RSG
Middagvervolgverhaal
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Určitě navštivte web podcastu a podpořte jeho tvůrce: www.rsg.co.za
Kde poslouchat?
Podcasty v aplikaci Replaio Radio Už brzyPodcasty míří do aplikace už brzy. Nainstaluj si ji teď a jako první uvidíš úplně nový pohled na podcasty
Epizody
OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 33 08.08.2022 15:41
Sonja, die sakevrou, blom. Sy laat niks in haar pad staan nie. Haar bates word net eenvoudig meer. Die arme Glennis de Bruyn soek werk en sy sal enigiets vat wat na haar kant toe kom. Daar is ‘n belangrike funksie in die gemeenskapsaal.
OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 32 05.08.2022 15:04
Sonja Radlof is op die oorlogspad, en sy eenvoudig onredelik. Nie almal om haar laat haar nie toe om te maak soos sy wil nie. Dennis September weet van ‘n nare plan wat beraam word, en hy weet hy kan nie daaroor stilbly nie. Dit dwing hom om ‘n belangrike besluit te neem.
OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 31 04.08.2022 14:42
Dennis September se dreigende afdanking verloop glad nie soos Buks Marais sake gevisualiseer het nie. Maar dis die minste van Buks se probleme. Pietman Radlof is desperaat om van Sonja Radlof te skei. Só desperaat dat hy selfs Buks se hulp inroep. Maar Sonja laat haar nie voorskryf nie, en die dreigende situasie ontplof uitendelik.
OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 30 03.08.2022 15:27
Dis goed om Florence Viljoen en Angie Nagel aan jou kant te hê. Hulle gee vir hulle naaste om, en as dit nodig is loop hulle ‘n ekstra myl. En dis net mooi wanneer Buks Marais en Sonja Radlof hulle in Pietman Radlof se leed verlustig, wat Florence en Angie tot die stryd toetree, maar elke aksie het ‘n reaksie, het Dennis September se oorle’ pa altyd gesê.
OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 29 02.08.2022 14:59
Die identiteit van die tweede liggaam wat uit die sand by die dam gegrawe is, word bekend gemaak, en skielik is dit chaos -dis mense wat uit Wingerdvlei verdwyn het, maar in die sand by die dam gevind is. Is daar enige verbintenis tussen die vermoordes? Wie word aangeraai om ernstig aan ‘n goeie prokureur te dink?
OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 28 01.08.2022 14:26
Die groot dag in Glennis de Bruyn se lewe breek aan. Sy moet die spesialis gaan sien oor die uitslag van die biopsie wat gedoen is. Daar sak ‘n verslaentheid oor haar vriendekring toe. Niemand weet waar sy is nie. Sy het niemand gevra om haar te vat of haar te vergesel nie. Hoe hard hulle ook al na haar soek, hulle kry haar nie.
OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 27 29.07.2022 15:34
Die tweede liggaam wat by die dam uit die sand gegrou word, stuur skokgolwe deur Wingerdsvlei. Eers wil almal weet of dit ‘n man of ‘n vrou is. Angie Nagel begin krap met nuwe inligting wat sy gekry het. Waar kom dit vandaan?
OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 26 28.07.2022 15:00
‘n Nuwe hoofstuk breek in Angie Nagel se lewe aan wanneer sy in die woonstel agter die apteek intrek wat sy gekoop het. Al haar besoekers is nie ewe welkom nie. En net wanneer Dennis September dink die einde van die “bruin koffertjie” het uiteindelik aangebreek, maak die ding weer erge moeilikheid vir hom.
OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 25 27.07.2022 15:45
Nog nooit het een koffertjie soveel bespreking ontlok nie. Daar is meer vrae as antwoorde. En dan stop die damwerkers weer alle werksaamhede by die dam en die hele dorp tou dam toe. Die televisiewaens sak van oral af op Wingerdvlei toe. Skielik gons die land nie langer oor Wingerdsvlei se voortreflike wyne nie - dit gons oor die moorde op die dorp.
OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 24 26.07.2022 16:41
Die bruin koffertjie maak amok. Die arme Dennis September weet nie vorentoe of agtertoe nie. Hy berou die dag wat hy die koffertjie raakgesien en oopgemaak het. Dis asof die koffertjie hom al die pad aan die agterent hap.
OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 23 25.07.2022 16:51
Florence is impulsief van geaardheid, maar sy tree van nature in die bresse vir die verontregte. Haar metodes is nie altyd konvensioneel nie. Soms is sy soos ‘n bulhond wat nie los as sy eers gebyt het nie. En die bruin koffertjie haal dit alles uit Florence!
OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 22 22.07.2022 17:26
Pietman Radlof het besluit om Sonja Radlof met ‘n egskeidingsbevel storm te loop en haar aan te vat. Natuurlik sal Sonja dit nie gelate aanvaar nie. Sy sal nooit ondergaan sonder ‘n geveg nie. Dis asof Pietman die slegste in haar uitbring.
OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 21 21.07.2022 16:53
Florence Viljoen het nie ‘n einde nie, en Andries Roux moet dit ontgeld. Buks Marais kry meer as een verrassing. Hoe hard Dennis September ook al probeer om laag te lê, die moeilikheid sien hom raak.
OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 20 20.07.2022 15:39
Michelle Marais begin spook by Buks Marais en Sonja Radlof. Nuwe planne is nodig en kan nie langer uitgestel word nie. Pietman Radlof verras vriend en vyand. Andries Roux is stom oor Florence se mal plan, maar Florence is ‘n weduwee en weduwees is Andries se achilleshiel.
OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 19 19.07.2022 15:40
Glennis de Bruyn is by ‘n kruispad in haar lewe. Sy moet dringend ernstige besluite neem. Dennis September weet nou verseker die lewe se sonkant het hom die rug gekeer. Florence Viljoen het geen genade vir hom nie.
OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 18 18.07.2022 16:30
Dit word ‘n dag wat sowel Dennis September as Glennis de Bruyn wil vergeet… as hulle maar kon. Dis of die moeilikheid al agter Dennis aanloop. Angie is terug uit Stellenbosch, en sy loop haar in Buks Marais vas. Sy kry hulp uit ‘n onverwagse oord.
OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 17 15.07.2022 15:10
Daar is ‘n bruin koffertjie op ‘n rak in die buitegebou op die Maraislandgoed. Dit was altyd daar, feitlik al twee jaar lank. Maar noudat Dennis September die buitegebou reggepak het, is die bruin koffertjie soek, en skielik is die Maraislandgoed in rep en roer.
OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 16 14.07.2022 16:29
Dis moeilik om twee kliënte oor dieselfde saak tevrede te hou. Tog probeer Andries Roux om dit te doen. Florence Viljoen kom agter dis toe nie so maklik om ‘n belofte gestand te doen nie. Die skurke wat die pakkie kokaïen soek, is onverbiddellik.
OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 15 13.07.2022 15:46
Die stinkryk weduwee van die Kaap, Sally April, is die obderwerp van meer as een bespreking, en dis duidelik sy krap waar dit nie behoort te jeuk nie. Dennis September begin vas te glo sy tweede naam is Moeilikheid. Dis net die diepte daarvan wat van dag tot dag verskil.
OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 14 12.07.2022 16:00
Dis bedrywig by die dambouery waar alle werksaamhede eers opgeskort is. Dis of die hele dorp kom kyk of die nuus waar is. Kort voor lank daag ook al wat ‘n televisiekamera is op. Almal spekuleer oor wat gebeur het. Andries Roux is vol aardskuddende nuus.
OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 13 11.07.2022 14:14
Buks Marais is nie bekend vir sy geduld nie. Sonja Radlof is nie ‘n vrou wat jy in ‘n blik druk nie. Die konfrontasie tussen die twee borrel, en dreig om oor te kook. Buks hou die hef in die hand vanweë iets wat in die donker verlede gebeur het, en wat hy gepas misbruik. En toe gebeur wat die twee allermins verwag…
OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 12 08.07.2022 16:40
Die voorval by die dam laat verskeie mense soontoe jaag. Buks Marais begin met sy volgende slinkse plan. Glennis de Bruyn wroeg, en kry nie rus vir haar siel nie.
OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 11 07.07.2022 15:30
Andries Roux bly gewild, en die vroue staan tou om met hom sake te doen. Dit klink of hy geld daaruit kan maak, en geld is altyd welkom. Angie Nagel praat haar mond verby.
OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 10 06.07.2022 15:50
Skuldgevoel is soms so erg soos tandpyn. Dennis September loop met die skuldgevoel, en Florence Viljoen die tandpyn. Florence waag dit tandarts toe, maar Dennis weet naderhand nie watter kant toe met sy skuldgevoel nie. Andries Roux is ‘n geseënde man met drie beeldskone vroue, wat dit in sy deurmekaar kantoor waag.
OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 9 05.07.2022 15:22
As afgetrede redakteur van die Wingerdnuus bly Florence Viljoen goed ingeskakel by nuusgebeure, veral dié op Wingerdsvlei. Sy kan ‘n vriendin duisend wees, maar sy sukkel soms om haar emosies in toom te hou waar sy van mening is dat ongeregtigheid besig is om handuit te ruk. Dit word dan tipies ‘n geval van “sê jou sê” en “besin later.”
Podobné podcasty
Replaio není vydavatelem podcastů; názvy pořadů, obálky a audio patří jejich autorům a šíří se přes veřejné RSS kanály