RSG
Middagvervolgverhaal
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Určitě navštivte web podcastu a podpořte jeho tvůrce: www.rsg.co.za
Kde poslouchat?
Podcasty v aplikaci Replaio Radio Už brzyPodcasty míří do aplikace už brzy. Nainstaluj si ji teď a jako první uvidíš úplně nový pohled na podcasty
Epizody
LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 9 08.06.2018 13:09
Jaap en Mieta besef hulle dogter sal kortgevat moet word. Sybrand spreek sy misnoeë uit oor Willa se onwilligheid om dorp toe te trek.
LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 8 07.06.2018 12:58
Henning daag by Johanna se ouerhuis op die plaas Langvlei op, maar word wreed ontnugter. Jaap en Mieta, Johanna se ouers, leer ken met skok 'n sy van hulle ingetoë dogter waarvan hulle nie bewus was nie.
LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 7 06.06.2018 13:05
Gert en Sybrand se rusie by ma Willa se opstal word op die spits gedryf. Henning deel sy droom met Nonnie om by Johanna te gaan kuier.
LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 6 05.06.2018 12:56
Sybrand se ewe hardvogtige, bejaarde moeder, is in gesprek met haar huishulp en vertroueling, Nonnie, oor Sybrand se pogings om haar van die plaas af te kry, sodat hy in volle beheer daarvan kan wees. Dan daag haar skoonseun, Gert, op met 'n rits klagtes.
LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 5 04.06.2018 12:49
Jannewarie deel sy insig oor Sybrand met Henning. Sybrand beskuldig Betta daarvan dat sy en Henning saamspan om hom van sy besitting (die plaas en sy ideale gekoppel daaraan) te ontneem.
LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 4 01.06.2018 12:10
Henning is besig om met 'n ou, uitgediende eenskaarploeg te sukkel. Sybrand se poging om sy vernuf as ondernemende, praktiese boer aan sy seun te demonstreer, misluk.
LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 3 31.05.2018 13:00
Na aandete is Henning in sy kamer besig om na 'n foto van Johanna, sy droommeisie van die buurplaas, Langvlei, te kyk voor hy aan die slaap raak en van haar droom. Hy word egter ru wakkergemaak, en die gebeure wat daarop volg, lei tot die begin van 'n onafwendbare afwaartse spiraal in sy verhouding met sy hardvogtige vader.
LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 2 30.05.2018 12:00
Sybrand neem Jannewarie in sy vertroue oor 'n paar sake rakende die plaasopset. Henning lug sy frustrasie teenoor sy ma oor die neerdrukkende atmosfeer in die huis.
LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 1 29.05.2018 10:57
Ontmoet die inwoners van die plaas Boskloof: Die geharde pa, Sybrand; sy gebroke vrou, Betta; hulle twintigjare seun, Henning; en die skaapwagter en vertroueling, Jannewarie. Daar heers groot opwinding want 'n wilde vosperd moet ingebreek word. Die gebeure lei tot groot onmin in die reeds gespanne huishouding.
BURE deur Mari Snyman - Episode 60 (slot) 28.05.2018 13:57
Albert vertel uiteindelik die waarheid vir Mathilda.
BURE deur Mari Snyman - Episode 59 25.05.2018 13:21
Mathilda is onseker of sy wil weet hoekom Jurg die grond aan Albert verkoop het.
BURE deur Mari Snyman - Episode 58 24.05.2018 13:51
Dita maak haar hart oop teenoor Brendan oor haar diepste geheim.
BURE deur Mari Snyman - Episode 57 23.05.2018 12:15
Werner besluit om Marlene se wense te verontagsaam.
BURE deur Mari Snyman - Episode 56 22.05.2018 12:57
Brendan kry die skok van sy lewe.
BURE deur Mari Snyman - Episode 55 21.05.2018 12:52
Dita staan haar man teen 'n swendelaar.
BURE deur Mari Snyman - Episode 54 18.05.2018 12:58
Johannes soek toenadering by Mathilda.
BURE deur Mari Snyman - Episode 53 17.05.2018 12:59
Dita ontmoet 'n nuwe man.
BURE deur Mari Snyman - Episode 52 16.05.2018 13:14
Mathilda en Marlene stamp opnuut koppe.
BURE deur Mari Snyman - Episode 51 15.05.2018 12:54
Johannes verwyt Mathilda, en beskuldig haar van onverdraagsaamheid.
BURE deur Mari Snyman - Episode 50 14.05.2018 13:19
Mathilda en Albert ontvang ontstellende nuus oor Buksie.
BURE deur Mari Snyman - Episode 49 11.05.2018 13:08
Marlene loop 'n bloutjie by Mathilda.
BURE deur Mari Snyman - Episode 48 10.05.2018 12:52
Dita laat haar nie onderkry nie, en skep nuwe moed.
BURE deur Mari Snyman - Episode 47 09.05.2018 14:08
Albert tree in die bresse vir Mathilda.
BURE deur Mari Snyman - Episode 46 08.05.2018 13:18
Mathilda waarsku Dita om nie halsoorkop op te tree nie.
BURE deur Mari Snyman - Episode 45 07.05.2018 12:01
'n Onverwagse ongenooide gas daag by Albert se partytjie op.
Podobné podcasty
Replaio není vydavatelem podcastů; názvy pořadů, obálky a audio patří jejich autorům a šíří se přes veřejné RSS kanály