RSG

Middagvervolgverhaal

Arts AF ↓ Epizody: 3036

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Určitě navštivte web podcastu a podpořte jeho tvůrce: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Kategorie

Arts

Web podcastu

www.rsg.co.za

Nejnovější epizoda

8. říj 2026

Kde poslouchat?

Podcasty v aplikaci Replaio Radio Už brzy

Podcasty míří do aplikace už brzy. Nainstaluj si ji teď a jako první uvidíš úplně nový pohled na podcasty

Stáhnout z Google Play Nainstaluj zdarma Android téměř 10 mil. stažení · hodnocení 4,8 iOS už brzy

Epizody

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 49 10.05.2021

Wolfgang het Magnus se dienste nodig, en bied hom ‘n geleentheid aan waarvoor hy nie kan nee sê nie. Rona is besig om almal by die lughawe onder haar beheer te kry. Diff en Roots begin dink aan ‘n lewe buite Wolfgang se ystergreep.

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 48 07.05.2021

Rona word by die lughawe aangestel as bestuurder in Lusinda se plek, en druk dadelik haar stempel af. Sandra wil by Chinel weet hoekom daar nie ‘n geliefde in haar lewe is nie. Magnus besluit om Wolfgang te konfronteer.

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 47 06.05.2021

Wolfgang jaag weg om vir Lance te gaan sien. Sandra is terug om uit te help by Ikarus. Diff en Roots sit druk op Ribs, en dreig hom. Sal Ribs onder die druk swig?

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 46 05.05.2021

Magnus en Ribs besef dat die video wat Zane van Wolfgang se plaas geneem het baie belangrike inligting bevat, maar hoe kry hulle dit in die hande? Hulle besluit om te gaan loer wat aangaan op Wolfgang se plaas. Diff en Roots is besig om plesierritte met Wolfgang se gunsteling kar te vat, en hy vind uit...

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 45 04.05.2021

Magnus reël dat almal van die lughawe vroeg die oggend by Dolla se koffiewinkel moet wees. Magda sal alles vertel oor haar verhouding met Wolfgang en wat hy in die mou voer. Hoe sal almal daaroor voel, en wat gaan hulle daaroor doen?

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 44 03.05.2021

Diff en Roots het die wapens suksesvol afgelaai ná ‘n groot gesukkel, maar een van hulle is nie meer gelukkig om net vir Wolfgang te werk nie. Magnus gaan sien vir Magda en oorreed haar om vir hulle te vertel wat sy alles van Wolfgang se planne weet. Wat sal sy alles vir hulle vertel?

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 43 30.04.2021

Diff en Roots moet ‘n trok vol smokkelwapens in Port Nolloth kry, maar die polisie stop hulle. Sal hulle gevang word? Chinel en Magda moet ‘n jagluiperdwyfie vang wat van ‘n nabygeleë wildplaas ontsnap het.

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 42 29.04.2021

Diff en Roots word teruggebring deur Wolfgang. Hy het ‘n belangrike taak vir hulle. Dolla sukkel om Dotti se dood te verwerk, en Ribs besluit om haar sy waardevolste besitting te gaan wys.

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 41 28.04.2021

Dotty en Zane is in ‘n groot ongeluk. Magnus gaan dadelik na die ongelukstoneel waar hy vir Wolfgang kry. Magda gaan vertel vir Chinel wat gebeur het, en die twee begin praat oor Magda se verlede. Die episode eindig met slegte nuus.

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 40 27.04.2021

Chinel en Magda bespreek die manne en hartsake in die vliegtuig van Botswana af. Dotty en Dolla vind Lusidna se dagboek, en kom af op ‘n interessante inskrywing oor Zane se hommeltuig. Zane vat vir Dotty huis toe, en raak weer betrokke in ‘n straatresies, maar hierdie een het ‘n slegte einde.

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 39 26.04.2021

Dolla en Dotty praat eers oor die liefde, en probeer dan uitredeneer hoekom Lusidna se lugballon-gelukbringer op die grond gelê het waar haar kar was. Magnus kry vir Chinel betrokke by die jag van die olifantbul. Sal dit uitwerk soos hy hoop?

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 38 23.04.2021

Wolgang moet vir Zane by die polisiekantoor gaan uitteken nadat hy die vorige aand in ‘n straatresies deur die polisie gevang is. Wolgang doen nie gunste verniet nie, en verduidelik aan Zane presies wat hy van hom verwag. Magnus probeer vir Alwyn rustig en uit die beskermde deel van die bos hou terwyl hulle vir die olifante wag.

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 37 22.04.2021

Magda waarsku Alwyn dat die olifantbul wat hy gaan jag, siek is en gevaarliker as gewoonlik sal wees. Alwyn vertrek op die jag, met Magnus wat saamgaan om ‘n oog op Alwyn te hou. Zane gaan laai vir Dotty by die huis af, maar moet eers teen iemand jaag.

