RSG

RSG Kuns

Arts AF ↓ Epizody: 2959

Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.

Určitě navštivte web podcastu a podpořte jeho tvůrce: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Kategorie

Arts

Web podcastu

www.rsg.co.za

Nejnovější epizoda

29. zář 2026

Kde poslouchat?

Podcasty v aplikaci Replaio Radio Už brzy

Podcasty míří do aplikace už brzy. Nainstaluj si ji teď a jako první uvidíš úplně nový pohled na podcasty

Stáhnout z Google Play Nainstaluj zdarma Android téměř 10 mil. stažení · hodnocení 4,8 iOS už brzy

Epizody

Annelise Vorster-Meyer se huisgalery 21.11.2023

Kunstenaar Annelise Vorster-Meyer vertel van hulle huis op Loxton, waar sy ook haar galery bedryf. Sy vertel dat sy steeds skilder, in weerwil van swak sig.

Palissander Kamerkoor - Kaleidoscope, everchanging journey 14.11.2023

Uit hoeveel lede bestaan ‘n kamerkoor? Dirigent Saritha Hauptfleisch van die Palissander Kamerkoor beantwoord die vraag. Sy vertel ook van hulle reis na Portugal, en hoe dit hulle huidige konsert geïnspireer het.

Peter Pan-pantomime in Johannesburg 14.11.2023

Terrance April was by die jaarlikse pantomime by die Joburg Theatre, en het met twee van die akteurs, David Johnson en Inge Breytenbach, gesels.

Sense of Place - Hanneke Benade 14.11.2023

Kunstenaar Hanneke Benade gesels oor haar uitstalling, Sense of Place. Vir die eerste keer plaas sy haar figure binne ‘n landskap.

Caleb Swanepoel in A midsummer night’s dream 07.11.2023

Caleb Swanepoel het in 2015 sy een been verloor in ‘n haaiaanval. Hy is tans te sien in Shakespeare se A midsummer night’s dream. Hy vertolk die rol van Puck, en hy doen dit sonder sy prostese of krukke.

Willie van Rensburg - Ceramics 07.11.2023

Kunstenaar Willie van Rensburg vertel van sy uitstalling, Ceramics.

Rocco de Villiers en James Grace in Nights in November 07.11.2023

Pianis Rocco de Villiers en kitaarspeler James Grace verskil soos dag en nag. Rocco vertel hoe hulle saam op die verhoog beland het.

Nkoli - The Vogue Opera 07.11.2023

Philip Miller het ‘n nuwe opera gekomponeer, Nkoli - The Vogue Opera. Terrance April het een van die repetisies bygewoon.

Amalezulu 31.10.2023

Amalezulu is ‘n koorproduksie waarin Zoeloegedigte getoonset is. Terrance April gesels met die komponis, Pieter Bezuidenhout. en die dirigent. Charlotte Botha. oor die produksie.

Lisa se klavier nou 'n musiekspel 31.10.2023

Lisa se klavier is ‘n nuwe musiekspel waarin die storie vertel word deur bekende en gewilde Afrikaanse musiek. Marlee van der Merwe vertel meer.

Kostuumontwerper oor The murder of the murder of Roger Ackroyd 31.10.2023

Marna Wright het vir jare trourokke gemaak, maar ontwerp en maak deesdae kostuums vir ‘n amateurteatergeselskap. Sy vertel van The murder of the murder of Roger Ackroyd wat te sien is by The Masque in Kaapstad.

Saartjie van die Woordfees 31.10.2023

Saartjie Botha is die feesdirekteur van die Woordfees. Christelle Webb-Joubert leer ken die mens agter die fees.

Johannesburg Filharmonies se nuwe seisoen 24.10.2023

Die slagwerkinstrumentalis. Magda de Vries. vertel van die Johannesburg Filharmoniese Orkes se volgende seisoen.

Sasol Nuwe Handtekeninge 2023 24.10.2023

Cate Terblanche, een van die beoordelaars van die Sasol Nuwe Handtekeninge-kompetisie, vertel van vanjaar se wenwerke.

Whispers in the Corridors in ou tronk opgevoer 24.10.2023

Terrance April gesels met die dramaturg en regisseur, Stephanie Jenkins, oor WHISPERS IN THE CORRIDORS, wat aangebied word in ‘n geskiedkundige vrouetronk.

Johan Kelber oor wat musiekverwerking en Lisa se klavier 17.10.2023

Die pianis, musiekregisseur, vervaardiger en verwerker, Johan Kelber, gesels oor wat verwerking behels, en die nuwe musiekspel, Lisa se klavier.

Musiek en identiteit 17.10.2023

Carmen Traut vertel van ‘n virtuele uitstalling, aangebied deur die musiekdepartement van die Universiteit van Kaapstad.

Mari Borstlap oor La Traviata 17.10.2023

Terrance April gesels met regisseur Mari Borstlap oor die opera, La Traviata, en hoe sy dié bekende opera benader het.

George Ballot 1946 - 2023 17.10.2023

Ons bring hulde aan die akteur, George Ballot, wat bekend is vir sy rol as Skollie in die destydse TV-reeks, Vyfster.

Foxwoodfees 2023 10.10.2023

Pieter de Vos, medestigter van die Foxwoodfees in Johannesburg, gesels oor van die hoogtepunte by vanjaar se fees.

Wat gebeur by MOK-galery? 10.10.2023

Cecile Blevi van MOK-galery buite Stellenbosch, vertel van die werkswinkels en uitstallings wat voorlê by die galery.

Rust-en-vrede-portretkompetisie 10.10.2023

Kurator Donavan Mynhardt gesels oor die wenwerke van die portretkompetisie, aangebied deur die Rust-en-vrede Galery in Durbanville.

Requiem: Journeys of the soul 10.10.2023

Dane Hurst, regisseur van Requiem: Journeys of the soul vertel hoe die bekende musiekgenre uitgebeeld word deur dans. 

Arjan Tien gesels oor dirigeerkuns 03.10.2023

Terrance April gesels met die Nederlandse dirigent, Arjan Tien, oor dirigeerkuns.

De Klerk Oelofse in twee produksies by Aardklop en Woordfees 03.10.2023

De Klerk Oelofse is te sien in twee produksies by Aardklop en die Woordfees. Hy vertel van ‘n Akkerboom, en Braam en die engel. 

Poslouchej podcast RSG Kuns v Replaio

Rádio a podcasty v jedné aplikaci - zdarma a bez registrace. Nainstaluj si ji ještě dnes a nepropásni premiéru

Stáhnout z Google Play

Replaio není vydavatelem podcastů; názvy pořadů, obálky a audio patří jejich autorům a šíří se přes veřejné RSS kanály