RSG
RSG Kuns
Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.
Určitě navštivte web podcastu a podpořte jeho tvůrce: www.rsg.co.za
Kde poslouchat?
Podcasty v aplikaci Replaio Radio Už brzyPodcasty míří do aplikace už brzy. Nainstaluj si ji teď a jako první uvidíš úplně nový pohled na podcasty
Epizody
Johannesburg Filhamonies sit lentekonserte voort 01.11.2022 3:13
Terrance April vertel van Johannesburg Filharmonies se derde konsert in hulle lenteseisoen.
Twee Brahms-werke by Aardklop Aubade 01.11.2022 4:35
Die volgende Aardklop Aubade in Pretoria vind plaas op Sondag 6 November. Die pianis, dr. Charl du Plessis, vertel van dié konsert saam met die Odeion-strykkwartet, waarin hulle twee werke van Brahms uitvoer. Hulle is ‘n week later ook te sien in Johannesburg.
Die dag toe Guppie sweef 01.11.2022 5:31
Die dag toe Guppie sweef is 'n kinderteaterproduksie in die Kaap. Die skrywer en regisseur, Alberto Smit, vertel meer.
Lig van Waarheid 01.11.2022 12:08
Komponis Franco Prinsloo vertel van Lig van Waarheid, ‘n splinternuwe kersoratorium.
Nina Schumann se Rapsodie in Blou 01.11.2022 7:16
Nina Schumann is een van Suid-Afrika se beste pianiste, wat plaaslik en internasionaal haar merk gemaak het. Sy is nie net ‘n konsertpianis nie, maar ook dosent in klavier, en begeleier van bekende sangers, soos die mezzosopraan, Michelle Breedt. Terrance April het met Nina gesels na afloop van ‘n uitvoering wat sy gegee het van Gershwin se Rapsodie in Blou, saam met die Johannesburg Filharmoniese...
Eric Nobbs 1954 - 2022 01.11.2022 17:10
Die akteur Eric Nobbs is op 23 Oktober 2022 skielik oorlede. Daar word hulde aan hom gebring. Ons luister na twee argiefonderhoude met hom uit 1993 en 2002. Jy kan ook luister na uittreksels uit Radioteater waarin hy gespeel het, nl. Paspoort na die onbekende (1993), Hoe meer hond hoe minder haas (1993) en Seun van die daeraad (1995).
Alexa Strachan - die vrou agter die fees 25.10.2022 20:18
Alexa Strachan is die feesbestuurder van Aardklop. Christelle Webb-Joubert leer ken die vrou agter die fees.
Uitstallings by Rust-en-Vrede galery 25.10.2022 11:33
Kurator Hamlin Jansen van Vuuren vertel watter uitstallings tans te sien is by die Rust-en-Vrede galery in Durbanville.
Soné Combrinck oor Franci Swanepoel 25.10.2022 5:53
Daar word hulde gebring aan die aktrise Franci Swanepoel wat olangs oorlede is. Die vervaardiger, Soné Combrinck, vertel hoe sy haar sal onthou.
Johannesburg Filharmoniese Orkes se tweede lentekonsert 25.10.2022 2:49
Terrance April vertel van die Johannesburg Filharmoniese Orkes se tweede konsert in hulle lenteseisoen.
Deon Opperman oor Franci Swanepoel 25.10.2022 3:08
Daar word hulde gebring aan die aktrise Franci Swanepoel wat olangs oorlede is. Die dramaturg, vervaardiger en regisseur, Deon Opperman, vertel hoe hy haar sal onthou.
The Lesson 25.10.2022 6:39
Terrance April gesels met aktrise Fiona Ramsay oor die toneelstuk, The Lesson. Hierdie stuk is ‘n goeie voorbeeld van absurde teater.
Johannesburg Filharmonies se lenteseisoen begin 18.10.2022 2:34
Terrance April vertel van die Johannesburg Filharmoniese Orkes se eerste konsert in hulle lenteseisoen.
Vrystaat Klank en Klassik 2022 18.10.2022 17:53
Dit is tyd vir die Vrystaat Klank en Klassik in Bloemfontein. Die kurator, Elretha Britz, vertel waarna gehore kan uitsien.
Uit die argief: Paul de Groot 18.10.2022 15:35
In ‘n klankgreep uit 1950, word daar gesels oor Paul de Groot, ‘n baanbreker van die Afrikaanse rondreisende toneel in Suid-Afrika.
Hermien van der Merwe se uitstallings en werkswinkels 18.10.2022 3:22
Kunstenaar Hermien van der Merwe vertel van haar uitstallings en werkswinkels in Oktober.
The ABBA Show - A Cinderella Story 18.10.2022 7:18
Mzansi Ballet se produksie, The ABBA Show - A Cinderella Story, toer deur die land. Dirk Badenhorst vertel waar hulle oral te sien is.
Liesbeth Schlomberger-meesterklasse 11.10.2022 21:31
Prof. Liesbeth Schlomberger is in Suid-Afrika gebore, maar gee deesdae klas in Frankryk. Christelle Webb-Joubert kuier saam met die orrelis, wat in Augustus meestersklasse hier kom aanbied het.
Keiskamma-kunsprojek 11.10.2022 13:39
Twee-en-twintig Jaar gelede het ‘n mediese dokter, Carol Hofmeyer na die Oos-Kaap verhuis om daar af te tree. Ssy het dadelik die nood van die gemeenskap daar gesien, en besluit om saam met ‘n handjievol ondersteuners ‘n kunsprojek te begin. Terrance April het met haar en kunskenner Sandra Dodgen gesels oor die projek en uitstalling wat tans te sien is.
Mutton Hour 11.10.2022 9:14
Mutton Hour is ‘n poging deur verskeie rolspelers om weer lewe te blaas in huisteater. Die aktrise en vervaardiger Cintaine Schutte verduidelik.
Uitstallings by Breytenbachsentrum 11.10.2022 5:35
Na die pas afgelope Tuin van Digters kan die publiek steeds gaan kyk na twee uitstallings by die Breytenbachsentrum in Wellington.
Cape Consort voer werke van Hans Huyssen uit 04.10.2022 13:31
Van werke van komponis Hans Huyssen is te hoor in ‘n konsert deur Cape Consort op 9 Oktober in Kaapstad. Hy gesels oor sy werk en sy komposisieproses.
Six in a boat 04.10.2022 7:29
Nataniël vertel vir Christelle Webb-Joubert van sy nuwe produksie, Six in a boat.
Tim Kliphuis se komposisies 04.10.2022 8:29
Christelle Webb-Joubert gesels met die Nederlandse violis Tim Kliphuis oor twee van sy komposisies.
The beauty queen of Leenane 04.10.2022 6:57
Terrance April gesels met Jennifer Steyn, wat te sien is in The beauty queen of Leenane by Theatre on the Square in Sandton.
Podobné podcasty
Replaio není vydavatelem podcastů; názvy pořadů, obálky a audio patří jejich autorům a šíří se přes veřejné RSS kanály