RSG

Middagvervolgverhaal

Arts AF ↓ Epizody: 3040

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Určitě navštivte web podcastu a podpořte jeho tvůrce: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Kategorie

Arts

Web podcastu

www.rsg.co.za

Nejnovější epizoda

14. říj 2026

Kde poslouchat?

Podcasty v aplikaci Replaio Radio Už brzy

Podcasty míří do aplikace už brzy. Nainstaluj si ji teď a jako první uvidíš úplně nový pohled na podcasty

Stáhnout z Google Play Nainstaluj zdarma Android téměř 10 mil. stažení · hodnocení 4,8 iOS už brzy

Epizody

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 33 12.07.2018

Johanna moet haar woorde tel om Mieta in die duister te hou oor haar ontmoeting met Henning. Jannewarie moet bontstaan om Henning se vrae oor die skielike water in Sybrand se waterkuile te ontduik. Johanna wil by Henning weet hoekom Betta so ongelukkig is.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 32 11.07.2018

Jaap se gesprek met Mieta oor die goeie hoedanighede van Jannie Kriek word kortgeknip toe hy die water in Sybrand se waterkuile sien blink. Henning en Johanna ontmoet skelm op die plek waar hulle afgespreek het.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 31 10.07.2018

Sybrand voer 'n gevaarlike plan in die mou. Jaap en Mieta probeer Johanna se belangstelling in 'n ander kêrel wakker maak.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 30 09.07.2018

Henning se gesprek met Betta ontstel hom, en sy negatiewe gevoelens jeens Sybrand word versterk. 'n Besoek aan die dorp lewer vir Henning veel meer op as wat hy verwag het.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 29 06.07.2018

Sybrand ontvang 'n brief van Annie wat hom ontstel. Jaap se beheer oor die water op Boskloof dryf Sybrand tot raserny en laat Jannewarie bekommerd.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 28 05.07.2018

Sybrand vererg hom bloedig oor vier osse van Jaap wat in sy hawerland wei, en laat hulle skut toe jaag. 'n Besoek van 'n jong man aan Boskloof blyk deel van Sybrand se strategie te wees om sy planne ten uitvoer te bring.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 27 04.07.2018

Sybrand maak die wêreld warm vir Andries Nel, die ouderling. Henning se gesprek met Betta laat hom erg onrustig oor haar gesondheid voel.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 26 03.07.2018

Sybrand kry besoek van onwelkome gaste. Betta se raad aan Henning oor sy verhouding met Johanna stuit hom teen die bors. Nonnie lewer 'n brief van Johanna af wat Henning geweldig ontstel.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 25 02.07.2018

Annie moedig Henning aan om sy verhouding met Johanna voort te sit. Nonnie lewer 'n brief aan Henning af wat hom baie moedeloos laat voel.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 24 29.06.2018

Sybrand is onthuts oor die geld-trommeltjie onder Willa se bed wat gesteel is. Die prokureur het sy hande vol met die verdeling van Willa se besittings.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 23 28.06.2018

Willa word begrawe, en Sybrand ontmoet die nuwe predikant teësinnig. Annie maak 'n onheilspellende voorspelling.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 22 27.06.2018

Nonnie word oorweldig deur Willa se woorde. Jaap en Mieta sit met hulle hande in die hare oor Johanna se gedrag.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 21 26.06.2018

Jaap en Mieta kry Johanna voor stok omdat sy besoek aan Boskloof gebring het. Nonnie besef dat Willa baie siek is.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 20 25.06.2018

Gert en Maria is besorg oor die komplikasies van 'n verhouding tussen Henning en Johanna. Maria is oortuig dat daar net teëspoed en probleme op die twee jongmense wag.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 19 22.06.2018

Johanna is by Gert en Maria in afwagting op Henning se besoek. Dit raak egter al hoe later en Johanna vrees dat hy nie positief op die brief sal reageer nie.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 18 21.06.2018

Nonnie loop Jannewarie op die plaaswerf raak en spreek haar kommer oor Willa uit. Henning besoek sy ouma, en is geskok toe hy sien hoe sy agteruitgegaan het.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 17 20.06.2018

Willa spreek die vrees teenoor Nonnie uit dat haar siekte besig is om haar te oorval. Jannewarie voer 'n uiteenlopende gesprek met Sybrand.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 16 19.06.2018

Willa se gesondheid is besig om agteruit te gaan, maar sy staan by haar besluit om haar lewensreg op Boskloof ten volle te benut. Jannewarie probeer Henning oortuig om die brief te lees wat hy kom aflewer het.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 15 18.06.2018

Aan tafel probeer Sybrand die belangrikheid van tradisie en nalatenskap sonder sukses by sy seun tuisbring. Henning se terneergedruktheid word na ete verlig deur 'n onverwagse besoek van Jannewarie.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 14 15.06.2018

Sybrand probeer sy motivering vir hoe hy Henning behandel met sy seun deel, maar kom tot die besef dat sy seun sy respek vir hom verloor het. Betta probeer Henning waarsku teen 'n verhouding met Johanna, en deel die rede vir haar gebroke gees met hom.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 13 14.06.2018

Sybrand is besig met sy jaarlikse inkomstebelastingopgaaf. Dan daag Gert onverwags op, en die teleurstelling van Annie-hulle se besoek verdwyn soos mis voor die son wanneer Sybrand 'n gulde geleentheid raaksien.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 12 13.06.2018

Die ware rede vir Annie en Hennie se besoek kom uiteindelik aan die lig. Die besoek eindig stomp met Annie en Hennie wat Boskloof onder 'n wolk verlaat.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 11 12.06.2018

Sybrand kla oor die feit dat Jaap die natuurlike toevoer van water na sy boonste kampe afgesny het deur 'n dam te bou. Sowel Sybrand as Betta kry die gevoel in hulle onderlinge gesprekke met Annie en Hennie dat hulle besoek nie om dowe neute is nie.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 10 11.06.2018

Jaap is die mening toegedaan dat Henning by Johanna kom kuier het as deel van 'n komplot om Langvlei by Boskloof te probeer inlyf. Te midde van Sybrand se frustrasie oor Willa se koppigheid, word sy dag opgehelder deur 'n onverwagte besoeker.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 9 08.06.2018

Jaap en Mieta besef hulle dogter sal kortgevat moet word. Sybrand spreek sy misnoeë uit oor Willa se onwilligheid om dorp toe te trek.

Poslouchej podcast Middagvervolgverhaal v Replaio

Rádio a podcasty v jedné aplikaci - zdarma a bez registrace. Nainstaluj si ji ještě dnes a nepropásni premiéru

Stáhnout z Google Play

Replaio není vydavatelem podcastů; názvy pořadů, obálky a audio patří jejich autorům a šíří se přes veřejné RSS kanály