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 36 21.04.2021

Magda en Chinel is saam die bos in om die meerkaaie se sosiale interaksie dop te hou, maar eintlik is hulle besig om mekaar dop te hou. Wolfgang wil vir Dolla sien. Hy het iets belangrik om met haar te bespreek. Dolla en Dotty kom af op ‘n belangrike leidraad wat met Lusinda se verdwyning te doen het.

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 35 20.04.2021

Chinel moet tussen haar werk deur vir Alwyn aan die een kant, en Magnus aan die ander, hanteer. Zane sien dat Alwyn sakke in die vliegtuig laai wat baie verdag lyk, maar daar is niks wat hy daaroor kan doen nie. Wolfgang snoep by die lughawe rond. Dotty kom dadelik agter dat Wolgang te veel vrae het oor Lusinda se verdwyning, en begin wonder of hy iets daarmee te doen het.

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 34 19.04.2021

Dotty hou nie baie van die idee dat Magnus weer vir Alwyn rondvlieg nie, maar Magnus gee haar die versekering dat hy alles onder beheer het. Wolfgang verduidelik aan Alwyn wat sy plan is, en waar Alwyn inpas. Dotty raak al hoe meer bekommerd oor Lusinda, en besluit om self ondersoek in te stel.

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 33 16.04.2021

Magnus en Chinel is uit met die helikopter om elektriese drade na te gaan. Op kantoor gee Zane vir Dotty ‘n harde tyd, en Alwyn sit druk op Magda om vir Magnus te oorreed om die reis na Botswana te onderneem.

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 32 15.04.2021

Magnus oorhandig die bus aan Chinel om in te bly. Wolfgang werk vir Alwyn by sy planne in. Alwyn is eers huiwerig, maar dan maak Wolfgang ‘n aanbod waarvoor Alwyn nie kan nee sê nie. Magnus gaan eet by Magda, en ou koeie kom uit die sloot uit.

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 31 14.04.2021

Dotty het aan ‘n manier gedink om Ikarus finansieel aan die gang te hou. Magnus raak bekommerd oor Lusinda wat nie opdaag vir werk nie, maar hy en Zane moet aandag gee aan die dubbeldekkerbus. Wolfgang sit Magda op haar plek, en verwag van haar om iets vir hom te doen...

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 30 13.04.2021

Lusinda sien iets raak op die hommeltuigvideo wat Zane van Wolfgag se plaas gemaak het. Dit laat haar groot skrik, en sy deel haar angs met Magda. Wolgang is terug van Botswana en het iets belangriks vir Roots en Diff om te doen. Hulle moet iemand ontvoer...

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 29 12.04.2021

Magda probeer by Lusinda uitvind wat tussen Magnus en Chinel aangaan. Diff en Roots se verhouding raak krapperig, en hulle sukkel om te fokus op die volgende deel van hulle bose plan. Ribs probeer uitwerk wat presies met sy ma gebeur het.

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 28 09.04.2021

Ribs se ma beland in die hospitaal, en hy word gedreig. Hy moet vir Wolfgang werk, sal hy kan weier? Magda bespreek ‘n nuwe sakegeleentheid met Magnus, en dis een waarvoor hy nie kan nee sê nie...

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 27 08.04.2021

Diff en Rib is in groot moeilikheid by Wolfgang omdat hulle plan met die lughawe se opedag skeef geloop het, maar daar is iets wat hulle kan doen om op te maak daarvoor... Magnus en Chinel hou ‘n kompetisie met baie op die spel. Wie sal wen?

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 26 07.04.2021

Wolfgang en Lance het besigheid in Botswana wat hulle moet afhandel voor hulle kan terugkom Suid-Afrika toe. Lusinda probeer uitvis wat in RIbs se privaat lewe aan die gang is, en Magnus het dalk vir Chinel ‘n ander plek om te bly.

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 25 06.04.2021

Die krag is af by die lughawe, en daar moet ‘n groot ete vir 150 mense bedien word. Dis besig om donker te raak, en die Cessna met die span van die Kongo af, is nog in die lug. Sal die vliegtuig veilig kan land, en hoe gaan die belangrikste ete in die geskiedenis van die lughawe verloop?

Poslouchej podcast Middagvervolgverhaal v Replaio

Rádio a podcasty v jedné aplikaci - zdarma a bez registrace. Nainstaluj si ji ještě dnes a nepropásni premiéru

Stáhnout z Google Play

Replaio není vydavatelem podcastů; názvy pořadů, obálky a audio patří jejich autorům a šíří se přes veřejné RSS kanály