorlees. Jumaine is onlangs gekies om Suid-Afrika in Los Angeles by die World Championship for Performing Arts te verteenwoordig. Lizelle de Bruin het gaan uitvind waar sy liefde vir drama vandaan kom.
RSG Kuns 20.06.2017 11:53
Carl Jeppe bied figuurstudie-klasse aan, en sy studente se werk is tans te sien in die uitstalling, For the love of drawing.
RSG Kuns 20.06.2017 8:04
Johan van Lill het by Margit Meyer-Rodenbeck meer gaan uitvind oor alles wat tans in die bekende Die Boer-teaterrestaurant in Durbanville aan die gang is. Hy het ook sommer gehoor waarby sy betrokke sal wees tydens die Innibos en Vrystaat Kunstefees.
RSG Kuns 13.06.2017 14:31
Christelle Webb-Joubert gesels met Johny Klein oor sy rol in Fiela se kind, asook die produksie, Flennie die snare, wat vanjaar by Innibos in Nelspruit te sien is.
RSG Kuns 13.06.2017 5:30
Martin Headger gesels met Andre Odendaal, die regisseur van Karel se Oupa, wat te sien is by die Markteater in Johannesburg.
RSG Kuns 13.06.2017 10:52
Christelle Webb-Joubert kuier by Edrien Erasmus en vind meer uit oor haar eenvrou-vertoning, Ontbloot.
RSG Kuns 13.06.2017 6:41
Charl du Plessis en Trio se album, Baroqueswing Volume 2, is onlangs aangewys as die SAMA wenners vir die beste klassieke/instrumentale album. Die trio is bekend vir hulle crossover-styl tussen jazz en klassieke musiek. Crossover is 'n genre wat oor die algemeen blyk of dit gewild kan wees onder Suid-Afrikaners, maar tog is sommige kunstenaars huiwerig om hulle musiek klassieke crossover te noem....
RSG Kuns 13.06.2017 10:09
Kirvan Fortuin het in Maccassar in die Kaap grootgeword en het op 13 begin dans. Tans woon hy in Rotterdam in Nederland, waar hy as 'n uiters talentvolle choreograaf uitstaan. Hy is tans op besoek aan Suid-Afrika en Johan van Lill het met hom gesels oor een van sy werke wat in die Kunstekaap-teater uitgevoer is.
RSG Kuns 06.06.2017 6:33
Christelle Webb-Joubert gesels met Lizanè Basson oor die toneelslypskool wat in Julie by die Roodepoort teater plaasvind.
RSG Kuns 06.06.2017 10:21
Christelle Webb-Joubert gesels met die pianis, Grethe Nöthling, oor die Vrystaat Simfonieorkes se opkomende konsert.
RSG Kuns 06.06.2017 11:59
Die kunstenaar, Anna-Carien Goosen, neem jou deur haar uitstalling, “ ... and then one day the ground shifted.”
RSG Kuns 06.06.2017 7:52
Johan van Lill gesels met Robin van Wyk oor die splinternuwe ballet, The Earthwalker, wat te sien is by die Kunstekaap in Kaapstad.
RSG Kuns 06.06.2017 6:31
Johan van Lill vind meer uit oor Louis Viljoen se nuwe toneelstuk, The Eulogist, wat te sien is by die Fugard teater in Kaapstad.
RSG Kuns 30.05.2017 5:38
Die Kaapstad Filharmoniese Orkes se seisoen begin op die 8ste Junie. Johan van Lill gesels met Louis Heyneman oor hulle al planne.
RSG Kuns 30.05.2017 5:43
Colleen Naude gesels verder oor vanjaar se konserte by die FynArts-fees in Hermanus.
RSG Kuns 30.05.2017 14:16
Winterslaap is 'n besondere uitstalling deur Henk Serfontein. Dit beeld die digter, Wilma Stockenström uit waar sy in verskillende posisies slaap. Johan van Lill vind meer uit.
RSG Kuns 23.05.2017 8:52
Lizelle de Bruin het agter die skerms by die nuwe musiekspel Tiger Bay in Kaapstad gaan inloer.
RSG Kuns 23.05.2017 7:00
Cecile Blevi vertel van die MOK gallery in Stellenbosch, 'n pragtige galeryspasie met 'n ryk geskiedenis.
Podobné podcasty
Replaio není vydavatelem podcastů; názvy pořadů, obálky a audio patří jejich autorům a šíří se přes veřejné RSS kanály